16
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 26 31 Augustus 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR Gelukkig lentedag Vrydag 1 September! Laerskool Fairland Kunswedstryd: BESTE VAN DIE BESTE Baie geluk aan die leerders wat deurgedring het om Donderdag 31 Augustus aan die finale deel van die kunswedstryd deel te neem. Sterkte met die laaste voorbereiding. Somersdrag Vanaf Donderdag 7 September is die dra van somersdrag verpligtend. Kaskardagkuierfees Ons het een dag oor voor ons kaskarkuierfees. U het nog geleentheid tot Vrydag 1 September om vorms in te handig. Baie dankie aan dié ouers wat ons reeds so mooi ondersteun het. Dit word opreg waardeer. Jak de Priester is die gaskunstenaar en tree om 17:15 op. Toegang is gratis. Onthou om jou “cooler box” saam te bring. Ons sien daarna uit om die dag saam met u te kuier! 0 1000 2000 3000 4000 5000 6000 7000 8000 9000 10000 Gr. R/07 Gr. R/08 Gr. R/09 Gr. R/10 Gr. R/11 Gr. R11A Gr. 1/14 Gr. 1/22 Gr. 1/24 Gr. 1/25 Gr. 1/26 Gr. 1/27 Gr. 2/15 Gr. 2/16 Gr. 2/17 Gr. 2/18 Gr. 2/21 Gr. 2/23 Gr. 3/12 Gr. 3/13 Gr. 3/28 Gr. 3/29 Gr. 3/45 Gr. 3/46 Gr. 4/47 Gr. 4/48 Gr. 4/49 Gr. 4/50 Gr. 4/51 Gr. 4/52 Gr. 5/02 Gr. 5/03 Gr. 5/05 Gr. 5/39 Gr. 5/41 Gr. 5/43 Gr. 6/04 Gr. 6/32 Gr. 6/34 Gr. 6/37 Gr. 6/40 Gr. 6/42 Gr. 7/01 Gr. 7/06 Gr. 7/31 Gr. 7/33 Gr. 7/44 KASKAR 2017

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na [email protected]. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

  • Upload
    others

  • View
    11

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 26 31 Augustus 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Gelukkig lentedag Vrydag 1 September!

Laerskool Fairland Kunswedstryd: BESTE VAN DIE BESTE

Baie geluk aan die leerders wat deurgedring het om Donderdag 31 Augustus aan die finale deel van die kunswedstryd deel te neem. Sterkte met die laaste voorbereiding.

Somersdrag

Vanaf Donderdag 7 September is die dra van somersdrag verpligtend.

Kaskardagkuierfees

Ons het een dag oor voor ons kaskarkuierfees. U het nog geleentheid tot Vrydag 1 September om vorms in te handig. Baie dankie aan dié ouers wat ons reeds so mooi ondersteun het. Dit word opreg waardeer.

Jak de Priester is die gaskunstenaar en tree om 17:15 op. Toegang is gratis. Onthou om jou “cooler box” saam te bring. Ons sien daarna uit om die dag saam met u te kuier!

0

1000

2000

3000

4000

5000

6000

7000

8000

9000

10000

Gr.

R/0

7

Gr.

R/0

8

Gr.

R/0

9

Gr.

R/1

0

Gr.

R/1

1

Gr.

R11

A

Gr.

1/1

4

Gr.

1/2

2

Gr.

1/2

4

Gr.

1/2

5

Gr.

1/2

6

Gr.

1/2

7

Gr.

2/1

5

Gr.

2/1

6

Gr.

2/1

7

Gr.

2/1

8

Gr.

2/2

1

Gr.

2/2

3

Gr.

3/1

2

Gr.

3/1

3

Gr.

3/2

8

Gr.

3/2

9

Gr.

3/4

5

Gr.

3/4

6

Gr.

4/4

7

Gr.

4/4

8

Gr.

4/4

9

Gr.

4/5

0

Gr.

4/5

1

Gr.

4/5

2

Gr.

5/0

2

Gr.

5/0

3

Gr.

5/0

5

Gr.

5/3

9

Gr.

5/4

1

Gr.

5/4

3

Gr.

6/0

4

Gr.

6/3

2

Gr.

6/3

4

Gr.

6/3

7

Gr.

6/4

0

Gr.

6/4

2

Gr.

7/0

1

Gr.

7/0

6

Gr.

7/3

1

Gr.

7/3

3

Gr.

7/4

4

KASKAR 2017

Page 2: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

2

BELANGRIKE DATUMS

VERJAARSDAE

Baie geluk aan die volgende personeel wat verjaar: Erique Jordaan (assistent-opvoeder) - 3 September Selomie van der Straaten (finansies) - 7 September Mag dit vir julle ‘n wonderlike, geseënde lewensjaar wees.

REDAKSIE

Daar is ‘n onsigbare monster wat in ons sosiale omgang met mekaar ingesluip het en daardie monster

se naam is: “Hulle sê…” ook soms bekend as “Die mense sê…” Daar is ‘n goeie verduideliking vir die

“monster”-titel wat die spreekwyse dra, want dit is dikwels die hoofoorsaak van monsteragtige

misverstande, blatante leuens of halwe waarhede.

Die ontstaan van die monster word dikwels toegeskryf aan ‘n gebrek aan moed-van-oortuiging, of

oordrewe eiegeregtigheid of blote hoor-en-vertel sindroom. Die probleem met “hulle-sê”, is dat die

gevolge dikwels redelik traumaties kan wees en selfs kan lei tot ongegronde vervolging van die

onskuldiges. ‘n Goue reël is natuurlik in die eerste plek om nie storietjies aan te dra nie en tweedens om

pa te staan vir dit wat jy kwytraak. Dis baie maklik om te maak of die monster aan iemand anders

behoort, want dan hoef jy geen verantwoordelikheid te neem vir jou uitsprake nie. Met ander woorde,

wees bereid om te staaf wat by jou mond uitkom en moenie soos die Engelse spreekwoord sê, “

sweeping statements” maak nie.

Dink wat jy sê en maak seker jy praat met die regte persoon.

Wedersydse respek is ‘n oeroue suksesresep. Wat geld vir ander, geld ook vir jouself. Wat meer is,

versoening verg ‘n ontmoeting halfpad, “give and take”, ‘n oop gemoed en verdraagsaamheid. Nie

stokke en swaarde en klipgooi nie. Steek vandag hand in eie boesem, doen ‘n bietjie introspeksie, loop

een dag in jou medemens se skoene, dan sal jy dalk begin verstaan.

Erika

DATUM AKTIWITEIT

KULTUUR 31 Augustus LFK Finaal: Beste van die Beste

1 September LFK groepredenaars

8 September LFK visuele kuns rondte 3

SPORT 6 Sept. Krieket: H/s Randburg-aandreeks (1ste span)

7 Sept. Mini-hokkietoernooi (o/7 – o/9) Tuis

13 – 16 Sept. Krieket: Trinity Festival (1ste span)

ALGEMEEN 2 September Kaskardag (Gr. R- tot gr. 7-leerders)

16 September Mediterreense Fees in wit

14 Oktober Fairland-familiefliek

7 September Inligtingsdag: Genooide gr. R- en gr. 1-2018 leerders

AKADEMIE Eindig 15 September Toetsreeks: Gr. 4- tot gr. 7-leerders begin

Page 3: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

3

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

Gr. 1 tot gr. 3: Lees-, skryf- en praatvaardighede is ‘n vereiste

Aansoekers moet ten volle gekwalifiseerd wees. Sportafrigting ‘n vereiste

Ervaring van: Algemene skoolsake Skooladministrasie Uitstekende rekenaarvaardighede in verskeie rekenaarprogramme LET WEL: Onderhoude vir administratiewe pos sal eers in Oktober/November 2017 gevoer word! ---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2018 Salaris Onderhandelbaar

Stuur verkorte CV na [email protected]. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00.

NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir watter pos u aansoek doen.

AKADEMIE

Toetsrooster 3de Kwartaal

Derde Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 1 September NW NW NW NW

Vr. 8 September SW SW SW SW

Vr. 15 September

EBW

KULTUUR

SENIORKOOR

Baie dankie vir julle harde werk vir die Laerskool Fairland Kunswedstryd. Ons is so trots op elkeen.

KOOROUDISIES vir 2018 sal teen einde September begin. Hou die Vinkie dop vir inligting.

JUNIORKOOR

Belangrike datums

7 September - Gr. R - en gr. 1 - inligtingsoggend tydens skooltyd 22 Oktober - NG Aasvoëlkop oggenddiens

Juniorkoor: Kleredrag vir optredes

Dogters: groen langmou skoolhemp, groen skoolromp, grys lang kouse, skoolskoene, skooldas en 2

boksterte

Seuns: groen langmou skoolhemp, lang grys skoolbroek, skooldas, swartbelt en skoolskoene.

Page 4: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

4

DANSKLASSE BY JUF. ADELINE

Daar sal op Maandag 5 September GEEN dansklas wees nie, want juf. Adeline neem deel aan ‘n

Common Wealth danskompetisie in Sun City tot Dinsdag. Sy sal weer Woensdag se klasse neem. Baie

sterkte aan haar vir die kompetisie!

LAERSKOOL FAIRLAND KUNSWEDSTRYD

FINAAL (BESTE VAN DIE BESTE): DONDERDAG 31 AUGUSTUS 2017 Tyd: 18:00 vir 18:30 Skoolsaal Onbespreekte plekke

Baie geluk aan al die deelnemers wat gekies is om aan die finaal deel te neem. Die beoordelaars was baie beïndruk met die standaard van ons leerders se inskrywings en vol komplimente vir hulle afrigters. Die finaliste se name is op die School Communicator geplaas en hulle is ook persoonlik ingelig. Let asb. op die volgende reëlings in verband met die gala-aand:

Seniorkoor: Mnr. Jordaan se klas (K44) Spreekkoor (Monsterasem): Juf. Lindsay se klas (K32) Revue-dansers: Juf. Leanie se klas (K33)

Die ander deelnemers sal in die saal in volgorde van optrede sit.

ALLE deelnemers moet asseblief teen 18:00 hulle plekke inneem. Daar sal tydens die oefening om 09:00 op Donderdagoggend, plekke aangewys word vir die deelnemers.

Ouers is welkom om die geleentheid by te woon. Neem kennis dat geen besprekings gemaak word nie en dat slegs uitgenooide eregaste bespreekte plekke sal hê.

LFK – REDENAARS rondte 3

‘n Fairland-eerste!!

Die derde rondte van die LFK-redenaars sal op Vrydag 1 September om 15:00 in die mediasentrum plaasvind. Geniet die finale voorbereiding vir hierdie opwindende rondte van die LFK-redenaars! Ons sien uit na julle toesprake! Enige navrae kan aan juf. Corisa gerig word.

VISUELE KUNS (LFK) RONDTE 3 - VERF

NB!! Skeurstrokies mag nie later as Woensdag 6 September by juf. Johanette (K9) ingehandig word nie!

Rondte 3 vind plaas op 8 September vir die gr. 4- tot gr. 7- groep. Gr. 4 en gr. 5 Leerders in hierdie afdeling maak gebruik van temperaverf. Die verf sal aan die leerders verskaf word. Leerders moet wel hulle eie kwasse saambring. ‘n A3-karton sal aan hulle verskaf word. Die tema is visse. Enige tipe visse! Dit kan van ‘n visbak met visse tot ‘n onderwater seetoneel wees. Leerders mag ‘n prentjie van die huis af saambring as verwysing. Bring ook koerantpapier, kwasse, tekenapparaat, waterhouers, ‘n lap en alles wat benodig gaan word. Geen esels sal toegelaat word nie. Leerders sal 90 min. kry om hulle werk te voltooi, waarna hulle beoordeel sal word.

Page 5: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

5 Gr. 6 en gr. 7 Leerders in hierdie afdeling moet waterverf gebruik. Let wel elke leerder moet sy eie waterverfpapier van die huis af saambring en onthou om dit reeds vooraf te strek. As jy nie seker is hieroor nie, gaan gesels gerus met juffrou Erika. Die tema is ‘n figuurstudie! Van ‘n aksiefiguur tot ‘n stilfiguur is aanvaarbaar so julle kan lekker kreatief raak! Leerders mag ook ‘n prentjie saambring as verwysing. Elke leerder moet die volgende saambring Eie waterverf en A3 waterpapier, kwasse en tekenapparaat. Eie waterhouers, koerantpapier en lap. Geen esels word toegelaat nie. Leerders sal 90 min. kry om hulle werk te voltooi waarna hulle beoordeel sal word. Juf. Erika

SPORT

LANDLOOP

Die landloop gaan nou oor na middelafstande. Belangrike datum: 2 September Gauteng-kampioenskap (Prestige College, Hammanskraal) Baie sterkte aan die volgende leerders: Chemené Mentz, Claudi Greeff, Diaan Rooseboom, Francois van Zyl en Kean Swanepoel wat aan bogenoemde byeenkoms gaan deelneem.

Oefentye

Maandae – Donderdae:15:45 – 17:00 Vrydae: 14:00 – 15:00

Alle leerders van gr. 1 tot gr. 7 word uitgenooi! Kom leer saam met ons die tegniek, die genot van oefen en word lekker fiks vir die komende atletiekseisoen.

Bring jou waterbottel, tekkies en ‘n warm top saam.

Mnr. Jordaan

HOKKIE

Hokkie (Dogtersliga)

o/9A wen 2 – 0 vs Unika o/9B wen 2 – 1 vs Bryanston Primary

o/10A wen 2 – 1 vs Unika o/10B wen 1 – 0 vs NWCS

o/11A wen 4 – 0 vs Unika o/11B wen 3 – 2 vs Unika

o/12A wen 1 – 0 vs Unika o/12B wen 1 – 0 vs Louw Geldenhuys

o/13A verloor 1 – 2 vs Unika o/13B wen 3 – 0 vs Louw Geldenhuys

Hokkie (Seunsliga)

Ons o/13A-seunspan het vanaf Donderdag 24 Augustus tot Saterdag 26 Augustus aan die Helpmekaar

Prestige Hokkietoernooi te Wits astro-turf deelgeneem. Die uitslae was soos volg:

Donderdag: Wen 3 – 0 vs Louw Geldenhuys

Vrydag: Wen 7 – 0 vs Unika

Saterdag: Wen 2 – 1 vs Cliffview (finaal)

Ons seunsspan tree dus as algehele wenners van hierdie toernooi uit die stryd.

Baie geluk en dankie aan juff. Emily-Kate en Karen Brits wat hierdie leerders vergesel het.

Page 6: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

6

MINI-HOKKIE

Mini-hokkie-toernooi

Laerskool Fairland het op Woensdag 30 Augustus ons eerste mini-hokkie-toernooi op ons velde

aangebied. Daar was altesaam 46 spanne (o/7 – o/9 seuns en dogters) wat deelgeneem het.

Ons hokkie-dogters het hulself goed van hul taak gekwyt en met gemengde welslae uit die stryd getree.

Soos u bewus is, gaan die mini-hokkie nie oor ‘n wenmotief nie, maar eerder deelname en ontwikkeling.

Dit was ‘n baie suksesvolle dag – baie dankie vir almal se ondersteuning.

Volgende toernooi: 7 September (tuis)

Hokkie-oefentye (3de Kwartaal)

Seuns

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE DONDERDAE

Ontwikkeling 14:10 – 15:10 13:30 – 14:30 Geen oefening Geen oefening

Junior Geen oefening 13:30 – 14:30 Geen oefening 14:10 – 15:10

Senior 15:30 – 16:30 Geen oefening 14:40-15:40 14:10 – 15:10

** Die o/12- en o/13 A-spanne oefen elke tweede Maandag by die astrobaan vanaf 31 Julie tot 25 September. (5X)

Ligawedstryde vir dogters o/9 - o/13 vind Dinsdae by Louw Geldenhuys plaas. Ligawedstryde vir die seuns o/10 - o/13 vind Vrydae by Louw Geldenhuys plaas.

SENIORTENNIS

Oefeninge

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen twee keer per week by Jean en Ruan. Oefening is verpligtend en daar sal by die oefening register gehou word. Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie!

Seniortennisliga (Jhb-liga)

Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae Voorlopige ligadatums sal op die School Commincator geplaas word.

JUNIORTENNIS

UITSLAE: Juniorseuns A wen 31 – 11 vs Louw Geldenhuys Juniorseuns B wen 35 – 7 vs Louw Geldenhuys Juniorseuns B wen 38 – 4 vs BPMS

Juniordogters B wen 29 – 13 vs Unika

Juniordogters A wen 31 – 11 vs Fontainebleau

Dogters

Spanne MAANDAE DINSDAE WOENSDAE

o/7 & o/8 13:40 - 14:15 13:10 - 13:45 13:10 - 13:45

o/9 – o/11 14:10 – 15:10 13:40 – 14:40 13:40 – 14:40

o/12 & o/13 15:10 – 16:10 14:40 – 15:40 14:40 – 15:40

Page 7: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

7

VOORLOPIGE LIGABEPALINGS

Dogters: 6 September A vs Crawford Sandton (w) B vs Randpark Primary (t) 13 September A vs Louw Geldenhuys (t) B vs Louw Geldenhuys (w)

Seuns: 5 September A vs Trinity Randpark (w) B vs Unika (w)

KRIEKET

Krieket (Eerste ligawedstryde)

LET WEL: Ligawedstryde word op die volgende dae gespeel:

Maandae: 1ste, 2de en 3de spanne (oopspanne)

Dinsdae: o/8A en o/9A & o/9B

Woensdae: o/10A & B

Donderdae: o/11A & B

Die spelers sal in kennis gestel word van veranderinge in bogenoemde.

Uitslae:

o/8A wen met 91 lopies vs Esperanza (o/9B)

o/9A wen met 6 paaltjies teen Dalmondeor

o/9B wen met 10 paaltjies teen Christiaan de Wet

o/10A wen met 8 paaltjies vs Dalmondeor

o/10A wen met 24 lopies vs Kenmare (vriendskaplike wedstryd)

o/10B wen met 5 paaltjies vs Dalmondeor

o/11A wen met 6 paaltjies vs BPMS

3de span wen met 7 paaltjies vs Esperanza

2de span wen met 180 lopies Christiaan de Wet

Spesiale vermelding: Arno Janse van Rensburg (2de span) teken 97 lopies aan.

1ste span wen met 6 paaltjies vs Dalmondeor

Laerskool Fairland Krieketaandreeks

Ons 1ste krieketspan het die afgelope Vrydag 25 Augustus in die finaal van ons vier-aand aandreeks gespeel.

Hulle verloor ongelukkig in hierdie finaal teen Laerskool Randhart en stap dus met ‘n algehele 2de plek weg.

Geluk aan hierdie seuns met ‘n suksesvolle aandreeks en dankie aan al die personeel en ondersteuners wat bygedra het tot die sukses hiervan.

MINI-KRIEKET

Oefening

Let Wel: Begin na afloop van hokkieseisoen (datum sal later bekend gemaak word) en gedurende 4de kwartaal

o/7 & o/8: Maandae : 13:30 - 14:15 Dinsdae : 13:00 - 14:15 Donderdae : Wedstryde:14:00 - 16:00 (sal bevestig word)

Oefening: Let Wel: Slegs vanaf 4de kwartaal

o/6 - Gr. R: Dinsdae en Woensdae: 13:10 - 14:10

Krieketvaardighede: (o/8-leerders: vir leerders wat nie in die o/8-hardebalspan opgeneem is nie)

Oefening: Tye: Ma.: 13:30 - 14:15; Di. en Wo.: 13:00 - 13:45

Page 8: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

8

SKAAK

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal) Skaak: Wagklas-oefentye

TYE DO. MA. & DO. DI. & WO. Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20 13:30 - 14:00 13:00 - 13:30 Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00 Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30 Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30

Uitslae: Seniorspan wen 8 – 4 vs Cliffview Primary

Juniorspan wen 9 – 3 vs TrinityHouse Randpark

VRIENDE VAN FAIRLAND

“Dit maak nie saak hoe geleerd, talentvol, ryk of hoe cool jy dink jy is nie

– dis hoe jy mense behandel wat als van jou sê. Integriteit is alles”

- Rob Hills

Page 9: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

9

ALGEMEEN

VERE-KAS

VERE-KAS

Vere-kas-tye

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Lillian Ankersmit - 082 324-50343

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Blouklas: Zander Oosthuizen Groenklas: Luca Ferreira Oranjeklas: Calvin Klopper

Persklas: Luca Richardson Geelklas: McKayla Frazer Rooiklas: Tyler van Wyk

STERRE VAN DIE WEEK

Gr. 1/14 Leandri Smit Gr. 1/22 Oratile Matshego Gr. 1/24 Anjé Pieterse

Gr. 1/25 Xander van Wyk Gr. 1/26 Nikay Greyson Gr. 1/27 Vian Oelofse

Gr. 2/15 Tristan Coetzee Gr. 2/16 Cara Naudé Gr. 2/17 Alexi Oberholzer

Gr. 2/18 Owen Stevens Gr. 2/21 Chené Spencer Gr. 2/23 Kiarra Gey v Pittius

Gr. 3/12 Jurgens du Plessis Gr. 3/13 Heinrich Bothma Gr. 3/28 Ethan Fereira

Gr. 3/29 Amateo van Jaarsveld Gr. 3/45 Marco Olivier Gr. 3/46 Zack Pretorius

GOEIE GEDRAG

Monique Pietersen (gr. 4/48) Liam van der Sluys (gr. 4/48)

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

AKADEMIE

WOW-SPELFEES 2017

Gr. 1: Ryan Cronjé, Annabelle Kirstein, Wian Maartens, Lizé Pelser

Jano Greyling en Leila Westley se name is in verlede se Vinkie per ongeluk by die foto uitgelaat! Jammer maats!

Gr. 2: Ruben Bredenkamp, Ruaan du Toit, Taliya Moolman, Ilke Otto, Caton Potgieter, Marieke Wiggett

Page 10: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

10

Gr.3: Niel Marais, Jako Martin Müller, Mia Moore, Nina Nieuwoudt, Amy Olivier, Marlené van Niekerk

Gr.4: Nicola du Plessis, Luan Espach, Klarissa Pretorius, Franco Roos, Rico Vosloo

Gr. 5: Karo Bekker, Lené Dyson, Megan Fritz, Gardiol Keyter, Anshe Roos

Gr. 6: Andries de Kock, Jana du Plessis, Mia Marais, Ian van Heerden

Gr.7: Caley Dames, Ané Dannhauser, Bennu Dyson, Maria Prinsloo, André van Graan

Page 11: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

11

BATTLE OF THE BOOKS

Ses van ons leerders, Ian van Heerden, Mia Marais, Kara Schreuder, Marcel Steyn, Elize Naudé en André van Graan het aan die Battle of the Books-vasvrakompetisie te Olivedale-biblioteek deelgeneem.

Hulle het hulle goed van hul taak gekwyt en tweede geëindig.

Baie geluk aan die leerders!

SPORT

SWEM Dawid Wiggett het die afgelope naweek aan die Gauteng shortcourse swemkampioenskap te Boksburg deelgeneem. Hy verower ' n bronsmedalje vir 200m rugslag, asook 3 vierde plekke in ander items.

KULTUUR

MUSIEK Nathan Pieterse (gr. 5/02) het die naweek ‘n sertifikaat ontvang van die Swallow 15 musiekskool waar hy by Young Star Showcase opgetree het en sy Kids A voltooi het. Le Roux Claassen is sy musiekonderwyser.

Nathan was ook verlede maand gekies vir die Kat se Snor.

KASKARDAGKUIERFEES

Gladiatorbane

Vanjaar het ons ‘n juniorbaan (kleuters asook graad R en 1-leerders) en ook ‘n seniorbaan (graad 2 – 7 leerders).

Daar sal genoeg vermaak wees op hierdie bane vanaf 12:00-16:30.

Betaal jou R50 nou by jou klasonderwyser vir ‘n hele dag se pret. Leerders kan droë klere en handdoeke saambring.

Gesellige saamkuier

Terwyl die leerders gereedmaak vir die optog, is u baie welkom om u gazebo’s/sambrele en kampstoele op die afgekampte gebied op die A-veld op te slaan. (Los asb. die atletiekbaan oop vir die optog).

Om 11:30 sal die optog van al 47 ons registerklasse saam met die personeel plaasvind. Ons wil stiptelik om 12:00 met rondte 1 begin (sien die aangehegte program). Leerders moet asb. 15 min. voor hul wedren by hulle baan aanmeld.

ʼn Kaskar word vir elke klas gereël. Daar sal 2 bane op die B-veld wees. Leerders neem in klasverband deel met ʼn beurttyd van 25 minute elk.

Page 12: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

12

Program (2 September)

11:00 Leerders meld by hulle onderskeie klasse aan. 11:30 - 11:55 Optog en verwelkoming 12:00 - 16:15 Kaskarwedrenne (leerders gaan weereens vanjaar lekker vuil en nat word). Dit word

aanbeveel dat die leerders met ou tekkies deelneem.

JUNIORS

Tyd Rondte Kuip 1 Kuip 2 Kuip 3

12:00 1 Gr. 2.15 Gr. 2.16 Gr. 2.17

12:30 2 Gr. 2.18 Gr. 2.21 Gr. 2.23

13:00 3 Gr. R/07 Gr. R/08 Gr. R/09

13:30 4 Gr. R/10 Gr. R/11 Gr. R/11A

14:00 5 Gr. 1.14 Gr. 1.22 Gr. 1.24

14:30 6 Gr. 1.25 Gr. 1.26 Gr. 1.27

15:00 7 Gr. 3.12 Gr. 3.13 Gr. 3.28

15:30 8 Gr. 3.29 Gr. 3.45 Gr. 3.46

SENIORS

12:00 1 Gr. 4/47 Gr. 4/48 Gr. 4/49

12:30 2 Gr. 4/50 Gr. 4/51 Gr. 4/52

13:00 3 Gr. 5/02 Gr. 5/03 Gr. 5/05

13:30 4 Gr.5/39 Gr. 5/41 Gr. 5/43

14:00 5 Gr. 6/04 Gr. 6/32 Gr. 6/34

14:30 6 Gr. 6/37 Gr. 6/40 Gr. 6/42

15:00 7 Gr. 7/01 Gr. 7/06 Gr. 7/31

15:30 8 Gr. 7/33 Gr. 7/44 Geen

16:00-16:15 9 Ouer/Onderwyserresies

Die leerders sal slegs vanaf 11:00 – 11:55 en ook die tyd wat hul as klas deelneem, onder die registerpersoneel se toesig wees. Die res van die dag is u as ouers self vir die leerders se toesig verantwoordelik.

Donasielyste

Elke leerder het reeds ʼn donasievorm (met ‘n unieke nommer) ontvang, waarmee donasies verkry moet word. Die skool doen ʼn beroep op u as ouer om die kind behulpsaam te wees met die verkryging van donasies. Daar is twee wyses van betaling, hetsy ‘n EFT in die skool se rekening en u gebruik FAMILIEKODE/KASKAR as verwysing en stuur die bewys van betaling aan [email protected] of u kan die kontant aan die registeronderwyser stuur om in te betaal. Indien ‘n leerder ‘n ekstra donasievorm/s benodig, kan hul net hul registeronderwyser/es inlig en hul sal dan nog een aan u besorg.

Alle donasievorms moet op die laatste teen 1 September ingehandig word.

Daar sal ook opwindende pryse wees wat gewen kan word waaronder: * ʼn Kontantprys van R1000 aan die leerder wat die meeste geld insamel. * ʼn Prys vir die klas wat die meeste geld insamel (burgers/pizzas in skooltyd). * ‘n Prys vir die graad wat die meeste geld insamel (roomyse vir almal).

Page 13: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

13 Daar is 2 pragtige trofeë vir die spanne wat die meeste rondtes voltooi (junior en senior). Ons tema vir die dag is “Dis heerlike Lente” en die klasse gaan daarvolgens aantrek.

Benewens die kaskarre gaan daar baie stalletjies wees waar allerhande lekkernye te koop sal wees. Ons nooi al die ouers uit om die dag saam met ons te kom geniet. Bring u koelsak, eie vleis, bykosse en kom braai saam. Geen alkohol word toegelaat nie. Geniet ʼn gesellige kuierdag heeltemal gratis. Tussen 17:00 en 18:30 is daar ‘n optrede deur Jak de Priester! Bly gerus, u sal dit beslis terdeë geniet!!

Die vure sal deur die skool verskaf word en sal teen 17:00 gereed wees vir u om te braai. U is ook welkom om ʼn piekniekmandjie saam te bring of iets te ete by die stalletjies te koop.

U sal merk op die program dat daar om 16:00 ʼn ouer-onderwyser wedren gaan plaasvind. Trek solank u drafskoene aan!

Ons het met Beagle Watch gereël vir die sekuriteit rondom die skool en dit is ook waar u moet parkeer.

Ons as beheerliggaam wil graag hê dat elke ouer van die geleentheid gebruik maak om lekker saam te kuier.

Snoepie se klaargebraaide etes op die dag

Opsie 1 Rump steak on spit, pap & sous, sambals, pastaslaai, aartappelslaai & broodrolletjie R 80

Opsie 2 Lamtjops, Wors, pap & sous, sambals, pastaslaai, aartappelslaai & broodrolletjie R 75

Opsie 3 Hoender, wors, pap & sous, sambals, pastaslaai, aartappelslaai & broodrolletjie R 60

ADVERTENSIES

Page 14: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

14

OP SOEK NA AU PAIR-WERK

Verantwoordelike damestudent soek au pair-werk. Bly in Fairlandarea en beskik oor veilige ruim motor. Hou baie van kinders; is baie kreatief en sal met liefde help met huiswerk en take. Kontak Chanel 076 164-6991

RESONANZE PROJECT MUSIEKSKOOL

Bly warm hierdie winter deur jou huis te vul met vrolike musieknote!! Skryf nou in vir kitaar, sang, viool,

dromme of klavierlesse. Berario Ontspanningsentrum. Resonanze Musiekskool - 081 351 7491 -

[email protected]

ADVERTENSIEBORDE Die bord op die hoek van Marketstraat en 7de Laan is pas nuut oorgedoen. Die volgende opsies is beskikbaar:

Spasies beskikbaar: 1.18m x 0.46m (Koste: R1700 per spasie jaarliks) (Die koste sluit die maak van die borde uit.)

Kontakpersoon: Karén Reyneke ([email protected])

ERWE TE KOOP

2 Erwe langs mekaar (900vk elk) te koop in Marketstraat. Kontak Ivor 0824651626.

EIENDOM TE KOOP

Ruim en netjiese eenslaapkamer woonstel te huur in Randparkrif “boomed area”. Eie ingang en motorafdak. Maklike toegang tot Beyers Naude en N1. Ideaal vir enkellopende persoon of paartjie. Jammer geen kinders/diere. Huur R5,500 per maand. Deposito nodig. Skakel Rigardt op 082-854-0237 of stuur ‘n e-pos aan [email protected].

Page 15: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

15

Page 16: Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 ...Stuur verkorte CV na karen@lsfairland.co.za. Aansoeke sluit op Maandag 4 September om 12:00. NB! Dui op u e-pos en CV duidelik aan vir

16