14
1 ‘n Lewe van Oorvloed – Waar om te begin? Inhoudsopgawe 1. Jou Wegspring Blok .......................................................................................................... 3 2. Is dit God of die Duiwel? – die Wingerd Stok..................................................................... 3 3. Dit is Oorlog ...................................................................................................................... 6 3.1. Die Koste .................................................................................................................... 7 3.2. Die Wapenrusting ....................................................................................................... 7 3.3. Die Wapens ................................................................................................................ 8 3.4. Die Autoriteit ............................................................................................................... 9 3.5. Satan se Slaggate ...................................................................................................... 9 3.6. Wettige Reg.............................................................................................................. 10 4. Bloedlyne – ‘n Oorsig ...................................................................................................... 12 4.1. Wat word bedoel met Bloedlyne? ............................................................................. 12 4.2. Samestelling van ‘n Persoon .................................................................................... 13 4.3. Wortels en Vrugte ..................................................................................................... 13 5. Bronnelys ........................................................................................................................ 14

n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

1

‘n Lewe van Oorvloed – Waar om te begin?

Inhoudsopgawe 1. Jou Wegspring Blok .......................................................................................................... 3

2. Is dit God of die Duiwel? – die Wingerd Stok ..................................................................... 3

3. Dit is Oorlog ...................................................................................................................... 6

3.1. Die Koste .................................................................................................................... 7

3.2. Die Wapenrusting ....................................................................................................... 7

3.3. Die Wapens ................................................................................................................ 8

3.4. Die Autoriteit ............................................................................................................... 9

3.5. Satan se Slaggate ...................................................................................................... 9

3.6. Wettige Reg .............................................................................................................. 10

4. Bloedlyne – ‘n Oorsig ...................................................................................................... 12

4.1. Wat word bedoel met Bloedlyne? ............................................................................. 12

4.2. Samestelling van ‘n Persoon .................................................................................... 13

4.3. Wortels en Vrugte ..................................................................................................... 13

5. Bronnelys ........................................................................................................................ 14

Page 2: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

2

Page 3: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

3

1. Jou Wegspring Blok

Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou is omdat dit is hoe God ons graag wil sien lewe:

“Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê. “ Joh 10:10

Die Here begeer ‘n persoonlike verhouding met elke mens op aarde. Hy het ons geskep vir daardie rede, om saam met Hom te loop. Dit is beskikbaar vir elkeen wat dit begeer. Al wat jy moet doen is om te sê:

“Hier is ek Here, ek besef ek is ‘n sondaar en dat ek ‘n Redder nodig het. Ek bely dat Jesus Christus aan die kruis ook vir my gesterf het en opgestaan het 3de dag en opgevaar het na die hemel. Ek nooi U nou om in my hart te kom en vra dat U Koning sal word van my lewe. Vul my met U Heilige Gees en lei my van hierdie dag verder.”

So, dit begin met ‘n kommitment aan God, ‘n persoonlike verhouding met God. Die oomblik wat jy jou hart vir Here gee word jou gees vernuwe. Uiterlik sal daar geen verander wees, maar innelik sal jy ervaar dat iets verander het. Daar is nou ‘n tweestryd in jou gemoed want die Heilige Gees wil begin met ‘n innerlike skoonmaak en jou vlees gaan dit wil teestaan. Laat God toe om jou te begin verander:

“En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.” Rom 12:2

Jy moet een doel voor oë hê en dit is om Jesus Christus gelykvorming te word. Dit moet jou motivering en bemoediging wees. Hier sonder sal jy nie in ‘n diep verhouding met God kan ingaan nie. Jy het ‘n vyand, Satan, en hy sa; probeer of jou keer om:

(i) jou hart vir die Here te gee en om; (ii) jou verhouding met God te kelder en hy kry dit reg deur middel van sonde. Sonde

bring verdeeldheid met God en dit maak jou ‘n maklike teiken vir misleiding om in te kom in jou lewe.

2. Is dit God of die Duiwel? – die Wingerd Stok1

“Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer. Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra. … Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. … Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees. “ Joh 15:1-2, 5, 8

• Jesus is die wingerdstok • Vader is die boer – Hy sorg vir die wingerd met een doel voor oë en dit is om soveel

druiwe moontlik uit die wingerd stok te haal. • Julle is die lote – die lote moet die vrugte produseer. Vrugte beteken prakties goeie

werke. Die vrugte bring God die eer wat Hom toekom. Gal 5:22 – beskryf die innerlike vrugte naamlik die vrug van die Gees. Uiterlike vrugte is wanneer jy God

1 Wilkenson, 2001, pp. 1-144

Page 4: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

4

toelaat om deur jou te werk om Hom te verheerlik. “En God het mag om alle genade oorvloedig oor julle te laat wees, sodat julle altyd in alle opsigte volop kan hê en oorvloedig kan wees tot elke goeie werk.” 2 Kor 9:8

Mandjie Verwysing Geheim van die wingerd Mandjie 1 – geen vrugte

Joh 15: 2 – elke loot wat nie vrugte dra nie sny Hy af Afsny is verkeerd vertaal – dit moet eintlik “oplig” wees. Nuwe lote het die geneigdheid om af te groei en op die grond te land waar dit vuil en siek word. Die boer soek hierdie lote uit, was hulle skoon en bind hulle op.

As jou lewe geen vrug dra nie, sal God ingryp om jou te dissiplineer. En soms is pynlike maatreels nodig om jou tot inkeer te bring. God wil jou reining en losmaak van sonde sodat jy sal vrug dra tot Sy eer. Die proses word dissiplinering or tugtiging genoem.

“Erken dan in jou hart dat die HERE jou God jou onderrig soos ‘n man sy seun onderrig. “ Deut 8:5

“En julle het die vermaning heeltemal vergeet wat tot julle as seuns spreek: My seun, ag die tugtiging van die Here nie gering nie en beswyk nie as jy deur Hom bestraf word nie; want die Here tugtig hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. … Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is. “ Heb 12:5-6, 11

3 grade van ingryping word uitgelê in Hebreërs 12: • Teregwysing (5) • Tugtiging (6) • Straf (11)

� Wat moet jy doen? Tot bekering kom en sonde

bely.

Mandjie 2 – vrugte

Joh 15:2 – elkeen wat vrugde dra snoei God reg sodat hy meer vrug kan dra. Om ‘n groter oes uit die lote te kry moet dit gesnoei word, om dit uit te dun en minder te maak.

Indien jou lewe vrug dra, sal God tussenbeide tree om jou te snoei. God wil hê dat jy onvolwasse betrokkenheid en mindere prioriteite sal uitsny om plek te maak vir nog groter oorvloed tot Sy verheerlikheid. Snoeiwerk beteken sny en sny maak seer. Snoeiwerk is nie tugtigtiging nie. Vroeë snoeiwerk het te make met jou doen en late en prioriteite. Jy moet vir God toestemming gee om te snoei en dan sal die resultate aansielik meer wees as wat jy verwag. � Wat moet jy doen? Bely en lê die self neer.

Mandjie 3 – meer vrugte

Volwasse snoeiwerk gaan oor jou waardes en persoonlike identiteit. God maak plek om krag, produktieweteit en geestelike krag by jou lewe te voel, sodat jy nader beweeg aan die volmaakte en volledige

Page 5: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

5

beeld van Christus, jou primêre doel. God doen dit deur jou geloof te toets. Hy fokus onder andere op die volgende areas:

• Die mense wat jy die liefste het; • Jou liefde vir geld en besittings; • Dit wat sin gee aan jou lewe.

“Maar wat vir my wins was, dit het ek om Christus wil skade geag. Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry” Fil 3:7-8

Mandjie 4 – baie vrugte

Joh 15: 5 - Julle moet in God bly en Hy in julle dan sal julle baie vrugte dra.

Na tugtiging en snoei moet julle in God bly. As jou lewe baie vrugte dra, sal God jou nooi om nog meer in Hom te bly. Dit gaan nie hier oor om meer vir God te doen nie, maar dat jy sal kies om meer by Hom te wees. Slegs deur in Hom te bly kan jy ‘n hegte vriendskap met God geniet en die grootste oorvloed van Sy heerlikheid beleef. “Bly” is ‘n opdrag. In die seisoen van tugtiging en snoei is die Boer aktief. Hy neem die initiatief en ons reageer. Om in Hom te bly moet ons iets doen. As ons nie in Hom bly nie sal ons verdroog en doodgaan en van geen geestelike nut wees nie. Om in Hom te bly gaan oor ‘n Persoon na wie jy soek, smag, op wie jy wag, sien, ken, liefhet, hoor en op reageer. Om in Hom te bly beteken meer van God in jou lewe, meer van Hom in jou doen en late, gedagtes en begeertes.

“Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.” Joh 15:9

� Wat moet jy doen? Verhoog die gehalte van jou tyd wat jy aan God wy; Neem jou een-keer-‘n-dag afspraak met God tot ‘n dag lange bewussyn van Sy teenwoordigheid en gehoorsaam Hom.

Page 6: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

6

God kan jou gebruik ongeag van in watter seisoen jy jou bevind!

3. Dit is Oorlog

Die dag wanneer jy ‘n kommitment met God maak, is die dag wat jy toetree tot die oorlog. Willends of wetends. ‘n Oorlog tussen God se koninkryk (lig) en Satan se koninkryk (duisternis). Dit is ‘n oorlog vir siele! Mense se lewens en redding is op die spel. Dit gaan oor lewe of dood. Dit is nie kinderspeletjies nie. Die oorlogveld is die siel, die Kerk en die hemelse plekke. Satan will God se mense vernietig. God het reeds die vraag aan dit Israelliete gestel en Hy doen nog steeds vandag:

“Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,” Deut 30:19

Effesiërs skilder die prentjie van die oorlog:

“Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug. Daarom, neem die volle wapenrusting van God

Page 7: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

7

op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.” Ef 6:10-13

3.1. Die Koste

In Lukas praat Jesus met Sy dissipels oor die koste om Hom te volg – ‘n ernstige oorweging vir enige potentiele kind van God:

“As iemand na My toe kom en hy haat nie sy vader en moeder en vrou en kinders en broers en susters, ja, selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie. En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie. Want wie van julle wat ‘n toring wil bou, gaan nie eers sit en die koste bereken, of hy die middele het om dit uit te voer nie? — sodat as hy die fondament gelê het en nie in staat is om dit te voltooi nie, almal wat dit sien, nie miskien met hom sal begin spot en sê: Hierdie man het begin bou en kon nie klaarkry nie. Of watter koning wat optrek om teen ‘n ander koning slag te lewer, gaan nie eers sit en beraadslaag of hy in staat is om met tien duisend die een te ontmoet wat met twintig duisend teen hom kom nie? Anders stuur hy ‘n gesantskap as die ander een nog ver is, en vra vredesvoorwaardes. “

Luk 14:26-32 Daar is geen voorwaarde of prys vir inskrywing nie. Maar as ‘n persoon die keuse gemaak het hang dit totaal van die persoon af rondom hoeveel hy gaan ontvang van Jesus. As daar geen begeerte is vir groei in jou geestelik verhouding met God nie, sal daar geen deurbraak wees in menigde areas of die vervulling van God se beloftes sien nie. Maar as daar ‘n begeerte is vir groei, sal die Here ‘n nuwe wêreld oopmaak, maar ‘n persoon sal moet aktief raak in die oorlog en besit neem van dit wat die vyand by hom/haar gesteel het in sy leeftyd of die van sy voorvaders. Dit is op hierdie punt wat mens God se voorsiening en vervulling van beloftes sal ervaar en deurbrake sal beleef wat tot oorwinning sal lei deur die kruis. Niemand wat nog ooit die kruis opgeneem het was spyt nie. Die Here verwag dat jy alles sal opgee vir Sy saak en Hom sal toelaat om jou Jesus Christus gelykvorming te maak. Dan sal jy ‘n lewe van oorvloed begin beleef in elke area van jou lewe.

3.2. Die Wapenrusting

God stuur nie Sy kinders om tot die geveg toe te tree met leë hande nie. Hy gee Sy kinders strategies wat nodig is vir beskerming in die geveg. In Ef 6:13-18 word die wapenrusting beskryf. ‘n Lewe in Christus behels om hierdie wapenrusting te leer ken, om dit effektief te leer gebruik en om elke gedeelte te vertrou aangesien dit jou lewe help beskerm.

God se wapenrusting Ontbloot die waarheid van: Ondersteunende Skrif

Gordel van waarheid God Deut 4:39; Ps 23:1; 18:1-3 Borsharnas van geregtigheid

Die geregtigheid van Jesus in jou.

Ps 100:3; Rom 3:23-24, 6:23; Gal 2:20-21; Phil 3:8-10.

Skoene van vrede om die evangelie te

Innerlike vrede en gereedheid

Rom 5:1; Ef. 2:14; Joh 14:27, 16:33, 20:21.

Page 8: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

8

verkondig. Skuld van geloof Lewe deur geloof. Rom 4:18-21; Heb. 11:1; 1 Pet. 1:6-7

Helm van verlossing Redding slegs deur Jesus Christus.

Each day: Ps 16, 23; Heb 1:3-6 For eternity: 2 Kor 4:16-18; 1 Thes 4:17; 1 Joh 3:1-3

3.3. Die Wapens

Ons weet dat die uiteinde van die oorlog is dat ons wen! Ten spyte hiervan moet elke kind van God nog steeds tot die oorlog toetree om terug te neem wat aan hulle behoort en om die oorwinning in alle areas van hulle lewe te ontvang en proklameer deur Jesus, daarom het ons wapens nodig vir die geveg. Die wapens is geestelik en nie fisies van aard nie. Hierdie wapens word bekragtig deur God se alomteenwoordigheid:

“Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,”

2 Kor 10:3-5 Die geestelike wapens moet gebruik word om die geestelik magte, kragte en owerhede te verslaan en moet in geloof gebruik word. Die wapens is onder andere:

• Onderwerping aan God - Jakobus 4:7 • Die Naam van Jesus. Wanneer jy die vyand aanspreek doen dit in die Naam van

Jesus Christus van Nasaret. Rom 14:11 • Die Bloed van Jesus en ons getuienis. Openbaring 12:11 • Die Woord van God. Ephesians 6:17 • Liefde. Waarom sal enige persoon namens iemand anders wil veg as daar geen

liefde is nie. 1 John 4:18 en 1 Peter 4:8 • Lofprysing. Dit moet deel wees van elke gelowige se wandel. Dit is ‘n uitdrukking van

‘n persoon se geloof. Lofprysing verheerlik die Here en plaas jou fokus op Hom. Psalm 149

• Eensgesindheid. Mat 18: 19 • Vas. Om te vas bewys jou afhanglikheid van God, dit bring jou voor die voete van die

Vader. Die Heilige Gees alleen gee die leiding van wanneer en hoe om te vas en bring geestelike losmaking. Ps 35:13 Jes 58:6-7

• Om te huil. Dit speel ‘n unieke rol in geestelike deurbrake. Gebrokenheid voor die Here sal altyd lei tot groot vreudge. Jes 61:3

• Lag, blydskap en dans. Blydskap is ‘n effektiewe wapen wat gegrond moet wees in jou redding. Phil 4:4 Ps 149:3 Neh 8:11

• Musiek. Gesalfde musiek sal altyd die juk van slawerny breek. 1 Sam 16: 14-23 • Gebed en intersessie. God belowe in Isaiah 55:11 dat Sy Woord nooit leeg terug sal

kom nie. • Salf olie. Die salwing breek die juk. Jes 10:27

Page 9: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

9

3.4. Die Autoriteit

Jesus Christus van Nazaret het ons wettige autoriteit gevestig in Kol 2:15 “nadat Hy die owerhede en magte uitgeklee en hulle in die openbaar tentoongestel en daardeur oor hulle getriomfeer het.” Deur die kruis en opstanding het Jesus die sleutels van die dood opgeneem (Op 1:18). In hierdie kapasiteit gee Jesus die autoriteit aan Sy kinders om te heers oor Satan en sy koninkryk.

“Kyk, Ek gee aan julle die mag om op slange en skerpioene te trap, en oor al die krag van die vyand; en niks sal julle ooit skade doen nie. “ Luk 10:19

En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.” Mark 16:17-18

Met hierdie autoriteit kom verantwoordelikheid om dit alleenlik te gebruik volgens God se voorskrifte. Die oproep bly vir elke kind van God om hom te reining van sonde en elke ander ding wat liggaam en siel besmet. Sonde bring verdeeldheid en verwydering van God. Om ons te help met die proses van die neerlegging van sonde het Jesus vir ons ‘n helper gestuur na Sy opvaarding: die Heilige Gees. Hy oortuig van sonde and lei die kind van God in waarheid. Hy is ons Trooster, Berader, Helper, Advokaat, Intersessor, Versterker en Bystand waar en wanneer ons dit benodig. (John 16:7-13) Vyf voorbeelde om ons autoriteit op te neem2:

• Die Naam van Jesus is ‘n magtige wapen. Dit is die enigste Naam wat autoriteit gee. Rom 14:11

• Die Woord van God is ‘n swaard – ‘n twee-snydende swaard. Daar is niks so kragtig soos die gesproke Woord van God nie. Ef 6:17 and Heb 4:12.

• Die krag van die Heilige Gees. Sag 4:6 • The Bloed van Jesus en ons getuienis. Op 12:11 Rom 5:9 • Verkondiging van die waarheid. Joh 8:32

Ons moet deel met die vyand. Ons kan nie maak asof hy nie bestaan nie. Hy is ‘n werklikheid maar ‘n verslane vyand. Hy sal vashou en steel wat hy kan totdat die kinders van God hulle God-gegewe autoriteit opneem en terug vat wat regmatig aan hulle behoort.

3.5. Satan se Slaggate

� Onvergewensgesindheid

God beveel ons om ons vyande en naaste lief te he. Liefde is groter as geloof en hoop en verdra menigde dinge (1 Kor 13:7). Onvergewensgesindheid is ‘n bewys dat daar ‘n gebrek aan liefde is. Onvergewensgesindheid is ‘n sonde in God se oë wat baie sterk wettige reg aan Satan gee en dit maak die deur oop vir bitterheid, haat en

2 Sherman, 1990, pp. 14-31

Page 10: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

10

die dood. As ‘n persoon nie iemand anders kan vergewe nie, kan God nie daardie persoon vergewe nie. (Mat 18:35) Om te vergewe is ‘n een van die magtigste sleutels om totale vrymaking en/of deurbrake te verkry.

� Self

‘n Mens se grootste vyand (ja selfs groter as Satan) in hierdie geestelike oorlog om vrymaking, genesing, bevryding en herstel is die self. Die self rebelleer teen autoriteit. Dit is hardkoppigheid, wederstrewigheid, eiesinnig en koppig en weier om hom te onderwerp aan enige iets. Ons moet die self kruisig as ons wil groei in ‘n verhouding met God en in autoritiet.

“Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd.” 1 Pet 5:6

3.6. Wettige Reg

Toe God die Israeliete in die beloofde land ingelei het Hy een ding baie duidelik gemaak:

“En hulle moet my volk die onderskeid leer tussen wat heilig en onheilig is, en hulle bekend maak die onderskeid tussen wat onrein en rein is. “ Es 44:23

Min mense vandag weet en verstaan wat God verklaar as onrein. As gevolg daarvan is hulle huise en lewens vol onreine goed wat die deur oopmaak vir misleiding in hulle lewens. Moses het die Israelliete die verskil geleer tussen heilig en onheilig en wat dit is wat seë bring en wat vloeke bring in hulle lewens. Dit is duidelik uit die Woord dat jou kennis van die leering van God bepaal of jy ‘n suksesvolle en geseënde lewe lei of ‘n frustrerende en vervloekte een.

Satan kan net ‘n reg op ‘n persoon se lewe kry om hom sodoende te oppress en te pynig wanneer hy geestelike wettige reg gegee word deur die persoon. Hierdie reg verkry hy deur onbelyde sonde in ‘n persoon se lewe. Die onbelyde sonde kan wel terugdatteer geslagte en nog steeds ‘n invloed op die persoon se lewe en omstandighede hê. Sonde, oortredings en ongeregtighede werk saam om die toekoems van generasies te beinvloed.

“wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.” Ex 34:7

Wat is die verskil tussen sonde, oortredings en ongeregtighede?

� Sonde3

In Engels word die woord verbind met boogskietery. Wanneer die boogskieter vir die teiken mik en skiet en die boog mis die teiken dan word die woord “sin” of sonde uitgeroep. Die Hebreuse betekenis is:

• Om weg te gly van waar jy moet wees; • Afdwaal van die pad wat God voor jou gestel het; • Om ‘n standaard nie te bereik wat God vir jou gestel het nie;

3 http://www members.aol.com/yadadocs/lessons/transgression1.htm

Page 11: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

11

• Om die pad te mis of ‘n merk te mis; •

The Griekse betekenis van sonde is: • Om die merk tem is; • Om ongehoorsaam te wees aan die Lewendige God.

� Oortreding4

The Hebreuse betekenis vir oortreding is om bewustelik te rebelleer teen die pad van godelike bestaan. Die Griekse betekenis van oortreding is:

• Om verby te gaan, oor die grenslyn te gaan.

Oortreding word baie sterk verbind met rebellie en ongehoorsaamheid. Dit is meer kragtiger as om te sondig en is die volgende stap in verdere permanente gevangeneskap. Oortreding hou direk verband met die oortreding van die wet, wat weer ‘n opsetlike ontheiliging van die wet is – menslike of Goddelike wette.

� Ongeregtighede5 The Hebreuse betekenis is:

• Perversie, verdraaing, om afgebuig te wees; • Om gebuig te wees of verdraai te wees; • Om iets van rigting af te druk.

Drake’s Annotated Bible definieer ongeregtighede as volg “… signifies not merely that which is wrong, but the tendency to do wrong. This inclination lies in the disposition and nature and not merely in an act of transgression of the law.” Ongeregtighede is tweede natuur sonde, wat ‘n persoon dryf om herhaaldelike, aanhoudende sonde en oortredings te pleeg. Die Here verklaar in Exodus dat Hy ‘n jaloerse God is:

“Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;”

Ex 20:5 Ongeregtighede word geassosieer met bloedlyne; geneigdhede wat in die bloedlyne afhandloop van geslag to geslag as gevolg van onbeleide sonde en oortredings van die voorvaders. Dit bring ‘n verwronging sodat ‘n persoon byvoorbeeld nie op die regte pad kan bly en wat weer kan lei tot perversie en affekteer die persoon se wil. Ongeregtigheid is ‘n nagevolg van sonde wat nie net die persoon wat sondig affekteer nie maar ook sy nageslag. Dit is ‘n hart kondisie; ‘n innelike geneigdheid om God se hart te breek. Dit is versteekte sonde in ‘n persoon se lewe (deur die bloedlyn) wat nog nie ontbloot is nie en dus skuldig is voor God. Onregtighede sluit in wetteloosheid, goddeloosheid, oortredings en perversie.6 Joshua 7 gee ‘n voorbeeld van hoe Satan wettige reg verkry het om die Israeliete aanteval sonder dat hulle eers bewus was van sy werkinge.

4 http://www members.aol.com/yadadocs/lessons/transgression1.htm 5 http://www members.aol.com/yadadocs/lessons/transgression1.htm 6 Buys, 1990, pp. 18-19

Page 12: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

12

Wettig reg in ‘n persoon se lewe kan op die volgende maniere verkry word, onder andere:7:

• Oorerflikheid van die sondes van die voorvaders, gebroke verbonde en vloeke;

• Betrokkenheid met onheilige en onreine goed insluidende objekte in ‘n persoon se huis, vereering van ander gode in plaas van die Lewendige God en om demoniese idees, giere en neigings te volg;

• Oortreding van territorial regte, om te leef op onreine grond of in ‘n onreine huis;

• Om demoniese rituele te beoefen; • Spesifieke situasies en aksies wat insluit die verspotting van Satan, haat,

jalousie, om eed met God te verbreek ens.

4. Bloedlyne – ‘n Oorsig

4.1. Wat word bedoel met Bloedlyne?

‘n Persoon word gevorm uit 2 hoofstrome – die een bou op die ander: die eerste is jou bloedlyn – die tyd voor jy gebore is en die tweede is jou eie lewenservaar en betrokkenheid. ‘n Persoon bestaan uit ten minste 2 bloedlyne – van pa en van ma se kant. Vanuit die oogpunt van berading kan enige van hierdie 2 bloedlyne sowel as die persoon se betrokkenheid gebondendheid in die persoon se lewe veroorsaak. Om die problem van gebondenheid te identifiseer in ‘n persoon se lewe is eending, maar om die oorsaak daarvan te identifiseer is waar die problem is. Studies het bewys dat ‘n persoon sal produseer wie hy is. Dus alkoholiste sal alkoholiste produseer.

7 Brown, 1987, pp. 18-19

Personal Involvement& Experiences

Person

BloodlineInvolvement

Identify the Roots

Person in Bondage?(Fruits)

Page 13: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

13

‘n Voorbeeld: Susan se oupagrootjie was bekend om hardkoppig, ongeskik en emosieloos te wees. Haar oupa het die dieselfde karaktereinskappe gehad en sowaar sy het dieselfde. Niemand kom hierdie einskappe en neigings verklaar nie en het dit dus maar aanvaar. Wat niemand geweet het nie is dat haar oupagrootjie gemolesteer en mishandel was deur sy pa op ‘n gereelde basis. Om met die situasie te kon deel het hy ingetrokke geraak en die bogenoemde eienskappe ontwikkel. Hy het gedink dat hy himself so sou beskerm maar in die proses het hy dit oorgedra aan sy bloedlyn. Dus emosies, gevoelense, verslawing, gewoontes ens. kan oorgedra word van geslag tot geslag. Dit beteken dat jy ‘n swak en sieklike bloedlyn kan skep wat neigings van siekte toestande and swak karaktereienskappe kan voortbring wat nie verduidelik kan word nie. ‘n Disfunksionele generasie kan die volgende simptome dra:

• Stemming – depressief, hartseer, irritasie, woede, wrokke, haatdraend, emosieloos, afsydigheid.

• Selfbeeld – selfbejammerend, onseker, vreesagtig, selfblaam, selfhaat, selfbejammerings, geen wilskrag, geen ambisie, passief, dooierigheid.

• Kommunikasie – ongeskik, argumenteer altyd, vol opinies, soek konfrontasies, oppervlakkig.

• Identiteit – egosentries and verdeeld. • Liggaamshouding – gespanne, slordig, onversorgend. • Verhoudings – konflik in nabye verhoudings, onvermoë om lief te hê of om liefde te

ontvang, oordelend, afgesonder, onbereikbaar, hebsig, gulsig, kompeterend, veeleisig, geweldadig, ongeduldig, onsensitief, kritiserend, onsimpatiek.

. Die tragiese is dat hierdie simptome of aanduiders eers kop uitsteek wanneer die problem alreeds gevordered is tot waar ernstige skade alreeds gedoen is. Om die simptome alleen te behandel sal ‘n mors van tyd en energie wees omdat daar by die wortel van die problem uitgekom moet word. Hierdie wortel kan dan terug getrek word na of een van die bloedlyne of na die persoon se betrokkenheid or lewenservaring.

4.2. Samestelling van ‘n Persoon

A persoon bestaan uit 3 dele: siel, gees en liggaam, al drie lyk presies dieselfde. • Die liggaam is wat jy fisies kan sien – dit is die fisiese struktuur van die persoon. • Die siel kan definieer word as die intellek, die emosies, die wil en die brein van die

persoon. • Die gees word verskillend in verskillende geloof sisteme gesien. Vir die Christen is dit

die “asem van God”. Vir die New Ager is dit die heilige gedeelte van die self wat nie beperk word tot die liggaam nie. Vir die sosiolis is die materie en die gees net verskillende uitdrukkings van dieselfde realiteit.

“En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus!” 1 Thes 5:23

4.3. Wortels en Vrugte

Insidente en ervarings in ‘n persoon se lewe kan geklassifiseer wod in 2 kategorië: wortels en vrugte. Wortels is die insidente (aksies) wat verantwoordelik is vir die skep van wortels (die resultaat van die aksie).

Page 14: n Lewe van Oorvloed - waar om te begin van Oorvloed - waar...3 1. Jou Wegspring Blok Elke persoon begeer ‘n lewe van oorvloed. Dit is iets wat in elke persoon se diepste wese ingebou

14

‘n Voorbeeld: Persoon A vermoor persoon B. Moord sal die wortel in persoon A se lewe word. ‘n Gevolg of vrug van die moord kan byvoorbeeld wees herhaaldelike nagmerries in persoon A se lewe. Of die familie van persoon B kan sit met wortels van onvergewensgesindheid of haat. Wanneer persoon A vir hulp gaan sal dit net tydelike sukses afgee wanneer slegs met die vrugte gewerk word. Daar moet met die wortels gedeel word. In meeste van vandag se gevalle is dit fisies onmoontlik om die wortels op te spoor omdat dit in die bloedlyne weggesteek sit. Hiermee kan slegs die Heilige Gees ‘n berader help aangesien God alwetend is. Wanneer ‘n persoon dus kom vir berading word dit aanbeveel dat jy eerste sal deel met dit wat die persoon in sy eie lewe ervaar en te doen mee gekry het en dan na die bloedlyn te beveeg of soos die Heilige Gees met elke unieke geval wys. Identifiseer die vrugte en vertrou God om die wortels uit te wys. Wanneer met die wortels gedeel word sal die person waarlik vry kom en vry bly.

“En julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” Joh 8:32

5. Bronnelys

BEVERE, J. 1997. The Fear of the Lord. Florida. Charisma House. BROWN, R. 1987. Prepare for War. New Kensington: Whitaker House. BUYS, A. 1990. Life Through Choice. Kanaan Ministries. Unpublished JOYNER, R. 1994. Mobilizing the Army of God. New Kensington: Whitaker House. WILKINSON, BH. 2001. Die Geheimenis van die Wingerdstok. Christelike Uitgewersmaatskappy Vereeniging, Understand Sin, Transagression and Iniquity. Website: http://www.members.aol.com/yadadocs/lessons/transgression1.htm