21
1 NG KERK SOMERSTRAND KERSSANGDIENS 2005 LYNETTE VAN WYK Tema: Die rol van engele tydens Jesus se geboorte Datum: 27 November 2005, 1900 Karakters: Jojakim Deon Loots h5832389 0837938364 Maria Natalie Mansfeld w487 2827 0731666394 Josef Anna Claire Engel, slegs „n stem, ook die verteller Saggaria Johann McFarlane h5833674 0845200312 Elisabet Marietjie McFarlane h5833674 Skaapwagter 1 Skaapwagter 2 Simon Jo Groepie dogters Nikki du Plessis se dogters en vriendinne Vroue Ma‟s van dogters Tegniese personeel: Teks Lynette van Wyk Regie Sura Swanepoel h5833201 Verhoog en dekor Klank Beligting Program Leonette Bothma DataprojektorRethie van Niekerk Power point Rethie van Niekerk Dvd of video Frik Buys w5835157 Verversings Musiekregie Albert Troskie h5832849 Koor Albert Troskie Orrelbegeleiding Erna Greyvenstein Instrumentaliste Soliste Elsje Nelson

NG KERK SOMERSTRAND KERSSANGDIENS 2005 KERSSANGDIENS 20… · Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel. Met blye hemelkore wil ons ook juig en sing: Ons Heiland is gebore – dis

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

NG KERK SOMERSTRAND

KERSSANGDIENS 2005 LYNETTE VAN WYK

Tema: Die rol van engele tydens Jesus se

geboorte

Datum: 27 November 2005, 1900

Karakters: Jojakim Deon Loots h5832389 0837938364

Maria Natalie Mansfeld w487 2827 0731666394

Josef

Anna Claire

Engel, slegs „n stem, ook die verteller

Saggaria Johann McFarlane h5833674 0845200312

Elisabet Marietjie McFarlane h5833674

Skaapwagter 1

Skaapwagter 2

Simon Jo

Groepie dogters Nikki du Plessis se dogters en vriendinne

Vroue Ma‟s van dogters

Tegniese personeel: Teks Lynette van Wyk

Regie Sura Swanepoel h5833201

Verhoog en dekor

Klank

Beligting

Program Leonette Bothma

DataprojektorRethie van Niekerk

Power point Rethie van Niekerk

Dvd of video Frik Buys w5835157

Verversings

Musiekregie Albert Troskie h5832849

Koor Albert Troskie

Orrelbegeleiding Erna Greyvenstein

Instrumentaliste

Soliste Elsje Nelson

2

Oefentye: Sondagaand 27 November 1800 almal

Saterdagmiddag 26 November 1700 almal, kleed- en

klankrepetisie

Donderdagaand 24 November 1900 volledige kleed- en

klankrepetisie

Woensdagaand 23 November 1900 volledige kleedrepetisie

met koor

Dinsdagaand 22 November 1800 toneel 2,5,6; 4,8; 7

Donderdagaand 17 November 1900 deurloop Woensdagaand 16 November 1900 deurloop sonder Deon

Maandagaand 14 November 1800 tonele 2,5,6; 1,3,4,8; 7

Woensdagaand 9 November 1800 tonele 2,5,6; 4,8,7

Maandagaand 7 November 1800 tonele 1,3,4,8; 7; 2,5,6

Woensdagaand 2 November 1800 tonele 2,5,6;4,8;7

Maandagaand 31 Oktober 1800 tonele 1,3,4,8; 7; 2,5,6

3

Proloog:

Sy koms na hierdie wêreld Gemeente: Sittend Lied 325

Uit oorvloed van genade het Jesus eens verskyn.

Verlossing vul die aarde, die duister moet verdwyn!

Die Here God se dag breek aan – ons leef nou in sy lig.

Ons mag vol hoop weer opstaan; sy glans op ons gesig.

Uit oorvloed van genade sal Jesus wéér verskyn.

Dan kom die nuwe aarde bevry van smart en pyn.

Die Here God se dag breek aan vol heerlikheid en krag –

Sy kinders sal dan opstaan, erkentlik voor sy mag!

Gemeente: Sittend Lied 329

Want so lief het God die wêreld gehad

dat Hy sy eniggebore Seun gestuur het, gegee het,

sodat elkeen wat in Hom glo

nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Koor: Lied 331

Want so lief het God die wêreld gehad, die wêreld gehad,

Dat Hy sy enigste Seun, sy enigste Seun, sy enigste Seun gegee het,

Sodat elkeen wat in Hom glo, in Hom glo, nie verlore sal gaan, maar

die ewige lewe, die ewige lewe sal hê.

Sy koms na hierdie Suiderland

Koor: Lied 358 Somerkersfees

Welkom, o stille nag van vrede, onder die Suiderkruis,

Wyl stemme uit die ou verlede oor sterrevelde ruis.

Kersfees kom, Kersfees kom – gee aan God die eer.

Skenk ons „n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.

Hoor jy hoe sag die klokke beier in eeue-oue taal.

Kyk, selfs die nagtelike swye vertel die ou verhaal.

Kersfees kom, Kersfees kom – gee aan God die eer.

Skenk ons „n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.

Voel jy ook nou sy warm liede as ons die dag gedenk,

Toe Hy sy Seun aan ons gegee het – ons grootste Kersgeskenk.

Christus kom, Christus kom – gee aan God die eer.

4

Skenk ons „n helder Somerkersfees in hierdie land, o Heer.

Gemeente: Staande Lied 353

Die Heiland is gebore, soos eeue reeds voorspel.

Daar in die stad van Dawid word Hy Immanuel.

Met blye hemelkore wil ons ook juig en sing:

Ons Heiland is gebore – dis Hy wat redding bring!

Die Lig kom na die wêreld in Jesus Christus, Heer.

Uit liefde vir die mensdom daal Hy as dienskneg neer.

So lief het God die wêreld, Hy gee vir ons sy Seun –

só word Hy ons Verlosser, ons Middelaar en Steun.

Wie glo in Jesus Christus, word nou sy eiendom.

Hy gee die reg tot kindskap aan dié wat glo in Hom.

Juis daarom juig ons harte opnuut dié Kersfeestyd:

Ons Heiland is gebore – vertel dit wêreldwyd.

Toneel 1: Josef vra ouers

Maria se pa, ‘n middeljarige man, buk by die drumpel van sy huisie – voorgestel deur

‘n deurkosyn. Hy laat gaan sy hand op en af langs die deurkosyn en mompel.

Jojakim: Hmmm.

Josef verskyn skielik. Verleë.

Jojakim: Josef. Dis „n onverwagte besoek. Het jy iets op die hart?

Josef tree terug en laat sak sy kop.

Jojakim: Jy sluip deesdae hier rond soos iemand wat „n agenda het en nou staan

jy droë bek daar. Is ek so skrikwekkend dat jy nie met my kan praat nie. Ek is tog „n

regverdige man.

Josef: Ummmm.

Maria se voeteval word hoorbaar. Josef se houding verander vinnig. Jojakim sien

die verandering in Josef en snap wat aan die gang is.

Jojakim: O, dis wat aan die gang is. Jy het „n ogie op my dogter.

Josef, stotterend: Mohar.

Jojakim: Mohar? Is ek nou veronderstel om agter te kom dat jy iets met my wil

bespreek, Josef?

5

Josef knik.

Jojakim: Om iets te betaal vir my dogter se hand?

Josef knik weer eens.

Jojakim: Jy slaan my asem weg. Dis baie skielik, die Mohar-storie. So jy het

dus met Maria gepraat sonder dat ek daarvan geweet het.

Josef skud sy kop.

Jojakim: Het julle nog nie gepraat nie?

Josef kry nie ‘n woord uit nie. Hy kyk op en staar in die kosyn vas. Maria staan aan

die binnekant van die deurkosyn.

Maria: Nee, Vader, ons het nog nie gepraat nie.

Maria se pa draai nie na haar nie. Hy bly kyk na Josef. Josef sien hom nie raak nie.

Hy staar na Maria.

Maria: Ons sien mekaar, maar daar was nog nooit tussen ons die nodigheid

om te praat nie.

Jojakim: So dan is dit waarom jy skielik so om my huis rondhang. In die hoop

dat jy my dogter sien? Om my dogter te beloer? Man, jy is feitlik so oud soos ek!

Maria: Vader, Josef is opreg en u weet dit. Hy sal nooit iets halsoorkops doen

nie. Hy was nog nooit lelik met my nie. Rondkarring en beloer? Elke keer as ons

mekaar raakloop, is Pa ook in die omgewing aan‟t spioeneer.

Jojakim: O ja, en daar is die afgelope tyd „n agteraf gepratery en „n gefluister

wat g‟n mens kan uitmaak nie. Ek het tog die vaderlike reg om daaroor uit te vra.

Maria: Vader?

Jojakim: Wat?

Maria: Josef, die seun van Jakob, het my al gevra oor die mohar.

Jojakim: O ja, die mohar.

Maria: Ja, hy wil graag met my trou.

Jojakim frons. Hy maak ernstig keelskoon, trek sy lippe op ‘n dun spleet en kondig

dan aan:

Jojakim: „n Mohar, Josef, word in die ou en geëerde tradisie bereken op

vyfhonderd gram silwer. Is jy bereid om my, as vergoeding vir die verlies van my

dogter, „n volle vyfhonderd gram silwer te betaal?

6

Josef swyg. Hy laat sak sy oë.

Uiteindelik tree Maria vorentoe tot op die drumpel. Sy is hees van ontsteltenis toe sy

praat.

Maria: Elke mens in Nasaret weet dat toe Josef se vrou gesterwe het, hy alles

wat hy besit ter ere van haar bestee het. Dít is geen geheim nie, Vader. Hy het van sy

gereedskap verkoop om plek te verkry in „n gewone grot, „n smal lysie waarin hy haar

kon neerlê. Hy het haar doodskleed in aalwee en mirre laat week, iets wat geweldig

duur is...

Terwyl sy praat, staar Josef met openlike bewondering na haar.

Jojakim: So Josef, is dit jou plan om my dogter aan „n arm man te verbind?

Maria: Vader!

Josef hou sy hand omhoog.

Josef: Dit is waar dat ek arm is, Jojakim. Maar daar is „n ander mohar wat ek

jou kan gee.

Hy draai om en stap by die agterplaas uit.

Jojakim: Waarheen gaan hy nou?

Josef kom gou terug. Oor sy regterskouer hang ‘n baie swaar kis. Hy maak die kissie

voor Jojakim se voete staan, kniel, trek ‘n glansende dissel daaruit en kyk op.

Josef: Sien jy?

Jojakim knipper sy oë en frons. Josef haal verskeie metaalsagies uit. Maria kan nie

langer stilbly nie. Sy giggel.

Maria: Sien Vader nou? Sien u?

Hierna volg nog beitels, else, vyle, klophamers, ‘n kompas, ‘n mooi stukkie kryt, ‘n

reihout en ‘n skaaf. Josef streel oor die laaste stukkie gereedskap, staan op en kyk

reguit na die huisbaas.

Josef: Ek sal vir jou twee ordentlike deurkosyne maak, en „n nuwe latei en „n

deur. Dit is my mohar.

Maria is opgewonde.

Maria: Josef is „n trotse man, Vader.

Sy gryp Jojakim se hand vas en soen dit.

7

Maria: Hy het nog altyd „n aanleg gehad vir timmerwerk.

Jojakim: Wel. Wel, dis alles so „n bietjie skielik. Dit maak „n vader skoon

duiselig. Kan „n man dan nie eers tyd kry om te dink oor die toekoms van sy dogter

en skoonseun en die klein...

Maria: Skoonseun? Het u gesê skoonseun?

Maria klap haar hande en roep uit:

Maria: Kan ons die datum vir die verlowing bepaal, Vader?

‘n Groepie dogters wat rondgesit-staan het, spring op, gryp Maria se hande en dans

saam met haar in die rondte en af van die verhoog af.

Gemeente: Staande terwyl die spelers die verhoog verlaat.

Lied 354, v 1 en 2

O Christus, ons verlange, U het ons heil gebring.

Sal ooit ons jubelsange u lof na waarde sing?

Vervul in welbehae ons harte met u Gees;

Skenk ons in hierdie dae „n ware Christusfees.

U wat as Hemelkoning in heerlikheid regeer,

Maak onder mense woning; daal as „n dienskneg neer –

En herders vind „n Herder oor wie hul dankbaar juig;

En wyses vind dié Wysheid voor wie hul biddend buig.

Toneel 2: Die engel verskyn aan Saggaria

Saggaria is geklee in ‘n wit tuniek, met ‘n gordel van wit linne, geborduur met ‘n

enkele skarlakendraad, om sy middellyf. Hy het ‘n tulband om sy kop. Hy dra ‘n kom

met bloed na die altaar. Instrumente begin speel en die koor- en gemeentemans

(Leviete) sing uit volle bors. Saggaria staan eenkant en wag. ‘n Lampstaander met

sewe arms staan eenkant.

Koor- en gemeentemans: Sittend Lied 334:1

“God is Liefde!”juig ons harte, en bedink wat liefde doen:

Dat Hy ons sy Seun gestuur het om ons sonde te versoen..

Met die uitdoof van die musiek stap Saggaria vorentoe met die bak. ‘n Verblindende

wit lig verskyn op die skerm. Saggaria deins terug.

Die engel: Moenie bevrees wees nie, Saggaria, want jou gebed is verhoor: jou

vrou Elisabet sal geboorte gee aan „n seun, en sy naam sal Johannes wees.”

Saggaria: Gebed? Watter gebed?

8

Hy is angsbevange.

Die engel: Jy sal sowel vreugde as blydskap ken, want hy sal groot wees voor die

Here. Jou seun sal vele in Isael bekeer tot die Here hul God.

Saggaria: My Seun?

Die engel: Hy mag geen wyn drink of enige ander sterk drank nie. Hy sal met die

Heilige Gees vervul wees die oomblik wanneer hy uit sy moeder se baarmoeder te

voorskyn kom. Hy sal voor die Here uit gaan in die krag van Elia, en die harte van

die ouers na hul kinders keer en die ongehoorsames op die regte pad terugbring, om „n

volk vir die Here se koms voor te berei!

Saggaria: Meneer, moet asb nie met my spot nie. Ek is „n ou man. My vrou is

bejaard. Dit kan nie gebeur soos wat u sê nie.

Die engel: Kyk na my.

Saggaria sak verder op sy knieë terug.

Die engel: Kyk! Kyk na my. Ek is Gabriël.

Die ou man neem sy hande voor sy oë weg.

Die engel: Ek wat in die teenwoordigheid van die Almagtige God staan, is gekies

om hierdie goeie nuus aan jou oor te dra. Ou man, omdat jy my woord betwyfel het,

sal jy tot die dag dat hierdie dinge gebeur, doof en stom wees.

Die ligte doof. Saggaria bly verstom sit. Hy staan uiteindelik op, plaas die kom op

die preekstoel en gaan aan die ander kant af. Hy strek sy arms omhoog om die seën

uit te spreek, maar kry nie ‘n woord uit nie. Hulpeloos laat hy sy hande sak en

strompel uit.

Gemeente: Sittend Lied 222

Almal: Loof die Here God en prys sy heil‟ge Naam

Loof die Here God, Hy red my van die dood.

Mans: Loof die Here God en prys sy heil‟ge Naam

Loof die Here God, Hy red my van die dood.

Vroue: Bless the Lord, my soul and bless His holy Name

Bless the Lord my soul, He rescues me from death.

Almal: Loof die Here God en prys sy heil‟ge Naam

Loof die Here God, Hy red my van die dood.

9

Toneel 3: Die verlowing

Josef dra ‘n skoon tuniek van growwe wolstof – mouloos, met ‘n gordel om die

middel, ‘n blou streep van sy regterskouer af tot op die soom. Bo-oor dra hy ‘n jas

met los, blou fraiings op elke hoek. Sy hare is geolie. In sy arms dra hy ‘n gerolde

perkament met groot sorg. By Jojakim is ‘n klompie genooide gaste. Hulle staan aan

elke kant van die voordeur. Maria verskyn aan die binnekant van die deur. Langs

haar staan haar ma met ‘n linneserp tot aan die punt van haar neus. Jojakim en Josef

kyk na mekaar, Jojakim op die drumpel, Josef ‘n entjie terug.

Josef: Ek het na u huis gekom ... sodat u u dogter ... Maria ... aan my kan gee

... om my vrou te wees!

Maria gee ‘n kloklaggie. Anna, haar ma, trek aan haar kleed, maar Maria is

onstuitbaar. Die gaste begin giggel en klap spontaan hande. Baie ernstig stap Josef

deur die gaste tot voor Jojakim. Hy hou die gerolde perkament voor hom uit.

Jojakim neem dit plegtig in ontvangs. Toe stap Josef en gaan staan langs Maria. Sy

hande hang slap langs sy sye. Maria draai na hom toe en raak aan sy skouer en trek

dan ‘n gaasagtige sluier oor haar gesig. Josef is so verleë dat hy sy neus oor en oor

blaas. Terwyl Jojakim na die perkamentrol kyk, verskyn Josef se geslagsregister op

die skerm. Jojakim lees dit voor:

Jojakim: Abraham was die vader van Isak.

Isak was die vader van Jakob.

Jakob was die vader van Juda en sy elf broers.

Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar.

Peres was die vader van Gesron.

Gesron was die vader van Ram.

Ram was die vader van Amminadab.

Amminadab was die vader van Nagson.

Nagson was die vader van Salmon.

Salmon was die vader van Boas by Ragab.

Boas was die vader van Obed by Rut.

Obed was die vader van Isai.

Isai was die vader van Dawid – altesame veertien geslagte.

Dawid was die vader van Salomo by Batseba.

Salomo was die vader van Rehabeam..

Rehabeam was die vader van Abia.

Abia die vader van Asa en Asa die vader van Josafat.

Josafat was die vader van Joram, Joram die vader van Ussia en Ussia

die vader van Jotam.

Jotam was die vader van Agas en Agas van Hiskia.

Hiskia was die vader van Manasse en Manasse van Amon, Amon die

vader van Josia.

10

Josia was die vader van Jojagin en sy broers – nog veertien geslagte

vanaf Dawid tot in die Babiloniese ballingskap – die koninklike

geslagsregister.

Jojagin was die vader van Sealtiël, Sealtiël die vader van Serrubabel,

Serrubabel van Abihud en Abihud van Eljakim.

Eljakim was die vader van Asor, Asor van Sadok en Sadok van Agim.

Agim was die vader van Elihud, Elihud van Eleasar en Eleasar van

Mattan.

Mattan was die vader van Jakob en Jakob was die vader van Josef, dit

is ek.

Uit die getuienis hierin versamel

Moet dit aan diegene wat herkoms eerbiedig,

Blyk dat my seun„n seun van Dawid sal wees,

„n seun van Abraham, van goeie en goddelike herkoms.

Jojakim en Josef skud mekaar die hand en die vrouens omhels mekaar. Anna

vee ‘n traan weg. Die geselskap verlaat die verhoog een vir een terwyl die

gemeente/koor sing.

Koor: Lied 323:1

Uit droë hout spruit lewe, spruit „n loot, kom daar groei.

„n Takkie uit ou wortels word „n boom, staan in bloei.

„n Nuwe koning kom, een uit die stam van Isai.

God se Gees rus op Hom.

Lied 321:1 en 2

U het gekom, Immanuel, u volk verlos, u Israel.

Ons was in sonde slawerny – U het gekom, U maak ons vry!

Wees bly en juig, o Israel! God is mét ons: Immanuel!

U Chrisus, spruit van Isai, kom ons u lig en vrede gee!

U was in Betlehem „n kind; die herders het U daar gevind.

Wees bly en juig, o Israel! God is mét ons: Immanuel!

Toneel 4: Maria

Die solis en koor sing terwyl Maria op die verhoog opstap. Sy stap in die rigting van

die skerm.

Solis en koor: Lied 333 (“Magnificat”)

Groot is die Heer, groot is die Heer –

Só sing my siel oor God my Saligmaker.

Groot is die Heer, groot is die Heer –

11

Só juig my gees oor my Verlosser.

Magnificat, magnificat, magnificat anima mea Dominum.

Magnificat, magnificat, magnificat anima mea.

Die verblindende lig verskyn weer op die skerm.

Die engel: Wees gegroet, Maria!

Maria kyk vervaard rond of iemand anders ook die lig sien en hoor, maar besef sy is

heeltemal alleen.

Die engel: Wees gegroet, o Begenadigde! Die Here is met jou!

Maria is verstom. Sy sak neer in ‘n knielende houding en verberg haar gesig.

Die engel: Moenie vrees nie, Maria.

Vir ‘n oomblik kyk sy verbaas op, stomgeslaan dat die engel haar naam genoem het.

Die engel: Maria, jy het guns in die oë van die Here gevind. Kyk, jy sal swanger

word en „n seun in die wêreld bring, en jy sal hom Jesus noem.

Hy sal groot wees; Hy sal die Seun van die Allerhoogste genoem word.

Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee en Hy sal vir ewig as

koning oor die nageslag van Jakob heers!

Maria: Swanger word. Hoe is so iets moontlik? Ek is „n jongmeisie. Ek het

nog nooit eens (sy huiwer) by „n man geslaap nie.

Die engel: Die Heilige Gees sal oor jou kom,

En die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.

Daarom sal die kind wat uit jou gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.

Gaan stel self vas dat niks vir God onmoontlik is nie. Gaan besoek Elisabet, „n

familielid van jou. Sy is baie oud. Maar kyk, ook sy het in haar ouderdom „n seun

ontvang. Sy wat onvrugbaar was, is nou reeds in haar sesde maand.

Maria, fluisterend: Ek is tot die Here se beskikking. Laat met my gebeur soos wat

u gesê het.

Vir ‘n wyle nog vertoef Maria terwyl sy biddend bly sit. Orrel- of fluitspel begelei die

moment totdat sy stadig opstaan, opkyk in die rigting waarvandaan die engel met

haar gepraat het en dan stadig afbeweeg, haar hand verdwaas oor haar maag. Die

laaste paar treë hardloop sy af.

12

Toneel 5: Maria en Elisabet

Elisabet sit in haar huisie, weer eens voorgestel deur ‘n deurkosyn, maar hierdie keer

op ‘n ander plek op die verhoog. Sy word gewek deur ‘n klop aan haar deur – Maria.

Moeisaam staan sy uit die stoel uit op en beweeg na die deur toe. Toe sy die deur

oopmaak, vedwyn haar moegheid. Sy is sigbaar verbaas en verheug om Maria te

sien.

Elisabet: Maria! Maria, is dit werklik jy? Pouse, daarna vraend. Jy is alleen?

Maria omhels Elisabet waarna Elisabet haar terugstoot en op en af bekyk. Maria se

oë volg Elisabet se liggaam tot by haar swanger maag. Sy praat sag.

Maria: Wees gegroet, Elisabet.

Die kindjie in Elisabet se skoot beweeg. Elisabet gee ‘n gilletjie en gryp na haar

maag.

Elisabet: Maria. Sy trek Maria aan albei skouers die huis binne. Geseënd is jy

onder die vroue, en geseënd is die vrug van jou skoot!

Elisabet omhels haar en gil van vreugde:

Wat „n geskenk is dit nie dat die moeder van my Here my besoek!

Maria, skaam:U weet dus van my?

Elisabet staan terug bedek haar gesig met haar sluier. Sy begin huil.

Elisabet: Ek weet, Maria, ek weet! uiter sy toe sy haarself weer onder bedwang

kry. Ek weet watter kind dit is wat jy dra. Die oomblik toe jy met my gepraat het, het

die baba in my eie skoot van vreugde opgespring en my hart aangeraak, en dit was „n

profesie. O, my lieling, geseënd is jy dat jy geglo het dat die Here se woord vervul

sou word!

Maria help Elisabet om weer terug te sak in haar stoel en neem voor haar stelling in.

Maria: Hy het my vertel dat ek „n kind sou ontvang. Hy het gesê ... dat die

kind ... heilig sou wees: die Seun van God! Hy het gesê dat my babatjie – op hierdie

oomblik neem sy Elisabet sy hande in hare - die Seun van God genoem gaan word.

Vir ‘n rukkie is beide vroue stil. Hulle kyk in stilte na mekaar.

Maria: Dinge is besig om te verander, Elisabet! Ek dink God is besig om die

hele wêreld op sy kop om te keer. Wat dink jy?

Die ouer vrou begin knik, maar Maria gaan voort.

13

Maria: God is besig om die klein mensies uit hul klein bestaantjies te lig,

Elisabet. „n Gewone meisie soos ek ... word deur Hom geseën! As jy weer sien, stoot

Hy die magtiges van hul trone af! Honger mense sal weer kos hê om te eet. En die

rykes sal honger word! Dinge is aan die verander! Ek weet dit! Die wêreld sal môre,

oormôre nie meer dieselfde wees nie! Weet enigiemand anders ook hiervan?

Elisabet neem Maria se hande in hare en hou hulle teenaan haar buik.

Elisabet: Dié baba weet dit, en miskien weet my ou wederhelf ook iets. Sy

glimlag.

Maria: sy staan nou op en stap in die vertrek rond. God staan op vir sy volk, net

soos wat hy vir die Israeliete in Egipte gedoen het. God dink aan sy volk! Hy dink

weer aan die beloftes wat Hy aan ons voorvaders gemaak het, die ewige verbond met

Abraham en Abraham se nageslag. Sy draai weer na Elisabet. O, Elisabet, ek besing

die grootheid van die Here! Ek kan dit nie meer verhelp nie. My gees verbly hom in

God, my Verlosser!

Solis en koor: Lofsang van Maria

“My siel maak groot die Here” (Musiek: S le R Marais)

Tydens die lied sit Maria knielend voor Elisabet – haar kop op Elisabet se skoot, haar

gesig in die rigting van die gehoor. Daarna stap die twee saam af.

Toneel 6: Die lofsang van Saggaria

Gemeente: Sittend Lied 319:1

Lofwaardig is ons God, die Heer – genade toon Hy weer.

Hy gee aan ons, soos lank verwag, die redder van die volk –

Verlossing uit die vyandsmag, en donker onweerswolk.

Saggaria verskyn uit die rigting waar Maria en Elisabet vedwyn het. Halfpad val hy

op sy knieë neer, hef sy hande en gesig op en prys God:

Saggaria: Geseënd is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade

opgesoek en vir hulle verlossing bewerk. „n Sterk Verlosser het Hy vir

ons laat opstaan uit die huis van sy dienaar Dawid – net soos wat Hy

beloof het – sodat ons gered kan word uit die hande van diegene wat

ons haat.

God is besig om sy heilige verbond te huldig en in herinnering te roep!

God kom die eed na wat Hy met vader Abraham gesluit het, om seker

te maak dat ons, wat uit die hande van die vyand gered is, Hom sonder

vrees mag dien, in heiligheid en in geregtigheid al die dae van ons

lewe!

14

Gemeente: Sittend Lied 319:2

Aan sy verbond bly Hy getrou; beloftes sal Hy hou.

Daarom kan ons Hom altyd dien solank ons hier mag leef.

Die vyand sal ons werke sien en almal voor Hom beef.

Saggaria: Jy Johannes, hy tel die seun in sy arms op,

jy kindjie, sal „n profeet van die Allerhoogste genoem word,

Want jy sal voor die Here uitgaan om sy pad gereed te maak,

Om kennis van verlossing aan sy volk te bring, verlossing deur

sondevergifnis,

Danksy die genadige ontferming van ons God.

Soos die môreson sal Hy opgaan,

En uit die hoogte op ons afstraal, om lig te bring aan dié wat in

duisternis

En in die skaduwee van die dood lewe,

En ons voetstappe te rig op die pad van vrede.

Gemeente: Sittend Lied 319:3

Jy, pasgebore priesterspruit, loop as profeet vooruit;

Die Heer se pad moet jy berei dat Hy sy lig kan bring.

Die skadutyd gaan nou verby en vrede sal deurdring.

Hy stap af met die baba terwyl die gemeente sing.

Toneel 7: Josef se ontmoeting met die engel

Josef sit by ‘n tafeltjie en skryf. Hy is peinsend. Op die skerm verskyn die poging tot

‘n brief: My liefste Maria, Hy huiwer, die pen in sy mond. My hart krimp ineen. Hy

sit die pen neer, staan op en stap rondom die tafeltjie. Dan gaan sit hy weer, sy kop

op sy hande. Nooit het ek kon droom dat jy dit aan my sou... Skielik verskyn die

engel, soos vorige kere, in ‘n verblindende lig op die skerm. Josef koes en val voor

die stoel op die vloer neer.

Die engel: Josef, seun van Dawid, jy mag nie bevrees wees om Maria as jou vrou

te neem nie, want die baba wat sy in haar dra, is van die Heilige Gees. Sy sal aan „n

seun geboorte gee, en wanneer dit gebeur, moet jy hom Jesus noem, want hy sal die

volk van hul sondes verlos. God is besig om profesieë te vervul, Josef!

Josef loer versigtig na die engel en koes dan weer. Hy hou sy arms oor sy oë.

Die engel: Want kyk, „n maagd sal bevrug word en „n seun baar, en sy naam sal

Immanuel wees. Immanuel. Immanuel, God met ons.

15

Toe die lig verdoof en die engel verdwyn, staan Josef vinnig op, kyk vervaard rond of

iemand die engel gesien of gehoor het, gryp dan die perkament en gooi dit in ‘n

mandjie. Hy verlaat die verhoog haastig.

‘n Lied oor die skaapwagters volg terwyl die verhoog in gereedhied gebring word.

Gemeente: Sittend Lied 368:1 en 2

Wyl herders by hul kudde wag, spreek daar „n engel indie nag.

Wees bly, wees bly! ...bly, wees bly! Loof die Heer! Loof die Heer!

Lofsing die Heer se grote Naam; lofsing die Heer se grote Naam.

Juig oor die tyding, moenie vrees. God wil vir jul „n herder wees.

Wees bly, wees bly! ... bly, wees bly! Loof die Heer! Loof die Heer!

Lofsing die Herder, sing sy eer; lofsing die Herder, sing sy eer.

Toneel 8: Die skaapwagters en die engele

Verskeie wit hopies lap lê op die verhoog om skape voor te stel. Een skaapwagter

kom sit tussen die skapies om ‘n vuurtjie om sy hande warm te maak.

Koor: Lied 361

Oor skape hou die herders wag in velde oop en wyd,

Toe kom „n engel in die nag – veskyn in heerlikheid.

Ten spyte van hul skrik en vrees, hoor hul sy helder stem:

“Ek bring vir jul die goeie nuus – dis vir Gods volk bestem.”

In Betlehem lê in „n krip die Goddelike Kind.

Die herders, in verwondering, het daar dié Kind gevind.

Met herders en met engele bring ons aan God die eer.

Hy gee ons sy geliefde Seun; laat daal sy vrede neer.

Skielik sien hy ‘n vreemde ster op die skerm verskyn. Hy staan op en kyk met sy hand

oor sy oë en roep dan ernstig.

Skaapwagter 1: Simon!

Nog twee skaapwagters kom tot by die vuurtjie. Hulle kyk in die rigting wat

Skaapwagter 1 aandui. Al die liggies teen die sypanele gaan meteens aan. Die

skaapwagters val vervaard terug. Die skape blêr.

Die engel: Moenie bang wees nie. Nou val die skaapwagters op hulle knieë neer.

Ek bring goeie nuus, nuus van buitengewone vreugde wat vir alle mense bedoel is.

Want vir julle almal is vannag indie stad van Dawid „n Verlosser gebore en dit is

16

Christus die Here! Dit sal vir julle „n teken wees: julle sal „n baba in doeke

toegedraai vind in „n krip...

Gemeente: Staande Lied 367

Ere aan God, ere aan God

in die hoogste, in die hoogste, in die hoogste!

Vrede op aarde, vrede op aarde in die mense „n welbehae.

Ere aan God in die hoogste, ere aan God in die hoogste!

Vrede op aarde, vrede op aarde, vrede op aarde, vrede op aarde,

in die mense, in die mense „n welbehae –

in die mense „n welbehae, „n welbehae.

Ere aan God, ere aan God

in die hoogste, in die hoogste, in die hoogste!

Vrede op aarde, vrede op aarde in die mense „n welbehae.

Amen. Amen

Skaapwagter 1: Simon? Simon, het jy dit ook gesien?

Skaapwagter 2: En het julle gehoor wat die engel vir ons sê?

Simon: Dit was die Here. Dit is God wat hierdie dinge aan ons bekend

wil maak.

Skaapwagter 1: Ons moet gaan. Ons moet gaan kyk waar die koning gebore is.

Simon, kom ons moet dadelik gaan. Terwyl hy nog praat, draai die skaapwagter sy

rug op die ander en begin haastig aanstap. Die ander twee kyk vir mekaar en volg

dan.

Koor: Lied 340

Kom ons loof die Jesuskind, Hy is waarlik Koning.

Ons Verlosser het gekom, maak by ons sy woning.

Vir ons sondes kom Hy sterf; só word ons vergewe.

Nou kan ons Hom loof en prys – Heer so hoog verhewe.

Tussen doeke lê die Kind, in „n krip so need‟rig.

Laat ons al die lof en dank bring aan Hom vir ewig.

Dit is sy geboortedag, daarom sing ons Ere!

Ons sal Hom nou dank en prys – Heer so hoog verhewe!

Wyse manne kom van vér; buig voor Hom die Koning.

Herders bring Hom al die eer; prys Hom in aanbidding.

Eng‟le in die sterrenag jubel bly in kore.

Laat ons saam „n loflied sing: Jesus is gebore.

17

Gemeente: Sittend Lied 348

Stille nag, heilige nag! Jesuskind, lank verwag,

Lig uit Lig, uit die Vader se ryk,

Word uit liefde aan mense gelyk.

Loof die hemelse Kind! Loof die hemelse Kind!

Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag

Op die lied van die engelekoor.

Herders het dit die eerste gehoor;

Juig die Redder is daar! Juig die Redder is daar!

Terwyl die gemeente sing, verskyn Maria en Josef met die baba en sit hom in die

krip op die verhoog. Die herders kom in wanneer die sang ophou.

Skaapwagter 1 buig by die krippie en raak aan die baba se wang. Hy sug.

Skaapwagter 1: „n Verlosser! Die Messias!

Die ander twee kom versigtig nader.

Simon: Mevrou, jou baba is die mooiste wat ek nog ooit gesien het. So sag

soos die neus van „n lammetjie.

Skaapwagter 2 stamp hom ru in sy sy. Maar Simon praat weer.

Simon: So sag, so sag soos „n wolkstapel in die blou lug.

Koor en gemeente: Sittend Lied 350

In die stad van koning Dawid, in die nederige stal,

In „n krip lê daar „n Kindjie, Koning van die groot heelal.

Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.

Hy kom woon hier onder mense; Hy kom red hul van die dood.

Hul wat in Hom glo, Hom aanneem, dié verlos Hy uit hul nood.

Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.

Eenmaal sal Hy as die Regter in sy koningsmajesteit

Weer verskyn vanuit die hemel – in volmaakte heerlikheid.

Jesus Christus, God en Heer, aan U, Koningskind, ons eer.

Terwyl die lied gesing word, bedek die skaapwagters hulle gesigte met hulle hande.

Na ‘n rukkie staan hulle een-een op en verlaat die stal.

Liturg: Mag hierdie Messias, ook jou Verlosser wees. Mag jy in hierdie

seisoen kan sê: Waarlik God is Immanuel, ook met my, ook met jou. Wees gegroet,

geliefde.

Koor: Die Koning is hier

18

(Musiek: Pieter van der Westhuizen)

Gemeente: Staande Lied 370

Eng‟le uit die hoogste hemel sing ter ere van „n Kind,

Van „n nuwe tyd wat aanbreek waarin almal vrede vind.

Sing Hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Waar die wagters waak oor sakpe hoor hul engele wat sing.

Oor die velde klink die lofsang aan „n Kind wat vrede bring.

Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God!

Jare later loop daar kinders voor Hom in Jerusalem,

En besing Hom as die Koning juigend met „n blye stem:

Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom Jesus, Seun van God!

Aan die kruis sterf ons Verlosser en oorwin die sondedood.

Hy is nou vir ewig Koning, Jesus Redder uit ons nood.

Sing hosanna! Sing hosanna! Prys Hom, Jesus, Seun van God.

Die gemeente verdaag vir feesvieringe.

19

Rekwisiete:

„n deurkosyn.

„n baie swaar kis.

metaalsagies

beitels, else, vyle, klophamers, „n kompas, „n mooi stukkie kryt, „n reihout en „n

skaaf.

„n kom met bloed

„n lampstaander met sewe arms

„n gerolde perkament

„n wiegstoel

„n babapop in „n doek toegedraai

„n tafeltjie

stoel

pen en perkamentrol

mandjie

wit hopies lap wat skape voorstel

vuurtjie

liggies

geluid van skape wat blêr

krip

„n wit doek vir baba Jesus

Toneel 1: Josef Jojakim Maria kinders

Toneel 2: Engel Saggaria

Toneel 3: Josef Jojakim Maria Anna en vrouens

Toneel 4: Maria Engel

Toneel 5: Maria Elisabet

Toneel 6: Saggaria

Toneel 7: Josef Engel

Toneel 8: Josef Maria skaapwagters Engel

Josef: 1,3,7,8 Vroue: 3

Jojakim: 1 en 3 Kinders: 1 en 3

Maria: 1,3,4,5 en 8 Saggaria: 2 en 6

Anna: 3 Skaapwagters: 8

20

Engel: 2,4,7,8 Elisabet: 5

Aankondiging vir Sondag 16 Oktober 2005

Kerssangdiens – Sondag 27 November – fokus hierdie jaar op die rol wat die

engel(e) gespeel het voor, tydens en na Jesus se geboorte. Met slegs 6 weke tot ons

beskikking, soek ons dringend na die volgende: praat en nie-praat rolle, borge vir die

beligting, liggies, klank, hulp met die beligting en klank, hulp met kostuums, dekor,

verversings, „n video-opname, verhoogbestuur en rekwisiete. Gebruik jou gawes en

bied jou hulp aan. Sonder die liggaam van Christus kan niks gebeur nie.

Liesl

Kan jy die kerk vir my bespreek vir oefeninge op die volgende dae en sommer dadelik

laat weet as daar botsings is sodat ek dit kan verander, asb man.

Sondagaand 27 November 1800 almal

Saterdagmiddag 26 November 1400 almal, kleed- en

klankrepetisie

Saterdagmiddag 26 November 1530 almal plus koor

Donderdagaand 24 November 1900 volledige kleed- en

klankrepetisie

Woensdagaand 23 November 1900 volledige kleedrepetisie

Dinsdagaand 22 November 1800 toneel 2,5,6; 4,8; 7

Donderdagaand 17 November 1900 deurloop Woensdagaand 16 November 1900 deurloop sonder Deon

Maandagaand 14 November 1800 tonele 2,5,6; 1,3,4,8; 7

Woensdagaand 9 November 1800 tonele 2,5,6; 4,8,7

Maandagaand 7 November 1800 tonele 1,3,4,8; 7; 2,5,6

Woensdagaand 2 November 1800 tonele 2,5,6;4,8;7

Maandagaand 31 Oktober 1800 tonele 1,3,4,8; 7; 2,5,6

Kan ons vir die volgende oefeninge asb ook die dataprojektor

bespreek?

Sondagaand 27 November 1800

Saterdagmiddag 26 November 1400

Donderdagaand 24 November 1900

Woensdagaand 23 November 1900

Dinsdagaand 22 November 1800

Donderdagaand 17 November 1900

21

Woensdagaand 16 November 1900

Dankie Liesl. Ek gaan al die inligting vir die program vir Leonette

deurgee. Sy sal die program tik en versorg. Darem een ding minder

vir jou. Dankie vir jou moeite en geduld.