8
WEES INGELIG Kry vandag se fees- en Blêrkas- programme binne BL. 2 KOMEDIE Melt Sieberhagen ‘nie aspris nie, net eerlik . . .’ BL. 6 Weergids Woensdag 11 Julie 2012 GRATIS Die 14-jarige kinderakteur en ster van die rolprent Roepman, Paul Loots, saam met sy meisie, Izél Bezuidenhout, wat ook ’n akteur is. Albei speel in die kinderteaterstuk SMS: Baba- koors! Lees ’n onderhoud met Paul en sy gesin op bl. 2. Foto: WILLEM VAN DER BERG Vryfees nie vir sissies nie!

Stronk 11/7

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Woensdag 11 Julie se uitgawe van die Vryfees-koerant, Stronk.

Citation preview

Page 1: Stronk 11/7

WEES INGELIG

Kry vandag sefees­ en Blêrkas­programme binneBL. 2

KOMEDIE

Melt Sieberhagen‘nie aspris nie,net eerlik . . .’BL. 6

Weergids

Woensdag 11 Julie 2012 GRATIS

Die 14­jarige kinderakteur en ster van die rolprent Roepman,Paul Loots, saam met sy meisie, Izél Bezuidenhout, wat ook’n akteur is. Albei speel in die kinderteaterstuk SMS: Baba­koors! Lees ’n onderhoud met Paul en sy gesin op bl. 2.Foto: WILLEM VAN DER BERG

Vryfees nie vir sissies nie!

Page 2: Stronk 11/7

2 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012

Kontak ons!

Redakteur:Vicus BürgerProduksie:Charles SmithReza van RooyenMadelein VenterFotograwe:Lize van den BergWillem van der BergVerslaggewers:Leandré BlumeRuan BruwerHenry CloeteTheuns du BuissonJan GerberSimoné HaggardMargo OlivierFrancois Theart

Stronk-span

Bel die Stronk­kantoor by 051­401­9878/9880/9878/9418. Die Stronk­kantoor is vir die duur van die feesin die gazellie van die koshuis HuisKestell op die kampus van die Uni­versiteit van die Vrystaat. Bel die re­dakteur, Vicus Bürger, by 083­704­0950 of stuur ’n e­pos na vicus.bur­[email protected]. Stronk is ’npublikasie van die Volksblad­groep.

Dagprogram09:0009:00 Reza de Wet­toneel­fees, groep 4 (Eunice­teater)09:0009:00 Marzanne Leroux­Vander Boon: ontbyt (eksamen­lokaal 4)09:0009:00 Albert Blake: Boerekry­ger (UV­Sakeskool, lokaal 1)09:3009:30 Die hart van FrancoiseHardy (Kunstetrust­Odeion)09:3009:30 SMS: Babakoors! (Koo­wee­Repteater)10:0010:00 Green man flashing(kykNET­Scaena)10:0010:00 Babalela: Los ons uit(Eunice­hoërskoolsaal)10:3010:30 Die vrou vantevore(ATKV­Wynand Mouton­tea­ter)10:3010:30 Dowwe Dolla (Eunice­laerskoolsaal)10:3010:30 Keith Cornelis­Britz:Sofie . . . (UV­Sakeskool, lo­kaal 1)11:3011:30 Sneeuwitjie (blomme­teater, Mango­André Hugue­net­teater)11:3011:30 Marita van der Vyver opSkype (UV­Sakeskool, lokaal1)11 2:002:00 Klawers en pype (Kuns­tetrust­Odeion)12:0012:00 Die Tam Tams hou ta­lentkompetisie (Koowee­Repteater)12:0012:00 Die woud (Kampusto­neel, Eunice­teater)12:0012:00 Die putgrawer se dog­ter (fliek, UV­Sakeskool, lo­

kaal 3)13:0013:00 Babalela: Los ons uit(Eunice­hoërskoolsaal)13:0013:00 Diskoers 1 (UV­Sake­skool, lokaal1)11 33 :30:30 Die Bram Fischer­wals(kykNET­Scaena)13:3013:30 Anchen Troskie as ElbieLotter (UV­Sakeskool, lokaal2)14:0014:00 Die graswewenaar(ATKV­Wynand Mouton­tea­ter)11 4:304:30 100% volroom Melt(Aasvoëlklub)14:3014:30 Robin Hood (Koowee­Repteater)15:0015:00 No added charges(Kampustoneel, Eunice­tea­ter)15:3015:30 Van Coller en taai: Gay­kuns (UV­Sakeskool,lokaal 2)16:0016:00 A French affair(Kunstetrust­Odeion)16:0016:00 3 Prima donnas x2 (Mango­André Hu­guenet­teater)16:0016:00 Kamptein Blitzen die skool vir super­heroes (Eunice­laer­skoolsaal)16:0016:00 De hel van ’36(fliek, UV­Sake­skool, lokaal 3)

16:3016:30 Piet Botha (Aasvoël­klub)17:0017:00 Green man flashing(kykNET­Scaena)17:3017:30 Argitektuurlesing (de­partement argitektuur, UV)18:0018:00 Mis (Eunice­teater)18:0018:00 Die vagina­monoloë(Eunice­hoërskoolsaal)18:0018:00 verSKRIKKELik snaaks(Sand du Plessis­teater)18:3018:30 Elnora en Nirvana (Koo­wee­Repteater)18:3018:30 Christoff Beukes (Aas­voëlklub)19:0019:00 Zanne Stapelberg: Fireof Soul (Kunstetrust­Odeion)19:3019:30 Ou blare (kykNET­Scae­na)19:3019:30 Dowwe Dolla (Eunice­laerskoolsaal)20:0020:00 Oskar en die pienk tan­nie (ATKV­Wynand Mouton­teater)20:3020:30 Poppekas (JBM Hert­

zog­koshuis)20:3020:30 Mis

(Eunice­tea­ter)21:0021:00 Johrné

van Huyssteen(Kunstetrust­Odeion)21:0021:00 Kopstuk­

ke (André Hu­guenet­teater)21:0021:00 Piet Botha

(Aasvoëlklub)

13:00 Amanda Jordaan14:00 Helouise Gericke15:00 Blue Rain on a Tuesday15:30 Christoff Beukes16:00 LuhannToegang R60 (kaartjies slegs bydie deur van 17:00 af)17:00 Limeric18:00 Marsmoeras19:00 Henning Joubert20:00 Elvis Blue21:00 K222:00 Blueprint23:00 Brian Thompson

Blêrkas

‘Roepman’­ster oor roemRuan Bruwer

“HY was nes ’n boetie – ’n boetiewat ek nooit gehad het nie. Hy hetmy gelei en ek wou soos hy wees– ek het baie na hom opgekyk. Sydood was dus baie skokkend.”

Só gesels die kinderakteur PaulLoots en een van die sterre vandie rolprent Roepman oor diedood van die akteur AndrewThompson.

Thompson, wat ’n paar tonelein die rolprent teenoor Loots ge-had het, het vroeër vanjaar sy eielewe geneem.

Loots is op die Vryfees in diekinderteaterstuk SMS: Baba-koors! te sien.

Die 14-jarige Loots het groot lofvir sy rol as Timus in die fliek ont-vang. Oor sy kitsroem sê hy ditwas soms oorweldigend. “Jy wasvoortdurend bewus dat daar oë opjou gerig word wanneer jy in diewinkels rondloop.

“Dit was soms nogal awkwardas mense boonop dan na jou toekom. Maar jy voel nogal geëerddaarby.”

Hy sê hy moes vinnig ’n ordent-like handtekening aanleer aange-sien hy ’n paar keer deur aan-hangers daarvoor gevra is. Hybeskryf die eerste maal wat ie-mand hom daarvoor gevra het as“awesome”.

“Toe ek terug by die skool kom,kon ek ook agterkom my skool-maats het die fliek gekyk, hoeweldit ’n ouderdomsperk van 16 ge-had het,” het hy met ’n skelmglimlag gesê.

Loots se jonger sussie Shani (11)sê dit was “cool” en “wow” toe syhom die eerste keer in Roepmangesien het.

“My skoolmaats sou na my toekom en sê my boetie is bekend. Hyhelp my met als,” het sy trots gesê.

Loots was ’n maand lank op diestel van Roepman en het tussen

die skiet van die fliek deur hommet sy skoolwerk besig gehou,

terwyl sy meisie, Izél Bezuiden-hout, ook op stel kom kuier het.

Sy speel ook in SMS: Baba-koors!Hulle gaan al 15 maande uit.

Toneelstuk vir jonges ’n gesinsprojekRuan Bruwer

TERWYL baie gesinne oor Desem-ber vakansie gehou het, het dieLoots-gesin van Centurion aan ’nkindertoneelstuk, SMS: Babak-oors! begin repeteer watvandeesweek op die Vryfees opge-voer word.

Die hele gesin is in hierdieproduksie doenig – ma Hydie endie kroos, Paul (14), Shani (11) enMarise (9), is op die verhoog terwylpa, Samuel, as tegniese bestuurderagter die skerms werk. Samuel hetin Bloemfontein grootgeword enskoolgegaan. “Dis hoe ons vakan-sie hou, dit voel regtig nie sooswerk of oefen nie,” het Paul gisteroor die gesin se Desember 2011 ver-tel. Die gesin was reeds in 2009 alhier op die planke in die kinder-toneelstuk Balkie.

Hierin het Paul die hoofrolgespeel. “Ek het vreeslik gestresvir daardie jaar se speelvak (metBalkie), maar dit het gemaak datek nou baie op my gemak op dieverhoog is. Ek is van jongs af in diediepkant ingegooi.”

Hydie het die teks geskryf en be-hartig ook die regie. “Die stuk isnie net vir kinders nie, die jeug saldit ook geniet. Die uncool ma worddeur haar cool kinders uitoorlê.Ons speel in dieselfde teater asdrie jaar terug en is opgewonde omhier te wees,” het sy gesê.) SMS: Babakoors! is vandag om09:30; môre om 11:30; en Vrydag om12:30; Koowee­Repteater.

Die teatergogga het die Loots­gesin van Centurion behoorlik raakgebyt met almal wat by diekinderteaterstuk SMS: Babakoors! betrokke is. Van links is, voor: Marise, Samuel, Hydie en Shani; agterstaan Paul. Foto: WILLEM VAN DER BERG

Page 3: Stronk 11/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012 3

Dié Murrayminder gewaagWerk op Kovsie­kampus te sienJan Gerber

DIE kunstenaar Brett Murray –wat onlangs groot omstreden-heid veroorsaak het – het ’ngróót kunswerk op die Univer-siteit van die Vrystaat (UV) sekampus in Bloemfontein, maarhier is geen presidensiële penisom te be-Spear nie.

Dit is ’n reeks helder gesigte,sommiges wat na mekaar kyk enander wat weg van mekaar kyk,teen die muur van die brug.

Anders as sy onlangse kuns-uitstalling in die Goodman-ga-lery in Johannesburg wat uitskerp politieke satire bestaanhet, onder meer die berugte TheSpear wat pres. Jacob Zuma endie ANC warm om die kraag ge-had het met sy uitbeelding vanZuma in Stalin-gedaante metsy geslagsdele wat uitsteek, ishierdie werk in ’n meer ver-soenende trant.

Dié beeldhouwerk is eerder ’nviering van jeug, verskille, maarook eendersheid, het Angela deJesus, kurator van die UV se Lot-to-Kampusbeeldhouroete, gisterverduidelik.

Sy en Dot Vermeulen, ’ndosent aan die kunsdeparte-ment, het gister sowat 15nuuskieriges oor die roete be-gelei om die tien openbare kuns-werke aan hulle bekend te stel.

Vermeulen het gesê Murray sewerk is een van die mees eie-tydse werke in die versameling.

Dié openbare kunsprojek hetsowat drie jaar gelede tot standgekom nadat die nasionale lot-eryraad sowat R3 miljoen aandie universiteit beskikbaar ge-stel het.

De Jesus het gesê daar isbesluit om werke op die kampusaan te bring wat die waardes vandiversiteit en eenheid verge-stalt, en ook as ontmoetings- en

besprekingspunte te dien. Vandie beelde kan byvoorbeeld assitplekke gebruik word.

“Die beelde wat voorheen opkampus te sien was, beeld nievandag uit nie,” het De Jesusgesê.

Nou spog die kampus met beel-de van bekendes soos Strijdomvan der Merwe, Willem Boshoff,Angus Taylor en Willie Bester.

Die staptog van sowat twee en’n half uur het Dries Fourie vanWelkom se verwagtinge oortref.

“Die keuse van beelde is baiegoed. Dit dra by tot die konsepom diverse mense bymekaar tebring,” het hy gesê.

Magdaleen Schoch van Bloem-fontein was ook baie beïndruk.

“Dit is iets wat mens ’n tweedekeer kan doen, jy gaan elke keeriets nuuts sien,” het sy gesê.) Die gratis begeleiding vind weermôre om 11:00 van die Odeion­teater af plaas.

Die kunstenaar Brett Murray se werk pryk ook op die Vryfees. Die doel van die werk is om jeug, diver­siteit, maar ook eendersheid, te vier. Foto: LIZE VAN DEN BERG

Julle sê

‘‘Ons almal weetmos teater betaalnie juis nie.Mense sukkel omte verstaan datskrywers per slotvan sake ookmoet eet.— DRAMATURGPG DU PLESSIS

’n Persdolfyn, terherinneringHenry Cloete

DIE reën sif nog neer wanneersy die sleutel in die diagonalegleuf laat glip.

Die Wes-Kaap is onherberg-saam vanmôre, maar diebestemming wink haar ook niejuis vriendelik nader nie.

Dis die herinnering se skuld.Die donker wolk waaronder syweg is. Die groot móét van dievergeet.

Bloemfontein en die pers dol-fyn.

Sy sug en trap versigtig dogsekuur op die versneller. Elkebestemming is tog ’n vertrek-punt, dink sy.

Dis tien uur tot in Bloem-fontein, 12 as jy padwerke endie sporadiese stopslag in-werk om iets in die maag enuit die blaas te kry. Ver, maardis ’n moet.

Dat ’n afgeblaasde stukplastiek in ’n hangkas só seerkon maak . . . steeds so seermaak.

Kort voor lank is Worcesteragter haar.

De Doorns en Laingsburgvolg, waar die vloedwatervlak-bordjie in die middedorp haarlaat ril.

Sommige vloede herhaalhulself nie, ander hou nooitop nie.

Beaufort-Wes, Drie Susters,Colesberg. Haar asem raaksaam met die oorblywende af-stand korter.

Die huis in Jan van Riebeeck-straat, neffens die Tempe-in-gang in Dan Pienaar, doem inhaar gedagtes op – die persmure, die vuil swembad, diewarm kamers, waar hitte tus-

sen mense soos silwermunteuitgeruil is.

En die verdomde hangkas ensy inhoud.

Sy neem die afrit na Nel-son Mandelarylaan, ry sta-dig deur die straat terwyl sydie beelde, die ligte laat in-sink.

Sy draai links voor die Mimo-sa Mall, regs in Kellner en neem’n ompad om verby die MysticBoer te ry.

In Jan van Riebeeckstraatstop sy voor die huis.

Sy klim uit die motor en stapnader aan die hek om die klok-kie te lui.

Meteens voel sy hoe haarregterbeen byna onder haar in-gee.

Sy tree terug en kyk verskrikaf na die voorwerp wat haarlaat gly het.

’n Afgeblaasde pers stukplastiek, met die bliklose oëwat optuur vanaf die donkerhopie.

Sy glimlag. Dit is nie meerbinne nie, maar ook nie weg-gesmyt nie.

Iewers tussen die vergetel-heid en die tasbaarheid hangdie herinnering, dit wat by na-betragting half waardevol, halfsinneloos lyk.

Dit wat vasgesteek het, wasegter nie al wat daar wasnie.

Sy klim in haar motor enry terug na die Mystic Boer.Daar is, besluit sy, meer om teonthou as net die einde.

En die dônnerse pers dolfyn.

’n Pot vol stronk

Page 4: Stronk 11/7

4 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012

Vier hul9de jaarop feesFrancois Theart

DIE stalletjie Lekkerbekkie is alsoos een van die meubelstukke opdie kunstefees en verkoop al byna'n dekade ’n verskeidenheidprodukte aan feesgangers.

Lekkerbekkie word besit deurtwee susters, Lize-Mari (24) enMari-Lize (21) Booyens, albei oor-spronklik van Bloemfontein. Ditis nou al die negende jaar wat hulstalletjie op Kovsie-kampustydens die kunstefees te sien is.Hulle verkoop onder meer mag-nete, sleutelhouers, klere en ted-diebere.

“Ons het regtig iets van alles en(iets) vir mense van alle ouder-domme.

“Ons het heelwat gekooptegoed, maar baie van die produktemaak ons self,” sê Lize-Marie.

Die susters het Lekkerbekkiereeds in 1996 op die destydse KTV-markdag begin toe hulle nog opskool was.

Tydens hul laerskoolloopbaanhet die susters Absa se Top-entre-preneurkompetisie drie keer ge-

wen.Later is die stalletjie na feeste

en skoue geskuif.In 2003 begin hulle produkte op

die Volksblad-kunstefees (nou dieVryfees) uitstal. Hulle het toe

slegs een tafel en ’n rak gehad envandag het hulle ’n permanentestalletjie op die Vryfees.

Mari-Lize vertel dat sy reedshaar studie met die geld wat hullemet die stalletjie maak, betaal het.

Die susters het boonop genoeggeld gemaak om Europa plat tetoer en vir hulle karre te koop.

Hulle is nie net stalletjie-eie-naars nie.

Lize-Marie is ’n onderwyseres

in Klerksdorp en Mari-Lize is be-sig met haar nagraadse studie inB.Rek. aan Kovsies.

“Ons werk baie hard, maar ditis op die ou einde die moeitewerd!”

‘Harde werk die moeite werdeite werd

Van links is die susters Lize­Mari en Mari­Lize Booyens by hul bekende stalletjie, Lekkerbekkie. Foto: Francois Theart

Hopelik is die boek beter . . .Theuns du Buisson

MOENIE ontwykend wees in gesprek-ke oor seks nie, maar wanneer ’n vraaggevra word wat nie ’n klinkklare ant-woord het nie, ontwyk dit.

Dit is min of meer wat Nicky Spies indie gesprek oor haar boek Seks: NouWat is die Storie Eintlik? probeeroordra het. Of dit is ten minste wat diéskrywer van dié berig daaruit geleerhet.

Sy het nooit in die boekbesprekinggesê ’n mens moet iets ontwyk nie,maar dade spreek harder as woorde,mev. Spies.

Nicky Spies is ’n narratiewe tera-peut van Kaapstad. Sy help mense omnare gebeure uit hul verlede te ver-werk deur dit in stories te vertel en sohul eie lewensverhaal te herskryf. Dieboek is gegrond op haar doktorale stu-die, maar sy het dit gestalte laat kry inmense se lewens.

Sy het ook haarself telkemale weer-spreek, met sinne soos “ons moet diestilte verbreek, maar ek wil nie mensevra om hul persoonlike intieme lewensaan die volgende persoon oor te vertelnie”.

Wat beteken dit?Net daarna het sy die gehoor gevra

om letterlik hul gevoelens oor seks metdie persoon langs hulle te deel. Dit wasmaar ’n stil affêre, maar mens kon sin-nelose brokkies soos “dit moet tog in-timiteit behels” uit die hoofsaaklik be-jaarde groep uitmaak.

Spies het verder voortgegaan oor dierolle van mans en vroue wat ver-keerdelik op mense afgedwing word.Mans hoef byvoorbeeld nie noodwen-dig altyd die een te wees wat die sek-suele proses aan die gang sit nie.Vroue kan dit ook doen en moet dit

soms doen.Sy het ook talle interessanthede

kwytgeraak, soos Plato se leringe watdaartoe aanleiding gegee het dat mensenet in die donker seks gehad het. “An-ders gaan dit jou verbeelding aktiveeren dit sal jou na die verderf lei.”

Die program is toe afgesluit deur

Spies wat ’n vraag oor wat die Bybelnou eintlik oor voorhuwelikse seks sê,ontwyk het. Daarna het sy die gehoorweer aangemoedig om die stilte te ver-breek, waarna Petrus Kuhne, die pro-gramleier, ons gemaan het om die boekte koop. Die boek kan net beter as diegesprek daaroor wees.

Nicky Spies, skrywer van Seks: Wat is nou eintlik die storie.Foto: WILLEM VAN DER BERG

‘‘Ons moet die stilte verbreek, maar ek wil nie mensevra om hul persoonlike intieme lewens aan dievolgende persoon oor te vertel nie.— NICKY SPIES, SKRYWER VAN SEKS: WAT IS NOU EINTLIK DIE STORIE

Twiets oor die#Vryfees

@The1Frohan: Bloem is vrot van die #vryfees!!Lekker tye. @ATKVSA

@ATKVSA: Alles smaak lekkerder in Afrikaansso gaan kry vir jou ’n lekker sappige sosatie bydie ATKV kos stalletjie #vryfees

@DowweDolla007: “@YolandaMaartens:@DowweDolla007 en @Johrne dankie vir dielekker lag @_OFM geniet die #vryfees

@Romanz: @volksbladnuus kan nie wag nie!

@Elvisblue: @volksbladnuus thank you....HELLO

@DewaldLouw: Ek kom loer vandag in by die@Vryfees! Besigste jaar nog! @volksbladnuus@StronkKoerant

Page 5: Stronk 11/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012 5

Dramawortels lê diepOmroeperwil nie eenvir anderverruilMargo Olivier

DIE Bloemfonteinse radio-om-roeper Anna Visser is ’n bekendestem oor die radio-golwe in diestad, maar haar dramawortels lêdiep.

Sy het ’n graad in drama enteaterkuns aan die Universiteitvan die Vrystaat (UV) in Bloem-fontein verwerf.

Anna is vanjaar op die Vryfeesin die kinderproduksie RobinHood (teks en regie deur JanBrink) te sien. In dié produksievertolk sy die rol van die prins.Dit is ’n heerlike verhoogstukwaarin Anna en haar mede-ak-teurs oud en jonk laat skaterlag.

Hoe het sy in die radiowêreldbeland?

Dramastudente het ’n radio-module in hul derdejaar. Annawou dus net ’n bietjie ervaring by’n radiostasie opdoen. Sy hetnooit gedink dit sou ’n permanen-

te werk word nie. “Ek het ’n baiedodgy e-mail vir die program-bestuurder (van die radiostasieOFM) geskryf.”

Daarin het sy gesê hoe gewilligsy is om soet in die hoekie te sit enkoffie aan te dra.

Met dié e-pos het sy aansoek om

’n internskap by die stasie ge-doen, maar ses maande later wassy agter die mikrofoon. Sy het liefvir die “draadloos” geword, maarsy sal nooit van die verhoog kanafskeid neem of die een vir die an-der verruil nie.

Anna sê haar werk by die ra-

diostasie het haar toneelspel ver-beter, veral toe sy vroeër vanjaardie rol van die verteller in dieproduksie Kringe in ’n Bos (regis-seur Stephanie Brink) vertolkhet.

Sy sê haar kollegas wat saamhaar The Breakfast Club met Tim

Thabethe op die radio doen,ondersteun haar en was almal indie gehoor toe Kringe opgevoeris.

Anna se kollegas kom haarboonop tegemoet omdat sy haartyd tussen die radiostasie en ver-hoog moet verdeel.

Anna Visser in lawwe luim voor dieOFM­buite­uitsendingseenheid.Foto: WILLEM VAN DER BERG

Leandré Blume enLize van den Berg

OUERS en kinders het gistergeskaterlag vir die kinder-produksie Robin Hood op dieeerste dag van die Vryfees.

“Dit was baie goed en het nienet vermaak aan die kindersgebied nie, maar vir ons ouermense ook,” het Karla vanJaarsveld, ’n lid van die ge-hoor, ná die vertoning gesê.

Die teks van dié toneelstuk isdeur Jan Brink geskryf.

Met gister se vertoning wasdaar wonderlike interaksie tus-sen die akteurs en die gehoor.Die akteurs het die kindersvrae gevra en die kinders was

nie om hul mond geval nie.Die Sheriff van Nottingham

wat ’n groot hoed gedra het, hetin ’n stadium vir die gehoorgevra of hulle weet wie hy is.Een kind het uit die gehoorgeskree: “Jy is ’n pirate!”

Die akteur het verbaas geant-woord nee, hy is die Sheriff,maar dit het nie die entoesias-tiese gehoorlid gekeer nie omweer te skree: “Maar jy is dan’n pirate.”

Die toneelgeselskap gaan ditdalk moet oorweeg om vir dieSheriff ’n ander hoed aan teskaf.

Die akteur Rowlen von Ge-ricke, wat die rol van Tak (’nlid van Robin Hood se bende)

vertolk, was een van die klein-goed se gunstelinge.

Hy was effe hiperaktief enhet nes die meeste van sy ge-hoor baie van lekkernye gehou.

Die ouers het veral lekker ge-lag toe daar met die Interna-sionale Krieketraad in dieproduksie gespot is.

Een van die akteurs het symede-akteurs uitgetrap en gesêhy is nes die InternasionaleKrieketraad – hulle kry altyddie laatste woord in al het ditniks met die onderwerp te doennie.) Robin Hood is weer vandag om14:30, môre om 13:30 en Sater­dag 09:30 in die Koowee Rep­teater.

Robin Hood laat kleingoed skater

ONS soek jou foto’s van hoejy dié jaar se Vryfees geniet.Jy kan dit op ons Facebook-blad post, of stuur na Twit-ter (@volksbladnuus) ofe-pos na [email protected]. Stuur dit nou!

Ons soekjou foto’s

Page 6: Stronk 11/7

6 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012

Melt ‘nie aspris, net eerlik’Tree eerstekeer alleenin Bfn op’n REUSE-OPKOMS, blomme . . .en dalk ’n paar sporadiese dreige-mente.

Dít is wat die komediant MeltSieberhagen verwag met sy eerstesolo-optrede in Bloemfontein ensy eerste vertoning op die Vry-fees, het hy aan Stronk gesê.

“Ek skroom nie om te sê wat eksê nie,” sê Sieberhagen oor syskerpskerts-vertoning 100% Vol-room Melt. “Liggeraaktes magdalk aanstoot neem . . . nie allemense is fans van satire nie, veralnie as dit hul eie foute uitwysnie.”

Tog sê hy die vertoning bevatbloot sy perspektief oor Afri-kaans-wees, menswees en diesmeer.

“Maar my perspektief is dalkmeer liberaal as ander s’n . . .Daar is niks aspris of skokkenddaaraan nie, dit is net eerlik.”

Hy verskoon homself ’n oom-blik van die telefoniese gesprek.“Askies, ek moes net gou ’n reflec-tor jacket by iemand leen.”

Hy het immers gisteraand nog

die rol van ’n karwag vertolk in ’nvertoning by die Comic’s Choice-toekennings voordat hy vandagom 06:00 sou deurry Bloemfonteintoe.

Altesaam “90%” van sy werkdoen hy deesdae in Engels, maar

hy sien baie uit na die Volroom-vertoning op die Vryfees.

“Afrikaanse stand-up is nog insy kinderskoene. Dit is vir mense’n bietjie van ’n alien concept,maar dit is besig om spoed op tetel.”

Die plakkaat van sy vertoningvertoon Sieberhagen met sy ken-merkende lang, krullende lokkeen ’n boks “Melt” in sy hande,waarop ’n swart-en-wit-foto ver-skyn soos dié van ’n vermiste per-soon.

“Dit was ek in standerd vyf,”sê hy, hoewel ’n onafhanklikewaarnemer kwalik dié afleidingsou kon maak.

“Dit wys hoe ek veranderhet . . . Dit is ook waaroor dieshow gaan. Hoe ek van daar tothier gekom het. Dit is nogal ’nstretch.”

Oor sy grootwordjare op Ven-tersdorp spot hy dikwels, maarwat van Bloemfontein?

“Bloem is soos Ventersdorp opsteroids,” skerts hy. “Maar nee,die mense in Bloem is verskriklikvriendelik en verwelkomend . . .dalk is hulle net bly om iemandanders te sien!”

Iemand wat ’n bietjie anders lykook, sekerlik.

Sieberhagen se kenmerkendevoorkoms het heelwat te dankeaan dáárdie haarstyl. Gebruik hyenige spesiale produkte om dit inplek te hou?

“Wat ook al ek kan score by diegastehuis,” lag hy. “Maar ek isoop vir ’n sponsor . . .”

Hier het hy ook al ’n paarvreemde ervaringe gehad, maar“dit is nie publiseerbaar nie . . .”) 100% Volroom Melt is vandagom 14:30 en Vrydag om 12:00 in dieAasvoëlklub.) VerSKRIKKELik snaaks (ook metTobie Cronjé, Lizz Meiring, HannesBrümmer en Karen Wessels) isvandag om 18:00 en môre 10:00 indie Sand du Plessis­teater.

Melt Sieberhagen Foto: ALET PRETORIUS

Ventersdorp se‘vreemdsteuitvoerproduk’draai op dieVryfees. HenryCloete het metMeltSieberhagengesels.

Margo Olivier

HOLLYWOOD-ROEM het miskien ’ngroot aantrekkingskragvir diemeesteakteurs, maar die oud-BloemfonteinerHilletje Bashew (née Möller) het ver-lang na Suid-Afrika, haar huis, segrondreuk.

Nou is sy tydelik terug in haar landen in Bloemfontein om op die Vryfeesop te tree.

Hilletje het in 2006 haar graad indrama en teaterkuns aan Kovsies vol-tooi. Daarna is sy danksy studie-beurse na Amerika om by die Yanksverder te studeer.

Volgens Hilletje is daar wonderlikegeleenthede inAmerika, veralLosAn-geles, waar sy op die oomblik woon.Hollywood is natuurlik in Los Ange-les.

Sy sê egter Suid-Afrika se teaterbe-dryf hoef glad nie vir oorsese produk-sies terug te staan nie.

“Amerika het miskien meergeleenthede, maar daar is ook meermense wat om dieselfde rolle mee-ding,” vertel sy.

Hilletje loof die gesoute Ameri-kaanse akteurs vir die passiewaarmee hulle elke rol aanpak. Enhoewel sy baie na Suid-Afrika ver-lang, was dit vir haar ’n voorreg omsaam met oorsese akteurs in dieAmerikaanse weergawe van Voiced enVagina Monologues te werk.

Sy vertolk egter nie ’n rol in die Va-gina-monoloë (Afrikaanse weergawe)wat ook op die Vryfees is nie, maar isin die produksie S11 (self) te sien. Ditis geskryf deur Leon Kruger en dieregisseur is Gerben Kamper. S11 (self)handel oor ’n vrou (Hilletje) wat haar-

self in ’n inrigting bevind.“Ek het amper in my broek gek*k

toe Gerben my (uit Suid-Afrika) bel,”sê Hilletje.

Syhet toe ’nverskoninggehadomaldie pad van Los Angeles na Bloemfon-tein te reis om in dié produksie op tetree.

Hilletje sê sy is baie gelukkig omweer in haar moedertaal te kan toneel-speel en dit nogal onder die regie vandie briljante Gerben Kamper.

“As akteur voel ’n ou veilig in syhande.”

Vir S11 (self) deel sy die verhoogmet akteurs soos die bekendeWaldimar Schultz, Bloemfontein seeie Maria de Koker en die bekendegesig in kampusproduksies ChanmariErasmus.) S11 (self) is môre om 09:00 en 21:30in die kykNET­Scaena­teater op dieplanke.

Hilletje kom kuier uitHollywood

Hilletje Bashew in die produksie S11saam met Waldimar Schultz.

Page 7: Stronk 11/7

BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012 7

‘Vryfees’ nou gemaklikop meeste tonge

Simoné Haggard

HET feesgangers nou al vredemet die kunstefees se naamVryfees gemaak? Stronk hetgaan uitvind.

Christine Scholtz en haardogter, Chrislé, albei vanBloemfontein, verlang nie veelna die ou naam (Volksblad-kunstefees) nie. Christine hetgesê die naamsveranderingis nice en dit maak die feesuniek.

“Dis baie groter en meer in-teressant as voorheen,” sêChristine.

Maarten van Vuuren, ki-taarspeler van die band Ed-ward Ash, sê hoewel dieVrytent (Blêrkas) funny klink,

maak dit vir hom sin.“Dis die Vryfees in die Vry-

staat.“Die meeste mense in my

kring noem dit ook die Vryfeeseerder as die Volksblad-kuns-tefees.”

Hy reken tog dat die ouer Af-rikaner dit wel nog die Volks-blad-kunstefees noem.

Matt van Wyk, ook vanBloemfontein, sê die nuwenaam pas by die fees.

“Almal is vry om in te kom.Jy betaal niks (geen toegangs-geld om die feesterrein te be-tree) nie.

“Die naam maak dit beter endie naam Volksblad-kunste-fees was net te plat.”

Koos van der Walt, oudin-

woner van Bloemfontein, hetgesê dis ’n goeie naam enfees.

Hy stem ook nie saam datdie ouer geslag huiwer om dienuwe naam te aanvaar nie.Vir hom het dit al gewoontegeword om die nuwe naam tegebruik.

Marnus Schuhardt, ’nBloemfonteiner wat die feesnie gereeld bywoon nie, sê dienaamsverandering pla homglad nie.

“Die nuwe logo van die feeslyk beter.”) Vanjaar is dit die tweedejaar wat die kunstefees as dieVryfees bekend staan. Voor-heen is dit die Volksblad-kuns-tefees genoem.

Christine Scholtz en haar dogter, Chrislé. Maarten van Vuuren

Matt van WykKoos van der WaltMarnus Schuhardt

Opgewonde oor feesTheuns du Buisson

’n NUWE album van die im-mergewilde Laurika Rauch is opdie horison.

“Ja, ek is baie besig om liedjiesbymekaar te maak. Ek glo nie ditsal al dié jaar wees nie, maar virseker volgende jaar,” het die Afri-kaanse diva aan Stronk gesê.

Dit is baie goeie nuus vir Laurikase talle aanhangers.

Haar nuwe vertoning, Nuwe Te-mas, wat gisteraand in die Sand duPlessis-teater in Bloemfonteinplaasgevind het, was uitverkoop.Soos gewoonlik.

Dis nie elke Jan Rap en sy maatwat dit kan regkry nie, maar Lauri-ka Rauch is allesbehalwe ’n maatvan Jan Rap.

Volgens Laurika was dié nuwevertoning die eerste keer op dieKlein Karoo- Nasionale Kunstefees(KKNK) op Oudtshoorn te sien. Syhet op die laaste nippertjie besef dathulle nog nie ’n titel vir die verton-ing gehad het nie.

“Dit sou net Laurika genoemword, maar toe besef ek dat ek baienuwe temas aanspreek, nie meernet liefdesliedjies en ballades nie.Ek het byvoorbeeld nooit gesingoor kinders wat ander kinders boe-

lie nie.”Vooraf was Laurika baie opge-

wonde om op die Vryfees te kan op-tree.

“My ma is ’n gebore Vry-stater . . . so ek het dit in my bloed.Die Vryfees is altyd uitstekendgereël en die Sand is my gunste-ling-plek om op te tree. Dis ’n fan-tastiese teater.”

Haar uitvoering bestaan hoof-saaklik uit nuwe liedjies, maar sysal nooit van sekere ou gunstelingeafstand doen nie.

“Elke nou en dan moet daar ’nanker wees van iets wat jy ken.”

Toe Stronk haar vra wie haargunsteling-liedjieskrywers is, hetsygesêCoeniedeVilliers,maarvol-gens haar kan ’n mens nooit regtiggunstelinge uitsonder nie.

Sy het ook genoem dat sy baie blysou wees as Anton Goosen nog lied-jies vir haar sou skryf.

En hoe kry sy dit reg om ná al diejare steeds so ’n pragtige vrou tebly?

“Haai jitte!Nouvang jymymet ’nslap riem.

“As jy my vra hoe ek nog vol saletrek, sou ek jou kon sê. Jy is maarso goed soos die mense wat jou om-ring en ek word omring deur won-derlike mense.”

LaurikaLaurikasteeds topssteeds tops

‘‘Jy is maarso goedsoos diemense watjou omringen ek wordomring deurwonderlikemense.— LAURIKARAUCH

Die kamele op die Vryfees kry groot aftrek. Hier ryDie kamele op die Vryfees kry groot aftrek. Hier rytwee jong feesgangers op hulle.twee jong feesgangers op hulle.Foto:Foto: WILLEM VAN DER BERGWILLEM VAN DER BERG

Page 8: Stronk 11/7

8 BYLAE TOT VOLKSBLAD, Woensdag 11 Julie 2012

Die tydskrif Lig se eettent en stalletjie het die week ’n permanente be­soeker. Karen van der Berg van Lig staan hier by hom, staatspresidentC.R. Swart. Foto: WILLEM VAN DER BERG

‘Prominente letterkundige’se eerste digbundel sien ligJan Gerber

PROF. HENNIE VAN COLLERwil nie met die gróót digters –N.P. van Wyk Louw en D.J. Op-perman – vergelyk word nie.

Só het die akademikus, let-terkundige en skrywer gisterop ’n bespreking oor sy digbun-del Soom op die Boekefees aandr. Anthea van Jaarsveld, sykollega by die Universiteit vandie Vrystaat (UV), gesê.

“Ek gee nie om wat mense sênie. Die kritici kan maar skryfwat hulle wil,” het hy gesê.

Ná talle akademiese publika-sies, en ’n paar gepubliseerdekortverhale is Soom sy eerstedigbundel. Hy het wel in 2007 ’nbundel vertalings van LuukGruwez, Bandelose gedigte, dielig laat sien.

Hy weet hy stel homself ’nbietjie bloot deur nou ’n dig-bundel te publiseer, gegewe dathy ’n “prominente letterkundi-ge” is. Hy dink nie sy kreatiewewerk word aan bande gelê metsy akademiese agtergrond nie.

Hy vind dit moeilik om teverklaar presies hoekom hyskryf.

“Partykeer skryf jy omdat jywil. Jy kry net soms die gevoeldat jy iets wil neerpen. Jy wiliets skép.”

Van Coller werk baie met

beelde en terwyl hy soms persoon-like kwessies takel, soos byvoor-beeld odes aan sy ma en pa, pro-beer hy om ’n objektiewe afstandte behou. “Ek het ’n absolutebroertjie dood aan sentimen-taliteit,” het hy gesê en bygevoeghy hou ook nie van nuutskep-pings en romantiese gedigte nie.

Om dit in sy eie werk te vermyhou hy homself in toom metformele strukture – hy is veral liefvir die sonet – en humor.

“Ek is sinies, ek kyk sinies nadie werklikheid en dit kom navore in my werk.”

Die bundel bevat ook vertalingsvan Nederlandse en Engelse so-nette. Hy hou van dié digvormomdat dit die digter vasdruk in ’nbepaalde struktuur.

Hy meen dit bring ’n groot uit-daging vir die sonetskrywer.

“Ek wou kyk of ek daarin (diebeperkinge van struktuur) vry-heid kon bereik.”

Prof. Hennie van Collerlees voor uit sy debuut­digbundel Soom.Foto: JAN GERBER

WAT ’n paar feesgangers gisterop die Vryfees kwytgeraak het:) “Dis ’n flippen skande. Daar’snie Black Label draughts nie.”) “It’s all about the vibe.”

) “Ons is net hier om te eet endrink.”) “Daar is te veel mense metkortmouhemde. Hulle is sekerhipsters, want dis mos te main­stream om warm aan te trek.”) “Ek verloor hier vinniger ligh­ters as wat Angelina Jolie gewigverloor.”

Julle sê

Produksie ‘eerlik, rou . . .’‘Raak elketweedehuisgesin’Henry Cloete

GEEN vorm van verlies is iets wat mak­lik afgesluk word nie – maar wanneer’n man sy werk, sy hoop, sy definisievan homself en byna sy gesin verloor,sit die droë pil maklik vas in die keel.

Die toneelstuk Labirint, met die be­kende Deon Lotz en Illse Roos in diehoofrolle, vertel die verhaal van Alberten sy vrou, Idil. Wanneer Albert sy werkverloor en in ’n diepe depressie verval(soveel so dat hy dit oorweeg om sy eielewe te neem), is dit Idil se taak om diepot aan die kook te hou – wat die fi­nansies en die gesin se welstand betref.

“Ek is nie ’n depressiewe ou nie . . .glad nie,” sê Lotz oor dié rol terwyl hygereed maak om weg te val aan ’nlamspastei in die Summerwood­res­taurant by die Kunstetrust­Odeion.“Maar om die rol te speel van ’n ou wat’n op ’n punt kom waar hy ’n plan maakom sy eie lewe te neem . . . dit is some­thing else.”

Lotz het aangeklop by sielkundigesom navorsing te doen vir sy rol.

“ ’n Man voel mos hy moet beheerneem en hy voel sleg as hy dit nie kandoen nie. Mans het maar issues. Hullesien nie sielkundiges nie, hulle kommu­nikeer nie, hulle het ’n image.”

Geslagsrolle word dus beslisaangespreek in die stuk, sê hy.

“Maar dit spot nie daarmee nie,”voeg Roos vinnig by.

“Daar is baie empatie, daar is nie ’nvinger wat gewys word nie.”

Volgens haar was daar ’n voorskouvan die stuk in die Kaap, waar dit baiegoed ontvang is deur veral mans wat

“ná die tyd gesê het hulle is óf selfdaardeur, óf hulle ken iemand watdaardeur is”.

“(Die teatergangers) sal met nuweoë na hul omstandighede kyk . . . Dis ’neerlike, rou stuk.”

Lotz en Roos is dit egter eens dat diestuk as “genesende” teater beskoumoet word. Die boodskap is immers

dat daar hoop is wanneer mense sáámhul omstandighede takel, aldus Roos.

“Mense sal daarmee kan identifiseer.Dit raak elke tweede huisgesin in Suid­Afrika,” sê Roos.

In teenstelling met Roos, wat vir dieeerste maal op die Vryfees optree, wasLotz al “vyf of ses” keer hier.

“Die gehore is baie ontvanklik, baie

ingelig. Hulle is honger vir teater.“Hulle lag en huil op die regte plekke,”

sê Lotz.Volgens Roos is dit ’n storie “wat

vertel moet word en gehoor moetword”.) Labirint is môre om 20:00; Vry­dag om 14:30 en Saterdag om14:00 in die Eunice­hoërskoolsaal.

Deon Lotz en Illse Roos praat oor die toneelstuk Labirint. Foto: WILLEM VAN DER BERG