14
28 The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening hammering with a mighty fist on the front door so that it rattles in its frame and then hear the coarse man’s voice: “Deon and Yolandi Sonnekus, we don’t know whether you have avoided the plague. Please open the door or else we will take over the house by force.” BLOEDSPORE IN DIE SAHARA 6. SPORE MAAK - Deel 4 Weer staan hulle bietjie besluiteloos daar. Hulle besef gou wat aan die gang is. Alloestra probeer die twee soldate so weglok. Dit sal egter nie uitwerk nie, daarvan is hulle seker. Die soldate sal onmiddellik opmerk dat hulle drie Alloestra nie agterna sit nie. Die wraak is myne! - 14: Op die spoor Op ‘n goeie Maandagoggend het hy Hannes van Velden in hegtenis geneem. Hy het gehoop dat hy onder druk met die hele sak patats sou uitkom. Die koerante het hom lof toegeswaai. Knap speurwerk. Bevrore hart - 10. ’n Kuiertjie So ‘n kort storie vir soveel jaar se seerkry, dink Amanda. Hoe hy alles so feitelik kan weergee, gaan haar verstand te bowe, maar as sy mooi kyk, sien sy die droewe trek om sy mondhoeke.

The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

28

The mission - 05. The occupation

Suddenly they hear a deafening hammering with a mighty fist on the front door so that it rattles in its frame and then hear the coarse man’s voice: “Deon and Yolandi Sonnekus, we don’t know whether you have avoided the plague. Please open the door or else we will take over the house by force.”

BLOEDSPORE IN DIE SAHARA 6. SPORE MAAK - Deel 4

Weer staan hulle bietjie besluiteloos daar. Hulle besef gou wat aan die gang is. Alloestra probeer die twee soldate so weglok. Dit sal egter nie uitwerk nie, daarvan is hulle seker. Die soldate sal onmiddellik opmerk dat hulle drie Alloestra nie agterna sit nie.

Die wraak is myne! - 14: Op die spoor

Op ‘n goeie Maandagoggend het hy Hannes van Velden in hegtenis geneem. Hy het gehoop dat hy onder druk met die hele sak patats sou uitkom. Die koerante het hom lof toegeswaai. Knap speurwerk.

Bevrore hart - 10. ’n Kuiertjie So ‘n kort storie vir soveel jaar se seerkry, dink Amanda.

Hoe hy alles so feitelik kan weergee, gaan haar verstand te bowe, maar as sy mooi kyk, sien sy die droewe trek om sy mondhoeke.

Page 2: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

2

Stories Magazine - Tydskrif Acknowledgements/Erkennings No. 67 – 30-03-2020 Editor and Translator prof. Gert van Jaarsveld English https://storymagazine.home.blog Afrikaans https://storietydskrif.home.blog Redigering en Vertaling prof. Gert van Jaarsveld Besoek ons skakel “Oor ons skrywers”

27

“’n Saak het altyd twee kante,” is die enigste woorde waaraan sy kan dink.

Vervolg volgende week uitgawe 68

Page 3: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

26

“Van ons daar aangekom het, was die persepsie dat ons ‘n hegte verhouding het, en haar suster en ma veral het so van my gehou dat hulle dadelik in die geheim troue begin reël het. Ek dink hulle het gedink ek het baie meer geld as wat ek toe gehad het, maar daar was iets anders ook. Haar suster het eendag toe ek wou gaan visvang aan die weskus en Charlotte aangedring het dat ons in Kaapstad in die winkels moes gaan rondloop, gesê: jy moet maak soos sy sê, sy is soms maar ‘n moeilike entjie mens. Ek het toe niks daarvan verstaan nie. Ek dink ek was te oorweldig deur hulle ingenomenheid met my en met die wyse waarop hulle my trots aan hulle ryk vriende as sakeman voorgestel het. En ek dink ek was verlief. Dalk was ek hopeloos ydel ook. Maar ek was beslis ongelooflik onnosel.

“Net voor ons troue, wat toe sommer vinnig gereël is, het skoonpa my eenkant geroep. Hy was nogal ‘n man met visie. Hy wou nie hê sy dogter moes swaarkry nie, het ek ‘n behoorlike huis vir haar? Indien nie, dring hy daarop aan dat hy geld voorskiet om ‘n behoorlike huis te bou. Ons is getroud en ek het sommer dadelik die huis laat aanbou. Maar die huwelik was van die begin af ‘n fiasko. Hier was sy totaal uit haar plek. Geen partytjies nie, geen ryk wynboere om te beïndruk nie, geen groen wynlande nie. Geen luukse winkels nie, al het ek voor die tyd gewaarsku.

“Sy het haar in die huis teruggetrek, my van allerhande goed verwyt, dit heeldag voor die kop gegooi dat ek met haar pa se geld roekeloos omgaan, al het ek binne ‘n paar jaar elke pennie met rente terugbetaal.

“Ek het twee keuses gehad. Of ek ooit reg was, weet ek nie. Ek moes óf skoonpa se aanbod aanvaar om saam op sy plaas te gaan boer, óf ek moes hier probeer om die beste van my huwelik te probeer maak. Maar ek kon nie Kaap toe gaan nie, want dit was nie die eintlike probleem nie. Die probleem het tussen ons gelê en die wortel daarvan was ‘n onbesonne huwelik.“

Hy sug. “Toe ons nou in die Kaap was, het vader besluit sy dogter is genoeg

geteister, sy is in ‘n senukliniek opgeneem en die egskeiding is gereël.” So ‘n kort storie vir soveel jaar se seerkry, dink Amanda. Hoe hy alles

so feitelik kan weergee, gaan haar verstand te bowe, maar as sy mooi kyk, sien sy die droewe trek om sy mondhoeke. Sy wonder wat hy sou sê as hy weet van haar gesprek met mev. Cohen. Sy weet ook dat wat Cohen nou vertel het, net die verkorte feitelike weergawe is, dat die emosionele teistering wat hy jare verduur het, glad nie ter sprake gekom het nie.

“Ek verwyt my dikwels oor al die dom foute wat ek gemaak het.” 3

Our books – Ons boeke http://storietydskrif.home.blog/boekwinkel/

Page 4: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

4

Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs

25

“Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het ma se sorg vir goed geërf. Hy sorg beter vir sy beeste en skape as vir my. Wil glad hê ek moet vir die lammertjies truie brei. Hulle kry dan so koud.” Almal skater van die lag.

“Hulle het dan dik woljasse aan,” lag Amanda saam. “Ai, Amanda. Die ou lammertjies is so klein. Ek kry hulle so jammer.” Hulle kuier ‘n genoeglike middag om. Tant Hannie laat hulle ook nie

gaan voor koffie en beskuit en die heerlikste melktert nie. “Ons gaan gou die velle laai,” sê Cohen, “dan moet ons ry. Die son sak

al vroeër en ek hou nie van donker ry nie.” Die vrouens kry vir oulaas kans om bietjie te gesels. “Ek gaan kyk of

daar genoeg koffie is, anders maak ek gou voor julle ry.” Martjie is uit kombuis toe.

“Hartjie,” sê tant Hannie guitig, “gaan dit goed tussen julle?” “Hoe bedoel tante nou?” Sy is verbaas oor die opmerking. “Ag, jy weet, my kind. Julle twee.” Sy hou haar ringvinger in die lug. “Tante?” Amanda is uit die veld geslaan. Tant Hannie sien dit. “Let maar op, my kind. Hy het ‘n ogie op jou.” “Nooit Tante!” Tant Hannie glimlag net. Martjie kom terug met ‘n vars pot koffie. Terwyl hulle terugry, loer Amanda na Cohen wat op die pad

konsentreer. “Gawe mense,” sê hy na ‘n ruk. En dan lag hy. “En die vrouens wat

altyd dink ‘n man se maag sit aan sy ribbes vas. Hulle oorvoer my altyd as ek op die plase kom. My vrou was nooit een vir kos maak nie. Te veel van ‘n dame.” Hy sê dit sonder snedigheid of bitterheid, dink Amanda.

“Waar het julle ontmoet? In die Kaap?” Die vrae was uit voor sy dit kon keer. Sy kan haar tong afbyt.

“Dis ‘n lang storie. Toe hulle begin bou aan die nuwe gedeelte van die winkel, het ek iemand gekry om die winkel aan die gang te hou. Ek is vinnig Duitsland toe om vir ouma te gaan kuier. My pa wou altyd, maar nou ja. Ek het toe sommer ‘n vinnige draai deur Europa gemaak en toe op ‘n boot geklim huis toe. Sy was ook op die boot, pas ‘n afrondingskool in Frankryk besoek.

“Sy was ‘n baie mooi dametjie en ek het nogal gevly gevoel dat sy my geselskap bo die ander jongmans verkies het. Haar pa is ‘n ryk wynboer naby Paarl op ‘n ou familieplaas. My passasie was na Durban bespreek, maar sy het my omgepraat om by hulle te kom kuier vir ‘n week of wat. Ek was nog nooit op ‘n wynplaas nie en het ingestem.

Page 5: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

24

dorp gekom sonder ‘n stukkie vleis vir hulle of groentetjies. My ma was ‘n onderwyseres en die kinders was lief vir haar.”

Hy het stilgebly en net voor hom uitgestaar asof hy nie wou toelaat dat die emosie wat in sy hart geflikker het, na vore kom nie.

“En toe?” Hy het sy skouers geskud. “Ek het so jaar of wat met die winkel

voortgegaan. Toe het ek hom verkoop. Ek kon dit nie uithou dat hulle nie meer daar was nie. Alles was skielik so anders. Toe kom maak ek hier die winkel oop. Eers net die deel wat jy nou het. Die kamer voor met my kamertjie agter. Die dorpie was toe nog baie klein en dit was voorlopig genoeg. Maar paar jaar later kom daar skielik meer mense soos die myn produksie verhoog. Toe moes ek aanbou. Eers die gedeelte wat nou pakkamer is en die winkel self. Na my troue het die huisgedeelte gekom.”

Hy bly ‘n rukkie stil. Die enjin dreun egalig en die motor wieg op die grondpad.

“Kyk hoe mooi lyk die trop rooi afrikaners. Die jaar was nie te sleg nie. As die mielieoes goed is, sal baie boere weer op hulle voete wees. Dan sal dit vir ons ook goed wees.”

Sy weet nie wat om te sê nie en kyk maar by die venster uit na die ruie grasvlaktes en mielies wat kophoogte in rooi landjies staan.

“Ek en jy is ‘n goeie span,” sê hy skielik opgewonde. “Ek het gisteraand ‘n bietjie die syfers nagegaan. Ons het goed opgetel van jy bygekom het. Ek sal vir jou ‘n groot bonus moet gee.”

“Hoe groot?” skerts sy terug. “Dit hou ek vir ‘n verrassing. Vrouens hou mos van verrassings.” “Solank hulle net aangenaam is.” Die rit was te skielik verby. Hulle het by die plaashek ingedraai en was

op pad na die huis ‘n paar honderd meter verder. Sy is spyt daaroor. Wat haar oorspanne gestel nodig gehad het, het sy met die rit gekry. Cohen se relaas het haar weggeneem van haar eie probleme af. Hy het niks van haar verwag nie, net dat sy sit en luister. Geen vrae oor haar verlede nie. Geen verduidelikings oor hoekom sy is soos sy is of maak soos sy maak nie.

Tant Hannie is in die wolke oor die salf en medisyne. “Jy kon vir my ma net sowel ‘n diamant van Kimberley af gebring het.

Sy sou nie meer opgewonde daaroor wees nie,” terg Gert. “Diamante is aardse goed. ‘n Mens se liggaam is ‘n tempel en moet

versorg en geheel word. Ek kan dit nie verdra as mense ly nie.”

5

The Script of Evil Book 1 – When Evil brings Love – is now available in our bookstore The mission The Script of Evil series Book 2

05. The occupation Yolandi grabs Deon when he opens the front door and hugs him while she talks over his shoulder.

“I’ve been out of my mind with worry, my dear. Don’t do this to me ever again! Where are you coming from?”

Deon is still holding his .303 rifle in his right hand. “I rose at first light while you were still sleeping to visit our people to see if they are all okay. They are keeping well but worry about empty shelves and they wanted to know when I will take them into town. I had to explain to them that it might be extremely dangerous and that only the strongest of us can go well-armed into town looking for provisions.”

Yolandi hugs Deon tighter. “Armed? We only have this single gun. Do you think Chloe’s warning is true that those spiders that came from heaven changed the people in man-eating monsters? She even told us to wait for seven days before we could even venture to go to town.”

Deon frowns. “It is ten days already, darling, and everything has run out since last week. There is no electricity, the television is dead, so is the internet and the landline and even our smartphones. We are lucky to be so independent with our wind turbine, solar panels, battery bank, and water reservoirs. I think there is turmoil outside and we can only hope it stay away from us.”

Worried Yolandi frowns. “Deon, I wonder now if it wouldn’t be better if we had moved to the Eastwood Estate as Chloe had suggested. They are well protected by the army over there.”

“I don’t know, sweetie, let’s first have a look at what is going on in town. We still have the option to pack the caravan and move over there if necessary, not so?”

They are suddenly alarmed by noises that sound like vehicles racing from the woods into their yard. They had to clear a diameter of the blue gum forest large enough to ensure safety from fire when they built the house. Together they run to the nearest window. Deon counts six 4x4

Page 6: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

6

Ranger double cabs that race clockwise around the house. It is clear that they are encircled when the first vehicle stops only a few meters from the front door and just behind the last one.

As soon as they have stopped, the doors swing open and the drivers take dead rest over the bonnets with machine guns while three armed men with strange gear exit the vehicles and run towards the house just to vanish out of their sight somewhere around the house.

Yolandi looks at Deon with wide eyes and whispers: “Goodness, what are we going to do?”

Suddenly they hear a deafening hammering with a mighty fist on the front door so that it rattles in its frame and then hear the coarse man’s voice: “Deon and Yolandi Sonnekus, we don’t know whether you have avoided the plague. Please open the door or else we will take over the house by force.”

Once again he hammers the door and then silence follows. Deon sprints and take the position at the inside of the door and

Yolandi follows quickly and joins him. “Who are you and what are you doing here? How do you know us?” “Deon, we were hired and prepared by the Saviours, an organization

that is going to develop an antidote and eventually ends the anarchy caused by the plague and together with them we chose your farm as a base from where we are going to operate. Deon, have you avoided the plague or are you sick?”

“Chloe Eastwood of the neighbouring farm warned us to put off all lights the night the spiders came down. We are healthy.”

“The whole world is in anarchy, Deon. Have you been outside the farm from the time the spiders came down?”

“No, we were warned that the spiders would emerge from the sewers and would attack people and that they would die after seven days. People are then going to infect one another and change into monsters so that everything will be ruined. We really don’t know what is going on outside except that all networks and services have ceased to work.”

“How about sickness of your workers and their families?” “Nothing, I have just returned from visiting them. Their supplies are

running out and my strongest men and I want to go into town shortly.” “Impossible. You are not equipped for such an outing. If you aren’t

overwhelmed there by man-eating gangs, you will surely be infected or bring the virus back to the farm with your provisions and it will be the end of everyone on the farm. Just open the door now! You need us as

23

10. ’n Kuiertjie

“Jy het nie dalk lus om saam met my na tant Hannie-hulle toe te ry nie. Sy is by haar kinders op die plaas en sy het laat weet dat daar een of ander allergie onder die plaaswerkers uitgebreek het. Ek moet vir haar salf en medisyne vat en haar seun het ‘n klompie velle wat ek kan saambring.”

Sy wou die middag gewy het aan haar studies, maar die aanbod lyk aanloklik. Vandat sy hier aangekom het verlede September, was sy nog nêrens heen nie en naweke sit sy maar net in haar kamertjie behalwe as Alet haar dwing om by hulle te kom kuier en daar te eet. Bowendien hou sy van tant Hannie se seun, Gert, en sy vrou Martie. Hulle kom redelik gereeld dorp toe en kom kuier gereeld in die winkel.

‘n Halfuur later ry hulle. Cohen is in ‘n opgewekte bui. Hy lag en gesels oor die boere wat hy besoek, oor die besigheid en ligweg oor die politiek en die oorlog in Europa.

“Jy weet, my pa kom van Duitsland af. Hy was ‘n Duitse Jood. Na die Eerste Wêreldoorlog het hy besluit Europa is te klein vir hom en hy het Suid-Afrika toe gekom. Hy het eers in die Kaap rondgeswerf en gesmous en toe uiteindelik, ek weet self nie hoe nie, hier in Natal kom nes skrop. Op ‘n klein dorpie het hy sy winkeltjie oopgemaak. Dis waar ek grootgeword het. My ma was ‘n boerenooi, so Afrikaans as kan kom, een van die Voortrekkers se nasate. Dit was ‘n vreemde opset. Hy, Joods met al sy tradisies, sy stoere Calvinis. Maar hulle het nooit oor godsdiens onenigheid gehad nie. As hy sy beffie opsit en sy godsdiensrituele uitvoer, het sy dit aanvaar en hy het haar streng Calvinistiese uitkyk op sake aanvaar. Hulle was altwee wonderlike mense. Hulle het mekaar gerespekteer in alle opsigte. Die bietjie struwelinge wat daar tussen hulle was, het my ma loshande gewen.”

“Nou wat is jy? Jood of Afrikaner?” vra sy erg geïnteresseerd. Hy lag hardop. “Ek is ‘n hibried. Soms is ek Jood. Dan sit ek my

beffie op en maak soos my pa. Anders is ek soos my ma, streng Gereformeerd.”

Sy lag. “Waar is hulle nou?” “Albei oorlede. Treinongeluk op pad Kaap toe. Ek was toe pas klaar

met skool. Dit was erg. Honderde mense het gekom om die begrafnis van Sammy en tant Martjie, soos hulle genoem was, by te woon. Hulle was na al die jare op die dorpie al ‘n instelling. Die boere het byna nooit op die

Page 7: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

22

Illustrasie verskaf deur Anja Ries Hierdie boek is beskikbaar in ons boekwinkel http://storietydskrif.home.blog/boekwinkel/

7

much as we need the farm. We are planning to make this our base from where we can help the Saviours. It is a win-win situation and in any case, you are encircled.”

Anxiously Deon and Yolandi look at each other and she whispers: “I see no alternative, dearie.”

Deon speaks again: “How do we know it is true? I suggest you come back tomorrow. Let us inspect for ourselves what is going on outside before I joyfully turn over the farm to you.”

Suddenly a loud crash follows and Deon just in time prevents the door with his free hand from slamming into them. Three men with R5 guns aim at them and the one in front is a monster of a man. They wear funny metal gear resembling scales and helmets cover their heads. Deon bends and puts his gun down carefully and raises his hands into the air showing submission.

The faces of the soldiers at the back are hidden behind glass but the monster’s face is open when he speaks. “Good choice, Deon, time for games is over. We know you two live here alone. Rather consider this as an opportunity to stay alive. You have no choice as to join us because without us you will one time or another be overwhelmed by anarchy and the highly infectious plague.”

Yolandi silently thinks: ‘We will give you the chance but if you act badly towards us, we can escape and join the group at the Eastwood Estate. I am sure they will want to know about their dangerous neighbours.’

~*~*~ Captain Dexter, Klaas the tracker, and Chloe look at the remains of the

campfire that have been sniffed out by the dogs as Klaas confirms: “It was rather a big camp. Quite a few two men tents were erected. I guess some twelve tents and they disembarked with six 4x4s, probably four in each vehicle. So, I guess about 24 people altogether, Captain.”

Dexter frowns at Klaas: “How long ago did they leave?” “Not very long ago. The ashes of the campfires are still very hot. I

would guess just a little while before we have arrived at the dam.” Dexter looks at Chloe with a question mark on his face: “Do you

perhaps know who could be hiding on this desolate piece of the farm?” Chloe shakes her head from side to side: “I have no idea, Captain.” Dexter is sceptical: “You are not trying to do something secretive, my

girl? Colonel Morrison will have no mercy. Don’t give him a reason.”

Page 8: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

8

Chloe looks back at Jane who is searching the earth a little further off. “Jane, come here.”

Jane joins them and Chloe explains: “Some 24 people camped here secretly and they have departed just a while ago in six 4x4s just before we’ve arrived. Captain Dexter is afraid that we have something up our sleeves. Can you help to convince him we know nothing about this?”

“I’m shocked. Why would 24 people hide here and depart just before we arrived with the dogs? How did they know the dogs were coming?”

Dexter nods. “Good question. No cell phone is working. Maybe they have a sentry on that high hill between this place and the yard who warned them via radio.”

Jane concurs: “I that case, the sentry must still be on the farm, maybe on his way to the national road. Why not get the helicopter in the air for surveillance of this area and up to the road?”

Dexter nods. “Maybe we should.” Chloe frowns. “Suppose someone from within the camp warned them

we are on our way? Maybe with a hidden radio and why should they have hidden here in the first place?”

Jane surmises: “Maybe they know about the plague and that our farm is reasonably safe. Maybe they hid here until they got word that the plague has passed.”

Chloe further speculates: “But why hid here while they could have come to us and ask to join us?”

Dexter rubs his chin. “That is a good question and I think it can only be because they knew they would not be welcome.”

Chloe frowns. “But why wouldn’t they?” Jane thinks loudly: “Maybe they are armed to the teeth.” Dexter nods. “Most probably that is the reason. They are a well-armed

group of people that hid secretly on our farm and most probably they have a spy in our midst who conveys to them everything going on at the farm. I am now going to contact Haasbroek and get the helicopter in the sky while we are going to block the way with the dogs to the national road. If we find no sentry, I am going to get Heinrich to appoint signalers to monitor all frequencies 24/7 and maybe then we will discover that we have a spy in our camp.”

Continues next week in Edition 68

21

tienuur se kant, is ek uit en ek loop huis toe. En ek moet nou verbygaan daar waar hulle nou die gebou gebou het. Maar ek loop aan die ander kant van die straat. Toe ek so ‘n blok van die gebou af is, sien ek die bakkie staan. Alleen in straat. Ek dog: wat staan die bakkie so alleen in die straat, netnou steel hulle die ding, want daar is nie huise of woonstelle of winkels nie, net kantore en dié se ligte is almal af. So, wat staan die bakkie so allenig? Maar ek loop verder oor die straat en toe ek omtrent regoor die gebou kom, gee my blaas ‘n draai en ek moet pie. En ek glip in ‘n gangetjie en ek pie en daar kom die ou by die gebou uit met ‘n sak en hy sluit die deur en hy kyk rond en hy loop oor die straat en hy klim in die bakkie en ry. Ek dog die ou het maar laat gewerk, of so. Eers toe die manne in die kroeg vertel van die geld, toe dink ek, maar ek het die ou gesien met die sak geld daar uitkom en toe dink ek, ja, dit was mos die bouer se bakkie wat ek daar gesien het, want ek het mos baie daar verbygeloop toe hulle nog gebou het. En ek kan sweer dis dieselfde bakkie. As julle die ou vang en die geld kry, sal die bank darem vir my iets gee?”

Hy was oortuig dat al het Jan nie gelieg nie, dit nie die werk van een persoon was nie, maar dit was ‘n begin. Die bouer kon dalk deel van die plan gewees het. Die feit dat hy ‘n sleutel gehad het en vrye toegang, was die skamele feite waarop hy sy saak sou bou.

Op ‘n goeie Maandagoggend het hy Hannes van Velden in hegtenis geneem. Hy het gehoop dat hy onder druk met die hele sak patats sou uitkom. Die koerante het hom lof toegeswaai. Knap speurwerk.

Maar Hannes het nie geknak nie. Hy het eenvoudig by sy storie gebly. Rothwell het grootmoedig aan die koerante gesê dat aangesien hy Hannes as ‘n werknemer beskou en geglo het in sy onskuld, hy deel van sy regsonkoste sou betaal.

Hy het Rhoode na Hannes gestuur. Vervolg volgende week uitgawe 68

Page 9: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

20

sonder om te sukkel daardeur kon stap nie. Die konstabel het op sy hurke op die vensterbank gesit en toe na binne afgespring. Stof het onder sy skoene uitgeslaan.

“Mooi,” het Petrus gejuig, “ek het dit. Niemand het deur die venster gekom nie. Die deur is gewoon oopgesluit nadat die venster vir die skyn gebreek is.”

“Hoe nou?” Die konstabel was verbaas. “Kyk waar jy geland het, hoe het jy duidelike spore in die stof getrap.

Sien jy ander spore?” Die konstabel het sy kop geskud. “Dit beteken net een ding. Rothwell en/of sy manne het hier kom oes.”

Hy was absoluut oortuig daarvan. Hy moes net die bewyse kry. Hy sou op Rothwell moes inzoem. Hoekom die gebou gebou?

Hoekom skielik met vakansie tydens die rooftog? Wie het sleutels van die gebou gehad? Wie kon medepligtiges gewees het? Wie in die bank kon gehelp het?

Hy het besluit op ‘n senuoorlog. Tydig en ontydig het hy by Rothwell opgedaag om nog vrae te vra, om nogeens verklarings af te neem, om nog besonderhede na te gaan. Onbenullighede soos: hoe lank het die bouwerk geduur, wie het die planne opgestel, kon die tekenaar geweet het van die bank se kluis, wie almal was betrokke by die projek, kan hy weer ‘n sleutel kry om nog ‘n slag na die toneel te gaan kyk.

Rhoode was elke keer by. Hy het naderhand gedreig dat hy ‘n hofbevel sal kry om Rothwell nie meer lastig te val nie. Toe het hy sy troefkaart gespeel.

“Ek dink ek het nou genoeg getuienis om die saak na ‘n kant toe te laat gaan. Goeienag menere,” het hy een aand vir hulle gesê. Maar hy het niks gehad nie, net sy vaste oortuiging dat Rothwell sy man was.

En toe skielik ‘n deurbraak. “Gaan praat met Jan Diergaardt,” het die ou gesê. “Ek het vandag in die koerant gesien jy het nog geen verdagtes nie. Jan was gisteraand in die kroeg nogal vol stories oor wat hy die aand van die rooftog gesien het. Ek dog ek sê maar net. Hy sit gewoonlik saans in die Royal.” Die ou wat hom op die sypaadjie voorgekeer het, het weer tussen die massas van die huistoeganers verdwyn.

Jan was nie ‘n betroubare getuie nie, maar dit was al wat hy gehad het. In die hof sou Jan verkrummel. Maar vir ‘n dop of twee het Jan gesing en gefluit.

“Meneer, kyk ek weet ek vat altyd ‘n dop of twee te veel. Maar daardie aand. Ek het maagpyn gehad en kon nie veel drink nie. Toe, so

9

Kopiereg @ Pieter Haasbroek (2019) Aanlyn winkel: https://sqrindle.com/category/fiction-and-literature Webwerf: https://www.softcoverbooks.co.za

Page 10: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

10

6. SPORE MAAK - Deel 4 Alloestra sê.

“Luister nou na my. Buitekant hierdie stad is daar ’n houtkraal waarin baie perde van El Dowla se ruitery gehou word. Hulle word deur net ’n paar wagte bewaak. As julle in die donker in daardie kraal kan kom, kan julle sonder moeite drie van die beste perde uitsoek, nie waar nie?”

Hulle voel of hulle hierdie stomme ou man op sy rug kan klop, maar dan val dit hulle by van die sambokhoue.

“Ek is heeltemal seker dat ons drie perde sonder die minste moeite sal uitsoek,” sê Joos. “Maar wat van die saals en tooms? Ons kan darem nie dae aan mekaar bloots ry nie?”

“Die saals en die tooms word ook in die kraal aangehou. Daardie wagte is nie veel werd nie. Dit sal my nie verbaas as julle hulle aan die slaap aantref nie. Hulle is net so lief vir slaap as El Dowa. Maar nou moet julle eers slaap. Ek sal julle wakker maak as die nag al ver gevorder het. Dan is dit die beste tyd vir hierdie onderneming van julle.”

Noudat die spanning in hulle gebreek is, voel hulle opeens die verlammende uitputting. Hulle voel die gewig van hul ooglede en terwyl hulle nog daar sit, begin die ou man en die kaia en die hele wêreld voor hulle swem. Alloestra wag nie langer nie. Hy gooi komberse en matjies oop. Hulle kantel om en hulle sak onmiddellik in ’n diepe slaap weg. Toe die ou hoor dat hulle werklik slaap, sluip hy by die opening uit na die sonlig in die klein steeg.

Hulle word teësinnig wakker. Die slaap was nog nie genoeg nie. Dit was net genoeg om die ergste uitputting af te stomp. Iemand skud hulle aan die skouers. Dit is ou Alloestra.

“Dit is nou die tyd, my vriende,” fluister Alloestra. “Omtrent al wat leef, slaap nou in Doeroek. Drink eers weer voordat ons padgee.” Hy het die karba weer vol water gemaak. Hulle drink meer as wat hulle nodig het en dan gee Alloestra hulle drie klein bokvelsakkies vol water.

Hulle kom nie so ver om hom te bedank nie, maar hulle weet dat hy aan hulle kan sien hoe hulle oor sy weldadigheid voel.

Die ou man kruip eerste uit en hulle volg hom. Die maan is vol. Dit is goed, maar dit is ook sleg. Dit sal hulle help om te sien wat hulle aanvang daar in die perdekraal, maar dit sal dit ook moeilik maak om weg te sluip sonder dat die wagte hulle gewaar.

Dit lyk of hulle die enigste mense is wat saggies deur die nag beweeg totdat hulle byna by die poort van Doeroek is...

19

getuig dat sy die aand na haar ma toe is, Hannes was by die rugby. Sy het later teruggekom, in die bed gekruip so teen tienuur se kant, skat sy, en hy kort daarna. Hy het na drank geruik. Nouja, dit was rugby en die manne het in die kroeg gekuier. Dis al. Die kroegmanne sê die plek was so vol na die rugby, hulle kon hom daar gesien het.

Hy het ure gesit en gegewens oor Rothwell gesif. Koerantverslae, polisierekords, alle getuienis wat hy in die ondersoek opgedoen het. Sy groot maat, Schoonraad, is ook skatryk met belange oral in die land. Net so ‘n glibberige vent. En sy prokureur, Rhoode, een van die bekendste en bekwaamste in die bedryf. Sy saak teen Rothwell, as daar ooit ‘n saak sou kom, sou waterdig moes wees. Geen staatsaanklaer sou naastenby waag om met swak getuienis Rothwell en sy maats in ‘n hof aan te durf nie.

Terug na die gebou. En terug na die ou van die personeel wat kon saamwerk. Die enigste verdagte was ‘n gefrustreerde senior klerk wat nie verder bevorder sou word nie. Maar ook hy het onwrikbaar gehou by sy storie. Hy doen net sy werk, al die jare nog. Hy moet oor ‘n paar jaar aftree, hoekom sal hy hom nou by so iets laat betrek. Vra maar die bestuurder …

Maar die bestuurder het nie van hom gehou nie. Tewens hy het gewens hy kon van die treurige vent ontslae raak, daarom het hy die suspisie by die speurders probeer aanblaas. Helaas nie genoeg vir ‘n skuldigbevinding nie. Die geld was weg. Die geld in besit van iemand was getuienis. Daar was niks.

Terug na die gebou. Daar moes iewers iets wees wat hulle misgekyk het. Vir die soveelste keer. Eers weer na die venster aan die sykant van die gebou. Die ruit is van buite afgebreek. Spore? Met die reën uitgewis. Dan aan die binnekant. Teen die agterste muur. Spore in die stof, almal gladde spore van outydse tekkies. Geen prominente of verdagte spoor nie. Geen vingerafdruk êrens nie. Netjies beplan, netjies uitgevoer. Weer na die venster.

En dan sien hy wat hy vroeër moes gesien het. Die gebrek aan spore by die venster aan die binnekant.

“Konstabel,” roep hy opgewonde, “gaan uit en klim deur die venster.” “Wat?” “Asseblief. Gaan klim van buite af vir my deur die venster soos die

boef dit sou doen. Ek wil sien wat gebeur.” Die konstabel het sy kop geskud en na buite geloop. Toe was hy by die

venster. Hy het bietjie gesteun om op die vensterraam te klim. Dit was nie so hoog dat dit ongemaklik was nie, maar ook nie so laag dat ‘n mens

Page 11: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

18

Toe sy later met haar glasie wyn in die hand styf, warm en onweerstaanbaar teen hom sit, sê sy saggies: “Ek het na jou verlang vandag.”

Karin! Karin! Ek kan jou nie hou nie, maar kan jou nie los nie. Jy toor met my. Ek is soos ‘n gevangene. Jou net is netjies om my gespan en jy kan met my maak soos jy wil.

“Ek gaan bad,” sê sy ‘n rukkie later. “Moenie dat ek te lank vir jou wag nie.” Sy knipoog vir hom en stap dan na die trap wat oplei na die slaapkamergedeelte. Hy skud net sy kop en glimlag. Dan sit hy agteroor en ontspan. Sy gedagtes fladder terug in die verlede. Ja, die bankroof het tog ‘n groot verskil in sy lewe gemaak. Dit was ‘n soort keerpunt.

Hy was baie bly toe die saak aan hom toegewys is. Hy was jonk, intelligent, entoesiasties. En op Karin se aandrang honger na erkenning en bevordering. ‘n Klompie oulike speurwerk, eintlik meer donkiewerk wat hy nougeset uitgevoer het, en ‘n paar uitgetrapte skelms vasgetrek het, onder andere die geslepe Karel Greeff, het hom onder die aandag gebring. Karel se inhegtenisneming was eintlik net ‘n groot plesier na sy moeitevolle arbeid. Vir dae het hy die obskure kroeg dopgehou waar hy slegs ‘n vae vermoede gehad het dat Greeff daar sou aankom. Hy glimlag as hy steeds Greeff se verdwaasde blik onthou met groot ongelowige oë in ‘n bleek gesig. Hy het nie eers probeer weerstand bied nie, maar gedweë saam met Petrus met geboeide hande gegaan.

Die bevelvoerder het gesê dat dit ‘n groot uitdaging vir so ‘n jong man is, dat daar geen leidrade is nie, dat daar dalk mense in die bank is wat saamgewerk het, dat dit Rothwell se gebou was.

Die naam Rothwell het sy ore laat tuit. In die wêreld van bedrog en skelmstreke, omkopery en afpersing was dié naam glad nie onbekend nie. Maar Rothwell was onaantasbaar. Al het almal geweet of ten minste die sterkste vermoede gehad dat Rothwell betrokke was, meer nog, die brein was in menige ongure saak, kon hulle nie ‘n vinger op hom lê nie. Daarvoor het hy al sy spoortjies goed getrap en as dit nodig was, betyds uitgevee. En hy het ‘n uitgeslape prokureur.

Rothwell se gebou. Die tyd wat dit sogenaamd leeg gestaan het, die perfekte beplanning en uitvoering van die roof, die feit dat alle geld spoorloos verdwyn het, dat alle spore weer netjies doodgevee is, het alles vir hom net een ding voorspel: Rothwell! Hierdie keer gaan mnr Rothwell sy moses teenkom.

Maar dit was nie so maklik nie. Al die verdagtes het eentonig by hulle stories gehou en hulle alibi’s het geklop. Hannes, die bouer, se meisie het

11

Die poort staan wawyd oop. Dit lyk of die Bormoen nie meen dat daar ’n vyand sterk genoeg is om hulle aan te val nie. Hulle beweeg stadig. Hulle moet stadig beweeg ter wille van Alloestra.

Joos loop en ondersteun die ou man en hy wil net iets aan hom fluister, toe hulle ’n ritselende beweging links van hulle hoor. Dit kom uit die diep donker agter die stadsmuur. Hulle gaan staan asof hulle versteen het. Daar hoor hulle die beweging weer, hierdie keer duideliker. Org sien hulle eerste raak. Hy sê.

“Nou kan ons maar Ikabod skryf op ons vlugpoging, neefs.” Twee Bormoen-soldate kom na hulle toe aangeloop. Soos die meeste

Bormoen, is hulle lang, fris manne en nou dat hulle die maanlig binne kom, staan hul gewaad helder en wit uit.

Joos besef meteens dat hulle drie se mondering ook net so treffend in die maanlig moet vertoon. Hy onthou nog iets verder. Hulle dra die mondering van die soldate van El Dowa. Dit is net moontlik dat die Bormoen nog steeds na drie Legioensoldate soek wat Legioen-uniforms aan het. Daarom fluister hy vinnig.

“Opskud na die poort toe! Ons is mos ook drie Bormoen-soldate.” Alloestra het self nie ’n hoender se verstand nie. Hy begin meteens

vinnig op Arabies babbel. Hy babbel nie alleenlik nie, hy protesteer dat die stof so staan. Hy praat so vinnig dat hulle drie nie kan volg nie, maar uit sy houding word dit vir hulle duidelik dat hy voorgee hy is deur drie wreedaardige Bormoen-soldate gearresteer. Hierdie stukkie toneel speel die ou man onverbeterlik.

Later breek hy bietjie af en hy praat sagter en stadiger en hulle kan hoor wat hy sê.

“As julle by die poort uit is, draai na die noorde. Dit is nie ver nie. Vaarwel my vriende en alles van die beste. Mag Allah julle seën.”

Dit lyk of die ou die laaste krag in hom bymekaar maak en hy begin beweeg met ’n eienaardige swaaiende, gebukkende en skuddende beweging, in die rigting van die naaste skaduwees, al skreeuende.

Weer staan hulle bietjie besluiteloos daar. Hulle besef gou wat aan die gang is. Alloestra probeer die twee soldate so weglok. Dit sal egter nie uitwerk nie, daarvan is hulle seker. Die soldate sal onmiddellik opmerk dat hulle drie Alloestra nie agterna sit nie.

Hulle word egter deur die twee soldate self uit die verknorsing en twyfel gehelp. Die twee soldate gaan aan die draf. Hulle draf by die drie stuks verby. Met die verbygaan sê een van die twee soldate vinnig iets en dan verstaan Joos wat aan die gang is. Hierdie twee soldate is maar

Page 12: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

12

gewone soldate wat moet wagstaan. Hulle drie het egter die monderings van El Dowla se paleiswagte aan. In die oë van daardie twee soldate is hulle drie nie sommer gewone kêrels nie. Hulle is wagte van die paleis van Doeroek. Daarom sit die twee die ou man agterna. Hulle wil hierdie paleiswagte ’n guns bewys.

“Kan jy nou meer,” sê Joos en hy sê dit so hard dat hy hom verbeel die twee hardlopende Bormoen, het hom gehoor.

Die twee wagte verdwyn in die donker agter Alloestra aan. Joos begin te hardloop en die ander twee laat ook nie op hulle wag nie. Hulle storm deur die poort en die stad Doeroek lê gou agter hulle in die sagte maanskyn.

“Ek hoop net die ou ontglip hulle,” sê Org so in die hardloop, terwyl hulle buite die muur van die stad vinnig noordwaarts beweeg.

“Hy ken elke molsgat in hierdie plek,” sê Neels. “Vang sal hulle hom wragtag nie vang nie.”

’n Streep wolke steek voor die maan verby en byna meteens word dit donker. Daaroor is hulle nou baie dankbaar. Hulle is dankbaar omdat dit Alloestra ’n beter kans sal gee om te ontsnap en dieselfde is die geval met hulle ook.

Toe hulle ’n paar honderd tree gehardloop het, breek Joos af en hy sê. “Die perdekraal kan nou nie meer ver wees nie en ons wil hom nou

darem nie uit die grond gaan hardloop nie.” Hulle stap dus verder, net langs die stadsmuur op. Hulle loop byna in die kraal vas. Hulle hoor perde snork en perdepote

op die grond stamp, soos die een of ander dier perdevlieë probeer afskud. Die kraal is van hoë houtpale wat met sparre aan mekaar verbind is. Die openings tussen die pale is groot genoeg vir enigeen van hulle om deur te kruip. Hulle gaan egter nie die kraal dadelik binne nie. Eers wil hulle die wêreld bietjie bekyk. Hulle loop agtermekaar om die kraal, Joos voor en Neels heel agter. Die kraal is nie so besonder groot nie en hulle neem nie lank om heeltemal om te loop nie. Die hek is net groot genoeg vir een perd op ’n slag om deur te kom. Dit is toe, maar dit is nie gesluit nie. Daar is net ’n swaar houtgrendel wat opgelig moet word. Terwyl hy daaraan vat, wonder Joos of sy oorlede ou Breker wat saam met hom op die plaas groot geword het, nie hierdie hek baie gou sou oopgemaak het nie.

Hulle tel die grendel stadig oop en stoot die hek oop. Die ou skarniere knars en hulle versteen. Niemand het blykbaar gehoor nie.

17

Hy haat die werk met ‘n vurige haat. Om ure lank in sy kar te sit en wag net om foto’s te neem van ‘n buite-egtelike flirtasie, was nooit sy idee van speurwerk nie, maar dis Karin wat aangedring het. ‘n Speurder in die polisiediens verdien te min, het sy aanhoudend geargumenteer. Jy kan tien keer soveel verdien as jy privaat werk. ‘n Man met jou talente en ondervinding kan nie sy lewe slyt met treurige polisiewerk nie.

Halfpad was sy reg. Die polisiesalaris was sleg. Hulle het in ‘n minder gegoede voorstad gewoon. Karin het by die dag meer stuurs geword. Soos ‘n sonbesie het sy maar altyd dieselfde deuntjie gesing, tot gekwordens toe, veral na die saak van die bankroof wat hy volgens almal so skitterend opgelos het.

Hy het bedank en sy eie praktyk begin. Hy was verstom oor die reaksie op sy advertensies. Soveel ryk ouens met soveel om uit te vind of weg te steek. Hulle het na ‘n beter voorstad getrek en na sy pa se dood met so ‘n bietjie erfgeld en die wins op sy huis, kon hy in ‘n gegoede woonbuurt laat bou. Dubbelverdieping, swembad, onthaalvertrek, noem dit. Dit het hom darem ook ‘n soort bevrediging verskaf. Hy het méér geword as sy kollegas, meer geword as net roetine speurwerk.

Maar dié soort ding verpes hy. Hy haat ontrouheid, omdat dit so deel van sy eie lewe is. Vir die oomblik is hy vasgevang. Sy werk betaal sy duur huis, sy duur kar, sy duur vrou.

Hy skakel sy kar aan en kies koers huis toe. Die son sak in die weste. Hy sal more die foto’s ontwikkel en aan sy kliënt rapporteer. By die huis tref hy Karin en Stefan in die kombuis aan. Stefan sit in sy

eetstoeltjie en is besmeer van sjokoladeroomys. “Hallo Pappa,” roep Karin uitbundig, “kyk hoe lekker het ek geëet en

gemors.” Sy krap klein Stefan se hare deurmekaar. “Kyk hoe lyk jou snoet! Pappa sal jou nie eers wil soen nie.”

Die dag se mismoedigheid verdwyn. Karin kan meteens die wêreld in ‘n towerdroom omskep. Hy kom nader en soen Stefan deur die sjokolade op ‘n nat, laggende mondjie.

“Jou klein vabond. Ek sal jou etiketlesse moet laat neem. Sies, wat ‘n gemors!”

Hy kielie die kleinman onder sy arms. Klein Stefan kraai van plesier. “Kom, ons gaan jou gou bad en dan in die bed. Dis waar klein soet

seuntjies hoort.” Sy knipoog vir Petrus, gryp Stefan uit sy stoeltjie en verdwyn na die badkamer. Hy stap na die sitkamer en maak ‘n bottel Shiraz oop. Sy hou van Shiraz. Toe hy op die rusbank gaan sit, hoor hy hoe kraai Stefan van plesier in die bad.

Page 13: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

16

14: Op die spoor

Motor stort by krans af Mnr Willem Schoonraad, bekende sakeman van Johannesburg, is op

slag dood nadat ‘n band van sy motor vermoedelik gebars en hy oor ‘n afgrond gery het. Die ongeluk het laat Vrydagmiddag plaasgevind naby Plettenbergbaai. Daar word vermoed dat mnr Schoonraad op pad was na sy vakansiehuis by Jeffreysbaai. Die pad is berug vir sy skerp draaie en het al meer as een keer ‘n gruwelike tol geëis. ‘n Motoris wat agter mnr Schoonraad gery het, sê hy het iets soos ‘n wolkie by die regter agterband sien uittrek, die motor het gevaarlik geswenk, deur die veiligheidsversperring gebars en oor die afgrond verdwyn.

Hy het stilgehou en gesien hoe die motor teen die kranse afrol. Oomblikke later het die motor aan die brand geslaan.

Volgens die ambulanspersoneel moes hulle lank sukkel om die voertuig aan die voet van die krans te bereik.

Petrus kyk maar met halwe belangstelling oor die berig. Sy aandag is eintlik gevestig op die deur van ‘n manjifieke rykmanshuis in die voorstede van Johannesburg. Tipiese storie. Ek dink my vrou is ontrou. Hou haar dop vir ‘n tyd. Rapporteer asseblief streng vertroulik aan my. Jy weet, ek het nogal ‘n posisie om aan te dink. ‘n Skandaal soos dié kan my kos. Wat hy nie bysê nie, is dat hy en sy sekretaresse ‘n heerlike naweek by die Loskopdam gehad het.

Maar geld is geld. Daarvan moet ‘n mens lewe. En dis wat Karin wil hê. Waarvan sy nie genoeg kan kry nie. En hy word natuurlik betaal, derduisende. Geen navraag oor sy fooi nie, dikwels harde kontant. Hy moet net resultate toon. En dit doen hy.

Sy outomatiese kamera klik onophoudelik toe die paartjie hulle verskyning maak. Hulle loop ingehaak teen die trappe af wat van die parkeerplek opwentel na die stoep. Op die gelyk parkeerterrein wag reeds ‘n taxi. Sy soen hom met oorgawe, druk hom styf vas, vryf oor sy donker hare en hulle hande bly aan mekaar vasklou tot hy in die taxi verdwyn. Sy waai nog agterna.

Hy wag tot die taxi vertrek het. Sy draal nog op die terrein rond en begin dan aanstap oor die gruis na die tuin. Sy pluk ‘n roos en druk dit in haar hare. Dan draai sy ‘n paar keer in die rondte en verdwyn om die hoek van die huis.

13

In die kraal buk hulle. Hulle sien rondom hulle perde. Party lê op die sand en andere staan net daar, hul lang sterte swaaiend. Een perd spring op, runnik bietjie verskrik en gee pad.

Nou moet hulle die saals en die tooms vind. Hulle moet ook probeer uitvind waar die wagte is, want terwyl hulle om die kraal spioeneer het, het hulle nie ’n teken van ’n wag gesien nie.

Hulle beweeg stadig na die middel van die kraal en probeer die perde nie te veel verstoor nie. Hulle wil nie hê dat die goed aan die hardloop moet gaan en agterdog wek nie.

Org trek Joos aan sy mou en wys met sy vinger. Hulle kyk na links en daar staan ’n ronde tent, taamlik groot en die kleur van die seil laat dit byna met die nag saamsmelt.

“Ek gaan bietjie daar spioeneer, maar ek gaan alleen,” fluister Joos. “As ons almal gaan, maak ons netnou ’n lawaai.”

Voel-voel beweeg Joos om die tent en hy sorg dat hy nie die tenttoue per ongeluk aanraak nie. Die tentklap is toe, maar daar is ’n dun skrefie lig binne. Hy hoor lae stemme. Dit is die Bormoen-wagte. Dit sal maar broekskeur gaan om hier saals en tooms uit te kry, want dit is heeltemal seker dat dit hier by die Bormoen in die tent gebêre word.

Hy beweeg agter om die tent, uit vrees dat een of ander Arabier by die opening sal uitkom. Hy sak op sy hande en voete by die los flap wat op die grond lê en wat bedags opgetel word sodat lug die tent kan binne kom. Hy luister fyn. Dit klink of daar net twee Bormoen in die tent is. Hulle praat taamlik hard en dringend. Hulle is aan die redeneer. Nee, hulle is aan stry. Hulle is besig om kaarte te gooi en is besig om oor die een of die ander te stry.

Hy sak verder af en gaan lê met sy wang op die sand teen die flap. Hy tel die flap stadig op, oneindig stadig en loer onder deur. Hy kan nie veel sien nie, maar hy kan genoeg sien. Daar is net twee Arabiere en hulle sit in die middel van die tent, net langs die nok op ’n matjie en kaarte gooi. So deur die speel beduie en babbel hulle vir die hele wêreld. Vir Joos is dit duidelik dat die twee op die oomblik nie aan perde dink nie. Hul klere is styf vasgetrek teen die koue van die aand, wat dit onwaarskynlik maak dat hulle vir enige hoeweklap na buite sal gaan.

Joos sien nog iets wat hom dankbaar en opgewonde maak. Rondom die binnekant van die tent staan daar saals regop, sowat vyf diep en oor elkeen lê daar ’n toom. Hierdie Bormoen het nogal ’n sin vir militêre netheid, meen hy.

Page 14: The mission - 05. The occupation Suddenly they hear a deafening … · 2020. 3. 30. · 4 Cover photo by Racheal Lomas @maven_designs 25 “Toemaar Ma,” sê Martie. “Gert het

14

Hy begin beweeg, met oneindige geduld en oneindig versigtig. As hier nou ’n stiebeuel of iets klingel, is dit klaar met hom. Gelukkig is die twee Bormoen nou so opgewonde dat dit lyk of hulle mekaar nou-nou aan die keel gaan vat.

Hy sleep drie saals met tooms en al, stadig onder die tentflap deur. Hy is nat van die sweet, hoewel die woestyn nag eintlik al koud is. Nou vir die sweetkomberse. As jy in hierdie woestyn ’n perd wil deur ry, moet jy hom sonder ’n sweetkombers ry. Maar hy kan hulle nie sien nie. Hy voel aan die saals. Stroke sweetkomberse is binne in die saals vasgewerk, sodat jy hulle maar net op die perd se rug kan sit. Die Arabiere is krygers en as hulle vinnig moet opsaal, wil hulle nie nog met los sweetkomberse sukkel nie.

Joos vlieg op, gryp die drie saals en tooms en laat spaander terug na die ander twee toe.

Selfs die stadige Neels is opgewonde. Hy gryp die saal uit Joos se hande en sê.

“Genugtig! Hoe het jy dit reggekry? Hierdie saals was mos seker in daardie tent?”

“Het ek jou dan nog nie vertel dat my oorle oupa in Daantjie Theron se Verkennerskorps was gedurende die Boere-oorlog nie?” spot Joos. “Boer se kind kan saggies werk as dit nodig is,” sê hy nog en gee Org se saal vir hom.

“Nou is die wêreld reg,” sê Org voldaan. Hulle beweeg stadig na die hek se kant toe en druk ’n paar perde daar

vas en vang drie. Een-twee-drie het hulle die perde opgesaal. “Luister nou mooi,” sê Joos. “Ons gaan nie ry nie. Ons gaan hierdie ou

diere eers ’n hele ent weglei voordat ons opklim. Ry ons hiervandaan, is dit klaar met ons, want dan hoor hulle die perdepote op die sand.”

Hulle loop in ’n ry en lei die perde versigtig die hek uit. Selfs met die loop, klap die perdepote dof op die sand en die drie se rûe voel koud van die sweet, weens spanning en vrees. Hulle lei die perde weswaarts, weg van die stad Doeroek af.

Vervolg volgende week uitgawe 67

15

Voorbladfoto verskaf deur Gert van Jaarsveld Hierdie boek is beskikbaar in ons boekwinkel http://storietydskrif.home.blog/boekwinkel/