14
Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 6 2 Maart 2017 UIT DIE HOOF SE KANTOOR “Millennials Questions – Whats wrong with millennials?” Ons wil graag ouers vra om die waardevolle inligting vervat in https://youtu.be/OPaQPWfqjmw te kyk. Mnr. Willie het dit met die personeel gedeel en hulle het dit baie insiggewend gevind en nou wil ons dit graag met u deel. School Communicator Ons doen ‘n dringende beroep op ons ouers om asb. die School Communicator af te laai. Hier volg die skakel: http://d6technology.com/download/school/5147 Belangrike inligting word op hierdie manier aan ouers deurgegee. Baie dankie vir u samewerking in dié verband. VERJAARSDAE Baie geluk aan Nicky Cronjé wat 6 Maart verjaar. Mag dit vir jou ‘n geseënde nuwe lewensjaar wees. BELANGRIKE DATUMS KULTUUR SPORT ALGEMEEN 3 Mrt. Senior- en juniorkoor: Opnames vir Revue 3 & 4 Mrt. Netbalkliniek (o/10 o/13) 7 Mrt. Boek Buddies 10 12 Mrt. Seniorkoor: Kamp 3 & 4 Mrt. Atletiek Gauteng- kampioenskap 17 Mrt. Gr. R-fietsiedag 15 Mrt. LFK: Visuele Kuns Rondte 1 7 Mrt. Rugby: L/s Helderkruin (t) 20 Mrt. Skoolvakansiedag 7 Mrt. Netbal: L/s Wierdapark (t) 21 Mrt. Menseregtedag 31 Mrt. Skool sluit 28 Apr. Skoolvakansiedag

UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

Marketstraat 145, Fairland (011) 678-4591/2 www.lsfairland.co.za Jaargang 24 Nr. 6 2 Maart 2017

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

“Millennials Questions – Whats wrong with millennials?” Ons wil graag ouers vra om die waardevolle inligting vervat in https://youtu.be/OPaQPWfqjmw te kyk.

Mnr. Willie het dit met die personeel gedeel en hulle het dit baie insiggewend gevind en nou wil ons dit graag met u deel. School Communicator Ons doen ‘n dringende beroep op ons ouers om asb. die School Communicator af te laai. Hier volg die skakel: http://d6technology.com/download/school/5147 Belangrike inligting word op hierdie manier aan ouers deurgegee. Baie dankie vir u samewerking in dié verband.

VERJAARSDAE

Baie geluk aan Nicky Cronjé wat 6 Maart verjaar. Mag dit vir jou ‘n geseënde nuwe lewensjaar wees.

BELANGRIKE DATUMS

KULTUUR SPORT ALGEMEEN 3 Mrt. Senior- en juniorkoor:

Opnames vir Revue 3 & 4 Mrt. Netbalkliniek (o/10 – o/13) 7 Mrt. Boek Buddies

10 – 12 Mrt.

Seniorkoor: Kamp 3 & 4 Mrt. Atletiek – Gauteng-

kampioenskap

17 Mrt. Gr. R-fietsiedag

15 Mrt. LFK: Visuele Kuns Rondte 1

7 Mrt. Rugby: L/s Helderkruin (t) 20 Mrt. Skoolvakansiedag

7 Mrt. Netbal: L/s Wierdapark (t) 21 Mrt. Menseregtedag

31 Mrt. Skool sluit

28 Apr. Skoolvakansiedag

Page 2: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

2

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

FAIRLAND ALUMNI Is jy ‘n oud-Fairlander? Stuur asb. jou naam, van en e-posadres na [email protected] so gou as moontlik. Hoop om binnekort van jou te hoor! Alumni-groete SUB-KOMITEES Ons soek ouers wat belangstel om op ‘n sub-komitee te dien om sodoende die beheerliggaam behulpsaam te wees. Die portefeuljes is soos volg: Fondsinsameling / Borge Inligtingstegnologie / Sosiale Media / Kubertoegang Kommunikasie / Ouerbetrokkenheid / Sosiale media / Bemarking Alumni Kultuur / Kultuurontwikkeling Sport / Sportontwikkeling Indien u sou belangstel om betrokke te raak, stuur asb. ‘n e-pos aan [email protected].

VAKANTE POS: TERREINBESTUURDER

Terreinbestuurder: Vereistes / aard van pos (maar nie beperk tot):

Baie goeie menseverhoudinge Moet inisiatief kan neem

Medies geskik wees Sober gewoontes hê

Meganiese kennis besit Kennis van Afrika-taal

Soortgelyke ervaring Elektriese onderhoud

Netheid van terrein Regkry van sportvelde en –bane

Moet noodgevalle kan hanteer PDP-lisensie

Geen kriminele rekord Verlengde werksure wanneer verlang

Herstelwerk kan doen aan voertuie, grassnyers, ens.

Algemene geboue-instandhouding kan behartig

Bestuurder van algemene werkers en pligte

Salaris onderhandelbaar

Stuur asb. alle CV's voor of op Vrydag 24 Maart om 12:00 aan Karén Reyneke

([email protected]) - Verwysing: Terreinbestuurder. Vir enige navrae in verband met

bogenoemde pos, stuur asb. e-pos aan [email protected].

Page 3: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

3

REDAKSIE

Die tong is ‘n tweesnydende swaard. Dit kan streel en soos ‘n vlymskerp lem onder jou vel ingly. Dis belangrik dat ‘n mens weet dat party wonde nooit genees nie en die letsel vir ewig bly. Elkeen van ons dra hierdie wapen sonder ‘n lisensie rond en gebruik dit dikwels soos ‘n speelgoed waterpistooltjie. Laat ons nie vergeet van die krag van woorde nie. Die ouer mense het gesê dat jy tot by 10 moet tel voor jy praat en Die Woord sê dat jy ‘n wag voor jou mond moet plaas. Die belangrikste riglyn is die intensie waarmee jy uitsprake lewer. Indien jy beoog om skade te doen, sal jy. En as jy beplan om iets opbouends te sê, sal jy iemand se lewe verryk. Die geheim lê dan hierin:

Besin oor jou reg om veroordelend teenoor ander op te tree.

Wees verdraagsaam in alles.

Onthou jy het “a licence to kill”...dink mooi voor jy skiet.

Erika

AKADEMIE

Eerste Kwartaal Graad 4 Graad 5 Graad 6 Graad 7

Vr. 3 Maart NW NW NW EBW

Vr. 10 Maart SW SW SW SW

Di. 14 Maart

NW

HOE KAN U, AS OUERS, ONS ONDERWYSERS SE HANDE STERK MAAK? Dit is geweldig belangrik dat u, as ouer opvoeders, ons hande moet vat in belang van die leerders. Help ons asseblief tuis met die volgende:

‘n Vaste slaaproetine saans. Help ons leerders om snags genoeg en rustig te kan slaap. As 8 ure nagrus die aanbeveling is vir volwassenes, is dit belangrik om die somme te maak in belang van ons kinders.

Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30.

Help leerders om soggens betyds by die skool op te daag. Dit is vir hulle ‘n groot verleentheid as hulle soggens laat kom.

Maak seker van die dae waarop u kind/ers KDA het en laat hulle korrek geklee skool toe kom.

Praat positief oor die skool, klasmaats en onderwysers by die huis.

KULTUUR

Ons wil graag ‘n beroep op ouers doen om gereeld die kultuurprogram op die School Communicator, sowel as in die Vinkie, te volg. Ons kultuurprogram is in lyn met die nuutste kultuurnorm soos vasgemaak vir 2017 en die veranderinge het ‘n impak op u kinders se deelname. Skakel gerus as daar enige onduidelikhede is in die verband. Alle reëlings word op ‘n gereelde basis by herhaling in die Vinkie geplaas.

Page 4: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

4 SENIORKOOR Oefentye: Dinsdae Gr. 4 – gr. 7 17:00 – 19:00 Skoolsaal

Belangrike datums 2017:

3 Maart : Opnames vir Revue in skoolsaal 17:00 – 20:00 (Mag dalk langer neem) Soliste 16:00 – 17:00 10 - 12 Maart : Verpligte koorkamp. Verdere inligting sal volg. 22 April : Verpligte werkswinkel

JUNIORKOOR Oefentye: Dinsdae Gr. 1 – gr. 3 15:30 – 17:00 Skoolsaal

Baie dankie vir almal se harde werk met die werkswinkels. Juf. is baie opgewonde vir die jaar wat

voorlê.

Belangrike datums

3 Maart : Opnames vir Revue in skoolsaal 14:00 – 16:00 (Mag dalk langer neem)

Soliste 16:00 – 17:00

Juff. Chrisné & Melissa

LFK: Visuele kuns

Rondte 1: Gr. 1 - gr. 7: 15 Maart Rondte 2: Gr. 4 - gr. 7 23 Junie (meer inligting volg later) Rondte 3: Gr. 4 - gr. 7 8 September (meer inligting volg later)

Revue: Maandag 15 Mei 2017 – Vrydag 19 Mei 2017

N.B. !!

KOSTUUMGELD Die leerders se kostumering sal R150 elk kos. Dit word hulle eiendom aan die einde van die revue. Die kostuumgeld kan reeds betaal word in die skool se bankrekening. Die verwysing moet asb. FAMILIEKODE/REVUE wees. Stuur asb. dan ‘n bewys van betaling aan [email protected]. Baie dankie vir u samewerking in die verband!

Verpligte tegniese oefening Saterdag 13 Mei Gr. R - gr. 7 09:00 Skoolsaal Kleedrepetisie Maandag 15 Mei Gr. R - gr. 7 Gedurende skooltyd Revueoptredes Ma. – Do. 15 – 18 Mei Gr. R - gr. 7 18:30 Vrydag 19 Mei Gr. R - gr. 7 14:30 Gr. R - gr. 7 18:30

Page 5: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

5 DANS EN DRAMA

Die dans- en dramaklasse is nou vol. Geen verdere inskrywings sal aanvaar word nie. Probeer gerus weer volgende jaar!

DANS DRAMA

MAANDAE DONDERDAE

Gr. 5-6 14:15-15:00 Gr. 1 14:15-14:45

Gr.7 15:00-15:45 Gr. 2 14:45-15:15

WOENSDAE Gr. 3 15:15-16:00

Gr. 1-2 13:45-14:30 Gr. 4-5 16:00-17:00

Gr. 3-4 14:30-15:15 Gr. 6-7 17:00-18:00

Dans word aangebied deur Adeline Sauermann en Drama deur Suné Senekal.

Kultuuraanhaling vir die week!

Use your gifts for good not evil. Help to make the world a better place. That is why you were given talents after all.

Erika Joubert

SPORT

BELANGRIKE TOERDATUMS 2017 KONKA: Netbal: o/11- tot o/13A- en B-spanne: 3 – 6 April 2017 KONKA: Rugby: o/9A- & B-spanne: 27 – 29 Maart 2017 o/10A- & B-spanne: 30 Maart – 1 April 2017 o/11A- & B-spanne: 10 – 13 April 2017 1ste & 2de spanne: 3 – 6 April 2017 KAAPTOER: 1ste spanne (netbal, tennis, rugby, hokkie) 23 – 27 Julie 2017

SENIORTENNIS Baie geluk aan Kristi Dannhauser en Reuben du Toit wat in die Gauteng-Sentraal o/13A-tennisspan opgeneem is. Hul neem deel aan ‘n toernooi in Bloemfontein vanaf 31 Maart – 3 April. Dit is ‘n besonderse prestasie, aangesien slegs 6 seuns en 6 dogters gekies word om aan hierdie inter-provinsiale toernooi deel te neem.

Seniortennis uitslae

Dogters A verloor 52 – 30 teen Laerskool Louw Geldenhuys Dogters B wen 41 – 14 teen Parkview Primary

Die top 8 juniorseuns en top 8 juniordogters oefen by Philip en Lizahn

Die top 12 seniorseuns en top 12 seniordogters oefen by Jean en Ruan

Oefening is verpligtend en daar sal by die oefeningregister gehou word

Indien ‘n leerder 3 of meer oefeninge mis, mag hulle nie in die liga speel nie

Hier volg die oefenrooster tot en met Donderdag 2 Maart

Dag Tyd Span Afrigter

Donderdag 2 Maart 06:30 – 07:30 Senior A Ruan

Page 6: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

6 Belangrike datums 2 Mrt. Seuns A vs Montrose ONTTREK Seuns B vs Louw Geldenhuys (weg) 8 Mrt. Dogters A vs Crawford Sandton (weg) Dogters B vs King Robin Hills (tuis) 9 Mrt. Seuns A vs Bryneven (weg) Seuns B vs Jan Celliers (weg) 15 Mrt. Dogters A vs Crawford Lonehill (weg) Dogters B vs Fonties (tuis) 16 Mrt. Seuns A vs Jan Celliers (tuis) Seuns B vs bye

Seniortennisliga

Wedstryde (3de kwartaal): Juniordogters: Woensdae Juniorseuns : Donderdae

Wedstryde (1ste en 4de kwartaal): Seniordogters: Woensdae Seniorseuns: Donderdae

JUNIORTENNIS

Ontwikkelingsprogram (Gr. 2- en gr. 3-leerders) Die doel van hierdie program is om gr. 2- en gr. 3-leerders wat reeds tennisvaardig is te identifiseer en dan met hulle deur die jaar te werk sodat hulle gereed is vir die rondomtalie in die vierde kwartaal. Daar sal ‘n gekombineerde oefengroep van 20 spelers wees en datums van oefeninge sal privaat aan die gekose spelers gegee word. Die ontwikkelingsprogram sal amptelik volgende week afskop. Philip Lawson van Kinetik gaan in gewyde sangperiode op Donderdag 2 Maart, die leerders wat belangstel om tennis te speel op die baan vat. Hy gaan dan 5 dogters in gr. 2 en 5 dogters in gr. 3 vir ons identifiseer waarmee ons dan deur die jaar gaan werk. Dieselfde geld dan ook vir die seuns. Dit skep dan dus ons oefengroep van 20 spelers.

Baie belangrik: Graad-1 leerders word nog nie nou in aanmerking geneem nie.

Die “proewe” gaan voort op Donderdag 9 Maart en mag u kind in KDA-klere skool toe kom. Spelers moet hulle eie tennisrakette en skoene saambring.

ATLETIEK

Die volgende atlete neem op Vrydag 3 en Saterdag 4 Maart deel aan die Gauteng Kampioenskap in Pretoria:

Nina Kotzé Kaili Botje Ezaan Husselmann Dane Kotzé Clarise van Dyk Luan Espach Francois Groenewald Anroux Barnard Christiaan Liebenberg Kean Swanepoel Dian Rooseboom Corné de Fouw Zian van Blerk Steven de Jong Lourens Fourie

Baie sterkte!

Daar is nie meer in die oggende oefening vir die junioratlete nie.

MIDDELAFSTANDE (800m; 1200m & 1500m) Word direk met atlete gereël

SWEM - Begin eers weer 3de kwartaal

NETBAL

Netbalkliniek: 3 en 4 Maart: o/10 – o/13

Oefentye: (o/10 – o/13)

Eerste sessie: Baan 1 Baan 2 Baan 3 Baan 5

Ma. 14:15 – 15:30 o/12A&B

o/12C&D

o/10A&B

o/10C&D Di. 13:50 – 15:05

Wo. 13:50 – 15:05

Tweede sessie Baan 1 Baan 3 Baan 4 Baan 5

Ma. 15:30 – 16:45 o/13A&B

o/11A&B

o/11C&D

o/13C&D Di. 15:05 – 16:20

Wo. 15:05 – 16:20

Page 7: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

7

D10-Netbalproewe

Baie geluk aan die volgende spelers wat gekies vir die D10-span en dus aan die volgende rondte proewe (JOMO) gaan deelneem op Maandag 13 Maart by H/s Florida:

Ezaan Husselmann Maria Kotzé Lea Simpson Simoné van Belkum

MINI-NETBAL (Oefeninge begin Ma. 6 Maart 2017 vir o/6 – o/9)

Oefentye:

RUGBY

Oefentye:

MAANDAG

o/9A&B

o/10 o/11 3de 1ste &

2de

14:10 - 15:25 B-veld A-veld

15:25 - 16:40 B-veld B-veld A-veld

DINSDAG & WOENSDAG

o/9A&B

o/10 o/11 3de 1ste &

2de

13:40 - 14:55 B-veld A-veld

14:55 - 16:10 B-veld B-veld A-veld

TAU-rugby

Oefentye:

MAANDAG DINSDAG & WOENSDAG

TAU (o/7 & o/8) o/8xv TAU (o/7 & o/8) o/8xv

13:35 - 14:10 A- en B-veld 13:00 - 13:35 A- en B-veld

14:10 - 15:25 B-veld 13:40 - 14:55 B-veld

SKAAK

Oefentye

Oefentye (1ste, 2de en 3de kwartaal)

TYE DONDERDAE

Gr. 1(beginners) K.27 13:35 - 14:20

Gr. 2 - gr. 3 (o/9) K.22 14:00 - 15:00

Gr. 4 - gr. 5 (o/11) K.22 15:00 - 16:30

Gr. 6 - gr. 7 (o/13) K.31 15:00 - 16:30

Skaak: Wagklas-oefentye

Maandae en Donderdae 13:30 - 14:00 Dinsdae en Woensdae 13:00 - 13:30

o/6-spanne

Ma. 13:05 – 13:50 Di.

Wo.

o/7- & o/8-spanne:

Ma. 13:35 – 14:10

Di. 13:05 – 13:50

Wo. 13:05 – 13:50

o/9-spanne: Baan 4 Teerbaan Klein teerbaan

Ma. 14:15 – 15:30 o/9A&B

o/9C&D

o/9-Ont. Di. 13:50 – 15:05

Wo. 13:50 – 15:05

Page 8: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

8

INLIGTINGSENTRUM

MEDIALEIER-OPLEIDING EN OORSLAAP Baie dankie aan al die medialeiers wat ons opleidingsessie op 17 Februarie bygewoon het. Ek glo jul werksaamhede is nou vir julle baie duideliker. Die leersklublede ontvang hierdie week tydens pouses hulle opleiding. Ons sien uit na ‘n opwindende jaar saam met die nuwe groep media- en leesklubleiers! Oorslaap: Berig en foto’s sal later geplaas word. BOEK BUDDIES : 7 MAART 2017 Dit is weer tyd vir ons jaarlikse instelling met Redhead Productions om vir ons die ATKV-kinderboeke dramaties te kom voorstel. Al die boeke is in die inligtingsentrum beskikbaar, maar ongelukkig kry die ATKV-lesers voorkeur, aangesien hulle al die boeke teen die einde van die tweede kwartaal moet deurgelees hȇ om te kan stem vir hul wenkeuse! Hier is die boeke wat Boek Buddies aan ons gaan voorhou: Juniorvertoning: (Gr. R – gr. 3)

Groen vingers – Jaco Jacobs

Grom! - Jaco Jacobs

Hetta Elizabetta en die wȇreld op haar skouers – Milan Murray

Jason en die boekwurm – Martie Preller

Viskos – Jaco Jacobs

Seniorvertoning: (Gr. 4 – gr. 7)

Die engelsman in my slaai – Dihanna Taute

Kaptein verdwyn – Fanie Viljoen

Monsterrugby – Fanie Viljoen

Oepse daisy, Lulu – Fanie Viljoen

Sanri Steyn : Die nag van die weerwolwe – Theresa van Baalen

“As jyself dink en doen, is jy beperk tot jouself!!! As jy LEES en DINK en DOEN is die wye wȇreld jou helper” Aanhaling uit Readers Digest Connie Steenkamp

AKTIWITEITE BUITE SKOOLVERBAND

SPORT

Ruitersport

Ons het die volgende uitslae vir Lea Booyens ontvang:

40cm - 4de “Competition”

3de “Ideal TIme”

Baie geluk Lea!

Page 9: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

9

ALGEMEEN

VERE-KAS

Vere-kas-tye:

MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG

Oggend 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40 07:10-07:40

Middag 13:30-14:00 13:00-13:30 13:00-13:30 13:30-14:00 Gesluit

Lillian Ankersmit - 082 324-5034

UITBLINKERS VAN DIE WEEK

Groenklas: Elana Mostert Blouklas: Owen Steenberg Oranjeklas: Nicholas Viljoen

Persklas: Zack Combrink Geelklas: Emma Slabbert Rooiklas: Zander Swart

STER VAN DIE WEEK

Gr. 1/14: Jordan Johnston Gr. 1/22: Hannah Cogzell Gr. 1/24: Jana Greyling Gr. 1/25: Bernard Judels Gr. 1/26: Shané van Heerden Gr. 1/27: Ella Steenkamp

Gr. 2/15: Maya Adendorff Gr. 2/16: Sybrand Strauss Gr. 2/17: Liam Sanderson Gr. 2/18: Elri Coetzer Gr. 2/21: Lenise Ellis Gr. 2/23: Willem Theron Gr. 3/12: Juan Loots Gr. 3/13: Luan Kühn

Gr. 2/28: Declan Daniell Gr. 2/29: Kayla Grobbelaar Gr. 3/45: Nina Niewoudt Gr. 3/46: Mila van der Merwe

GOEIE GEDRAG

Gr. 4/47 Josiah Stroh en Klarissa Pretorius Gr. 4/49 Isobel Genis en Jason Richard

VERLORE GOEDERE Maak asb. seker leerders se klere, beursies, balle, ens. is duidelik gemerk met hul name. Daar word daagliks items sonder ‘n naam by die kantoor ingehandig wat dit byna onmoontlik maak om die regmatige eienaars op te spoor. NASKOOLSENTRUM: LAERSKOOL FAIRLAND

Let asseblief daarop dat die naskoolsentrum gesluit sal wees op die skoolvakansiedag 20 Maart 2017 en

ook op Menseregtedag 21 Maart 2017.

Vanaf die tweede kwartaal gaan ons ‘n uittekenstelsel implementeer vir al die leerders en hulle ouers by

die naskoolsentrum. Meer inligting volg binnekort.

PA EN SEUN-KAMP Datum: 24 - 26 Maart 2017. Inskrywingsvorms is beskikbaar op die School Communicator.

Page 10: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

10

WOW-SPELFEES 2017

Sedert ons eerste kennismaking met die WOW-spelfeesprojek van die Universiteit Stellenbosch in 2012, het die WOW-waarde hiervan net jaarliks toegeneem. In 2016 het ons 12 deelnemende skole en 213 deelnemers vanaf gr.1 tot gr.10 by ons provinsiale ronde verwelkom. Dit is ‘n duidelike teken van hoe hierdie projek jaarliks gegroei het. Wat ons elke jaar noop om deel te neem, is die absolute toewyding en genot wat ons by die leerders gewaar.

Dit is voorwaar ‘n fees om die gr. 1- en 2-leerders te hoor klank en plof tot die spoeg soms spat en die gr. 3- tot gr.10-leerders hard aan die konsentreer om die woorde (bekend en onbekend) reg te spel. Al pla die senuwees soms, is almal altyd gereed om ander weer die strydbyl aan te sê met die klank of die spel van woorde.

Die waarde wat die WOW-spelfeesprojek toevoeg tot ons jeug se woordeskat en moedertaalgebruik, is van onskatbare waarde. Soos ek altyd aan ons deelnemers noem: òf jy deurdring na die volgende ronde òf nie, maak nie saak nie, jou woordeskat is alreeds uitgebrei deur die aanleer van die nuwe woorde. Dit sal jou altyd bybly en die nuwe woordeskat sal jy met groot vrug kan gebruik in alle situasies wat jou pad kruis.

Die WOW-gogga het Gauteng gebyt en ons sal vir seker krap waar dit jeuk deur elke jaar dié projek heelhartig te ondersteun!

Alle inligting rakende die WOW-spelfees is ontvang en die woordelyste sal eersdaags aan gr. 1 – tot gr.7-leerders uitgedeel word. Die korrekte spel van woorde het die land aan die brand soos die program “Op die spel” ook van getuig. Ons oud-leerder, Schalk Viljoen het juis verlede week tydens dié program se uitsending gewys van watter stoffasie hy gemaak is en het hy as die wenner uit die stryd getree. Ons is sowaar baie trots op Schalk en ons kan vir seker getuig dat WOW vir hom wêrelde geopen het.

Al die woordelyste is op die School Communicator geplaas en die datums vir die eerste uitdunronde sal vroegtydig deurgegee word. WOW-groete! Leanie Taljaard Gauteng-koördineerder (WOW)

Mammas en Dogters 24 – 26 Maart 2017

Ons is ma en dogter, vriendinne, susters en vertrouelinge. Die band tussen ma en dogter is vir altyd sterk….. Met nog net 4 weke, wil ek elke mamma herinner om R50 per persoon in te betaal in die skool se rekening in te betaal. Gebruik asb. FAMILIEKODE/ MA EN DOGTER as verwysing. Bewys van betaling moet asb. by juf. Karen Nel,kamer 12, ingehandig word.

‘n Ma se werk word betaal deur soentjies en drukkies. Juf. Karen Nel

Page 11: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

11

ADVERTENSIES

FISIOTERAPEUT IN FAIRLAND

Fisioterapeut in 8th Avenue, Fairland. Ek fokus op rug- en nekprobleme; sportbeserings; posturale

rehabilitasie en longfisioterapie. Privaat- en groep pilatesklasse. Kontak Terri-Anne Boers 0725398386

of [email protected].

BETROUBARE HUISHULP SOEK WERK

Betroubare huishulp soek werk. Voltyds en verblyf. Het bestuurslisensie, kan kook en maak mooi

skoon. Kontak Priscilla 076 433-4028.

HULP MET WISKUNDE OF REKENINGKUNDE

B.Com (hons) Ekonometrie met 8 jaar ondervinding in onderwys en ekstra klasse. Gr. 4 – gr. 12 wiskunde, gr. 8 en gr. 9 EBW en gr. 10 – gr. 12 Rek. Gr. 11 en gr. 12 Ekonomie is ook welkom. Kom ons maak dit weer lekker! Skakel Yolande Potgieter 0836349992.

Te Koop: Splinternuwe krieket- hemp, nog nooit gedra nie. Grootte 28. R280. Kontak Tanya 0735665078

Page 12: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

12

Page 13: UIT DIE HOOF SE KANTOOR - WordPress.com · Sorg soggens vir ‘n goeie, gebalanseerde ontbyt tuis. Geen leerder kan op ’n honger maag konsentreer nie en pouse is eers om 9:15/9:30

13

Heksie’s Bakery Lillian Ankersmit

Phone: 082 324 5034

E-mail: [email protected] Website: Heksies.co.za

Cakes: Birthdays, Weddings, Picture Transfer, Pops Cup Cakes: Basic Butter Cream, Novelty, Boutique Biscuits: Choc Chip, Oatmeal, Ginger, Sweet, Pecan, Peanut butter, other Rusks