26
VrydagNuus 6 JUNIE 2014 www.kaapkerk.co.za Teken In II Teken Uit WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF Pinksterfees 8 Junie 2014 Kom, o Skepper Gees Lewendmakend Gees Kom in al U volheid Kom in al U krag Lei my in U waarheid Leer my van die Seun Wees U ook my trooster, Kom, o Skepper Gees. ~ Met dank aan FLAM. SINODALE NUUS 1. NG Wes-Kaap Moderatuur: Beswaar oor Onmenslikheid by Lwandle Dr Braam Hanekom het hierdie week namens die NG moderatuur van die Wes-en-Suid-Kaapland in 'n mediaverklaring ernstige protes aangeteken oor die onmenslike wyse en tydsberekening waarmee die mense van Lwandle buite die Strand verskuif is. Hy het 'n beroep op alle belanghebbendes gedoen om in belang van die noodlydendes op te tree. (Die Burger se jongste berig oor die verskuiwings is hier beskikbaar). 2. Sondag 8 Junie: Biddag vir Jeug & Kategese Junie is Jeug-maand in Suid-Afrika. Gielie Loubser (PSD: Jeug en Familie) skryf: “Kerke regoor ons land bid en werk vir ’n beter

 · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

VrydagNuus6 JUNIE 2014www.kaapkerk.co.za

Teken In II Teken Uit

WES-EN-SUID-KAAPLAND AMPTELIKE NUUSBRIEF

Pinksterfees 8 Junie 2014 Kom, o Skepper GeesLewendmakend GeesKom in al U volheidKom in al U kragLei my in U waarheidLeer my van die SeunWees U ook my trooster,Kom, o Skepper Gees.

~ Met dank aan FLAM.

SINODALE NUUS1. NG Wes-Kaap Moderatuur: Beswaar oor Onmenslikheid by LwandleDr Braam Hanekom het hierdie week namens die NG moderatuur van die Wes-en-Suid-Kaapland in 'n mediaverklaring ernstige protes aangeteken oor die onmenslike wyse en tydsberekening waarmee die mense van Lwandle buite die Strand verskuif is. Hy het 'n beroep op alle belanghebbendes gedoen om in belang van die noodlydendes op te tree. (Die Burger se jongste berig oor die verskuiwings is hier beskikbaar).

2. Sondag 8 Junie: Biddag vir Jeug & KategeseJunie is Jeug-maand in Suid-Afrika. Gielie Loubser (PSD: Jeug en Familie) skryf: “Kerke regoor ons land bid en werk vir ’n beter toekoms vir die kinders van ons land. Oorweeg asb om Sondag 8 Junie, of selfs 15 Junie (met Jeugdag wat die 16de herdenk word) 'n oomblik in u erediens af te staan vir hierdie saak.” Onderaan is meer inligting, ook oor Straatwerk se Waardevol-vir-Jesus-veldtog, sowel as ’n gebed wat u (of dalk ’n tiener uit u gemeente) kan bid. Klik hier.

3. KIX-Sinode: 16 September 2014Ook van Gielie Loubser ontvang: “Elke vier jaar hou ons ’n groot kinderbediening saamtrek by Stellenberg-gemeente. Vanjaar vind dit op 16 September plaas. Dit

Page 2:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

het oor die jare uitgebrei na ’n baie groot en bemagtigende geleentheid vir mense betrokke by kinderbediening. Ons ontvang tussen 200-300 mense, wat die geleentheid vir netwerke ook baie gunstig maak. Lees hier verder, bring dit ook onder die kerkraad se aandag en kry die inskrywingsvorm by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

ALGEMENE NUUS EN INLIGTING1. Belangrik! Jeugleraars / Jeugwerkers #Imagine Ignite!Teken asb die datum aan (“save the date”): #Imagine ignite, 'n indaba, konferensie en wegbreek vir jeugleraars en jeugwerkers vind van 26-28 Augustus 2014 in die Wes-Kaap plaas. Die plek sal later bevestig word. Gaan word verfris, verryk en versterk vir jou roeping. Sien die volkleur uitnodiging by NUUT op www.kaapkerk.co.za en kontak hulle by [email protected]. 'n Soortgelyke geleentheid vind van 2–4 September 2014 in Gauteng plaas.

2. Winterhoop 2014Winterhoop se vriendelike versoek is om goeie kwaliteit truie, komberse en serpe by een van hulle 200 afsetpunte landswyd af te laai. Jy kan ook tot 20 Junie 'n Winterhoop kenteken (“badge”) vir R10 by verskeie winkelsentrums aankoop. Al die geld wat ingesamel word, sal onder die hooforganisasies, oa PEN (PTA), MES (JHB, Kaapstad, PE en Kemptonpark), Isinkwa Setheku (KwaZulu-Natal) en Torings van Hoop (Bloemfontein), verdeel word. Lees onderaan meer.

3. Nuwe Gemeente vir Wes-Kaap!Die NG Gemeente Houtbaai het formeel op 1 Junie 2014 vanaf die NG Gemeente Constantia afgestig. Ds Gerhard Pietersen (tans leraar van die NG Gemeente Constantia) is beroep. Houtbaai is reeds vir jare 'n afsonderlike bedieningspunt van NG Constantia en het reeds ’n dienlike kerkgebou. Hulle bedien ’n wye verskeidenheid lidmate (taal, kultuur). Na die feestelike erediens was daar eers heerlike koek en tee en toe ’n kaas-en-wyn-middagete. Op die foto is Gerhard en sy vrou, Amore.

4. Nuwe Forum vir Gereformeerde Christen-vroueDie Gereformeerde Christen-vroue Forum is onlangs deur vroue uit agt Gereformeerde kerke in Suid-Afrika as platform vir Christen-vrouestemme gestig. Die Forum wil die gesamentlike, publieke getuienis van Christenvroue aanspreek. Die fokuspunt is veral sake op die vlak van sosiale geregtigheid. Lees gerus die volledige mediaverklaring hieroor. Die verklaring is ook in Engels beskikbaar op die sinode se webblad – klik hier.

5. Konferensie oor Interkulturele Gemeente-weesHugenote Kollege bied op 22 en 23 Junie hierdie tweetalige konferensie aan om te besin oor die aard en huidige funksionering van multikulturele gemeentes in die NG Kerkfamilie. Hulle beoog om die vorming en werking daarvan te bevorder.

Page 3:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Dit vind plaas by Chrismar Villas in Bellville en is geakkrediteer vir VBO-punte. Meer inligting oor onderwerpe en sprekers is aangeheg.

6. Mediaverklaring: NKST in NigeriëDie KGA het ons die afgelope tyd ingelig oor die grootskaalse plundering, ontvoering en moorde in Nigerië. Ons susterkerk daar, die NKST, van wie groot getalle lidmate deur die aanvalle van Fulani trekboere grond en lewensverlies gely het, het ons ernstig versoek om met hulle mee te leef en hulle by te staan met beraadslaging en in ons gebede. Die NKST-leierskap het verlede week 'n persverklaring hieroor uitgereik. Dit is op die KGA-webblad te lese by www.kga.org.za.

7. Droom bewaarheid vir BokspitsIn die Noord-Kaapse Kgalagadi-distrik is vroeë kinderontwikkeling (“Early Childhood Development”) geïdentifiseer as 'n terrein waar die kerk 'n groot verskil kan maak. Nou is 19 entoesiastiese persone op Bokspits toegerus om speelgroepe te begin. Mossie Mostert (Noord-Kaapland eNuus se redakteur) en TC du Toit (verbonde aan NG Hartswater en Kgalagadi Christian Ministries) berig hieroor. Lees ook oor die Trans Molopo Fietsuitdaging (25-27 September 2014), wat hierdie saak ondersteun – klik hier.

NUUSBRIEWE EN PAMFLETTE1. Lees in Kerkbode van 6 JunieDie jongste uitgawe van Kerkbode berig oor die weduwees en die wese, sowel as nuus oor hulp vir Rustenburg. In “Op die kerkstoep” skryf Barend Vos van die Noord-Kaap oor 'n harde man ... Lees gerus.

2. Bybel-Media NuusDie winter is hier! Bybel-Media het genoeg van die regte leesstof om van die koue te vergeet. Dié week is die fokus op die jongste Kerkbode (sien ook berig hierbo) en drie nuwe Bybelkor-publikasies. Belangstellendes kan hier meer lees.

3. Missie Japan NuusbriefStéphan skryf uit 'n bedompige warm Tokushima:” Hier volg 'n nuusbrief vanuit die Missie Japan-kantoor (in Bloemfontein). Lees dit asb en bid saam vir wat voorlê ... Binne die volgende week volg ons persoonlike nuusflits, soos altyd, óók met die finale program van ons SA-besoek.” Lees gerus aangeheg meer en bid asseblief vir hulle werk en welstand.

4. Shepherd’s Square NuusbriefGerhard Botha skryf in die jongste nuusbrief van Shepherd (die Universiteit van die Vrystaat se sentrum vir die begeleiding van geestelike leiers) oor die toerusting van lidmate vir hulle roeping in die Maandag-tot-Saterdag-wêreld. Die nuusbrief is by NUUT op www.kaapkerk.co.za.

Page 4:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

FUNKSIES EN FEESTELIKHEDENG Gemeente Parow-Welgelegen: Kersfees in die Winter“Kersfees in die winter” word om 09:00 op Saterdag 26 Julie by Parow-Welgelegen (La Provenceweg 47, Welgelegen) aangebied. Die spreker is Monique Strydom. Kaartjies: R100 pp, met ligte ete ingesluit, te koop by Elma. Skakel haar by 021 558 0014/5.

VAKATURESVakatures op Kerkbode se webbladHeelwat vakante poste oor die land heen is tans beskikbaar. Die amptelike bekendmaking van vakatures vir predikante is by www.kerkbode.co.za. Klik by Amptelik – Vakatures.

1. Badisa Huis Zenobia du Toit: Verpleegassistent Huis Zenobia du Toit in Heidelberg, Kaap, is 'n tuiste vir ouer persone. Dit is ook 'n program van Badisa, die gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-en-Suid-Kaap) en die VGKSA (Kaapland). Hier is tans 'n vakature vir 'n ingeskrewe verpleegassistent. Aansoeke sluit op 16 Junie en meer inligting oor die diensvoordele en vereistes is onderaan.

2. Badisa Huis Wittekruin: VerpleegassistentBadisa se Huis Wittekruin in Vredenburg is 'n tehuis vir bejaardes. Hier is ook tans 'n vakature vir 'n ingeskrewe verpleegassistent. Aansoeke sluit op 30 Junie 2014 – klik hier vir die vereistes en diensvoordele.

3. NG Gemeente Helderberg: MusiekkoördineerderDie NG Gemeente Helderberg het 'n vakature vir die deeltydse dienste van 'n musiekkoördineerder. Meer oor die pligte is aangeheg en die Diensbeskrywing is beskikbaar op www.nghelder.co.za. Aansoeke sluit op 16 Junie om 16:00.

Ten SlotteDie NG Kerkfamilie vier Pinksterfees op Sondag, 8 Junie. Mag elkeen wat hier lees, iets van die vernuwing van die Gees ervaar, só dat die vrug van die Gees (Gal 5:22-23) meer en meer jou deel sal wees:

LiefdeVreugdeVredeGeduldVriendelikheidGoedhartigheidGetrouheidNederigheidSelfbeheersing

Page 5:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

En, so in die gees van liefde en goedhartigheid: dalk wil jy weer dink oor betrokkenheid by Winterhoop 2014. Al koop jy net daardie borsspeld / “badge” om hulle werk te ondersteun

Ben du ToitMarieta Visagie

Sentrum vir Kommunikasie Privaatsak X8, Bellville, 7535 Tel: 021 957 7195 Faks: 021 957 7197 [email protected]

-------------------------------------------------------------

BIDDAG VIR JEUG EN FAMILIESONDAG 8 JUNIE 2014

Junie is Jeug-maand in Suid-Afrika. Kerke regoor ons land bid en werk vir ’n beter toekoms vir die kinders van ons land. Wil u dit nie ook oorweeg om Sondag 8 Junie, of selfs 15 Junie (met Jeugdag wat die 16de herdenk word) 'n oomblik in u erediens af te staan vir hierdie saak nie?

Gelowiges is altyd gerig op die wil van God en die uitbreiding van sy koninkryk. Daarom is ons bewus van wat in die nuus is en watter rigting die Here besig is om vir ons daardeur aan te dui. Dit is dus veelseggend dat 2014 se Jeug-maand se aanloop reeds van middel April begin met die ontvoering van 276 Nigeriese skooldogters wat die #bringbackourgirls-veldtog begin het.

In ons eie land is ons ook weer bewus gemaak van geweld teen vroue en kinders toe die gesin uit Springs, bekend as die “house of horror”, die voorblaaie van ons nuus gehaal het. Aan die Weskus is daar weer ’n ondersoek aan die gang oor ’n man wat sy bure se dogter van 16 oorreed het om ’n verhouding met hom te hê.

Daarom is dit dalk juis goed dat kerke se fokus vanjaar op die mishandeling van kinders val. Een van ons kerk se bes toegeruste vennote op die gebied is Straatwerk. Straatwerk het sewe jaar terug die Waardevol-vir-Jesus-veldtog geloods. Intussen het die projek wonderlike hulpmiddels en prosesse ontwerp wat elke gemeente bemagtig om ook so ’n projek plaaslik te begin en volhoubaar te bestuur.

Soms is ons onseker en bang oor wat ons mag doen en hoe ons dit moet doen. Dit verhoed ons om betrokke te raak. Die jeug is egter juis die magteloses wat nie vir hulleself kan praat of opstaan nie. Die goeie nuus is egter dat Straatwerk, deur ervaring, geleer het dat gefokusde gebed en gedringde aksie 'n reuse

Page 6:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

verskil maak! Die Voorkomingsprogram, waarvan die 6-punt-interaktiewe aanbieding by skole slegs die gesig is, het reeds aangrypende stories opgelewer.

’n Dominee uit die Noordelike voorstede van Kaapstad vertel dat hy die program by ’n goeie skool in die area aangebied het. Met ’n opvolg besoek ’n hele paar maande later voel hy hoe iemand hom van agter af ’n drukkie op die skoolgrond gee. ’n Dogtertjie met dankbare ogies sê toe vir hom: “Dis waar wat julle sê, Jesus maak stukkende hartjies heel. Ek het hulle vertel en hulle het my geglo.”

Alles het vir haar verander toe sy die waarheid gehoor en dít gevolg het! So baie kinders dink dis normaal wat met hulle gebeur, maar iemand moet vir hulle vertel dis abnormaal en kan / moet gestop word.

Die statistieke oor kinder mishandeling in ons land is so ontstellend dat gelowiges nie mag wegkyk nie. Dis juis die stilswye waarop die misdryf groei. Gaan gerus na Straatwerk se webwerf www.straatwerk.org.za om meer inligting te kry oor die veldtog en hoe dit julle gemeente sal motiveer om betrokke te raak en die vinger van die “mute” knoppie af te haal in die skole van jou area.

Gebed van ’n mishandelde kind:Liewe HeerAs grootmense iets sê, is ons geleer om te luister, maar soms raak ons verward, want grootmense vra soms van ons goed wat vir ons baie sleg is. Daar is ook niemand vir wie ons dan kan vra om ons te help nie. Ag, Here, vergewe my, maar dan voel ek ook asof U baie vêr is. U stop dan nie die dinge wat vir my so seermaak en aaklig is nie.

Hoekom is dit so dat sommige grootmense so lelik is met kinders? Hoekom kan hulle my nie net uitlos nie! Ek wil so graag net hê dit moet stop!

Here laat iemand my kom help, asseblief! Laat iemand kom sê: “Dis verkeerd, dit hoef nie meer aan te gaan nie.” Laat iemand namens my kom praat. Maak hulle oë oop dat hulle kan sien dis ook in hulle buurt en skool aan die gang.

Here help die goeie grootmense om ons te help teen die slegte grootmense wat ons so seermaak. Here moenie toelaat dat hulle anderpad kyk nie.

Amen.

Gielie LoubserPSD: Jeug en [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

Page 7:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

KIX-SINODEMei 2014

Geagte Voorsitter van die kerkraad

Ek skryf met rede direk aan u, aangesien ek graag wil hê die kerkraad moet ook hierby betrokke wees.

Elke vier jaar hou ons ’n groot kinderbediening saamtrek by Stellenberg-gemeente. Dit was vroeër jare ’n kinderkrans-byeenkoms gewees, maar dit het uitgebrei na ’n baie groter geleentheid as net gemeentes wat nog aktiewe Kinderkrans (of te wel KIX-bedieninge) het.

Dit het voorwaar ’n bemagtigende geleentheid geword vir mense betrokke by die kinderbediening. Ons ontvang tussen 200 – 300 mense, wat die geleentheid vir netwerke ook baie gunstig maak.

Wil u nie by die kerkraad besluit om u kinderbediening-leier(s) formeel af te vaardig na die geleentheid nie? Ons gaan die gemeentes wat vêrder as 300 km heen en terugreis, help met die reiskoste m.b.v. ’n R1,30 per km en sal ook net een voertuig per gemeente kan bekostig. Sal u dit asseblief voor die kerkraad laat dien om ook ’n finansiële bydrae te maak t.o.v. onkoste aangegaan in die bywoning van die konferensie?

Ons tema van die konferensie is “Vat dit huis toe”. By die geleentheid gaan ons saam dink oor hoe ons kinders bemagtig om die Evangelie huis toe te neem. Ons beleef dat al hoe minder ouers glo, maar dat ons wel nog toegang tot die kinders het deur middel van skole en nasorgsentrums. Die kinders raak daarom ons evangelisasie-agente na hulle ouers toe.

Die tema het egter ’n dubbelsinnigheid in die sin dat ons ook vir elkeen wat kom, gaan help om toerusting te maak wat hulle huis toe kan vat om byeenkomste baie beter vir die kinders aan te bied.

Ons vergader die 16de September 2014 by Stellenberg-gemeente.

Ons bid u seën toe op u vergadering.

Vriendelike groete.

Gielie LoubserPSD: Jeug en Familie

[email protected] 808 9050

Page 8:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

WINTERHOOP 2014Hierdie jaar word die publiek weer aangemoedig om goeie kwaliteit truie, komberse en serpe in te samel en af te laai by een van Winterhoop se 200 afsetpunte landswyd.

Die publiek kan vanaf 15 Mei tot 20 Junie 'n Winterhoop kenteken (“badge”) vir R10 by verskeie winkelsentrums aankoop. Al die geld wat ingesamel word, sal onder die hooforganisasies, onder meer PEN (PTA), MES (JHB, Kaapstad, PE en Kemptonpark), Isinkwa Setheku (KwaZulu-Natal) en Torings van Hoop (Bloemfontein), verdeel word. Die Hyprop Foundation is reeds betrokke by die veldtog en het hulle winkelsentrums beskikbaar gestel om die kentekens te verkoop aan die publiek.

Belangstellendes kan hulle kentekens by die volgende winkelsentrums aanskaf:

1. Canal Walk Kaapstad2. Cape Gate Retail Precinct Kaapstad3. Somerset Mall Kaapstad4. Willowbridge Kaapstad5. Clearwater Mall Jhb6. The Glen Jhb7. Hyde Park Corner Jhb8. Rosebank Mall Jhb9. Stoneridge Jhb

Finansiële bydraes kan elektronies inbetaal word na die volgende bankrekening:

Winterhoop bankbesonderhede:Rekeningnaam: Winterhoop BankABSA Bank takkode: 632005SpaarrekeningRekeningnommer: 906 892 5251

Webblad: www.winterhoop.org Facebook: https://www.facebook.com/pages/Winterhoop/167864346602108

Terug na Hoofblad.

--------------------------------------------------------

REFORMED CHRISTIAN WOMEN’S FORUM

Page 9:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

C/o Pretorius and Jan Shoba, Hatfield, Pretoria.PO Box 13528, Hatfield, Pretoria, 0028. Tel: 012 342 0092

MEDIAVERKLARINGDie Gereformeerde Christen-vroue Forum is onlangs deur vroue uit die Gereformeerde kerke in Suid-Afrika gestig, as platform vir Christen-vrouestemme. Christen-vroue se stemme oor kwessies en sake wat vroue aangaan, word nie genoeg gehoor nie. Die Forum wil die gesamentlike, publieke getuienis van Christenvroue aanspreek. Die fokuspunt is veral sake op die vlak van sosiale geregtigheid, soos die Woord van God ons leer.

Die volgende kerke is deel hiervan: Die Uniting Presbyterian Church in SA (UPCSA); Gereformeerde Kerk, Hervormde Kerk, Verenigende Geref Kerk (VGK), Reformed Church in Africa (RCA), NG Kerk in Afrika (NGKA), Methodist Church, NG Kerk en die Uniting Congregational Church in SA (UCCSA).

Die Forum het met pyn kennis geneem van die misbruik van vroue en die onwaardige manier waarop vroue in ons eie en ander Afrika-lande behandel word. Ons wil vroue in Suid-Afrika en oor grense heen aanmoedig om as ʼn verenigde front ons stemme teen menseregte-vergrype te laat hoor. Ons sal nie bystaan en toelaat dat ons vroue vermoor en ons meisies as onderhandelingspionne gebruik word nie.

Na aanleiding van die huidige, toenemende hofsake rakende geweld teen vroue, is dit duidelik dat ons samelewing weer moet kyk na die manier waarop meisies en seuns mekaar moet leer respekteer. Die kwessies van geslagsgeweld in ons gesinne, ons gemeenskappe en in die breër samelewing moet ook aangespreek word. Ons wil pleit dat die gereg so bemagtig word dat hulle strenger teenoor oortreders, ongeag wie hulle is, kan optree. Ons versoek die Suid Afrikaanse regering ook om te verseker dat slagoffers van geslagsgeweld gratis regshulp sal verkry. Ons het reeds 'n brief aan die Departement van Onderwys gerig waar ons pleit dat daar in ons skole plek ingeruim word waar kinders geleer word om mekaar, ongeag geslag te respekteer.

As Gereformeerde Christen-vroue Forum deel ons in die hartseer van baie gesinne in Nigerië wie se dogters deur Boko Haram gevange geneem is. Dit is ʼn menseregtevergryp wat teen jong meisies as sagte teikens gemik is. Die meisies is kinders sonder enige beskerming wat die versorging en beskerming van hulle ouers en voogde nodig het. Die gewelddadige en traumatiserende optrede ontwortel hulle en sal hulle permanent skade berokken. Die Forum het reeds 'n brief aan die ambassadeur van Nigerië in die verband geskryf waarin ons die regering van Nigerië en die Verenigde Nasies versoek om saam te werk om die beskerming van ons dogters en die veilige terugkeer na hulle gesinne, te verseker.

Page 10:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Terwyl ons as uiteenlopende Christelike gemeenskappe saamkom om vir ons dogters en vroue te bid wil ons ook die oortreders laat verstaan dat ons as Gereformeerde Christen-vroue Forum en vroue oor die hele wêreld, nie langer sal stilbly nie. Ons wil, vir die behoud van ons gesinne, ons morele waardes en norme beskerm en die respek en waardigheid van vroue herstel.

Kontakbesonderhede: Rinel Hugo [email protected] Desiree Mulemfo [email protected]

30 Mei 2014

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

HUGENOTE KOLLEGEKONFERENSIE: INTERKULTURELE GEMEENTE-WEES

22 – 23 Junie 2014Plek: Chrismar Villas / Bellville Dienssentrum, Jessiestraat, Bellville

Die doel van die konferensie is om te besin oor die aard en huidige funksionering van multikulturele gemeentes in die NG Kerkfamilie, met die oog daarop om die vorming en funksionering van multikulturele gemeentes te bevorder.

Onderwerpe & Sprekers• Die stand van multikulturele gemeentes in Kaapland: Hugenote Kollege• Multikulturele gemeentes: ’n Sosiologiese perspektief: Prof Cornie Groenewald en dr Frans Kotze • Nuwe Testamentiese Perspektiewe: Dr Marius Nel• Teologiese perspektiewe vir multikulturele gemeente-wees: Prof Nico Koopman en dr Francois Wessels• Leierskap in multikulturele gemeentes: Ds Martiens Swart en ds Rene Potgieter• Van mono- na multikulturele gemeentes: Prof Klippies Kritzinger en ds Jacob Nthakhe

KosteLede van KGA | GKS | Hugenote Kollege | R125-00 Materiaal & Verversings IngesluitNie-lede R250-00 Materiaal & Verversings Ingesluit

Page 11:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

AanbiedingstaalAfrikaans & Engels

AkkreditasieGeakkrediteer vir VBO-punte

RegistrasieKontak: Hugenote Kollege | Isebell Appollis | 021 873 1181 | [email protected]

Vennote Kommissie vir Getuienisaksie (KGA)Raad vir Gemeente Ontwikkeling en Kerklike Samewerking (GKS)Hugenote Kollege | Connect – Enhancing Connections

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

VROEË KINDERONTWIKKELING IN KGALAGADIONTHOU JY NOG DIE VERHAAL VAN RUTH MONAO...

Tydens die vergadering van die Algemene Sinode se vergadering, 9 Oktober 2013, het ek die volgende geskryf onder die titel: “Mossie sit op sy klip en wonder... oor armoede...”:

... môreoggend begin die vergadering met ’n waarderende gesprek oor hoe ons armoede kan bestry. Nogal moeilik om oor armoede te dink waar ek vanaand in my luukse hotelkamer sit en môre in ’n baie goed toegeruste vergaderlokaal... Gehoor van die afgevaardigdes sê: “Joe, die sinode moet ’n paar rand kos?”

Ruth Monao het my verlede week in die suidweste van Botswana by Bokspits beskaam... Twee weke gelede het ek saam met verskeie persone Bokspits in Botswana besoek. Die doel van die besoek was om die moontlikheid en haalbaarheid van ’n “Early Childhood Development” (ECD)-sentrum te Bokspits te ondersoek.

Ruth Monao (Dutch Reformed Church in Botswana) het vanaf Mochudi (Botswana) na Bokspits gereis. Bokspits is “wyd en ver” – gelukkig het ons motors! Máár hoe het Ruth by Bokspits gekom? Sy glimlag terwyl sy vertel dat sy met openbare vervoer gekom het – met ’n bus. In Botswana is busse gewoonlik baie vol... oorvol... Jy is maar te dankbaar as jy kan staan. Ruth het gestaan... die hele pad. Vanaf Mochudi tot by Bokspits – 800 kilometer. Dieselfde middag sou sy met die bus teruggaan – 800 kilometer (hopelik kry sy die keer ’n sitplek).

Page 12:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Sy is ’n kenner van vroeë kinderontwikkeling (“Early Childhood Development”) in Botswana. Sy verklaar haar bereid om as mentor by Bokspits betrokke te raak as ’n ECD-sentrum ’n werklikheid sou word. Huidig is sy nie voltyds by ECD-sentrums betrokke nie, want sy kyk na haar verswakte bejaarde moeder.

O ja, amper vergeet ek, Ruth sê dat daar geen koste ter sprake is ten opsigte van haar betrokkenheid. Sy sal self voorsiening maak om vanaf Mochudi na Bokspits te kom.

Sy sluit af: “Die NG Kerk het nog altyd groot dinge, ‘eerstes’ in Botswana help begin, bv. die Deborah Retief Memorial Hospital, die oogkliniek te Mochudi (Resource Centre for the Blind), die rehabilitasie sentrum vir gestremdes (Motswedi Community Based Rehabilitation Centre – Motswedi beteken ‘fontein’) en die Home Crafts Centre te Mochudi...”En dan vra sy: “Sien die NG Kerk kans om betrokke te raak t.o.v. ECD-sentrums...?”

Ek het nooit vir Ruth gevra nie... maar terwyl ek na Kimberley ry het ek gewonder... wat is Ruth se ma se naam. Is dit dalk Naomi?

’N DROOM WORD WAAR BY BOKSPITS...

Die Dutch Reformed Church (DRCB) Kgalagadi het ’n deursnee van 480km. Ongeveer 90% van die lidmate is bestaansboere met té veel afhanklikes om behoorlik te versorg. Gevolglik leef die meerderheid in uiterste armoede. Buite-huwelikse en tiener swangerskappe, asook middelafhanklikheid (veral alkohol en dagga), is van die uitwasse van hierdie omstandighede.

Al die gemeenskappe van die verskillende dorpies in die gemeente word intens hierdeur geraak. Uiteindelik is dit oumas of familielede wat hierdie babatjies/kindertjies moet groot maak. Gebrekkige stimulasie, emosionele koestering en voeding is die tipiese omstandighede waaronder hierdie kindertjies groot word. Dit lei onder andere tot eindelose gedragsprobleme waarmee die laerskole in hierdie gemeenskappe mee worstel. Vir die Botswana regering is die hoë syfer van kinders wat selfs nie hul laerskool opvoeding voltooi nie ’n groot bron van kommer. Alhoewel daar kleuterskool-geboutjies deur die regering in feitlik elke dorpie gebou is, staan dit leeg vanweë die feit dat ouers dit nie kan bekostig om hul kinders daarheen te stuur nie en opgeleide personeel verkies om liewer by privaat kleuterskole te werk waar hul beter besoldig word.

Die gemeente Kgalagadi het hierdie as een van die terreine geïdentifiseer waarop die kerk ’n verskil kan maak. ’n Droom het tot stand gekom om aan kindertjies deur middel van “Early Childhood Development”-programme hoop en die moontlikheid van ’n beter toekoms te help bied. Die droom is om binne elke gemeenskap binne die grense van die gemeente ’n ECD-speelgroep te kan vestig vir 2 tot 5-jarige kindertjies. Alhoewel die gemeente oor geen fondse beskik en

Page 13:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

selfs ook nie ’n predikant kan bekostig nie, is daar voelers uitgesteek na moontlike vennote om hierdie droom te kan help realiseer.

’n Individu, lidmaat van NG Kerk Paarl-Vallei, het aangebied om die eerste speelgroep op Bokspits (die suidwestelike uithoek van die Gemeente Kgalagadi) vir die periode van een jaar te borg. ’n Jong dame uit Bokspits is dan ook op koste van NG Kerk Paarl-Vallei vir ’n periode van drie maande opgelei. Kgalagadi Gemeente het ook, deur ’n bestiering van die Here (’n verhaal op sy eie), paaie gekruis met ’n afgetrede dosent van die Universiteit van Botswana, wie se vakgebied spesifiek ECD-opleiding aan onderwysers/-esse is! Hierdie dame, Ruth Monao, is ’n lidmaat van die DRCB en is nog steeds aktief betrokke by opleidingsprogramme van die regering. Sy het haar dienste gratis vir die Kgalagadi Gemeente aangebied!

Die afgelope week het Ruth 19 baie entoesiastiese persone op Bokspits toegerus om deur middel van die Takalani Sesame ECD-opleidings-program speelgroepe te kan begin. Die graad 1-onderwysers van die vier plaaslike laerskole is ook by die toerusting betrek en daar heers ook by hulle groot opgewondenheid oor die nuwe ‘ECD-vennote’, wat hopelik sodanige bydrae in die lewe van peuters en kleuters sal maak dat hulle met groter gemak binne die skool-omgewing sal aanpas.

Onderhandelinge is tans aan die gang met die departement van 'Social and Community Development’ om die speelgroepe te bemagtig. Hiervoor vra ons regtig voorbidding omdat die rompslomp van regeringsdepartemente ’n gróót hindernis in Botswana is om te oorkom. Toestemming is reeds bekom van drie van die Village Development Committees in die Bokspits-omgewing om leegstaande kleuterskool geboutjies vir die eerste speelgroepe te kan benut.

Met die oog op die vestiging van meer speelgroepe, is die Kgalagadi Gemeente tans besig om die eerste Trans Molopo 510 Fietsuitdaging (oor ’n afstand van 510 km in drie dae se tyd – 25-27 September 2014) te beplan om fondse in te samel. Ook hierin ervaar ons die hand van die Here: Die Departement Toerisme van Botswana toon tans goeie belangstelling om ons hande te vat om van hierdie unieke geleentheid in die Kgalagadi Distrik ’n sukses te kan maak! Ons doen DV volgende week ’n voorlegging by die hoofkantoor in Gaborone hieroor.

Ds TC du Toit – Kgalagadi Christian Ministries & DiePLANE-pos [email protected]

(Met dank oorgeneem uit Noord-Kaapland eNuus van 3 Junie 2014)

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

Page 14:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

BYBEL-MEDIAJOU BEDIENINGSVENNOOT VIR 2014

Nuusbrief 9/2014

Lees in die jongste Kerkbode van 6 Junie ...Kyk na die weduwees en weseJohn Robinson van die NG Gemeente Witrivier het gevoel God sê hy moet na die weduwees en wese omsien. Saam met vriende het hy daaroor gebid tot hy besef het hulle het nou genoeg gebid. Hulle moet nou begin doen. Nou gee hy, sy vrou Antoinette en hul helpers vyf dae per week vir meer as 1500 kos en die blye boodskap. Vir Witrivier is hulle 'n inspirasie.

Help vir Rustenburg!Rustenburg se gemeentes het alle moontlike hulp nodig om die maatskaplike krisis in hul gemeenskap te hanteer. Kerkbode vertel hoe ander gemeentes kan help.

Lees ook:• Karoodominee se kamera tower skoonheid op.• Dit is óns kinders, nie ‘hulle’ kinders nie.• ’n Stukkie paradys in die Laeveld.• Dwars oor Namibië vir kinders.

Jongste drie Bybelkor-publikasies bekendgestelJaap du Rand praat oor eenheid, versoening en geregtigheidSoos die boektitel suggereer, weerspieël hierdie bundel temas wat Jaap Durand vir meer as 40 jaar passievol bedink en nagestreef het: die eenheid van die kerk, versoening tussen mense en dat geregtigheid sal geskied.

Hoewel dié bundel temas direk en indirek met die Belydenis van Belhar verband hou, word dit nie daardeur omlyn of beperk nie. Die bundelopset is veel wyer. Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van die kerk – en uiteraard, óók oor die vraag na eenheid, versoening en geregtigheid.

Prys: R135,00 (BTW en posgeld ingesluit). Op 26 Mei op Stellenbosch bekendgestel.

WonderwêreldJesus se woorde in Matteus oor die koninkryk van GodHierdie geselsgids strek oor vier weke en begin met ’n inleidende oordenking oor elke tema. Daarna volg een groepstudie en vyf persoonlike studies vir elke week. Die maand word met ʼn slotoordenking afgesluit.

Page 15:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Elke week spring weg met ’n kort preekstudie en groepriglyne wat by mekaar aansluit. In ʼn gemeente sou die preek die week se studies kon inlei of selfs daarop kon volg.

’n Omvattende Bybelstudie vir Koninkrykstyd oor God se koninkryk:• 20 individuele Bybelstudies• Vier groepbyeenkomste• ʼn Gratis preekstudie vir elke week (laai af by bybelmedia.co.za).• Gratis videogrepe as gesprek-afskoppers vir die groepsgesprek (laai af by bybelmedia.co.za).

Prys: R 59,95 (BTW en posgeld ingesluit).

Prente van die koninkryk ... Jaco Thom.Jesus se gelykenisse oor God se nuwe wêreld.’n Ses-weke-Bybelstudie ... Vir individue en kleingroepe.

Iemand het gesê ’n gelykenis is soos ’n grap. As jy dit eers moet verduidelik, is dit nie meer ’n grap nie. Só werk ’n gelykenis ook. Dit skep ’n beeld wat jy moet snap, en waarop jy moet reageer: met skok, verontwaardiging, verbasing … Jy kan nie neutraal bly of afgetrokke daarna luister en tog die boodskap verstaan wat dit wil oordra nie.

In hierdie Bybelstudie met ses ontmoetings lei Jaco Thom individue en kleingroepe deur Jesus se gelykenisse oor God se koninkryk, sy nuwe wêreld. Hierdie gelykenisse wil nie (net) ons insig in God se nuwe wêreld verander nie, maar ons hele lewe.

Prys: R40,00 (BTW en posgeld in gesluit).

Inligting, navrae en diensverskaffing:

• Skakel 0860 26 33 42 óf 021 873 0822• Of stuur jou bestelling per e-pos na: [email protected] • Of koop direk met jou kredietkaart op die webtuiste: www.bybelmedia.co.za

Groete uit Wellington – koud en nat!

Hans SteynDepartement FondswerwingE-pos: [email protected] Tel: 021 864 8223

Terug na Hoofblad.

---------------------------------------------------------

Page 16:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

MISSIE JAPAN NUUSBRIEF(UIT DIE KANTOOR IN BLOEMFONTEIN)

29 Mei 2014

Liewe Missie Japan Medewerkers

Ons vertrou dat dit met julle almal baie goed gaan. Met ons sendelinge, Stéphan en Carina van der Watt en hulle kroos, sowel as met Gys en Linda Olivier en hulle dogtertjie, gaan dit baie goed. Die werk wat hulle daar in Japan doen, word baie waardeer deur ons Japannese broers en susters – ons is diep dankbaar vir die besondere manier waarop die Here ons sendelinge gebruik.

1. Stéphan en Carina en hulle kinders se besoek Stéphan en sy gesin kom teen einde Junie vir ʼn tydperk van bietjie meer as drie maande Suid Afrika toe. Hulle kom vir ʼn welverdiende rustyd, maar Stéphan gaan ook in dié tyd ondersteunende gemeentes besoek. Die besoekprogram is byna gefinaliseer en hy gaan hard moet werk om by almal uit te kom. Groot dankie aan al die gemeentes wat hom hartlik ontvang en geleentheid bied om van hulle werk te vertel. Dit is baie nodig om deur sulke besoeke persoonlike verhoudinge te bou.

As iemand dalk weet van ʼn groterige motor (daar is nou 4 woelige kleuters in Stephan-hulle se gesin!) wat ons gedurende die besoek kan huur of dalk kan leen, laat weet asseblief vir ons.

Ons sien baie uit na hulle kuier in Suid Afrika en hoop dit gaan baie geseënd wees.

2. Nuwe sendelingpaar gesoek Missie Japan Bestuurskomitee het onlangs besluit dat ons nou daadwerklik moet begin soek na nog ʼn sendelingpaar wat ons na Japan kan stuur. Die versoek kom voortdurend van ons susterkerk in Japan. Om so iemand te identifiseer en uiteindelik te stuur, gaan ʼn hele proses wees. Voordat ons egter begin om advertensies te plaas, wil ons eers al die ondersteuners inlig oor die planne. Want, ook vir so ʼn nuwe sendelingpaar sal ons die nodige finansiële en ander ondersteuning moet vind. Bid asseblief dat die Here self die regte persone sal roep en die nodige ondersteuning sal moontlik maak.

3. Gebedskedule Vir ʼn onderneming soos Missie Japan om te slaag, is dit nodig om alles in diepe gebedsafhanklikheid te doen. Alleen gebed kan die sendelinge in Japan dra. Daarom sal dit goed wees as gemeentes op ʼn gereelde basis vir hulle kan bid. Om hiermee te help het ons ʼn gebedskedule opgestel wat kan help om doelgerig vir die werk te bid. Met dieselfde skedule bid ons broers en susters in Japan ook vir die sending. Ons sluit dit hieronder as bylaag in.

Page 17:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Baie dankie vir julle lojale ondersteuning. Vriendelike groete.

Gideon van der Watt (Sekretaris)

Missie Japan: items vir daaglikse voorbidding

Maandag – Bid vir Missie Japan sendelinge en hul gesinne:• Hul roeping en volharding, hul fisiese-, emosionele- en geestelike welsyn, hul huweliks- en gesinslewe, die opvoeding van hul kinders, hul deel-wees van en geloofwaardige getuienis binne hul gemeenskappe, hul bedieninge en hul families tuis.• Stéphan en Carina van der Watt en hulle kinders: Annlie, Cornelius, Lodewyk en Stephan wat in Tokushima woon. Stéphan en Carina werk op die eiland Shikoku en hy werk ook by die Teologiese skool te Kobe. • Gys en Linda Olivier (en hulle dogtertjie Linie) wat in Kochi Stad by die SEIWA Christian School werk. • Dat die Here ‘n nuwe sendelingpaar sal roep en stuur.

Dinsdag – Bid vir die Reformed Church of Japan (RCJ) • Die sinode, ringe, gemeentes en leraars van ons susterkerk in Japan en hul roeping tot diens en getuienis binne spesifiek die Japannese samelewing. • Die werk in Noord-Oos Japan waar soveel mense ontwrig is deur die 2011 aardbewing, tsoenami en kernkragramp – spesifieke projekte. • Die opleiding van leraars.

Woensdag – Bid vir die Ring van Shikoku • Die ring van Shikoku en al die klein gemeentes op die eiland, die Woordbediening, die pastorale werk, jeugwerk, die getuienis na buite, die groei van die kerk.• Die ringswerksaamhede, die skolingsgeleenthede, die beplanning en veral die jeugwerk - spesifiek Happy Kids waarby die Van der Watts betrokke is en SEIWA skool waar die Oliviers betrokke is.

Donderdag – Bid vir die land Japan • Die mense van Japan, die leiers, die veiligheid en die ekonomie van die land, die gespanne verhoudinge met buurlande soos Noord-Korea en China. • Godsdiensvryheid en die uitdra van die evangelie in ʼn land waar minder as 1% van die bevolking van 127 miljoen Christene is.

Vrydag – Bid vir Missie Japan as vennootskap • Missie Japan se ondersteuningsbasis, al die individue en gemeentes wat deel in die roeping en die werk ondersteun – bid dat die ondersteuning volhoubaar sal groei. • Missie Japan kantoor en al die administratiewe verantwoordelikhede. • Wyse leierskap in die organisasie, ʼn duidelike roeping en visie. Saterdag – Bid vir kerklike verhoudinge

Page 18:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

• Verhoudinge tussen die RCJ en die NG Kerkfamilie. • Wedersydse respek en sensitiwiteit, wedersydse besoeke, onderlinge hulp en gesamentlike projekte, teologiese samewerking en uitruilprogramme.

Sondag – Bid vir die eredienste op ʼn Sondag • Eredienste, verkondiging van die Woord, gemeenskap van gelowiges, Sondagskool, versterking en toerusting van gelowiges. • Spesiale eredienste vir “soekers” en nuwelinge, toerusting- en evangelisasie geleenthede.

Vrede

Stéphan, Carina en [email protected]

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BADISAHUIS ZENOBIA DU TOIT

HEIDELBERG WKTUISTE VIR OUER PERSONE

VakatureIngeskrewe Verpleegassistent: Swartknopie (Auxiliary Nurse)

Diensvoordele• Salaris volgens vaste skale• Pensioenfonds• Mediese fonds• Verlof en siekteverlof

Vereistes• Goeie menseverhoudings kan handhaaf• Kennis van versorging van bejaardes hê• Geregistreer wees by SANC

Aansoeke sluit op 16 Junie 2014Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Aansoeke moet skriftelik met volledige CV en bewyse van kwalifikasies gerig word aan:

Die Bestuurder

Page 19:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Huis Zenobia du ToitTel 028 722-1440 Faks 086 561 3994Sel 083 288 1613E-pos [email protected] Posadres: Posbus 280, Heidelberg WK, 6665

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

BADISAHUIS WITTEKRUIN

TEHUIS VIR BEJAARDES

Vakature:Ingeskrewe Verpleegassistent(Auxiliary Nurse)

Vereistes• Goeie menseverhoudings • Kennis van versorging van bejaardes • Registrasie by SANC

Diensvoordele• Salaris volgens vaste skale• Pensioenfonds• Mediese fonds• Verlof en siekteverlof

Aansoek sluit op 30 Junie 2014Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

Aansoeke moet skriftelik met volledige CV en bewyse van kwalifikasies gerig word aan:

Die BestuurderHuis WittekruinUranusstraatVredenburg7380

Tel 022 713 2230/9Faks 022 713 5065E-pos: [email protected]

Page 20:  · Web view021 808 9050. Terug na Hoofblad. ... Dit kan gelees word in terme van ’n oorkoepelende nadenke oor die rol van geloof in ons daaglikse lewe, die wese en roeping van

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------

NG GEMEENTE HELDERBERGMUSIEKKOÖRDINEERDER

Ons benodig die dienste van 'n Musiekkoördineerder.Deeltydse dienste word benodig.

Pligte sal onder andere die volgende behels:• Vestiging, ontwikkeling, afrigting en skedulering van informele begeleidingsgroepe wat bestaan uit vrywillige gemeentelede• Uitwerk van liturgie vir die informele en aanddiens • Opstel van musikale loopplan met uitgewerkte en uitgeskryfde oorgange, inleidings en tussenspele• Vestiging van ’n liedere keuselys vir die informele musiekbediening• Hantering van informele musiek gedeeltes vir spesiale geleenthede soos Kerssangdienste en Pinkster• Verteenwoordiger van musiekbediening by die Aanbiddingsbestuur

Diensbeskrywing is beskikbaar op webblad www.nghelder.co.za Hierdie is nie ’n voldag verantwoordelikheid nie.

Kwalifikasies en ervaring:• Ondervinding in soortgelyke bediening

Aansoeke sluit 16 Junie om 16:00• Volledige CV met verwysings aan [email protected] of Posbus 337, Somerset-Wes, 7129

Navrae:Lize van Wyk by 021 851 5582 (tussen 08:00 en 13:00) of [email protected].

Terug na Hoofblad.

----------------------------------------------------------