15
Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018 Bladsy 1 van15 INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en –konvensies (30) 2. Beantwoord al die vrae. 3. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy. 4. Trek ‘n streep na elke afdeling. 5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 6. Laat ‘n reël oop na elke antwoord. 7. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. 10. Skryf slegs in blou inkpen. Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 1 GRAAD 12 JUNIE 2018 PUNTE: 70 TYD: 2 uur

VRAESTEL 1 GRAAD 12 JUNIE 2018 PUNTE: 70 TYD: 2 uur · menopouse, kanker van die ingewande, baarmoeder, esofagus, pankreas, niere, lewer, boonste deel van die maag, eierstokke, galblaas,

Embed Size (px)

Citation preview

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 1 van15

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS: AFDELING A: Leesbegrip (30) AFDELING B: Opsomming (10) AFDELING C: Taalstrukture en –konvensies (30) 2. Beantwoord al die vrae. 3. Begin elke afdeling op ‘n nuwe bladsy. 4. Trek ‘n streep na elke afdeling. 5. Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is. 6. Laat ‘n reël oop na elke antwoord. 7. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie. 8. Voorgestelde tydsindeling: AFDELING A: 50 minute AFDELING B: 30 minute AFDELING C: 40 minute 9. Skryf netjies en leesbaar. 10. Skryf slegs in blou inkpen.

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 1

GRAAD 12

JUNIE 2018

PUNTE: 70 TYD: 2 uur

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 2 van15

AFDELING A:LEESBEGRIP VRAAG 1 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS A: ARTIKEL

SA VROUENS VETSTE IN AFRIKA

1 2 3 4 5 6 7

Bron: http://www.netwerk24.com/Nuus/Gesondheid/suid-afrika-se-vroue-vetste-in-afrika-navorsing- 20170720 DIE HOOGSTE VETSUGSYFER IN AFRIKA VIR VROUE – 44,6% – KOM IN SUID-AFRIKA VOOR Wêreldwyd ly meer as twee miljard uit die sewe miljard mense op aarde aan gesondheidsprobleme – soos kanker – as gevolg van vetsug. In een van die grootste studies wat nog gedoen is oor vetsug en die gesondheidsprobleme wat dit veroorsaak, is verklaar: vetsug is ’n “groeiende en ontstellende wêreldwye openbare gesondheidskrisis”. Dié navorsing is onlangs gepubliseer in The New England Journal of Medicine. Hiervolgens kom die hoogste vetsugsyfer in Afrika vir vroue – 44,6% – in Suid-Afrika voor. Navorsing: ’n Toenemende aantal mense sterf weens die gevolge van obesiteit al “ly hulle nie tegnies aan obesiteit nie”, het die navorsers bevind. Sowat vier miljoen sterftes in 2015 kon hieraan toegeskryf word, al kon dié mense se liggaamsmassa-indeks nie as vetsugtig beskryf word nie. Die studie het na die data van 195 lande gekyk en daarvolgens is gemiddeld 30% van volwasse Suid-Afrikaners oorgewig of vetsugtig en 8, 8% van kinders. Die syfer vir mans in Suid-Afrika is 14, 7%. Prof. Benn Sartorius van die Universiteit van KwaZulu-Natal, wat navorsing doen oor siektelas en kanker-epidemiologie, het by navraag gesê talle soorte kanker is meer algemeen in mense wat oorgewig is, of wat aan vetsug ly. Dit sluit in borskanker ná menopouse, kanker van die ingewande, baarmoeder, esofagus, pankreas, niere, lewer, boonste deel van die maag, eierstokke, galblaas, skildklier, asook miëloom (’n tipe bloedkanker) en meningioom (’n tipe breinkanker). Hy verduidelik dat ekstra liggaamsvet die produksie van sekere hormone en groeifaktore kan verhoog en dit kan ’n seinbaan vir kanker skep. Vetselle trek ook immuniteitselle na weefselselle. Dié immuniteitselle veroorsaak langdurige inflammasie wat tot kanker kan lei.

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 3 van15

8 9 10 11

Prof. Alta Schutte, die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad se eenheidsdirekteur vir hipertensie en kardiovaskulêre siektes, sê in Suid-Afrika is daar baie mense wat oor- en ondervoed is en albei tel as wanvoeding. “In Suid-Afrika is ondervoeding ’n kleiner, maar oorvoeding ’n reuse-bron van kommer. Oorvoeding beteken jy het genoeg kos om te eet, maar jy eet die verkeerde kos.” Sy sê die jongste navorsing wys Suid-Afrikaanse vroue se vetsugsyfer is die hoogste in Afrika, maar ook die kinders in die land se syfer is hoër as die wêreldgemiddelde. “Daar is ’n wanopvatting dat vetweefsel ‘net daar sit’. Vetselle is baie aktief en dit skei skadelike stowwe af. Dit word ook geassosieer met hoër vlakke van inflammasie in die bloed en raak immuniteitselle.” Sy sê kinders moet van baie jonk af baie beter eet, dan sal hulle nie probleme hê wanneer hulle ouer is nie. Snoepies by skole bly ’n probleem en ouers moet beheer uitoefen oor dit wat hul kinders eet.

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 4 van15

TEKS B: ARTIKEL

SA is dikste land in Suider-Afrika

Deur Son DigitaalMaandag, Julie 25, 2016 04:20

Vetsug: Al hoe meer kinders eet ongesond.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13

NAVORSING wys mammies wat oorgewig is, skenk die lewe aan babas wat oorgewig is. In 2013 was 42 miljoen kinders jonger as vyf wêreldwyd vetsugtig. In die verlede is gedink vetsug is net in ryk lande ’n probleem. Deesdae trap lande met grootliks middel- en lae-inkomstegroepe ook in die vetsug-strik. Vetsugtige mense kom veral in stede en dorpe voor. In ontwikkelende lande met ontluikende ekonomieë is vetsug onder kinders met meer as 30% op. Navorsing toon Suid-Afrika is die vetste nasie in Suider-Afrika. Tot 10% van die land se jaarlikse gesondheidsbegroting word daaraan bestee om vetsugverwante siektes te behandel. Tipe 2-diabetes onder kinders en adolessente is ’n groot bron van kommer. Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad het bevind 60% van oorgewig kinders tussen 5 en 10 jaar oud het minstens een risikofaktor vir hartvatsiektes, terwyl 25% twee of meer risikofaktore het. Ouers moet besef dit is hul taak om hul kinders gesond te hou. Om ’n kind net kos te gee wanneer hulle daarvoor vra, is ook verkeerd. Dis makliker om gou ’n hamburger of pastei te koop as om kos te kook. Wat skrikwekkend is, is dat diabetes by al meer kinders gediagnoseer word, en die oorsaak is vetsug. Die laaste paar jaar is meer Suid-Afrikaners aan hartsiektes en diabetes dood as aan MIV. Baie Suid-Afrikaners ly ook aan hoë bloeddruk. Die land is juis op ’n punt waar vetsug dodelik geword het. Wanneer jy as kind oortollige gewig aansit, loop jy die gevaar om op ’n jonger ouderdom gesondheidsprobleme te ontwikkel. Hoewel genetika ’n rol speel, is gesondheidsprobleme direk aan kinders se hoë suiker- en soutinname verwant.

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 5 van15

TEKS C: VISUELE TEKS Raampie 1 Raampie 2

VRAE: TEKS A 1.1. Is par. 1 en 2 gebaseer op feite of menings en motiveer jou antwoord uit die

teks. (2) 1.2. Gee ‘n sinoniem vir die woord: “vetsug” (par.1) (1) 1.3. Lees weer par. 4. Omskryf die paradoks in die paragraaf. (2) 1.4. Is daar ‘n verband tussen vetsug en kanker, en indien wel, wát is die

verband? (1) 1.5. Wat behels die term: “wanvoeding”? (1) 1.6. Oorvoeding skep meer probleme as ondervoeding.

Haal vyf opeenvolgende woorde aan om die stelling te staaf. (1)

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 6 van15

1.7. Wat is die oplossing wat gebied word om probleme te verhoed wanneer

vetsugtige kinders ouer word? (1) 1.8. Is u van mening dat vetsug regtig so groot probleem in Suid-Afrika is as wat

die artikel beweer? Motiveer u antwoord. (1)

1.9. Wat word in par. 11 geïmpliseer? (1) 1.10. Bestudeer die grafiek van die vetsugsyfers in Suid-Afrika. a. Watter groep se persentasie vetsugtigheid het die meeste toegeneem? (1) b. Wat is die totale toename in vetsugsyfers vanaf 1980 – 2015? (1) VRAE: TEKS B Poniekoerant:

• Koerant die helfte van die grootte van ‘n gewone koerant – soms neerhalend gebruik omdat dit dikwels vir sensasieberigte gebruik word. (HAT)

• Gerig op die werkersklas met werkersklasafrikaans wat as ‘n sosiolek gesien kan word.(www.litnet.co.za)

1.11. In die lig van die bg. definisie, waarom sou “Son” as ‘n poniekoerant

geklassifiseer kon word? (1) 1.12. Wat is die emotiewe waarde van die verkleiningsvorm in par. 1? (1) 1.13. Wie is die spesifieke teikengroep van hierdie artikel en waarom is dit u

mening? (1) 1.14. Waarna verwys: “dikste” in die hoofkop? (1) 1.15. Waarom kan par. 9 as satiries gesien word? (1) 1.16. Die skrywer van die artikel voel dat vetsug dodelik geword het. (par. 12)

Motiveer uit die artikel waarom jy met die skrywer saamstem/verskil. (1) 1.17. Die skrywer maak ‘n stelling in die slotparagraaf dat genetika ‘n rol speel in

gesondheid en vetsug. Hoe bewys die skrywer hierdie stelling in die artikel? (1) 1.18. Skryf die sinsnede neer wat bewys dat vetsug ‘n land se ekonomie

benadeel. (1)

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 7 van15

VRAE: TEKS C 1.19. Kyk weer na die hoofopskrif van Raampie 2: “Volksblad: Vetsug SA

troeteldiere se groot probleem” Hierdie opskrif kan op verskeie maniere geïnterpreteer word.

Watter dubbele betekenis dra hierdie opskrif? (2) 1.20. Wat is insiggewend (en word gesuggereer) van troeteldiere en hul

eienaars? (1) 1.21. Waarna verwys die opmerking van die slangetjie in Raampie 2:

“Wie se probleem!?” (1) 1.22. Wat word in Raampie 1 oor Ruby gesuggereer? (1) VRAE: TEKS A, B EN C 1.23. Wat is die verband tussen die drie tekste? (1) 1.24. Dui een noemenswaardige verskil tussen Teks A en Teks B aan t.o.v. die

teikengroep. (2) 1.25. Watter een van die drie tekste is volgens u die mees geslaagde teks in die

oordra van die boodskap en motiveer waarom dit u siening is. (1) TOTAAL AFDELING A: [30] AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 Opdrag: Lees Teks D hieronder en maak ‘n opsomming van die sewe grootste

leuens wat keer dat ons gelukkig is, asook die waarhede wat die leuens ongeldig verklaar.

LET WEL:

• U opsomming moet in u eie woorde en in taalkundig korrekte sinne aangebied word.

• U opsomming moet in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.

• Dui die getal woorde onder die werkstuk aan.

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 8 van15

TEKS D

Die 7 grootste leuens wat keer dat jy gelukkig is Susie Moore Vrydag, Augustus 4th, 2017 (Solidariteit) Soms jok ons op ʼn subtiele wyse vir onsself sodat ons kan beter voel, en dit word later ons werklikheid. Dit is makliker om hierdie leuens te herhaal as om ʼn waarheid in die gesig te staar wat ongemaklik is en pynliker kan wees om te aanvaar. Jy kan niemand “regmaak” of verander nie ─ nooit nie. Jy kan iemand liefhê en aanmoedig maar nie verander nie. Dieselfde geld vir die verandering van ʼn maat se vlak van verbondenheid aan jou, sy of haar persoonlike skuld, of selfs sy of haar dieetvoorkeure. As jy eers iemand aanvaar soos hy of sy is en aanvaar dat jy hom of haar nie kan verander nie, sal jy vry voel. Eendag sal jý ─ wat om die wêreld reis, ʼn roman skryf, so ʼn deeltydse besigheidjie begin? Hierdie leuen maak my mal want eendag sal jy wakkerskrik en dan gaan daar nie meer tyd wees om enigeen van hierdie goed te doen nie. Niemand weet eers hoeveel kosbare dae jy nog op aarde oor het nie. Beplan dit nou. Laat die wiele begin draai. Doen dit nou. Die hede is al wat ons het. Ons gee graag tyd die skuld daarvoor dat ons baie goed nie doen nie ─ oefen, mediteer, lees, maar ʼn ander gewaarborgde manier om meer tyd te kry: Spandeer minder tyd aan Twitter, teks en Instagram. Om elke dag 20 tot 30 minute minder aan sosiale media te bestee, beloop ʼn hele klomp tyd per week. Die waarheid is dat, as ons nie nou gelukkig is nie, ons ook nie gelukkig sal wees as ons “die prys” kry nie ─ ʼn liefde, salarisverhoging, die “perfekte” liggaam. Onthou, baie van die goed wat ons nou het, is goed waarvoor ons eens op ʼn tyd gehoop het. Die beste ding wat jy nou in jou lewe kan toepas, is waardering. Waardering maak alles beter en dit maak dít wat jy het, genoeg. Hoewel dit nie altyd so lyk nie, het ons altyd ʼn keuse. Of jy nou voel jy kan nie in ʼn nuwe woonstel intrek nie, ʼn ander werk kry nie, of uit ʼn verhouding kom nie, daar is altyd ʼn manier. “As ek net ʼn bietjie harder probeer het, kon ek uitstekend gewees het, maar ek verkies om eerder ʼn slagoffer te wees.” Jy wou eerder vaskleef aan hierdie leuen as om te waag. Dit lyk dalk veiliger as die risiko van mislukking, maar ek sê vir julle, dit is nie so nie. Niemand voel werklik ooit reg vir iets nie ─ ouerskap, entrepreneurskap, verandering. Ons begin net. Dit is hoe ons gereed word. As jy sê jy is nie reg vir iets nie, stel jy óf nie belang daarin om dit te doen nie, óf jy is besig om uit te stel (bes moontlik omdat jy bang is). Die grootste leuen van almal is dat jy nie goed genoeg is nie. Jy is goed genoeg. Jy hoef niks te doen om ʼn vol, ryk en gelukkige lewe te hê nie. Die feit dat jy lewe, maak geluk jou geboortereg. (Verwerk uit Solidariteit-artikel)

TOTAAL AFDELING B: [10]

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 9 van15

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES VRAAG 3 Opdrag: Lees en kyk vlugtig na die volgende teks hieronder en beantwoord dan

die vrae wat daaroor gestel is. TEKS E: BROSJURE

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 10 van15

1 2

5 6

3 4

7 8

①VRAAG Is waterpyprook gesonder as sigaretrook omdat dit deur water gaan?

ANTWOORD Nee, die water suiwer nie die rook nie. Beide waterpyp – en sigaretrook bevat gifstowwe, insluitende nikotien, teer, koolstofmonoksied, arseen en lood. Arseen word gebruik in rotgif en koolstofmonoksied is ‘n dodelike gas wat ook in motoruitlaatgasse voorkom. Lood kan selfs in klein hoeveelhede kinders hiperaktief en geïrriteerd maak en breinskade veroorsaak.

②VRAAG Kry mens minder nikotien in deur ‘n waterpyp as ‘n sigaret? En wat van koolstofmonoksied?

ANTWOORD ‘n Waterpyproker neem omtrent 100 trekke in ‘n enkele (45 minute) sessie, terwyl ‘n sigaretroker omtrent 10 trekke aan ‘n sigaret gee. Met ander woorde, om ‘n waterpyp te rook kan jy net soveel nikotien inneem as om 10 sigarette te rook. Dit is natuurlik die “teer” in tabakrook wat kanker veroorsaak. Die rook wat tydens ‘n gewone waterpypsessie vrygestel word kan tot 36 keer meer teer en omtrent 8 keer meer koolstofmonoksied vrystel as die rook van een enkele sigaret.

VRAAG Hoekom begin baie jong mense waterpyp te rook?

ANTWOORD Die soet smaak en aangename geur maak dit makliker om die rook in te trek sonder om te hoes. Natuurlik is die rook van ‘n waterpyp ook ‘n sosiale geleentheid. Boonop is daar die mite dat ‘n waterpyp nie skadelik is nie. Mense dink ook dat die gebruik van ‘n waterpyp pret is, in stede van ‘n gevaarlike dwelm wat jou baie , baie siek kan maak.

VRAAG: Is ‘n waterpyp net so verslawend as sigarette?

ANTWOORD ‘n Waterpyp kan net so verslawend as sigarette wees. Party waterpyprokers lei aan al die simptome van verslawing (onder andere het hulle ‘n drang om te rook, kan hulle nie maklik ophou nie, en ondervind hulle onttrekkingsimptome wanneer hulle ophou.)

VRAAG Is dit veilig vir kinders om ‘n waterpyp te rook?

ANTWOORD Dis gevaarlik vir enigiemand om enige vorm van tabak te gebruik, insluitende die waterpyp. Dis veral sleg vir jong kinders omdat hulle longe nog groei en rook permanente skade kan veroorsaak.

VRAAG Wat is de langtermyn gesondheidsgevolge van waterpyp rook? Veroorsaak dit impotensie soos sigarette? ANTWOORD Dit kan jou longe beskadig wat dit moeilik maak om asem te haal. Dit kan kanker van die mond, longe en blaas , of ‘n hartaanval veroorsaak. Sigaretrook veroor- saak impotensie, plooie op die vel en baie ander siektes. Wetenskaplikes begin nou eers om die skade te ondersoek wat waterpype kan veroorsaak. Gegewe die ooreenkoms met sigaretrook is dit moontlik dat baie ander siektes met waterpyprook in verband gebring kan word. Om ‘n waterpyp met ander mense te deel beteken dat jy kieme van hulle af kan kry. Die bakterieë wat tuberkulose veroorsaak of die virus wat koorsblare tot gevolg het, kan verkry word deur ‘n waterpyp te deel.

VRAAG As ‘n verwagtende vrou rook, kan sy haar baba skade aandoen?

ANTWOORD Ja, die koolstofmonoksied en ander gifstowwe sal van die ma se bloed na die ongebore baba oorgedra word. Om ‘n waterpyp gedurende ‘n swangerskap te rook kan die baba se groei belemmer.

VRAAG Selfs al rook ek nie, is dit sleg om in ‘n kamer te wees waarin mense waterpyp rook?

ANTWOORD Ja,,om die lug in te asem in ‘n kamer waarin mense waterpyp rook, stel nie-rokers bloot aan baie dodelike chemikalieë. Dit is skadelik. Kinders wie se ouers waterpyp rook het ‘n baie groter kans om longinfeksie op te doen as die kinders wie se ouers nie waterpyp rook nie.

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 11 van15

3.1. Skryf die Afrikaanse akroniem in die voorblad van die brosjure voluit. (1) 3.2. Waarvoor staan die afkorting e- in die woord: “e-rookstakingsprogram”. (Voorblad) (1) 3.3. Identifiseer die basisse in die woord: “rookstakingsprogram”. (Voorblad) (1) 3.4. Na analogie van “vroeë dood” (voorblad), voltooi die volgende sin deur die

korrekte vorm van die woord tussen hakies te gee. Die (droog) Kaapprovinsie kort dringend reën. (1) 3.5. Identifiseer die anglisisme in die antwoord by vraag 3 en korrigeer dit. (1) 3.6. Lees weer vraag 7. “As ‘n verwagtende vrou rook kan sy haar baba skade

aandoen?” Herskryf die vraagsin in ‘n stelsin. (1) 3.7. Lees weer vraag 6 in die teks hierbo. Verdeel die woord: “gesondheidsgevolge” in klankgrepe. (1) 3.8. Met verwysing na vraag 4 in die teks hierbo. Identifiseer die woordsoort van “rook” in die volgende sin:

“Natuurlik is die rook van ‘n waterpyp ook ‘n sosiale geleentheid.” (1) 3.9. Herlees weer die antwoord op die slotvraag: “Ja, om die lug in te asem in ‘n

kamer waarin mense ‘n waterpyp rook stel nie-rokers bloot aan baie dodelike chemiekalieë.”

Identifiseer die deeltjiewerkwoord in die sin. (1) 3.10. Haal die sinsnede uit die voorblad van die advertensie aan wat ‘n voorbeeld

van manipulerende taal is. (1) [10] VRAAG 4 Opdrag: Lees en kyk na die teks op die volgende bladsy en beantwoord dan die

vrae wat daaroor gestel is. TEKS F: BERIG

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 12 van15

1 3 5 7 9 11

13

15

17

19

21

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 13 van15

4.1. Verklaar kortliks die ironie in die hoofkop van die berig. (2) 4.2. Verklaar die gebruik van die akuutaksent in r. 2: “dié”. (1) 4.3. Skryf ‘n erkende idiomatiese uitdrukking in Afrikaans neer wat die woorde:

“totaal oorbluf” (r.7) in konteks sal kan vervang. (1) 4.4. Skryf r. 8-9: “Ek kon nie glo ek kry ‘n boete omdat my voertuig padwaardig is

nie.” in die indirekte rede. Begin met: Meneer Willem Smit sê... (1) 4.5. Gebruik die kern van” “trulig” (r.16) as ‘n bepaler in ‘n ander woord. (1) 4.6. Lees weer die volgende sin in r. 14-15: “Die man het alles getoets.” Brei die sin uit tot ‘n veelvoudige sin deur gebruik te maak van ‘n

onderwerpsin. (1) 4.7. Op die oog af lyk die berig haas ongelooflik.

Watter tegniek gebruik die koerant om dit geloofwaardig te maak. (1) 4.8. Word die woord: “trurat” in r. 3 konnotatief of denotatief gebruik? (1) 4.9. Identifiseer die klankverskynsel wat voorkom as die woord: “wanneer” (r.17)

as wanner uitgespreek word. (1) [10]

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 14 van15

VRAAG 5 Opdrag: Lees en kyk na die volgende teks hieronder en beantwoord dan die

vrae wat daaroor gestel is. TEKS G: SPOTPRENT

5.1. Watter moontlike stereotipering word gevind by die karakter wat

spraakborrel 3 sê? (1) 5.2. Identifiseer die onderstreepte spraakklank in spraakborrel 2:

“Wat woorde nie sê nie...” (1) 5.3. Identifiseer die soort/tipe sin in spraakborrel 5. (1) 5.4. Gebruik die homoniem van: “klap” (spraakborrel 5) in ‘n verklarende sin. (1) 5.5. Lees weer spraakborrel 1. Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies. Bobby het ‘n (help) hand nodig om ‘n vrou te vang. (1)

Afrikaaans Huistaal/V1 Graad 12 Junie 2018

Bladsy 15 van15

5.6. Gee die wisselvorm van die woord: “vroue” in spraakborrel 1. (1) 5.7. Lees weer spraakborrel 3.

Gee nou die korrekte vorm van die teenwoordige (onvoltooide) deelwoord tussen hakies. So al (sing) sal Bobby tog ‘n vrou kry. (1)

5.8. Spraakborrel 2 is ‘n aanhaling van die woorde van een van Bobby se liedjies. Wat word die woorde van ‘n liedjie genoem? (1) 5.9. Skryf die aanhaling uit die Volksblad in spraakborrel 1 in die negatief. (1) 5.10. Identifiseer die woordsoort van: “glo” in spraakborrel 1. (1) [10] TOTAAL AFDELING C: [30] GROOTTOTAAL: [70]