12
VRYDAG 2 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS Sport VS-vroue maak skoonskip bl. 12 Skolenuus Tralies leef só hul passie uit bl. 9 Ons mense Elsje vertel van lewe in Doha bl. 4 Susna Botha het dié twee ses maande oue meerkatte, Kiepie en Kandas, afgeneem waar hulle luilekker op die instrumentpaneel ontspan het. Hulle was op pad Boshof toe vir hul eerste hondsdolheid-inentings. Foto: Susna Botha (Meer)kat se snor

Bloemnuusbl 20140502

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Bloemnuusbl 20140502

Citation preview

Page 1: Bloemnuusbl 20140502

VRYDAG 2 MEI 2014 WWW.BLOEMNUUS.CO.ZA GRATIS

Sport

VS-vrouemaakskoonskip

bl. 12

Skolenuus

Tralies leefsó hulpassie uit

bl. 9

Ons mense

Elsje vertelvan lewein Doha

bl. 4

Susna Botha het dié twee ses maande oue meerkatte, Kiepie en Kandas, afgeneem waar hulle luilekker op die instrumentpaneel ontspan het. Hulle was op pad Boshof toe virhul eerste hondsdolheid­inentings. Foto: Susna Botha

(Meer)kat se snor

Page 2: Bloemnuusbl 20140502

2 BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014

DIE volgende mense in Bloemnuus selesersgebied is onlangs oorlede:

* Stienie Venter (gebore 1947);* Gerda Meuleman (gebore 1925);* Martha Pretorius (gebore 1933);* Gerrit van Tonder (gebore 1953);* Jan Myburgh (gebore 1936);* Schalk van der Sandt (gebore 1955);* Riekie Griessel (gebore 1943);* Valari Saunders (gebore 1924); en* Sallie Gous (gebore 1952).

SOp 19 Junie word Zelda la Grange seboek Goeiemôre, mnr. Mandela byPenguin Suid-Afrika uitgereik.Die Engelse uitgawe, Good Morning, MrMandela, word wêreldwyd deur PenguinBooks Verenigde Koninkryk uitgegee enword ook in Suid-Afrika versprei.Dit is die uitsonderlike verhaal van ’njong vrou wie se lewe en alles waarin sygeglo het, deur die grootste staatsmanvan ons tyd omgeswaai is.

S ’n Motorfietsryer van Bloemfonteinis verlede week in die stad dood nadathy onder ’n motor beland het.CC Gouws (62), ’n werker van Transnet,was omstreeks 07:30 op pad werk toe toehy beheer oor sy rooi Honda-motorfietsverloor het.Die ongeluk het op die hoek vanHarvey- en Kerkstraat gebeur.

S Stompie Olivier van Boer Soek ’nVrou-faam het vanjaar sy holstein-beesteop die Bloemskou vertoon.Hy het ses maande lank in Kanadagewerk om te leer hoe om skoubeeste virkompetisies gereed te kry.

S Die span agter die nuwe Afrikaanse fliekDie Windpomp het onlangs ’n draai by dieKovsies se dramadepartement in Bloemfon-tein gemaak as deel van die bemarkingstoervir die fliek. Etienne Fourie, die skrywer enregisseur, het die volgende oor hul kuier byKovsies te sê gehad: “Ek was effens senuwee-agtig op pad daarheen. Dit is maar ’n effense‘scary’ ding om jouself aan ’n groep vreemde-linge voor te stel. Ek was nie seker hoe diestudente sou reageer nie, maar ek kan niegenoeg beklemtoon hoe wonderlik hulle wasnie.” Die Windpomp het verlede weeklandswyd in teaters begin draai.

SWyle oudpres. Nelson Mandela se bors-beeld is Maandag voor die NasionaleVergadering by die Parlement in Kaapstadonthul. President Jacob Zuma het gesê dieonthulling van die Mandela-borsbeeldweerspieël hoe ver Suid-Afrika sedert 1994gekom het.

S Charné Kemp, Volksblad-verslaggewer, seboek Moord op Griekwastad – Die storie vandie Steenkamp-treurspel oor die Griekwastad-moorde is Woensdag uitgereik.

S Steven Wessels (24), ’n student in meganie-se ingenieurswese aan die Sentrale Universi-teit vir Tegnologie (Vrystaat), se lyk isDinsdagoggend in Welkom by die Toronto-pan, naby die Unicorn-perdestalle gevind. Hyhet hom vermoedelik met sy pa se pistool indie hart geskiet. Hy het ’n rugsak, wat volklippe gepak was, op sy rug gehad. Stevenhet die Paasnaweek in Welkom by familiegekuier. Sy verdwyning is eers verledeDonderdag ontdek toe sy motor langs dietennisbane van die St. Andrew-skool inLimpopostraat in St. Helena gevind is.

Wel enWee

LittleMayaGrace (sixmonths) cameall theway fromSurrey in Englandwith her parentsto meet her South African family in Bloemfontein and to celebrate her great­grand­mother’s 87th birthday. Her mother, Rochelle Jackson, moved to England seven yearsago. From the left is Maya’s grandmother Lyn Malherbe (62), her great­grandmother,Pat du Plessis (87), and her mother, Rochelle Jackson (32). Photo: Inge Strydom

DIE Vir Ons Kinders-projek tenbate van Engo se behoeftigekinders in die Vrystaat begin dieweek die sesde keer op die Bloem-skou.Maak ’n verskil in ’n kind se

lewe deur ’n kaartjie van slegs R20te koop en só ’n kans te staan om’n Chevrolet Spark Campus vanR112 400 te wen.Kaartjies kan by Engo se stalle-

tjie in die Tulipsaal op die Bloem-skou gekoop word.Ná die skou sal kaartjies by alle

Engo-kantore en -sentrums in dieVrystaat te koop wees.Die sluitingsdatum van die

kompetisie is 23 November. Vyffinaliste sal op 9 Januarie 2015 metdie hulp van PwC aangekondigword. Die finale trekking is op 23Januarie 2015 in Bloemfontein.Die motor sal onder meer op

Volksblad se Kos-en-kunsmark, dieVryfees in Bloemfontein, dieKersiefees in Ficksburg en inverskeie winkelsentrums oor dieVrystaat heen gesien kan word.

Vanjaar se borge is Imperial GMBloemfontein, Radio Rosestad enVolksblad se sentrale plaaslikekoerante.Engo se Kinder- en Jeugsorg

(vroeër bekend as die kinderhuise)is ’n nie-winsgewende organisasiewat kinders heeltyds versorg watdeur die kinderhof uit hul ouerhui-se verwyder is.Vir meer inligting oor die Vir

Ons Kinders-projek en kaartjies injou streek, skakel 051-407-7222 ofbesoek www.engo.co.za.

Projek help kindersMaak ’n verskil in een van die kinders se lewe deur ’n R20­skenking te doen en só ’n kans te staan om die eienaarvan die Chevrolet Spark Campus te word. Kaartjies kan by Engo se stalletjie in die Tulipsaal op die Bloemskougekoop word.

VANJAAR kan die Spon-taan-wenner na dié pryseuitsien:

) SpecSavers: pryse vanR3 000.

) ExecuSpecs: pryse vanR5 800.

) Z PR Communicationand Public RelationsConsultants: ’n Publisiteits-en-bemarkingpakket vanR5 000 vir elke finalis,insluitend ’n konsultasiemet die Z PR-span, ’nprofessionele CV, dieontwerp van ’n CD-omslagen besigheidskaartjies, dieontwerp en skryf van ’nprofessionele profiel, die

skep van ’n Facebook-profielen vyf nuusverklarings. Diegesamentlike waarde vandie prys is R40 000.

) Atlantis-gastehuis:Verblyf van R4 100.Die wenner, naaswenner enderdeplekwenner kry elkeentwee nagte se verblyf virtwee, ontbyt ingesluit.

) PCB Productions: ’nFotografiesessie vir diewenner, naaswenner enderdeplekwenner ter waardevan R4 500.

) Hou Bloemnuus dop virinligting oor wanneeroudisies in Bloemfonteingehou gaan word.

Spontaan biedgroot pryse

Page 3: Bloemnuusbl 20140502

BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 3

Vida Booysen

SUID-AFRIKA beleef ’n aftreekri-sis, omdat mense te laat vir hulafrede begin voorsiening maak.

Dít is die waarskuwing watDawie Roodt, hoofekonoom vandie Efficient Group, op ’nsake-ontbyt van die Laer Meisie-skool Oranje gerig het.

Hy sê 51% van die afgetredenesin Suid-Afrika kan nie geldelikdie mas opkom wanneer hulleaftree nie en 53% help nog hulkinders geldelik wanneer hulleaftree.

“Voorsienning vir pensioen isnie ’n ‘oumensding’ nie – dit is’n jongmensding, en jong mensebehoort reeds van 23 jaar af vir

hul aftrede te begin spaar,” sêRoodt.

“As jy vyf jaar gewerk het,moet jy reeds een jaar se salarisgespaar het en die meeste mensebegin eers op 28 jaar vir hulaftrede spaar.”

Die lewensverwagting het dieafgelope jare dramaties toege-neem en Roodt het daarop gewysdat van die kinders wat dieoggend in die skoolsaal was,eendag ouer as 120 jaar kanword.

“Ons gaan langer moet werken langer op ons pensioengeldlewe. Dus moet ons voorsieningmaak daarvoor om langer vironsself te sorg.”

Die gemiddelde aftree-leeftyd

vir vroue is in die stadium 23jaar en vir mans 18 jaar,maar dit verskil van landtot land.

“Navorsing wys ’n mens semaksimum verdienvermoë istussen 50 en 55 jaar.

“Soos mense langer leef enwerk, verskuif die kruin ook na’n hoër ouderdom.”

Hy het ’n beroep op mensegedoen dat die ouderdom van 60jaar waarop mense vir staatspen-sioene kwalifiseer, verhoog worden dat mense nie op daardieouderdom moet aftree nie.

“As jy 60 jaar oud is, is jy nogglad nie oud nie en ons land hetdaardie ondervinding in sywerksmag nodig.”

Suid-Afrika beleefaftreekrisis – Roodt

Dawie Roodt (middel) en Adrie Albertyn (links agter) skoolhoof van die Laer Meisieskool Oranje saam metdie skool se leerlingraad op ’n sakeontbyt wat die leerlingraad aangebied het. Foto: Vida Booysen

Vir meer foto’s en nuus besoek Bloemnuus sewebwerf by www.bloemnuus.co.za

Buiten in Bloemfontein word Bloemnuus ook in 'n twintigtal dorpein die Vrystaat enNoord­Kaap (waaronder Trompsburg op dié foto)versprei. Al die dorpe is in 'n 225 km­radius van Bloemfontein. Asjy dus in Bloemnuus adverteer (051­404­7798), sien mense van oraldit raak.

Page 4: Bloemnuusbl 20140502

4 BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014

kan gaan. My man was dieworship-leier van ’n Al Shamal-kerk hier in Doha, maar ons isnou deel van die Doha Fellowship.

Watter lewensles het jy daargeleer? Vertrou niemand nie.Vriendelikheid kos niks nie. Leermeer tale aan. Vertrou op dieHere, altyd.

Waarna verlang jy? Ek verlangna regte Suid-Afrikaanse biltongen droëwors. Vars lug. Koueoggende. Samesyn met goeie, ouvriende en familie. Ek mis ’nnaweek van Vrydag tot Sondag.Ek mis ’n blou Maandag. Ek misplaasmense . . .

Gunsteling-eienskap van dieinwoners van Doha? Vriendelik-heid en gasvryheid.

Slegste eienskap van dieinwoners? Hulle bestuur nie goedop die besige paaie hier nie.

Gunsteling-gereg? Shwarmas.

Gunsteling-plek? Natuurlik diemalls. Nee, ek spot, die SouqWaqif. Dit is soos ’n buitemarkmet kosstalletjies, ’n restaurant enallerlei artikels. Dit is soos ’nvermenging van die ou en nuwe.

Wat word as slegte en goeiemaniere beskou? Om in diepubliek te spoeg is slegte maniere,jy word met R1 000 beboet. Vroueword met groot respek behandelen vuil taal en lelike handgebareis taboe. Jy moet ook eers toe-stemming vra voordat jy sekereplekke en mense mag afneem.

Is julle by die kerk betrokke?Die mense hier is Moslems. Hieris baie kerke waarheen Christene

Wat maak dit beter of slegterom daar te woon? Die beste isdie veiligheid en die lewenskosteis laer as in Suid-Afrika. Die slegis egter dat ek my familie minsien.

Noem ’n paar van die vreemdeen interessante tradisies inKatar. Hier is nie wors nie . . . al-tans nie soos ons dit ken nie.Hulle noem dit kufta en dit ismaalvleis gemeng met kruie enspeserye saamgepers in ’n worsie-vorm en word dan oor die kolegebraai.Een ding waaraan ek steeds nie

gewoond is nie, is om my skoeneby die deur uit te trek. Ek giggelelke keer as ek ’n klomp skoenevoor iemand se deur sien.Die Katarmans en -vroue dra

hul tradisionele drag wanneerhulle in die openbaar verskyn –die wit thobe vir die mans en dieswart abayha vir die vroue.Sommige se kop word met ’nbourga of shayla bedek en anderontbloot net hul oë. Die mans dra’n wit kopdoek (gutra) met ’nswart tou wat ’n agal genoemword. Wanneer die mans mekaargroet, druk hulle hul neuseteenmekaar. Die vroue groet metdie hand of druk hul wangeteenmekaar.

sommer vinnig tot meer as 50 °C.In die somer is die stofstorms dieergste. Jou hele huis is vol stof;dit laat my aan ’n plaas in dieKaroo dink – as die vlaktes sodroog lê en die wind die stof skep.Die storms hier is egter gevaarlik,baie gevaarliker as mis op berge.

Het jy maklik nuwe vriendegemaak? Ja! Afrikaans is soos ’nbrandalarm: Jy hoor dit waar jyook al in ’n winkelsentrum, op ’nformele geleentheid of langs dierugbyveld is. Vriende kom engaan egter weens werkkontraktewat verstryk of beter geleenthedewat in ander lande opduik.

Hoe verskil Doha van Bloem-fontein? Die klimaat hier isheeltemal die teenoorgestelde asin Bloemfontein. Hier word ditvrek warm.Hier is baie winkelsentrums en

omdat dit so warm is, vlug almaldaarheen. Die verkeer is erg ensoms is ons huishenne, want ditneem jou soms twee uur om net15 km te ry.

Wat doen jy daar? Ek is ’n gr.2-onderwyser en die skool se gr.2-koördineerder en geniet ditongelooflik baie.

Waar woon julle? Ons woon inAl Wakrah, ’n voorstad van Doha.

Het jy maklik aangepas?Aanpassing is ’n aardige woord.Ons Suid-Afrikaners laat ons mosnie sommer onderkry nie en metGod se genade en omdat my ouersmy selfstandig grootgemaak het,het ek vinnig aangepas. My manwas gelukkig reeds hier en konmy touwys maak. Deur hom hetons ander Suid-Afrikanersontmoet wat ons gehelp, gewaar-sku en raad gegee het. Onsondersteuningsraamwerk is nougoed vasgelê – hulle is sout-van-die-aarde-vriende – ons Katar-fami-lie.

Hoe leef jy jou kultuur daaruit? Ons skep gedurig die geleent-heid om ons kultuur aan die kookte hou. Ek praat elke dag Afri-kaans met my man en ons vriendeen kollegas. Sascom is ’n groepwat gestig is en ook op Facebook(http://www.facebook.com/sa-scom.exec) beskikbaar is waaropSuid-Afrikaners met mekaar kangesels en raad kan gee. Dit isgewoonlik dié groep se bestuurwat die geleenthede reël en almalbymekaarbring. Ek was al op ’noptrede van Arno Jordaan enBarry Hilton. Ons het selfs alboereworskompetisies hier gehou.

Hoe is die weer? Ons het lieflikeweer in die winter – Septembertot April – dit is soos Bloemfon-tein se herfs. Die oggende is so13 °C en op ’n warm aand word ditso 30 °C. Herfs en winter in Kataris van September tot April. Dieoggende is koel, so 13 °C, en diemaksimum so 30 °C. Lente ensomer is van Maart tot Augustus.Glo my, dit is vrek warm. Ditraak so erg, jy voel kompleet asofdie vog uit jou oë verdamp en jouoë wil uitval. Ons hardloop vangebou tot gebou om die fel son teprobeer ontwyk. Elke gebou isdarem met lugversorging toege-rus. Op ’n lekker oggend is dit so25 °C en dan klim die kwik

ELSJE EBING WATKINS woon in Doha, Katar. Hier is sy saam met haar heel eerste gr. 2­klassie. Foto’s: Verskaf

ELSJE EBING WATKINS woon inDoha, die hoofstad van Katar, indie Midde-Ooste. “Adam, myman, het in Augustus 2009 ’nwerkaanbod hier ontvang en ekhet vier maande later gevolg. Ditis ’n groot stap om so iets tedoen; jou land vir ’n ander plekin die wêreld te verlaat.” Elsje hetTheonie Kok meer oor hul le-we in Doha vertel.

Tuis in Doha

Ons mense indie vreemde

Gaanleesopwww.bloemnuus.co.za

’nonderhoudmetTheonieKokoor

haarervaringinIerland.

Page 5: Bloemnuusbl 20140502

BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 5Vorigeuitgawesmisgeloop?

Gaannawww.bloemnuus.co.zaen

blaaideurvorigeuitgawes.

Jan Greyling van Universitas inBloemfontein het dié foto ge­neem. “Die is ’n Kaapse ooruilwat ses maande gelede sy intrekin ’n boom in ons tuin geneemhet. Doodmak sit hy ons bedry­wighede heeldag met skrefies­oë en dophou.” Met die foto isGreyling ’n eetbewys vanRosie’s Brasserie in dieWindmill­casino­en­vermaaklikheidsen­trum ryker. Stuur gerus foto’s [email protected]. Voor­keur word gegee aan foto’s watin Bloemfontein geneem is. Digi­tale foto’s moet groter as 1 MBwees. Kyk na vorige wenfoto’s isop www.bloemnuus.co.za. Foto:Jan Greyling

Leserslens

Mart-Mari Du-venhage en Dawievan Jaarsveldt

DIE eeue oue vraagof daar lewe op anderplanete is, enspesifiek op Mars,het die mensdom nogaltyd aan die wonder.Op 8 April het daar ’n Mars-opposisieplaasgevind. Dít gebeur elke 26 maandewanneer die son, aarde en Mars in ’n reguitlyn lê. Op 14 April was Mars die naaste aandie aarde in ses jaar (’n skrale 92,9 miljoenkilometer).

Hierdie gebeure het weer die nuuskierig-heid geprikkel oor of daar nie dalk lewe opMars is nie.

Wat min van ons weet, is dat Bloemfon-tein, en spesifiek die Lamont-Hussey-sterre-wag op Naval Hill, groot bydraes tot navor-sing oor die onderwerp gelewer het.

In 1894 het Percival Lowell ’n sterrewag inFlagstaff, Arizona, opgerig met die doel omdie hemelliggame te bestudeer. Hy het ’ngroot belangstelling in Mars gehad en het in1907 ongeveer 18 000 foto’s van Mars geneem.

Aangesien Mars tydens opposisie in dieNoordelike Halfrond te laag op die horisonis, is waarnemings na sterrewagte in dieSuidelike Halfrond uitgebrei. Met die oprigvan die Lamont-Hussey-sterrewag in 1927 endie aanbring van die 27½-duim-teleskoop (toedie grootste in die Suidelike Halfrond) hetLowell se fokus na Bloemfontein verskuif.

In 1939 het dr. E.C. Slipher van dieLowell-sterrewag sy eerste besoek aan dieLamont-Hussey-sterrewag op Naval Hillafgelê. Hy het ’n spesiaal ontwerpte kamerasaamgebring wat hy aan die onderkant vandie teleskoop vasgebout het. Aan die onder-kant van die kamera het ’n glasplaatingeskuif. Hy kon ongeveer 30 foto’s op so ’nglasplaat neem en elke foto was 8 mm indeursnee. Tydens sy besoek het hy 8 500foto’s van Mars geneem.

In 1954 en 1956 het dr. Slipher nog tweebesoeke aan die Lamont-Hussey-sterrewagafgelê. Dit is deur National Geographic

geborg vir artikels wat Slipher geskryf heten wat toe in dié tydskrif geplaas is.

Tydens dié besoeke het hy ’n nuwe kamerasaamgebring en danksy tegnologie kon hydie sluiterspoed verhoog van 2 tot 4 sekondes(in 1939) tot 1/10 tot 1/25 van ’n sekonde. Hyhet onderskeidelik 20 000 en 37 000 foto’stydens hierdie twee besoeke geneem. Op 4Julie 1954 het hy een van die eerste kleurfo-to’s van Mars geneem.

Hier is van die gevolgtrekkings wat hydestyds met sy waarnemings gemaak het:S Een Marsdag is ongeveer 40 minute langeras ’n dag op Aarde.SMars het seisoene soortgelyk aan dieAarde s’n en die seisoene is omtrent dubbeldso lank.SMars het ook woestyne soortgelyk aan dieaarde, maar geen oseane nie.

S Daar is geen hoë berge op Mars nie en dieoppervlak is baie plat (ons weet vandag datMars die hoogste berg in die sonnestelsel het– Olympus Mons wat drie keer hoër is asEverest).S Daar is tekens van plantegroei.SHy het ook ’n uitgebreide kanaalstelselwaargeneem en ’n kaart geteken waarop hydie kanale aandui.

Dr. Slipher het die kamera wat hy in 1939gebruik het hier gelos. Toe die teleskoop in1974 afgebreek is, het die Bloemfonteinsemunisipaliteit van die toerusting in ’npakkamer agter die olifantkamp in diedieretuin geberg. Braam van Zyl het ditongeveer tien jaar gelede ontdek en diekratte met die kamera en verlengstuk aandie fisika-departement van die Universiteitvan die Vrystaat gegee. Met die hulp van dr.

Patrick Seitzer van die Universiteit vanMichigan is die kamera geïdentifiseer as diekamera wat dr. Slipher in 1939 gebruik het.Dit is in ’n baie goeie toestand en diesluitermeganisme werk steeds.

Dr. Slipher het tot met sy dood in 1964geglo dat daar kanale op Mars was. Net ’njaar later het die Mariner 4-satelliet nabyfo-to’s van die oppervlak van Mars geneem en’n dooie planeet gevind – sonder kanale.

Daar word aan ’n uitstalling van Slipher seMars-verkenning en die verdere geskiedenisvan die Lamont-Hussey-sterrewag gewerkwat eersdaags vir die publiek oop sal wees.

Wie weet – dalk is daar regtig Marsmanne-tjies op die Rooi Planeet en het dr. Sliphernie verniet sy kamera vir ons hier gelos nie.) Bron: Mars – The photographic story deurEarl C. Slipher.

Mars van Naval Hill nagevors

Dr. Slipher se Mars­kamera. Die boonste gedeelte was aan die teleskoop vasgebout endie onderste vierkantige gedeelte is waar die glasplate ingeskuif het.

Page 6: Bloemnuusbl 20140502

6 BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014

WAT gebeur wanneer en waar in diegroter Bloemfontein? Bloemnuus segewilde Dagboekblad is die plek om tekyk.

Dit word ook gelaai op www.bloem-nuus.co.za. As jy jou selfoon gebruikom Bloemnuus te lees, besoek gerusbloemnuus.mobi en kyk onder “Mygemeenskap” vir dagboekinskrywings.

Stuur dagboekinskrywings in dieonderstaande formaat (moenie volledigenuusverklarings stuur nie) [email protected]. Dit is gratis.Die spertyd is Dinsdag om 09:00.

VRYDAG 2 MEIS Juanita du Plessis, Kovsiekerk, 20:00.R100 by Computicket.S Colours of drought: Uitstalling deurSandy Thomas by Gallery on Leviseur.

SATERDAG 3 MEIS The Arrows in die Ou Presidensie om18:00. Bel 086-722-7950.S Die Bloemskou word van 24 April tot3 Mei op die skouterrein aangebied. Vanjaaris net twee skoudae nie deel van dieskoolvakansie of ’n naweek nie. Gesinne envriende kan hulle ook vir die CrazyOlympics en 2-in-1-hindernisbaan inskryf.Besoek bloemskou.co.za vir meer inligting.S Die Vrystaatse Orgideëverenigingvergader by De Bruynstraat 9A, Universitas.Alle belangstellendes is welkom. Bel AndréSwanepoel by 072-476-1568.

SONDAG 4 MEISWil jy hê jou hond moet gehoorsamerwees? Die Dog Training Club kan help. Dieklub se lede kom Sondae om 16:00 by dieLaerskool Sand du Plessis byeen. Maakgebruik van die ingang in Hippocratestraat.Nelia Smit, [email protected] Die NG kerk Hospitaalpark, Mayo-straat, het elke Sondag om 09:00 en 18:00twee eredienste.

MAANDAG 5 MEIS Yom Hazikaron (Jewish).S Koop ’n Huisgenoot én Volksblad bykoerantverkopers in Bloemfontein teen slegsR20.

DINSDAG 6 MEIS Yom Ha’atzmaut (Jewish).S Bloemfontein-veerpyltjieklub seweeklikse kluboefening om 19:00 in The OldShute, Longstraat 1, Hilton. Almal iswelkom. Carien Els, 072-99-231-99.S Pensioentrekkerdag in Makro: Winsko-

pies wag op afgetredenes op Dinsdae. Makrois ’n gereelde adverteerder in Bloemnuus.

WOENSDAG 7 MEIS Begin van tweede termyn vir onafhank-like skole.SVerkiesingsdag. Die vyfde algemeneverkiesing sedert 1994 vind op Woensdag7 Mei plaas. Die president van Suid-Afrikahet dié dag kragtens die bepalings van dieWet op Openbare Vakansiedae (Wet 36 van1994) tot ’n openbare vakansiedag verklaarom kiesers die geleentheid te bied om hulstemme uit te bring.

DONDERDAG 8 MEIGholfdag. Die Laer Meisieskool Oranje bied’n beterbal-Stableford (kiesspel) op dieBloemfontein-gholfbaan aan. Dit kos R250per persoon. Abel Bezuidenhout, 083-309-8733.

VRYDAG 9 MEISHoërskool Fichardtpark vier sy 30stebestaansjaar met ’n reünie-naweek.SHy het van jongs af die geit gehad om tegaan loer wat anderkant die bult lê endeesdae doen hy dit vir die kykNET-reeksLeef jou reis. Kyk waarheen reis Gerrie

Pretorius vanaand om 19:30 op Leef jou reisop kykNET (kanaal 144).SNG kerk Heuwelsig hou sy weekliksegebedsbyeenkoms om 06:00. Frances Wes-sels, 051-436-5218.S Volksblad se jaarlikse Vroue-oggend.Vanjaar sal die sanger Chris Chameleon dievroue vermaak terwyl hulle aan ’n heerlikeete smul. Brenda Myburgh sal as seremonie-meester optree en elke vrou sal ’n geskenk-pak kry. Die oggendparty, wat in samewer-king met GWK en Chevrolet aangebiedword, begin om 08:30 in die Woodlandskon-ferensie-onthaalgerief. Kaartjies kos R300per persoon en is by Spotted Apple beskik-baar. Bel 051-447-1086.S Skenk bloed tussen 09:00 en 16:45 in dieVictorian Square, Pres. Reitzstraat. Navrae:051-447-4122.S The Armed Man, die Walliese komponisKarl Jenkins se Mis vir Vrede, is dievolgende projek wat die Bloemfontein-stads-orkes en Alumni Voices met die Drakens-bergse Seunskoor aanpak. Dit volg op diereuse-sukses van Jenkins se Stella Nataliswat einde verlede jaar uitgevoer is. Dieoptredes in Bloemfontein is op 9 en 10 Meiin die Sand du Plessis-teater. Kaartjies kosR120, R150 en R180 en kan reeds by Pacofsby 051-447-7772 bespreek word. Die werk salook op 2 en 3 Mei op die Drakensberg-koor-skool se jaarlikse fees, Musiek in die Berge,uitgevoer word.

SATERDAG 10 MEIS Die Cheetahs speel om 17:05 teen dieWestern Force in die Vrystaat-stadion.Andriëtte Norman is die gaskunstenaar.S Die Vrystaat-pluimveeklub hou ’n skouin Reddersburg. Ben Janse van Rensburg,082-734-9028.SWorld Class Music School in Bloemfon-tein for Armed Man Concerts. Two concertswill be held on Friday, 10, and Saturday, 11May, at 19:30 in the Sand du PlessisTheatre. The Drakensberg Boys Choir willbe in concert with the Bloemfontein CityOrchestra and Alumni Voices. Enquiries:083-627-0183 or [email protected] The Drakensberg Boys Choir School isholding an Open Day and auditions inBloemfontein at the Sentraal SecondarySchool, Eeufeessentrum, on Saturday, 10May. Boys from gr. 4 to gr. 7 who areinterested in developing their musicaltalents are invited. Music staff will do voiceauditions with prospective new boys.

DagboekDie Vrystaatse Orgideëvereniging se jaarlikse ope dag word op Saterdag 10 Mei by dieP n P­hipermark in Fichardtpark aangebied. Spesies wat goed in die Vrystaat aard, wordten toon gestel. Inligting oor die kweek en versorging van plante sal beskikbaar wees.Plante sal ook te koop aangebiedword. Bel FredWilkinson by 084­200­9416. Foto: IngeStrydom

VroueWatGlo is ’n landwye groep vir vrouewat een ding in gemeen het – geloof. Vrouewat glo, bied landwyd inspirasie­uursessiesaan waarin stories van hartseer en lag ge­deel sal word. Jana du Plessis (Finesse seInspirasievrou 2013) sal op 24 Mei een vandie sessies in Tuscan Rose in Bloemfonteinaanbied. Kaartjies kos R100 en kan aange­skaf word by vrouewatglocoza.

Page 7: Bloemnuusbl 20140502

BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 7

Karen Armstrong

UITGEWER: Hemel & SeeBoekePrys: R180

Enkelreis is die memoir van’n vrou op die vooraand van50. Zarine Roodt se drie weeklange avontuur vertel van haarsoektog na moeilik bereikbarelabirinte in Engeland, haarversugting na stilte op dieafgesonderde Griekse eilandAlonnisos en samesyn metmedesoekers in die Pelion-streek in Griekeland.Die reismemoir verken

terselfdertyd haar binnewê-reld. Sy verweef momente uithaar kinderdae met nuutver-worwe insigte ter oorgang nadie tweede helfte van haarlewe.Haar memoir leun sterk op

die Jungiaanse sielkunde metsy klem op sinchronisiteit endrome.Die reiservaring – na buite

én na binne – dui die pad aanvir elke vrou op soek na haarunieke self en na persoonlikebetekenis.Die boek is ’n kombinasie

van reisvertelling en outobio-grafie.Dit is ’n leeservaring met

diepte en sy beskryf haarselfen haar emosionele belewenisseeerlik en krities.Sy gebruik inskrywings uit

haar persoonlike joernaal envan haar drome om haarbinnewêreld te beskryf en omaan die leser te illustreer datons die antwoorde op lewens-vraagstukke in onsself en onseie onbewuste kan vind.

Boek ’nmemoir

Enkelreis is die skrywer ZarineRoodt se eerste boek.

IN winter, cases of cold and fluincrease.Experts believe this could be

because, when it’s chilly, we’reall often crowded indoorstogether and both viruses arehighly contagious, spreadingeasily through coughs andsneezes.

S Get your flu shotContrary to what you may

have heard, you cannot get theflu from a vaccination.The flu shot contains killed

viruses.Getting a flu shot does not

guarantee that you won’t getthe flu, because matching thevaccine with the viruses fromany particular year is difficult.However, if you do get a flu

shot and come down with theflu sometime during flu season,the vaccination will reduceyour risk of dying.In fact, the risk is reduced

even more if you get shots inconsecutive years.

S Build up your immunity) Get eight hours of sleepevery night:While you’re off in dream-

land, your body gets to workrepairing cells and injuries youmay have incurred during thenormal day’s wear and tear.Getting your seven to ninehours a night means your bodycan repair and heal itself andward off infections.) Drink enough water:Indoor winter air is much

dryer than our bodies wouldlike. Without sufficient moistu-re, immune system cells can’twork optimally.So it’s important to stay

hydrated.) Skip happy hour:Alcohol suppresses both the

part of the immune system thatprotects you from coming downwith something and the partthat fights off the germsalready in your system, soknocking a few too many backcan put you at increased riskfor catching the bug goingaround – and having troublekicking it.) Regular exercise has beenproven to boost the immune

system.Getting your blood pumpingregularly can increase theactivity of a type of white bloodcell that attacks viruses.) A healthy diet is importantfor good health and immunityto illness, so eat five or morehelpings of fruits and vegeta-bles every day.Include plenty of beta-carote-

ne-rich foods such as apricots,carrots, papayas, cantaloupe,spinach, pumpkin, sweetpotatoes and mangoes.If possible, eat two or more

meals a week of fatty fish suchas salmon, sardines andmackerel.Eat plenty of garlic and spicy

foods, as well as raw yogurtand/or take probiotics.) Getting the proper amount ofthe right nutrients and mine-rals as part of a healthy dietleaves the body in optimalcondition to fight the battle.This means cutting back onsugary, fatty foods and uppingyour intake of vegetables, fruitand lean protein.One of those nutrients that getsa particularly healthy reputati-on during cold and flu seasonis zinc, and for good reason.zinc interferes with virusesgaining full access to our cells.

S Avoid infectionThe flu is contagious one day

before symptoms appear and upto five days afterwards.Droplets from the mouth and

nose spread influenza, so whenan infected person sneezes,coughs or touches any surface,the virus is spread.In addition, viruses can live

on a cold surface for threedays. Follow these guidelines toreduce the risk of infection:) Wash your hands frequently.) Avoid touching anything thatcould be contaminated.) Avoid crowds if possible, andstay away from peoplewho are coughing or obviouslysick.Try to fly less frequently, asone sick person on an airplanecan infect all passengers.S Sources: unfrazzledca-re.com; sarie.com; huffington-post.com.

How to preventflu infection

Page 8: Bloemnuusbl 20140502

8 BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014

Stuur ’n foto van jou onlangse troue vir gratisplasing in Bloemnuus na [email protected] kleurfoto moet minstens 1 MB groot wees.Meld watter fotograaf het vir wie waar afgeneem.Nog troufoto’s op www.bloemnuus.co.za beskikbaar.

Kobus en Chantel Smith. Foto: Nerine en Marinda Alberts

Jurie en Ronette van Aswegen. Foto: Studio Photography

Getroud

Janine en Christopher Style Foto: Eloise van Rensburg Fotografie

Bennie en Marcelle Sutherland. Foto: Juan-Marie Steyn

Barries en Ananda Conradie. Foto: Grace Bezuidenhout Rico en Susan Pretorius. Foto: Santa Neethling

Page 9: Bloemnuusbl 20140502

BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 9

Inge Strydom

TRALIE TV, die Hoërskool Sentraal seeie TV-stasie, is verlede jaar in Juliedeur vier leerlinge, Evan Buys, StephanDiedericks, Cornel Vermaak en Jacovan Bosch, ná twee jaar se droom enbeplan begin.Die viermanskap het egter verlede

jaar matriek geskryf en Cornel het syjonger sussie Carmin en ’n anderleerling, Gerduan Kemp, touwysgemaak.Die span bestaan nou uit 14 leerlinge

en William Loots, ’n onderwyser, ensaam het hulle al meer as 70 episodesuitgereik.Die nuutste episodes word gewoonlik

Sondae op Tralie Nuus op YouTubegedeel. As jy deel van Tralie TV wilwees, moet jy aansoek doen en ’nkeuringsproses deurloop.Leandrie Slabbert, die bemarker,

meen hul selfvertroue het verbeter endat hulle nuwe vaardighede ontwikkel.Om die verbetering in elke week se

opnames te sien is vir dié span ’nhoogtepunt.“Ons grootste uitdaging is om elke

week genoeg insetsels te hê, maar datdit nie te lank is en vervelig raak nie,”sê Carmin wat ’n aanbieder en dieondervoorsitter is.“Die gr. 8’s praat maklik met die

kamera, omdat hulle nuut is en dink ditis maar deel van die skool.“Dit is die ouer kinders wat nog nie

so gewoond daaraan is wanneer onsmet kameras rondloop en vrae vra nie.Oor die algemeen kry ons egter lekkerinsetsels en goeie terugvoering,” sê Ilkade Beer, een van die aanbieders.Die span droom nou daarvan om

beter toerusting te kan koop en om diesentrum op te knap.) Gaan lees meer oor die leerlinge opwww.bloemnuus.co.za.

Tralie TV groter by die dag

Tralie TV, die Hoërskool Sentraal se televisiestasie, het met ’n span van vier begin en het vandag 15 lede. Hier is sewe van die leerlingewat weekliks vermaak vir hul medeleerlinge verskaf. Van links is Tjaart van der Walt (aanbieder), Carmin Vermaak (hoofaanbieder),Ilka de Beer (aanbieder), Gerduan Kemp (aanbieder en hoofredigeerder), Leandrie Slabbert (bemarker), Gerhard Steyn (aanbieder),Rowan Giorgi (kameraman) en regs voor is Stephan du Toit (hoofkameraman). Foto: Inge Strydom

Dina en ds. Wollie (Leon) Grobler is 33 jaar gelede op 23 Januarie 1981 in Petrus Steyngetroud. “Myoupa Jannie Jacobs (toemoderator van dieNGSendingkerk) het die diensgelei. My ma het vir ons die orreltjie laat hardloop – sy word vanjaar 80 jaar oud enis steeds die orrelis in Petrus Steyn. My pa het 'n week lank al die bure se tuinstelleen sambrele aangery, want as plaasmeisie in murg en been wou ek tot elke prys 'ntuinonthaal op Demilander, 18 km uit die dorp, hê. Wollie is van Cradock,” vertel Dina.

Toe en nou

OPENBARE KENNISGEWING

INLIGTINGSESSIEAANGAANDE DIE GEÏNTEGREERDEOPENBARE VERVOERNETWERKPLAN (GOVN)

Issued by MMM Communications www.mangaung.co.za www.facebook.com/mangaung.co.za Call Centre - 0800 111 300

METRO MUNICIPALITY METRO MUNISIPALITEIT LEKGOTLA LA MOTSE

“Ons beoog om ‘n vooruitstrewende munisipaliteit te word watalgemeen veilig en aantreklik is om in te woon, te werk en te belê.”

Die agbare Thabo Manyoni, Uitvoerende Burgemeester van die MangaungMetropolitaanse Munisipaliteit, Inhuldigingstoespraak, (30 September 2011)

Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit nooi al die Metro sebelanghebbendes na ‘n vergadering vir die voorlegging van die beplanningvan die Geïntegreerde Openbare Vervoernetwerk. Onder die fokusareas watbespreek sal word, is: snelbusdiens (BRT) en nie-gemotoriseerde vervoer (NMV).

Die proses het ten doel om ‘n openbare vervoerstelsel te ontwerp wat salbydra tot die bou van ‘n munisipaliteit soos deur die Uitvoerende Burgemeesterin vooruitsig gestel is en wat die burgers van Mangaung sal dien.

Die vergadering sal ook dien as aanloop tot die Mangaung Openbare VervoerIndaba.

Datum: 10 Mei 2014Tyd: 09:00Plek: Barolongsaal

THABA NCHU BOTSHABELOBLOEMFONTEIN

Datum: 03 Mei 2014Tyd: 09:00Plek: Batho-saal

Date: 10 Mei 2014Tyd: 14:00Plek: Nicro-saal

Vir meer inligting skakel, asseblief, vir:Makiso Kumalo: 051 405 8677Sisanda Rasmeni: 051 405 8378

Raadslid Thabo Manyoni Uitvoerende Burgemeester

Page 10: Bloemnuusbl 20140502

10 BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

KRUIEKENNER

1435

DR AZIZExperienced doctorwho has helped lotsof people already.

He is back to solve all yourproblems.

•Bring back lost lover•Penis enlargement

•Lotto and casino (win)•Financial problems

•Court casesCall Dr Aziz.

For quick and effectiveresults.

081 870 8842.

LENINGS

1445

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

HUISVERBETERINGS

BINNE

1835

HUISVERBETERINGE:binne en buite, van dakke,

plafonne, verf, teëls,geisers, storte, ens.

SANTA 076 835 7849.

VAKANSIE

& REIS

AKKOMMODASIE

2635

HARTENBOS: Puik selfsorg-woonstel. Stap na strand.Skottel-TV, onderdakbraai oppatio. Baie gewild, slaapplekvir 1 - 6. Beste tarief heeljaar.044 695 0219/082 641 4092.

BETREKKINGS

3600

VERKOPE &

BEMARKING

3760

Healthcare company seeks:Motivated individuals to jointheir team!We offer:Full training, R14 700.Performance bonus andcommission.Requirements:Proven sales experience.Valid licence, self-starter,career driven. To book aninterview call JP de Neckeron 051 522 2237.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

122 CGFC BESTERIn die boedel van wyle Corne-lius George Frederick Claas-sens Bester, identiteitsnom-mer 431211 5033 008, 'nwewenaar in lewe, woonagtigby die plaas Mahlitzane, Win-burg, boedelnommer7559/2013.Kennis geskied hiermee datdie eerste en finale likwidasie-en distribusierekening in boge-noemde boedel ter insae sal lêten kantoor van die Meestervan die Hooggeregshof,Bloemfontein, en Landdroshof,Winburg, vir 'n tydperk van 21dae gereken vanaf Vrydag 2Mei 2014.Naam en adres van eksekuteurof gemagtigde: LB Saffy,Honey Prokureurs, Posbus 29,Bloemfontein 9300. Tel: 051403 6600 of faks 051 403 6714.

122 NS MOSUHLIIn die boedel van wyle NgakaSamuel Mosuhli, identiteits-nommer 561217 5703 08 8, 'nmeerderjarige man, getroudbinne gemeenskap van goedmet Motshabi RebeccaMosuhli, identiteitsnommer580520 0858 08 9, woonagtigby 665 Clubview, Phuthadit-jhaba.Krediteure en debiteure in diebogenoemde boedel word ver-soek om hulle vorderinge in telewer en hul skulde te betaalby die ondergemelde binne 'ntydperk van 30 dae vanaf Vry-dag 7 Maart 2014.Naam en adres van Ekseku-teur.LB SAFFY, Honey Prokureurs,Posbus 29, Bloemfontein 9300.Tel. 051 403 6600.

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

Op vanjaar seo.12­ en o.13­Suid­Vrystaatsehokkieproewehet die Laer Mei­sieskool Oranjese meisies weergewys hokkie ishul middelnaam.Van links is, voor:Amori Roos, IngeDiffenthal, TrunéPrinsloo en LingeSteenkamp; ag­ter: Kira Koeglen­berg, Jané Britzen Elné Botha.

Baas inhokkie

LESERS wat in die kompetisies opBloemnuus se webwerf wil wen,moet eers die gratis, eenmaligeregistrasieproses voltooi.

SHoe registreer jy met joue-posadres?* Gaan na bloemnuus.co.za.* Regs van Bloemnuus se mashoof,klik op “Login”.* Onderaan die blad, klik op“Register”.* Vul die nodige inligting in enklik op “Submit”.* Bloemnuus sal ’n e-pos stuur nadie e-posadres wat jy verskaf hetom jou rekeningbesonderhede tebevestig.

* Maak die e-pos oop en klik op“click here” om jou inligting tebevestig en die registrasieproses tevoltooi. (Indien jy nie die e-posontvang nie, maak seker hy lê niein jou gemorspos-lêer nie.)* Gaan terug na jou webblaaier enklik op “Register now” om dieregistrasieproses te voltooi.

SHoe registreer jy met jouFacebook-rekening?* Gaan na bloemnuus.co.za.* Regs van Bloemnuus se mashoof,klik op “Login”.* Bo-aan die blad, klik op “Loginwith Facebook”. Die skakel vat jouna Facebook.

* Klik op “OK” wanneer Facebookjou toestemming versoek om dieregistrasieproses te voltooi.

SHoe skryf jy jou in?* Teken in met jou nuutgeregi-streerde verbruikersnaam enwagwoord.* Gaan na bloemnuus.co.za.* Bo-aan die blad, klik op dieonderafdeling “Competitions”.* Soek die kompetisie waarvoor jyjou wil inskryf en klik op “EnterNow”.* Beantwoord die veelkeuse vraag.* Klik “Enter Now”.SAs jy probleme ondervind, belNico Gous by 051-404-7600.

Registreer jou in ’n japtrap

Dié stoeiers het Saterdag aandieOos­Gautengse ope kampioenskapsbyeenkoms,wat as die JohnyReitz­toernooibekend staan, in Benoni deelgeneem. Hulle is almal deel van die Sand du Plessis­amateurstoeiklub en het almalmedaljes in hul onderskeie afdelings verower. Die stoeiers berei hulle nou vir die streekkampioenskapsbyeenkomsvoor. Hulle is van links, voor: Xantis Fourie, Justin Haupt, HanoKruger en Janus Kruger; agter: Paul Fourie (spanbe­stuurder).

Page 11: Bloemnuusbl 20140502

BLOEMNUUS, VRYDAG 2 MEI 2014 11

Page 12: Bloemnuusbl 20140502

VolgBloemnuusopFacebooken

geselssaamnetsoos5400

anderlesers.

In 2009 was hy die wenner van dieafdeling vir mans 55 tot 59 jaar en het ditmet ’n tweede plek in dieselfde ouderdoms-groep in 2010 opgevolg.Voor dit het hy ook twee keer (2007 en

2006) in die afdeling vir mans 50 tot 54 jaarkoning gekraai.Stof jy die ouer ultra-marathonstatistiek-

boek af, sien jy Nyabanyaba het op 37-jarigeouderdom (1991) ’n uitmuntende algeheel27ste plek in die moordende Comrades-ultra-marathon (87 km) behaal.Vir die manne en vroue wat vanjaar die

toegelate tyd van 12 uur om die Comrades tevoltooi hul doelwit gemaak het: Nyabanyabahet die genoemde 1991-Comrades in bykansdie helfte van die afsnytyd van 12 uur in6:07:20 voltooi.

Nyabanyabaouer, nie kouer

Rufus Botha

ANTHONY NYABANYABA,die langafstandatleet van dieweermag in Bloemfontein,het verlede Saterdag stil-stilmet ’n skitterende vertoningin die Twee Oseane-ultrama-rathon (56 km) in Kaapstadvorendag gekom.Die 60-jarige Nyabanyaba

het in die afdeling vir mans60 tot 69 jaar in ’n goeie tydvan 4:22:15 koning gekraai.Hy het sodoende sy 19deTwee Oseane-ultramarathonvoltooi.Maklik het dit nie gegaan

nie, want Nyabanyaba het nadie marathonmerk (42,2 km)geswoeg en moes deurgaansoor sy skouer loer dat dietweede atleet, Peter Erasmus(Rand-atletiekklub, 4:24:58),hom nie voor die eindstreepinhaal nie.Nyabanyaba het die pas

van die begin af warmgemaak, en is die 28 km-kerfin 1:56:55 oor. Hy het toereeds ’n voorsprong vanmeer as sewe minute oorErasmus bewerkstellig.Erasmus het die 28 km-kerfin 2:05:35 bereik.By die marathonkerf

(42,2 km) was Nyabanyaba(3:03:52) steeds ver voorErasmus (3:13:10), maar dieGautenger het sy pas gehouen die 50 km-kerf in 3:55:26 bereik.Nyabanyaba (3:53:37) het swaar begin leef

en was by laasgenoemde punt minder astwee minute voor Erasmus.Die Bloemfonteiner het die gevaarligte

gesien en diep in sy reserwes gedelf omeindelik 2 minute 43 sekondes voor Erasmusdie goue medalje en ’n stewige wentjek op teraap.Jimmy Styan (Rally-atletiekklub), ’n

61-jarige Noord-Gautenger, was ver agterNyabanyaba en Erasmus in die derde plek.Hy het in 4:49:28 oor die eindstreep

gedraf.Nyabanyaba het hom reeds as een van die

voorste meestersouderdomsgroep-atlete indie Vrystaat in die Twee Oseane-ultramara-thon bewys.

ANTHONY NYABANYABA, die langafstandatleet van dieweermag in Bloemfontein.

ARMAND IMMEL-MAN (13) van dieLaerskool Dr. CFVisser is as Bloem-nuus se SuperSportLet’s Play-sportstervan die maand virsy puik prestasiesin atletiek gekies.Armand is ’naktiewe sportseun wat, sover hy kan, aanalle sportsoorte deelneem.In 2013 het Armand aan spiesgooi, diskus-

gooi en gewigstoot deelgeneem. In 2014 hethy sy sportdeelname na spiesgooi, diskus-gooi, verspring, hoogspring, 100 m, 200 m engewigstoot vir o.13-seuns uitgebrei.Armand blyk om ’n natuurlike talent vir

atletiek te hê. In 2013 het hy ’n eerste plek inspiesgooi, diskusgooi en gewigstoot behaal.Op die Dr. CF Visser-kleurebyeenkoms in

2014 het Armand die volgende prestasiesbehaal: spiesgooi – eerste plek: 24,67 m(rekord); diskusgooi – eerste plek: 23,18 m;gewigstoot – eerste plek: 8,22 m; 100 m –eerste plek: 13.73 s; 200 m – eerste plek: 30.91;hoogspring – eerste plek: 1,43 m; verspring –eerste plek: 4,15 m.Op die Sone C-atletiekbyeenkoms het hy ’n

vierde plek in gewigstoot met ’n afstand van8,27 m behaal. Op die Motheo Xariep-atletiek-byeenkoms (Vrystaat-stadion) het Armand ’nvyfde plek uit 20 deelnemers vir gewigstootbehaal.Armand se leuse is Geniet jou sport ten

volle – gee jou beste en vertrou God vir dieres.

Stuur jou benoemings vandag (benoemingsontvang voor die 20ste van die maand sal by’n spesifieke maand se benoemings ingesluitword. Benoemings wat ná die 20ste ontvangword, sal na die volgende maand oorgedraword). Die SuperSport’s Let’s Play-sportstervan die maand-wenners sal van Februarie totNovember gekies word. Jy kan jou benoe-ming e-pos na [email protected] of faksna 086-552-4922. Kontak Lynne Landman ofJuanré Viviers van Z PR by 051-522-9574.

Armand Immelman is die sportster van diemaand.

AtletiekArmandse kos

Die afrigter van die Vrystaatse vrouehokkiespan, Tarrin Ramsden, meen die kaptein­skap vanMinjon van Tonder, hul geduld in die twee uitspeelwedstryde en die vermoëom die bal in die doelsirkel te kry is van die aspekte wat die span se veroweringvan die o.21­titel in die provinsiale toernooi besorg het. Van die spelers van die wen­span is van links Inke Wolmarans, Shevaun Botha, Tanyz Britz, Minjon van Tonder,Nicole Walraven en Jacqui Ras.