Upload
others
View
10
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
INHOUDSOPGAWE
1. WIE IS DIE SOS?
2. DOEL VAN DIE VERSLAG
3. OORSIG VAN NASIONALE UITSLAE 2017
4. VERGELYKING TUSSEN PROVINSIES
5. AFRIKAANSE SKOLE
6. WISKUNDE-UITSLAE
7. AFRIKAANS HUISTAAL-UITSLAE
8. ANDER KERNVAKKE SE UITSLAE
9. PRESTERENDE SKOLE
10. GEVOLGTREKKING EN AANBEVELINGS
BRONNE
NSC Examinations 2017: Examination Report
NSC Examinations 2017: School Performance Report
NSC Examinations 2017: Subject Report
Neem asseblief kennis dat alhoewel die grootste sorg geneem is om die akkuraatheid
van die uitslae te verseker, mag tegniese foute ingesluip het.
TABELLE Tabel 1: Vergelyking tussen nasionale slaagpersentasies vanaf 2008 tot 2017. Tabel 2: Toelating tot verdere studie vanaf 2008 tot 2017. Tabel 3: Slaagsyfers en toelating tot verdere studie van provinsies. Tabel 4: Vergelyking tussen die nasionale slaagpersentasie en dié van Afrikaanse skole. Tabel 5: Vergelyking tussen die nasionale en Afrikaanse skole se B-graadtoelating. Tabel 6: Getal kandidate wat Wiskunde vanaf 2012 tot 2017 neem. Tabel 7: Vergelyking tussen Wiskunde- en Wiskundige Geletterdheid-prestasies. Tabel 8: Vergelyking tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid se
simboolverspreiding. Tabel 9: Nasionale Wiskunde-getalle, -slaagsyfers, -slaagintervalle en -onderskeidings. Tabel 10: Verspreiding van prestasie in Wiskunde. Tabel 11: Vergelyking van Wiskunde-onderskeidings Nasionale en in Afrikaanse skole. Tabel 12: Vergelyking van provinsiale Wiskunde-uitslae. Tabel 13: Suid-Afrika se huistaal-slaagsyfers oor die tydperk van vier jaar. Tabel 14: Vergelyking tussen die Top 5-Huistale Tabel 15: Vergelyking van provinsies se onderskeidings in Afrikaans Huistaal. Tabel 16: Kernvakke 2015-2017. Tabel 17: Top 20-vakke met die meeste onderskeidings Tabel 18: Skole met die meeste onderskeidings. Tabel 19: Skole met die beste prestasie in Wiskunde. Tabel 20: Skole met die beste prestasie in Afrikaans Huistaal. Tabel 21: Skole met die meeste onderskeidings in Rekeningkunde. Tabel 22: Skole met die meeste onderskeidings in Fisiese Wetenskappe. Tabel 23: Skole met die meeste onderskeidings in Lewenswetenskappe. Tabel 24: Top 20-Skole in kernvakke.
GRAFIEKE
Grafiek 1: Vergelyking tussen nasionale slaagpersentasies vanaf 2008 tot 2017.
Grafiek 2: Toelating tot verdere studie vanaf 2008 tot 2017.
Grafiek 3: Nasionale Wiskunde-slaagsyfer vanaf 2012 tot 2017.
Grafiek 4: Verspreiding van prestasie in Wiskunde.
Grafiek 5: Vergelyking van provinsiale Wiskunde-uitslae.
Grafiek 6: Verspreiding van provinsies se Wiskunde-prestasie.
Grafiek 7: Die vergelyking van die persentasie leerders wat Huistale geslaag het.
Grafiek 8: Persentasie onderskeidings deur Top 5-huistale behaal.
Grafiek 9: Gemiddelde getal onderskeidings per skool.
Grafiek 10: Slaagpersentasie van kernvakke.
1. WIE IS DIE SOS?
Die Solidariteit Helpende Hand Skoleondersteuningsentrum (SOS) bestaan sedert 2014. Die
visie van die SOS is om Afrikaanse skole wat wêreldgehalte onderrig bied, te ondersteun om dit
steeds in die toekoms vol te hou. Armoede raak alle mense in die samelewing en kinders word
juis die meeste daardeur geraak. Helpende Hand is van mening dat armoede verbreek kan word
deur kwaliteitopleiding en onderwys. Aangesien Helpende Hand se fokus die voorkoming,
verligting en verbreking van armoede is, is die SOS betrokke by opleiding van onderwysers en
leerders.
Die SOS-span bestaan uit elf kundiges met ’n wye onderwys-agtergrond. Die SOS spesialiseer in
die professionele ontwikkeling van onderwysers omdat ons glo, soos wat navorsing bewys, dat
die kennis van die onderwyser een van dié belangrikste faktore in leerderprestasie is. Tans fokus
die SOS-opleiding op Wiskunde, Afrikaans Huistaal, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe,
Lewenswetenskappe asook die Grondslagfase. Tydens landswye opleidingsessies val die klem
van seminare ook op leierskap, dissipline, professionaliteit asook onderwysers se
rekenaarvaardighede en aanwending van tegnologie ter bevordering van leer in die klaskamer.
Die SOS betree ook binnekort die terreine van Tegniese Wiskunde en Geografie.
2. DOEL VAN DIE VERSLAG
• Om opsommende statistiek van die 2017 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae
van openbare skole in Suid-Afrika aan skole en die publiek beskikbaar te stel.
• Om ’n fynere ontleding van die resultate te doen ten einde tendense en probleemareas te
identifiseer.
• Om aanbevelings vir die Departement van Basiese Onderwys en enige opvoedkundige
instansie te maak wat tot verbetering van matriekuitslae asook motivering van skole kan
lei.
• Om die prestasies van Afrikaanse skole uit te lig en die top presterende skole aan te wys.
Vir die doeleindes van hierdie verslag is die fokus hoofsaaklik op Afrikaanse skole asook die
vakgebiede Wiskunde, Afrikaans Huistaal, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en
Lewenswetenskappe.
3 OORSIG VAN NASIONALE UITSLAE 2017
3.1 Opmerkbare tendense in die nasionale slaagpersentasie sedert 2008.
Tabel 1: Vergelyking tussen nasionale slaagpersentasies vanaf 2008 tot 2017.
Slaag Druip
Jaar Kandidate
geskryf
Getal
kandidate Persentasie
Getal
kandidate Persentasie
2008 533 561 334 744 62.7 199 817 37.3
2009 552 073 334 718 60.6 217 355 39.4
2010 537 543 364 513 67.8 171 471 32.2
2011 496 090 348 114 70.2 147 976 29.8
2012 511 152 377 829 73.9 133 323 36.1
2013 562 112 439 779 78.2 122 333 21.8
2014 532 860 403 874 75.8 128 986 24.2
2015 644 536 455 825 70.7 188 711 29.3
2016 610 178 442 672 72.5 167 506 27.5
2017 534 484 401 435 75.1 133 049 24.9
Grafiek 1: Vergelyking tussen nasionale slaagpersentasies vanaf 2008 tot 2017.
Geen Departement van Basiese Onderwys mag tevrede wees met bykans ’n kwart van sy
matrikulante wat druip nie. Daar is steeds te veel leerders wat tot in Graad 12 vorder, maar
duidelik nie gereed is vir die akademiese uitdagings van matriek en ‘n eksterne eksamen nie.
2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017
Druip 199817 217355 171471 147976 133323 122333 128986 188711 167506 133049
Slaag 334744 334718 364513 348114 377829 439779 403874 455825 442672 401435
0
100000
200000
300000
400000
500000
600000
700000
Get
al le
erd
ers
SENIOR SERTIFIKAAT EKSAMEN-UITSLAE VANAF 2008 TOT 2017
Dit is kommerwekkend dat van die 629 155, wat aanvanklik vir die NSS-eksamen geregistreer
het, slegs 534 484 voltyds die NSS-eksamen geskryf het. Die vraag moet gevra word: Wat het
van hierdie groot getal kandidate, wat nie geskryf het nie, binne slegs een jaar geword? Voorts
was daar 1 155 629 leerders in 2006 in Graad 1. Van die oorspronklike Graad 1-klas het 45.1%
voltyds eksamen geskryf en slegs 34,7% geslaag.
Indien ’n mens in ag neem dat alle kandidate, wat nie as Afrikaans - of Engels Huistaal-kandidate
geregistreer is nie, steeds 3% bykomend tot elke eksamenvak (buiten tale) ontvang, asook die
feit dat 16 skoolvakke se punte volgens Umalusi, opwaarts aangepas is, lyk die werklike syfers
in der waarheid slegter. Die 3% “hulp” aan kandidate sou aanvanklik uitfaseer, maar is nou weer
deur Umalusi tot 2022 ingestel.
3.2 Toelating tot verdere studie 2008 – 2017:
Tabel 2: Toelating tot verdere studie vanaf 2008 tot 2017. B-graad Diploma Hoër sertifikaat
Jaar Kandidate
Geskryf
Getal
kandidate %
Getal
kandidate %
Getal
kandidate %
2008 533 561 107 274 20.1 124 258 23.3 102 032 19.1
2009 552 073 109 697 19.9 131 035 23.8 93 356 17.0
2010 537 543 126 371 23.5 146 224 27.2 91 241 17.1
2011 496 090 120 767 24.3 141 584 28.5 85 296 17.2
2012 511 152 136 047 26.6 152 881 29.9 88 604 17.3
2013 562 112 171 755 30.6 173 292 30.8 94 556 16.8
2014 532 860 150 752 28.3 166 689 31.3 86 022 16.1
2015 644 536 166 263 25.8 183 720 28.5 105 770 16.4
2016 610 178 162 374 26.6 179 619 29.4 100 486 16.5
2017 534 484 153 610 28.7 161 333 30.2 86 265 16.1
Grafiek 2: Toelating tot verdere studie vanaf 2008 tot 2017.
In 2017 was daar 153 610 leerders wat toelating tot B-graadstudies in Suid-Afrika behaal het.
Hierdie syfer het sedert 2008 met 46 336 gestyg – ’n 43,2% styging. Die SOS is van mening dat
die minimumvereiste vir ’n B-graad verhoog moet word. By die vyf tradisionele Afrikaanse
universiteite was daar in 2015 byvoorbeeld slegs plek vir 26.6% van alle studente wat daar
aansoek gedoen het. Boonop voltooi slegs ongeveer 20% studente hul tersiêre studies – ’n baie
sterk aanduiding dat die standaard vir toelating tot tersiêre studies te laag is.
0%
5%
10%
15%
20%
25%
30%
35%
2008 2009 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017
Per
sen
tasi
eTOELATING TOT VERDERE STUDIE VANAF 2008 tot 2017
B-graad Diploma Hoër sertifikaat
4. VERGELYKING TUSSEN PROVINSIES
4.1 Slaagsyfers en toelating tot verdere studie van provinsies.
Tabel 3: Slaagsyfers en toelating tot verdere studie van provinsies.
Provinsie Getal
geskryf
Slaag B-Graad Diploma Hoër
Sertifikaat
% % % %
Oos-Kaap 67 648 64.5 22.7 26.5 15.8
Vrystaat 25 130 86.1 35.1 36.1 14.8
Gauteng 97 284 85.1 36.0 35.4 13.7
KwaZulu-Natal 124 317 72.9 28.7 29.3 14.8
Limpopo 83 228 65.6 21.4 24.0 20.2
Mpumalanga 48 483 74.8 23.4 32.2 19.2
Noordwes 30 792 79.4 26.9 32.4 20.2
Noord-Kaap 8 735 75.6 25.2 32.2 18.2
Wes-Kaap 48 867 82.8 39.1 30.8 12.9
Nasionaal 534 484 75.1 28.7 30.2 16.1
Die drie provinsies (Vrystaat, Wes-Kaap en Gauteng) met die hoogste slaagsyfer lewer ook die
hoogste persentasie leerders vir B-graadstudie. Die Oos-Kaap en Limpopo lewer die kleinste
persentasie kandidate vir toelating tot B-graadstudie. Hierdie provinsies het ook die laagste
slaagsyfers. Die hoër slaagsyfer van die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal provinsies is
verblydend, maar toon steeds groot agterstande.
Sterk leierskap en ’n nasionale strategie word benodig ten einde onderpresterende provinsies
op dieselfde vlak as die ander provinsies te bring. Die houvas van vakbonde op die leierskap en
die vestiging van onderwysstandaarde in die onderpresterende provinsies mag nie geringskat
word nie.
5. AFRIKAANSE SKOLE
5.1 Definisies van Afrikaanse skole soos gebruik in die verslag.
Vir die doeleindes van hierdie verslag word alle skole wat Afrikaans Huistaal as skoolvak
aanbied, as Afrikaanse skole beskou. Dit sluit dus alle Afrikaans enkelmedium-, parallelmedium-
en dubbelmedium-skole in.
5.2 Vergelyk Afrikaanse skole se slaagpersentasie met dié nasionale slaagpersentasie.
Tabel 4: Vergelyking tussen die nasionale slaagpersentasie en dié van Afrikaanse skole.
2017
Slaag-
persentasie Getal skole
Getal
geskryf
Gemiddelde getal
kandidate per skool
Nasionaal 75.1 6 805 534 484 79
Afrikaanse skole 86.0 684 68 389 100
Bostaande statistiek bewys dat Afrikaanse skole uitstekend presteer en steeds vir Afrikaanse
leerders ’n suksesvolle opvoedkundige tuiste skep. In Afrikaanse skole word die suksesvolle
afhandeling van ’n skoolloopbaan bykans gewaarborg en staan ’n leerders ’n 11% beter kans om
matriek te slaag .
5.3 Vergelyk B-graadtoelating van Afrikaanse skole se uitslae met die nasionale uitslae.
Tabel 5: Vergelyking tussen die nasionale en Afrikaanse skole se B-graadtoelating.
2017
Getal
geskryf
Getal kandidate
B-graadtoelating
%
B-graadtoelating
Nasionaal 534 484 153 610 27.8
Afrikaanse skole 68 389 28 970 42.4
Alhoewel Afrikaanse hoërskole slegs 10.1% van alle hoërskole in Suid-Afrika uitmaak, behaal
hulle 18.9% van die toelating tot B-graadstudies. Afrikaanse skole is dus 52.5% meer suksesvol
om deure tot B-graadstudies vir leerders te open as ander skole in die land.
6. WISKUNDE-UITSLAE
6.1 Getal kandidate wat Wiskunde neem.
Tabel 6: Getal kandidate wat Wiskunde vanaf 2012 tot 2017 neem.
Jaar
Getal
kandidate
geskryf
Getal wat
Wiskunde
neem
% Geslaag % Onder-
skeidings %
2012 511 152 225 874 44.2 121 970 54.0 6 591 2.9
2013 562 112 241 509 43.0 142 666 59.1 8 217 3.4
2014 532 860 225 458 42.3 120 523 53.5 7 216 3.2
2015 644 536 263 903 40.9 129 481 49.1 7 791 3.0
2016 610 178 265 810 43.6 135 958 51.1 8 070 3.0
2017 534 484 245 103 45.9 127 197 51.9 6 726 2.7
Die persentasie kandidate wat Wiskunde neem, het met 2,3% toegeneem vanaf 2016, maar die
persentasie kandidate wat geslaag en onderskeidings verwerf het, het nie teen dieselfde tempo
gegroei nie. Die nasionale visie om meer Wiskunde-leerders van gehalte te lewer, is dus nie
suksesvol nie. Opmerklik is die persentasie onderskeidings vanjaar van slegs 2,7% die laagste
sedert 2012.
Grafiek 3: Nasionale Wiskunde-slaagsyfer vanaf 2012 tot 2017.
Die afgelope 3 jaar toon ’n groei in die persentasie kandidate wat Wiskunde neem. Die lae
slaagsyfer in Wiskunde is steeds kommerwekkend. Meer moet gedoen word om te verseker dat
leerders wat Wiskunde neem, wel oor die nodige kennis beskik en die vermoë ontwikkel om
Wiskunde te slaag. Die toenemende groei (%) van leerders wat Wiskunde neem, verhoog die
aanvraag na gekwalifiseerde Wiskunde-onderwysers.
54
.0%
59
.1%
53
.5%
49
.1%
51
.1%
51
.9%
0%
10%
20%
30%
40%
50%
60%
70%
2012 2013 2014 2015 2016 2017
Per
sen
tasi
e
PERSENTASIE KANDIDATE WAT WISKUNDE GESLAAG HET
Tabel 7: Vergelyking tussen Wiskunde- en Wiskundige Geletterdheid-prestasies.
2017 Getal
geskryf %
Getal
geslaag %
Getal
onderskeidings %
Wiskunde 245 103 45,9% 127 197 51,9% 6 726 2,7%
Wiskundige
Geletterdheid 313 030 58,6% 231 230 73,9% 1 882 0,6%
Tabel 8: Vergelyking tussen Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid se simboolverspreiding.
2017 Getal
geskryf [0;30) [30;40) [40;80) [80;100]
Wiskunde 245 103 117 906 41 099 79 372 6 726
Wiskundige
Geletterdheid 313 030 81 800 90 239 139 109 1 882
Wanneer bykans 200 000 leerders (37% van al die kandidate) nie Wiskunde of Wiskundige
Geletterdheid slaag nie, skets dit ’n baie donker prentjie van ons bevolking se syfervaardigheid
en dit bevestig Suid-Afrika se swak prestasie in die mees onlangse TIMSS-toetse.
6.2 Algehele Wiskunde-prentjie.
Tabel 9: Nasionale Wiskunde-getalle, -slaagsyfers, -slaagintervalle en -onderskeidings.
2012 2013 2014 2015 2016 2017
Getal kandidate 511 152 562 112 532 860 644 536 610 178 534 484
Getal kandidate wat Wiskunde geskryf het
225 874 241 509 225 458 263 903 265 810 245 103
Persentasie kandidate wat Wiskunde geneem het
44.2 43.0 42.3 40.9 43.6 45.9
Getal kandidate minder as 30%
103 904 98 843 104 935 134 422 129 852 117 906
Getal kandidate meer as 30% 121 970 142 666 120 523 129 481 135 958 127 197
Getal kandidate meer as 40% 80 716 97 790 79 050 84 297 89 084 86 098
Getal onderskeidings vir Wiskunde
6 591 8 217 7 216 7 791 8 070 6 726
Kandidate meer as 30% 54.0 % 59.1 % 53.5 % 49.1 % 51.1 % 51.9 %
Kandidate meer as 40% 35.7 % 40.5 % 35.1 % 31.9 % 33.5 % 35.1 %
Onderskeidings in Wiskunde 2.9 % 3.4 % 3.2 % 3.0 % 3.0 % 2.7 %
Tabel 10: Verspreiding van prestasie in Wiskunde.
Prestasie 2012 2013 2014 2015 2016 2017
[0; 30) 46.0% 40.9% 46.5% 50.9% 48.9% 48.1%
[30; 40) 18.3% 18.6% 18.4% 17.2% 17.6% 16.8%
[40; 80) 32.8% 37.1% 31.9% 28.9% 30.5% 32.4%
[80; 100] 2.9% 3.4% 3.2% 3.0% 3.0% 2.7%
Grafiek 4: Verspreiding van prestasie in Wiskunde.
Dit bly skokkend dat 64.9% van alle kandidate wat Wiskunde neem, minder as 40% vir die vak
behaal. Slegs 1 uit elke 80 kandidate wat matriek skryf, slaag Wiskunde met ’n onderskeiding.
Nog meer kommerwekkend is dat slegs 7.3% van die graad 1-klas (1 155 629 leerders) van 2006
(matriekklas van 2017) bo 40% in Wiskunde kon behaal. Dit is ’n aanklag teen die
onderwysstelsel. Ongeveer 3 leerders uit ’n gemiddelde klas van 35 leerders wat in 2006 in
graad 1 was, het dus ’n kans gehad om 40% in Wiskunde in 2017 se NSS-eksamen te behaal.
6.3 Vergelyk Afrikaanse skole se onderskeidings in Wiskunde met die Nasionale getal
Wiskunde-onderskeidings.
Tabel 11: Vergelyking van Wiskunde-onderskeidings Nasionale en in Afrikaanse skole.
NASIONAAL AFRIKAANSE SKOLE
Jaar Getal
skole
Getal
onderskeidings
Onderskeiding
per skool
Getal
skole
Getal
onderskeidings
Onderskeiding
per skool
2016 6 814 8 070 1.2 721 2 576 3.6
2017 6 805 6 726 1.0 684 1 991 2.9
0.00%
10.00%
20.00%
30.00%
40.00%
50.00%
60.00%
[0;30) [30;40) [40;80) [80;100]
VERSPREIDNG VAN 2017 SE WISKUNDE-UITSLAE
Die groep van 684 Afrikaanse skole verteenwoordig slegs 10.1% van al die skole wat Wiskunde
tydens 2017 se Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geskryf het. Hierdie skole het 29.6% van
al die Wiskunde-onderskeidings ingepalm. Die gehalte van Wiskunde-onderrig by Afrikaanse
skole bly jaar na jaar uitstekend. Afrikaanse skole kry in verhouding bykans drie keer meer
Wiskunde-onderskeidings as die ander skole in die land. Indien alle skole in die land se
Wiskunde-standaard so hoog soos dié van Afrikaanse skole was, sou daar ongeveer 19 800
onderskeidings gewees het – ’n resultaat waaroor die Departement van Basiese Onderwys
(DBO) baie verheug sou wees.
Sukses in die Wiskunde-klaskamer hang baie van die kennis van die onderwyser af. In ’n 2016-
studie het die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) vasgestel dat
matriekonderwysers 97,2% vir die Voorbereidende Eksamen (Wiskunde) behaal het – bykans
foutlose Wiskunde-kennis. Dit verklaar waarom Afrikaanse skole so goed doen – hulle
onderwysers se vakkennis is so goed.
6.4 Vergelyking van provinsiale Wiskunde-uitslae.
Tabel 12: Vergelyking van provinsiale Wiskunde-uitslae.
Provinsie
Getal
kandidate
geskryf
Getal wat
30% en meer
behaal
Persentasie
wat 30% en
meer behaal
Getal wat
40% en meer
behaal
Persentasie
wat 40% en
meer behaal
Oos-Kaap 35 994 15 221 42.3 9 541 26.5
Vrystaat 10 134 7 156 70.6 4 993 49.3
Gauteng 36 937 25 022 67.7 18 320 49.6
KwaZulu-Natal 68 463 28 472 41.6 18 667 27.3
Limpopo 40 723 20 382 50.1 13 051 32.0
Mpumalanga 24 327 11 618 47.8 7 538 31.0
Noordwes 10 232 6 266 61.2 4 097 40.0
Noord-Kaap 2 796 1 604 87.4 1 058 37.8
Wes-Kaap 15 497 11 456 73.9 8 833 57.0
Nasionaal 245 103 127 197 51.9 86 098 35.1
Grafiek 6: Verspreiding van provinsies se Wiskunde-prestasie.
Drie provinsies (KwaZulu-Natal, Limpopo en Oos-Kaap) verteenwoordig 59.2% van alle
kandidate wat Wiskunde neem, maar lewer 68,9% van alle kandidate wat Wiskunde druip. Die
Wes-Kaap verteenwoordig 6,3% van alle Wiskunde-kandidate, maar slegs 3,2% van hulle
leerders druip en hulle lewer 10,3% van nasionale getal leerders wat bo 40% kry. Dit bewys dat
beter Wiskunde-prestasies wel moontlik is.
Navorsing dui aan dat die kennis van Wiskunde-onderwysers dié belangrikste faktor in die
prestasie van leerders is. Uit bostaande grafiek kan afgelei word dat stadskole meer aan
interaktiewe professionele ontwikkeling blootgestel word. Die onus lê by die DBO om
daadwerklik strukture in plek te stel om die probleem aan te spreek. Grondslagfase-
studentonderwysers geniet tans voorkeur met Funza Lushaka-beurse, indien hul op die
platteland sal gaan skool hou. Hierdie beginsel behoort uitgebou te word na vakke soos
Wiskunde.
-
5,000
10,000
15,000
20,000
25,000
30,000
35,000
40,000
45,000
50,000
55,000
60,000
65,000
70,000
VERSPREIDING VAN WISKUNDE-PRESTASIE
[0;30) [30-40) [40;100]
7. AFRIKAANS HUISTAAL-UITSLAE
7.1 Suid-Afrika se huistaal-slaagsyfers oor die tydperk van vier jaar.
Tabel 13: Suid-Afrika se huistaal-slaagsyfers oor die tydperk van vier jaar.
Huistaal
2014 2015 2016 2017
Getal
geskryf
%
geslaag
Getal
geskryf
%
geslaag
Getal
geskryf
%
geslaag
Getal
geskryf
%
geslaag
Afrikaans 48 885 96.9 53 799 97.3 50 019 96.6 46 847 94.5
Engels 105 480 95.1 111 785 93.8 107 967 94.1 105 705 93.1
IsiNdebele 3 363 99.9 4 869 99.8 5 649 99.8 5 240 99.6
IsiXhosa 74 925 99.8 95 694 99.6 97 164 99.8 87 934 99.8
IsiZulu 138 004 99.4 166 403 99.4 165 572 98.8 151 559 98.9
Sepedi 58 042 99.3 79 021 99.4 83 570 98.9 76 786 98.6
Sesotho 27 794 99.5 36 555 99.4 32 198 99.4 30 776 99.4
Setswana 35 939 99.8 47 206 99.6 48 730 99.7 46 169 99.7
Siswati 15 545 99.6 18 589 99.4 19 649 99.2 18 123 99.2
Tshivenda 13 952 100 20 301 99.9 22 049 99.9 18 733 99.8
Xitsonga 19 577 99.5 24 473 99.5 26 681 99.5 25 937 99.0
Grafiek 7: Die vergelyking van die persentasie leerders wat Huistale geslaag het.
Bostaande tabel dui daarop dat die moeilikheidsgraad van Afrikaans - en Engels Huistaal-
vraestelle op ’n hoër vlak is. Die twee vakke se slaagsyfers verskil met 5.5% en meer van die
ander Huistale.
94
.5
93
.1
99
.6
99
.8
98
.9
98
.6
99
.4
99
.7
99
.2
99
.8
99
50
55
60
65
70
75
80
85
90
95
100
PER
SEN
TASI
E
SUID-AFRIKA SE HUISTALE
7.2 Vergelyking tussen die Top 5-Huistale (Huistale met die meeste kandidate).
Tabel 14: Vergelyking tussen die Top 5-Huistale
Huistaal 2017
Getal geskryf %
geslaag Getal
onderskeidings %
onderskeidings
Afrikaans 46 847 94.5 2 838 6.1
Engels 105 705 93.1 3 065 2.9
IsiXhosa 87 934 99.8 3 773 4.3
IsiZulu 151 559 98.9 2 525 1.7
Sepedi 76 786 98.6 1 401 1.8
Grafiek 8: Persentasie onderskeidings deur Top 5-huistale behaal.
Leerders se prestasie tydens die 2017 matriekeindeksamen bevestig dat Afrikaans die kroon dra
as hoogspresterende taal in die land. Afrikaans Huistaal behaal die hoogste gemiddelde
persentasie onderskeidings per getal leerders.
36%
17%
26%
10%
11%
PERSENTASIE ONDERSKEIDINGS VAN TOP 5-HUISTALE
Afrikaans
Engels
IsiXhosa
IsiZulu
Sepedi
7.3 Vergelyking van provinsies se onderskeidings in Afrikaans Huistaal.
Tabel 15: Vergelyking van provinsies se onderskeidings in Afrikaans Huistaal.
Provinsie Getal Skole Getal onderskeidings
Gemiddelde getal
onderskeidings per
skool
Gauteng 105 1 030 9,8
Limpopo 15 66 4,4
Mpumalanga 32 95 3,0
KwaZulu-Natal 25 35 1,4
Noord-Kaap 89 40 0,4
Noordwes 37 183 4,9
Oos-Kaap 76 80 1,1
Vrystaat 72 148 2,1
Wes-Kaap 243 1 164 4,8
Nasionaal 694 2841 3,5
Grafiek 9: Gemiddelde getal onderskeidings per skool.
Gauteng en die Wes-Kaap lewer tans die meeste onderskeidings in die land. Die sukses kan
toegeskryf word aan goedopgeleide onderwysers, aktiewe vakadviseurs en ’n groter getal
stadskole waar interaktiewe opleiding plaasvind. Enkele streke en provinsies beskik nie oor
Afrikaans Huistaal-vakadviseurs nie en die mindere onderskeidings in daardie streke kan
daaraan toegeskryf word. Die DBO moet hieraan aandag gee.
0
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
Gemiddelde getal onderskeidings per skool
8. ANDER KERNVAKKE
Tabel 16: Kernvakke 2015-2017.
Rekening-
kunde
Lewens-
wetenskappe
Fisiese
Wetenskappe
Wiskundige
Geletterdheid
20
15
Getal geskryf 140 474 348 076 193 189 388 845
Getal geslaag 83 747 245 164 113 121 277 594
Getal onderskeidings 5 820 9 325 5 903 6 130
Geslaag (%) 59.6 70.4 58.6 71.4
Onderskeidings (%) 4.1 2.7 3.1 1.6
20
16
Getal geskryf 128 853 347 662 192 618 361 865
Getal geslaag 89 507 245 070 119 427 257 881
Getal onderskeidings 6 576 9 203 7 043 4 364
Geslaag (%) 69.5 70.5 62.0 71.3
Onderskeidings (%) 5.1 2.6 3.7 1.2
20
17
Getal geskryf 103 427 318 474 179 561 313 030
Getal geslaag 68 318 236 809 116 862 231 230
Getal onderskeidings 5 040 10 102 7 861 1 882
Geslaag (%) 66.1 74.4 65.1 73.9
Onderskeidings (%) 4.9 3.2 4.4 0.6
Grafiek 10: Slaagpersentasie van kernvakke.
50.0%
55.0%
60.0%
65.0%
70.0%
75.0%
80.0%
Rekeningkunde Lewens-wetenskappe
FisieseWetenskappe
WiskundigeGeletterdheid
Slaa
gper
sen
tasi
e
SLAAGPERSENTASIE VAN KERNVAKKE
2015
2016
2017
Tabel 17: Top 20-vakke met die meeste onderskeidings
Vak Getal
onderskeidings Getal
kandidate %
Onderskeidings
1 Lewensoriëntering 56 482 620 626 9,1%
2 Lewenswetenskappe 10 102 318 474 3,2%
3 Engels Eerste Addisionele Taal 8 829 503 151 1,8%
4 Fisiese Wetenskappe 7 861 179 561 4,4%
5 IsiZulu Eerste Addisionele Taal 7 621 15 871 48,0%
6 Wiskunde 6 726 245 103 2,7%
7 Geskiedenis 6 696 147 668 4,5%
8 Afrikaans Eerste Addisionele Taal 6 406 82 071 7,8%
9 Rekeningkunde 5 040 103 427 4,9%
10 IsiXhosa Huistaal 3 773 87 934 4,3%
11 Toerisme 3 717 131 644 2,8%
12 Geografie 3 608 276 771 1,3%
13 Engels Huistaal 3 065 105 705 2,9%
14 Afrikaans Huistaal 2 838 46 847 6,1%
15 IsiZulu Huistaal 2 525 151 559 1,7%
16 Besigheidstudies 2 343 204 849 1,1%
17 Wiskundige Geletterdheid 1 882 313 030 0,6%
18 Ekonomie 1 683 128 796 1,3%
19 Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) 1 537 36 460 4,2%
20 Ingenieursgrafika en ontwerp (IGO) 1 479 29 226 5,1%
9. PRESTERENDE SKOLE
Vir die doeleindes van hierdie verslag het ons vanjaar twee Top 20 tabelle opgestel:
• A-lys: Skole met die meeste onderskeidings per vak (groter skole word hier bevoordeel).
• B-lys: Skole met die hoogste persentasie onderskeidings van leerders wat die vak geneem het.
Die persentasie van die skool se matrikulante (volle matriekklas) wat onderskeidings behaal het, is ook aangedui – hoe hoër hierdie persentasie
hoe beter was die prestasie.
9.1 Skole met die meeste onderskeidings.
Tabel 18: Skole met die meeste onderskeidings.
A-lys: 12 Afrikaanse skole en 10 enkelgeslagskole (7 meisieskole)
B-lys: 12 Afrikaanse skole en 12 enkelgeslagskole (8 meisieskole)
Nr. Provinsie Skool Getal
(80-100%)Nr. Provinsie Skool
Getal
kandidate
Getal
(80-100%)
Onder-
skeidings
per
kandidaat
1 Gauteng Hoërskool Menlopark 718 1 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 171 631 3,7
2 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 682 2 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 187 682 3,6
3 Gauteng Hoërskool Waterkloof 675 3 Wes-Kaap Westerford High School 178 617 3,5
4 Gauteng Hoërskool Garsfontein 669 4 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 150 516 3,4
5 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 631 5 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 135 461 3,4
6 Wes-Kaap Westerford High School 617 6 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 147 468 3,2
7 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 605 7 Gauteng Hoërskool Menlopark 266 718 2,7
8 Wes-Kaap Hoërskool Outeniqua 590 8 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 236 605 2,6
9 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 575 9 Vrystaat Eunice High School 165 419 2,5
10 Gauteng Hoërskool Noordheuwel 558 10 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 220 541 2,5
11 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 541 11 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 244 575 2,4
12 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 529 12 KwaZulu-Natal Pietermaritzburg Girls High School 225 514 2,3
13 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 516 13 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 236 529 2,2
14 KwaZulu-Natal Pietermaritzburg Girls High School 514 14 Gauteng Hoërskool Garsfontein 321 669 2,1
15 KwaZulu-Natal Maritzburg College 478 15 Gauteng Hoërskool Waterkloof 339 675 2,0
16 Wes-Kaap Fairmont High School 472 16 Gauteng Hoërskool Noordheuwel 285 558 2,0
17 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 468 17 Wes-Kaap Fairmont High School 243 472 1,9
18 Limpopo Mbilwi Secondary 467 18 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 222 426 1,9
19 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 461 19 KwaZulu-Natal Maritzburg College 257 478 1,9
20 Wes-Kaap Hoërskool Stellenberg 461 20 Wes-Kaap Hoërskool Outeniqua 338 590 1,7
Top 20-Skole met die meeste onderskeidings Top 20-Skole met die meeste onderskeidings per kandidaat
9.2 Skole met die beste prestasie in Wiskunde.
Tabel 19: Skole met die beste prestasie in Wiskunde.
A-lys: 10 Afrikaanse skole en 14 enkelgeslagskole (7 seunskole)
B-lys: 11 Afrikaanse skole en 13 enkelgeslagskole (7 meisieskole)
Nr. Provinsie Skool Getal
(80-100%)Nr. Provinsie Skool
Getal
kandidate
Getal
(80-100%)%
1 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 68 1 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 128 68 53,1
2 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 67 2 Wes-Kaap Rondebosch Boys' High School 140 64 45,7
3 Wes-Kaap Rondebosch Boys' High School 64 3 Wes-Kaap Springfield Convent Of The Holy Rosary 63 27 42,9
4 Wes-Kaap Westerford High School 62 4 Wes-Kaap Westerford High School 151 62 41,1
5 Gauteng Pretoria Boys High School 55 5 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 99 39 39,4
6 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 50 6 Wes-Kaap Herschel Girls School 85 33 38,8
7 Gauteng Hoërskool Menlopark 46 7 Oos-Kaap Clarendon High School for Girls 94 34 36,2
8 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 45 8 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 112 39 34,8
9 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 42 9 Gauteng Hoerskool Overkruin 90 30 33,3
10 Wes-Kaap Hoërskool D.F. Malan 41 10 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 206 67 32,5
11 Gauteng Hoërskool Waterkloof 40 11 Wes-Kaap Hoërskool D.F. Malan 128 41 32,0
12 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 39 12 Vrystaat Eunice High School 118 36 30,5
13 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 39 13 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 119 36 30,3
14 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 38 14 Wes-Kaap South African College High School 129 38 29,5
15 Wes-Kaap South African College High School 38 15 Wes-Kaap Hoër Jongenskool Paarl 126 36 28,6
16 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 38 16 Wes-Kaap Hoërskool Gimnasium Paarl 105 30 28,6
17 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 36 17 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 177 50 28,2
18 Vrystaat Eunice High School 36 18 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 139 38 27,3
19 Wes-Kaap Hoër Jongenskool Paarl 36 19 Gauteng Lenasia Muslim School 83 22 26,5
20 Oos-Kaap Clarendon High School for Girls 34 20 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 170 45 26,5
WISKUNDE
Top 20-Skole met die meeste onderskeidings
WISKUNDE
Top 20-Skole met die hoogste persentasie onderskeidings
9.3 Skole met die beste prestasie in Afrikaans Huistaal.
Tabel 20: Skole met die beste prestasie in Afrikaans Huistaal.
A-lys: 20 Afrikaanse skole en 5 enkelgeslagskole (3 seunskole)
B-lys: 20 Afrikaanse skole en 4 enkelgeslagskole (3 meisieskole)
Nr. Provinsie Skool Getal
(80-100%)Nr. Provinsie Skool
Getal
kandidate
Getal
(80-100%)%
1 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 111 1 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 187 111 59,4
2 Gauteng Hoërskool Menlopark 97 2 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 147 71 48,3
3 Gauteng Hoërskool Waterkloof 79 3 Gauteng Hoërskool Menlopark 266 97 36,5
4 Wes-Kaap Hoërskool Outeniqua 75 4 Wes-Kaap Hoërskool D.F. Malan 182 63 34,6
5 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 71 5 Wes-Kaap Hoërskool Piketberg 64 22 34,4
6 Wes-Kaap Hoërskool D.F. Malan 63 6 Wes-Kaap Hoërskool Langenhoven 86 28 32,6
7 Gauteng Hoërskool Garsfontein 58 7 Gauteng Hoërskool Centurion 187 52 27,8
8 Gauteng Hoërskool Centurion 52 8 Wes-Kaap Hoërskool Jan van Riebeeck 84 23 27,4
9 Wes-Kaap Hoërskool Stellenberg 50 9 Wes-Kaap Hoërskool Montana 88 24 27,3
10 Gauteng Hoërskool Noordheuwel 46 10 Wes-Kaap Hoërskool Durbanville 144 37 25,7
11 Gauteng Hoërskool Eldoraigne 40 11 Noordwes Hoërskool Wesvalia 110 28 25,5
12 Wes-Kaap Hoërskool Bellville 39 12 Wes-Kaap Shalom Akademie 8 2 25,0
13 Gauteng Hoërskool Kempton Park 38 13 Wes-Kaap Pionier-Skool 4 1 25,0
14 Wes-Kaap Hoërskool Durbanville 37 14 Wes-Kaap Hoërskool Stellenbosch 118 29 24,6
15 Wes-Kaap Hoërskool Tygerberg 35 15 Gauteng Hoërskool Linden 116 28 24,1
16 Wes-Kaap Hoërskool Gimnasium Paarl 35 16 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Paarl 93 22 23,7
17 Gauteng Hoërskool Zwartkop 35 17 Gauteng Hoërskool Waterkloof 339 79 23,3
18 Wes-Kaap Strand Hoërskool 34 18 Wes-Kaap Langenhoven Gimnasium 100 23 23,0
19 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 34 19 Wes-Kaap Hoërskool Swellendam 58 13 22,4
20 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 33 20 Wes-Kaap Hoërskool Outeniqua 338 75 22,2
AFRIKAANS HUISTAAL
Top 20-Skole met die meeste onderskeidings
AFRIKAANS HUISTAAL
Top 20-Skole met die hoogste persentasie onderskeidings
9.4 Skole met die meeste onderskeidings in Rekeningkunde.
Tabel 21: Skole met die meeste onderskeidings in Rekeningkunde.
A-lys: 10 Afrikaanse skole en 10 enkelgeslagskole (6 meisieskole)
B-lys: 10 Afrikaanse skole en 12 enkelgeslagskole (7 meisieskole)
Die prestasie van Dendron Secondary en Hoërskool Middelburg as plattelandse skole verdien vermelding.
Nr. Provinsie Skool Getal
(80-100%)Nr. Provinsie Skool
Getal
kandidate
Getal
(80-100%)%
1 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 44 1 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 13 10 76,9
2 Gauteng Pretoria Boys High School 42 2 Wes-Kaap Rondebosch Boys' High School 33 23 69,7
3 Gauteng Lenasia Muslim School 41 3 Wes-Kaap Herschel Girls School 25 16 64,0
4 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 41 4 Gauteng Hoërskool Overkruin 27 16 59,3
5 Gauteng Hoërskool Garsfontein 41 5 Vrystaat Eunice High School 49 29 59,2
6 Gauteng Hoërskool Menlopark 39 6 Wes-Kaap Westerford High School 43 25 58,1
7 KwaZulu-Natal Greenbury School 38 7 Gauteng Parktown High School for Girls 45 25 55,6
8 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 36 8 Oos-Kaap Clarendon High School for Girls 38 21 55,3
9 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 32 9 KwaZulu-Natal Danville Park Girls' High School 35 19 54,3
10 Wes-Kaap Hoër Jongenskool Paarl 30 10 Wes-Kaap South African College High School 42 22 52,4
11 Vrystaat Eunice High School 29 11 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 53 27 50,9
12 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 29 12 Mpumalanga Hoerskool Middelburg 53 27 50,9
13 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 28 13 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 81 41 50,6
14 Limpopo Dendron Secondary 28 14 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 90 44 48,9
15 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 27 15 Wes-Kaap Hoërskool D.F. Malan 43 20 46,5
16 Mpumalanga Hoerskool Middelburg 27 16 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 69 32 46,4
17 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 27 17 Wes-Kaap Hoërskool Durbanville 29 13 44,8
18 Oos-Kaap Pearson High School 26 18 Wes-Kaap Hoër Jongenskool Paarl 67 30 44,8
19 Wes-Kaap Westerford High School 25 19 KwaZulu-Natal Greenbury School 89 38 42,7
20 Gauteng Parktown High School for Girls 25 20 Wes-Kaap Hoërskool Gimnasium Paarl 47 20 42,6
REKENINGKUNDE
Top 20-Skole met die meeste onderskeidings
REKENINGKUNDE
Top 20-Skole met die hoogste persentasie onderskeidings
9.5 Skole met die meeste onderskeidings in Fisiese Wetenskappe.
Tabel 22: Skole met die meeste onderskeidings in Fisiese Wetenskappe.
A-lys: 8 Afrikaanse skole en 10 enkelgeslagskole (7 meisieskole)
B-lys: 12 Afrikaanse skole en 11 enkelgeslagskole (7 meisieskole)
Mbilwi Secondary en Thengwe Secondary is plattelandse skole met ’n sterk fokus op prestasie in Wiskunde en Fisiese Wetenskappe. Hul
uitstekende uitslae bewys dat plattelandse skole kan presteer.
Nr. Provinsie Skool Getal
(80-100%)Nr. Provinsie Skool
Getal
kandidate
Getal
(80-100%)%
1 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 57 1 Wes-Kaap Herschel Girls School 45 29 64,4
2 Gauteng Hoërskool Menlopark 57 2 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 85 49 57,6
3 Limpopo Mbilwi Secondary 56 3 Vrystaat Witteberg High School 56 32 57,1
4 Wes-Kaap Rondebosch Boys' High School 55 4 Wes-Kaap Rondebosch Boys' High School 99 55 55,6
5 Wes-Kaap Westerford High School 55 5 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 75 37 49,3
6 Gauteng Pretoria Boys High School 51 6 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 68 32 47,1
7 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 50 7 Wes-Kaap Westerford High School 118 55 46,6
8 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 49 8 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 103 44 42,7
9 Gauteng Hoërskool Waterkloof 45 9 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 124 50 40,3
10 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 44 10 Limpopo Hoërskool Pietersburg 48 19 39,6
11 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 41 11 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 104 41 39,4
12 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 41 12 Gauteng Parktown High School for Girls 94 37 39,4
13 Oos-Kaap Pearson High School 39 13 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 146 57 39,0
14 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 37 14 Wes-Kaap Hoërskool Outeniqua 77 29 37,7
15 Gauteng Parktown High School for Girls 37 15 Wes-Kaap South African College High School 94 35 37,2
16 Gauteng Hoërskool Garsfontein 36 16 Oos-Kaap Pearson High School 106 39 36,8
17 Wes-Kaap South African College High School 35 17 Wes-Kaap Hoërskool Gimnasium Paarl 55 20 36,4
18 Limpopo Thengwe Secondary 35 18 KwaZulu-Natal Raisethorpe School 59 21 35,6
19 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 34 19 Gauteng Hoërskool Menlopark 162 57 35,2
20 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 34 20 Vrystaat Eunice High School 89 31 34,8
FISIESE WETENSKAPPE
Top 20-Skole met die meeste onderskeidings
FISIESE WETENSKAPPE
Top 20-Skole met die hoogste persentasie onderskeidings
9.6 Skole met die meeste onderskeidings in Lewenswetenskappe.
Tabel 23: Skole met die meeste onderskeidings in Lewenswetenskappe.
A-lys: 7 Afrikaanse skole en 12 enkelgeslagskole (10 meisieskole)
B-lys: 10 Afrikaanse skole en 12 enkelgeslagskole (10 meisieskole)
Nr. Provinsie Skool Getal
(80-100%)Nr. Provinsie Skool
Getal
kandidate
Getal
(80-100%)%
1 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 81 1 Wes-Kaap Herschel Girls School 72 46 63,9
2 KwaZulu-Natal Greenbury School 73 2 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 93 51 54,8
3 Wes-Kaap Westerford High School 70 3 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 104 55 52,9
4 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 69 4 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 77 38 49,4
5 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 66 5 Wes-Kaap Westerford High School 143 70 49,0
6 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 55 6 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 76 35 46,1
7 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 51 7 KwaZulu-Natal Danville Park Girls' High School 79 36 45,6
8 Wes-Kaap Herschel Girls School 46 8 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 97 42 43,3
9 Gauteng Hoërskool Menlopark 46 9 Wes-Kaap Hoërskool Bellville 68 29 42,6
10 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 42 10 Gauteng Hoërskool Garsfontein 87 36 41,4
11 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 40 11 Gauteng Hoërskool Menlopark 113 46 40,7
12 Oos-Kaap Pearson High School 40 12 Oos-Kaap Clarendon High School for Girls 96 39 40,6
13 Gauteng Pretoria High School for Girls 40 13 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 103 40 38,8
14 Wes-Kaap Wynberg Girls' High School 40 14 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 178 69 38,8
15 KwaZulu-Natal Pietermaritzburg Girls High School 40 15 Gauteng Lenasia Muslim School 93 35 37,6
16 Limpopo Mbilwi Secondary 40 16 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 176 66 37,5
17 Oos-Kaap Clarendon High School for Girls 39 17 Noordwes Hoërskool Stella 11 4 36,4
18 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 38 18 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 223 81 36,3
19 Wes-Kaap Fairmont High School 38 19 Oos-Kaap Pearson High School 112 40 35,7
20 Vrystaat Eunice High School 38 20 Gauteng Pretoria High School for Girls 116 40 34,5
LEWENSWETENSKAPPE
Top 20-Skole met die meeste onderskeidings
LEWENSWETENSKAPPE
Top 20-Skole met die hoogste persentasie onderskeidings
9.7 Top 20-Skole in kernvakke.
Tabel 24: Top 20-Skole in kernvakke.
7 Afrikaanse skole en 13 enkelgeslagskole (7 meisieskole).
Nr. Provinsie Skool WiskundeFisiese
Wetenskappe
Lewens-
wetenskappe
Rekening-
kunde
Som van 4
kernvakke se
onderskeidings
1 Wes-Kaap Westerford High School 62 55 70 25 212
2 Wes-Kaap Paul Roos Gimnasium 67 57 30 44 198
3 Wes-Kaap Hoërskool Parel Vallei 50 50 66 27 193
4 Gauteng Hoërskool Menlopark 46 57 46 39 188
5 Wes-Kaap Bishops Diocesan College 68 49 55 10 182
6 KwaZulu-Natal Westville Girls' High School 38 44 69 29 180
7 Gauteng Pretoria Boys High School 55 51 31 42 179
8 KwaZulu-Natal Durban Girls' High School 34 34 81 28 177
9 Wes-Kaap Rondebosch Boys' High School 64 55 25 23 167
10 KwaZulu-Natal Westville Boys' High School 42 41 40 41 164
11 KwaZulu-Natal Greenbury School 19 32 73 38 162
12 Wes-Kaap Hoër Meisieskool Bloemhof 39 32 38 32 141
13 Gauteng Afrikaanse Hoër Seunskool 45 41 16 36 138
14 Gauteng Hoërskool Garsfontein 23 36 36 41 136
15 Vrystaat Eunice High School 36 31 38 29 134
16 Wes-Kaap Rustenburg Girls' High School 38 34 51 10 133
17 Wes-Kaap Rhenish Girls' High School 39 37 42 10 128
18 Gauteng Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria 36 28 35 27 126
19 Oos-Kaap Pearson High School 21 39 40 26 126
20 Limpopo Mbilwi Secondary 29 56 40 0 125
Getal onderskeidings
10. GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS
Matriekuitslae is tans die enigste maatstaf om die standaard van onderwys in Suid Afrika te
bepaal. Sedert die wegdoen van die Jaarlikse Nasionale Assessering (JNA), is dit belangrik
om rigtingbepalende gevolgtrekkings daarvolgens te maak. Dit is die hoofrede vir hierdie
verslag.
Die SOS maak die volgende gevolgtrekkings:
• Afrikaanse skole vaar jaar na jaar bogemiddeld goed.
• Afrikaanse skole bied vir leerders die beste geleentheid tot ’n uitstekende
matrieksertifikaat en gevolglik oop deure na tersiêre studies.
• Afrikaanse skole beklee heelwat topposisies op die SOS se Top 20-lyste in kernvakke
soos Wiskunde, Rekeningkunde, Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe.
• Stadskole presteer oor die algemeen baie goed, maar enkele plattelandse skole verskyn
ook op die SOS se Top 20-lyste. Dit bewys dat uitnemende prestasie op die platteland
wel moontlik is.
• Wanneer daar na die hoë uitvalsyfer en lae matriekslaagsyfer gekyk word, is dit duidelik
dat daar reeds probleme in vroeëre onderwysfases is.
Die SOS maak die volgende aanbevelings:
• Tydige en sinvolle ingrepe ter wille van regstellings is nodig. Indien agterstande betyds
uitgewys en doelgerig aangespreek word, sal matriekuitslae en die deurvloeisyfers
wesenlik verbeter.
• Skole wat swak presteer en lamgelê word deur politiek, swak werksetiek en gebrekkige
leierskap, behoort vasgevat te word.
• Die beste praktyke van presterende skole, wat aanleiding gee tot die uitsonderlike
prestasies, soos vervat in hierdie verslag, behoort bestudeer en wyer toegepas te word.
• Die DBO moet doelgerig belê in die gehalte-opleiding van onderwysers aan tersiêre
instansies sowel as die volgehoue indiensopleiding van praktiserende onderwysers. Dit
was ooglopend die wenresep tydens die pasafgelope 2017-matriekeindeksamen in
vakke soos Wiskunde en Fisiese Wetenskappe.
• Afrikaanse ouers word sterk aangemoedig om reeds vanaf kleuterskool ’n “Afrikaanse
keuse” vir die skoolopleiding van hulle kinders te maak. Die gehalte van talle Afrikaanse
skole is onbetwisbaar.
• Afrikaanse skole moet gekoester en as ’n bate uitgebou word.