12
Kroonnuus Kroonnuus TEL (056) 212 3171 DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS MAX DU PREEZ is ’n oud-Kroonstadter. Foto: Conrad Borman Max se lewe hiér gevorm Anne-Lize Jansen van Vuuren “KROONSTAD het ’n groot in- vloed op my lewe gehad. Dit het my hele lewe en menswees beïnvloed,” gesels die bekroon- de joernalis Max du Preez vroe- er die week in ’n telefoniese onderhoud. “Dit kan ook nie veel anders nie, my hele lewe is daar gevorm – nie net deur my ouers nie, maar ook deur die gemeenskap, skool en kerk.” Du Preez is trots daar- op om ’n oud-Bloue te wees en het matriek in 1968 aan die Ho- erskool Kroonstad geskryf. Hy kan Brand Pretorius, wat drie jaar voor hom die onder- hoofseun van die skool was, nie onthou nie. Hy het intussen ’n ongelooflik groot bewondering vir hom as sakeman ontwik- kel en respekteer sy ne- derigheid. ’n Ander bekende tydge- noot is Antjie Krog. Hulle was saam op skool en hul paadjies het later ook by Die Burger gekruis waar hulle al- bei as joernaliste gewerk het. Du Preez is onlangs as buiten- gewone professor aan die Noordwes-Universiteit (NWU) aangewys. Hy gaan as mentor vir kom- munikasiestudente optree wat hul honneursgraad in joernalis- tiek wil behaal. “Daar wag ’n groot toekoms op goeie joernaliste in ons land. Hulle is die belangrikste pilare van demokrasie. Hulle moet vindingryk dink en werk en nie net gebruik maak van koerante en die uitsaaiwese as hul medi- ums nie. Hulle moet ook tegno- logie aanwend.” Hoewel Du Preez self ’n erva- re joernalis, gerekende skrywer en ’n politieke kommentator is, praat hy moeilik oor homself. Hy vertel hy het in Suidrand grootgeword. Pa Johan du Preez is al ’n paar jaar gelede oorlede. Kroonnuus deel die staaltjie wat die prokureur Dirk de Hart vertel: “Almal het met groot respek na Johan du Preez ver- wys as die pous; enersyds om- dat hy so ’n statige en waardige mens was en andersyds omdat hy so onberispelik aangetrek het.” Du Preez was verbaas om dit te verneem, maar gee toe: “Dit is moontlik. My pa was ’n waar- dige man, iemand om na op te sien. Hy het later jare as ver- teenwoordiger vir Sanlam ge- werk. Ma Betsie woon nog op Kroonstad en ek kom nog daar om haar te besoek.” Hy het reeds 11 boeke oor die geskiedenis en politiek van Suid-Afrika op sy kerfstok. Sy boek Rough Guide to Nelson Mandela is internasionaal uitge- reik. In ’n gepubliseerde onder- houd wat die Mercury vroeër vanjaar met Du Preez gedoen het, erken hy hy was as jong, plattelandse seun reeds deur Mandela gefassineer. As jong joernalis het hy ge- wonder hoe iemand so sterk in ’n ideologie kan glo dat hy be- reid is om daarvoor te sterf. In ’n tyd toe dit politiek ongekend was om aan Mandela te skryf het Du Preez dit gewaag en in 1988 ’n ope brief aan Mandela in die tronk op Robbeneiland geskryf. Hy het geweet die wê- reld se bekendste gevangene is op die Vrye Weekblad ingeteken. Hy het hom gevra om Afrika- ners se denke te liberaliseer as hy vrygelaat word. ’n Paar dae ná sy vrylating in Februarie 1990 het Mandela hom gebel en na sy huis in So- weto genooi. “Die man was anders as enige politieke leier of landsleier met wie ek nog ’n onderhoud mee gevoer het. Hy het ’n aura van morele outoriteit. Hy het ook sy swakhede en het foute ge- maak, maar hy is steeds ’n baie spesiale mens. Vir my is Mande- la die lewende bewys dat goed oor kwaad kan seëvier.” Du Preez se laaste boek, A chief is a chief by the grace of its people – Once we had leaders, is verlede jaar uitgereik. Hy het al etlike nasionale en internasio- nale eerbewyse verwerf, onder meer die eerbewyse vir integri- teit in joernalistiek, vir waag- moedige joerna- listiek en uit- stekende joernalistiek. Buiten sy aanstelling aan die NWU het hy ’n ere-doktorsgraad van dié universiteit.

Kroonnuus 20 08 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Kroonnuus 20 08 2013

Citation preview

Page 1: Kroonnuus 20 08 2013

KroonnuusKroonnuusTEL (056) 212 3171 DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 WWW.KROONNUUS.CO.ZA GRATIS

MAX DU PREEZ is ’n oud­Kroonstadter. Foto: Conrad Borman

Max se lewe hiér gevormAnne-Lize

Jansen van Vuuren

“KROONSTAD het ’n groot in-vloed op my lewe gehad. Dit hetmy hele lewe en mensweesbeïnvloed,” gesels die bekroon-de joernalis Max du Preez vroe-er die week in ’n telefonieseonderhoud.

“Dit kan ook nieveel anders nie, my

hele lewe is daar gevorm – nienet deur my ouers nie, maarook deur die gemeenskap, skoolen kerk.” Du Preez is trots daar-op om ’n oud-Bloue te wees en

het matriek in 1968 aan die Ho-erskool Kroonstad geskryf.

Hy kan Brand Pretorius, watdrie jaar voor hom die onder-hoofseun van die skool was, nieonthou nie. Hy het intussen ’nongelooflik groot bewondering

vir hom as sakeman ontwik-kel en respekteer sy ne-

derigheid. ’n Anderbekende tydge-

noot is Antjie

Krog. Hulle was saam op skoolen hul paadjies het later ook byDie Burger gekruis waar hulle al-bei as joernaliste gewerk het.

Du Preez is onlangs as buiten-gewone professor aan dieNoordwes-Universiteit (NWU)aangewys.

Hy gaan as mentor vir kom-munikasiestudente optree wathul honneursgraad in joernalis-tiek wil behaal.

“Daar wag ’n groot toekomsop goeie joernaliste in ons land.Hulle is die belangrikste pilarevan demokrasie. Hulle moetvindingryk dink en werk en nienet gebruik maak van koeranteen die uitsaaiwese as hul medi-ums nie. Hulle moet ook tegno-logie aanwend.”

Hoewel Du Preez self ’n erva-re joernalis, gerekende skryweren ’n politieke kommentator is,praat hy moeilik oor homself.Hy vertel hy het in Suidrandgrootgeword. Pa Johan duPreez is al ’n paar jaar geledeoorlede.Kroonnuus deel die staaltjie

wat die prokureur Dirk de Hartvertel: “Almal het met grootrespek na Johan du Preez ver-wys as die pous; enersyds om-dat hy so ’n statige en waardigemens was en andersyds omdathy so onberispelik aangetrekhet.”

Du Preez was verbaas om ditte verneem, maar gee toe: “Ditis moontlik. My pa was ’n waar-dige man, iemand om na op tesien. Hy het later jare as ver-teenwoordiger vir Sanlam ge-werk. Ma Betsie woon nog opKroonstad en ek kom nog daarom haar te besoek.”

Hy het reeds 11 boeke oor diegeskiedenis en politiek vanSuid-Afrika op sy kerfstok. Sy

boek Rough Guide to NelsonMandela is internasionaal uitge-reik. In ’n gepubliseerde onder-houd wat die Mercury vroeërvanjaar met Du Preez gedoenhet, erken hy hy was as jong,plattelandse seun reeds deurMandela gefassineer.

As jong joernalis het hy ge-wonder hoe iemand so sterk in’n ideologie kan glo dat hy be-reid is om daarvoor te sterf. In’n tyd toe dit politiek ongekendwas om aan Mandela te skryfhet Du Preez dit gewaag en in1988 ’n ope brief aan Mandelain die tronk op Robbeneilandgeskryf. Hy het geweet die wê-reld se bekendste gevangene isop die Vrye Weekblad ingeteken.Hy het hom gevra om Afrika-ners se denke te liberaliseer ashy vrygelaat word.

’n Paar dae ná sy vrylating inFebruarie 1990 het Mandelahom gebel en na sy huis in So-weto genooi.

“Die man was anders as enigepolitieke leier of landsleier metwie ek nog ’n onderhoud meegevoer het. Hy het ’n aura vanmorele outoriteit. Hy het ooksy swakhede en het foute ge-maak, maar hy is steeds ’n baiespesiale mens. Vir my is Mande-la die lewende bewys dat goedoor kwaad kan seëvier.”

Du Preez se laaste boek, Achief is a chief by the grace of itspeople – Once we had leaders, isverlede jaar uitgereik. Hy het aletlike nasionale en internasio-nale eerbewyse verwerf, ondermeer die eerbewyse vir integri-teit in joernalistiek, vir waag-moedige joerna- listiek en uit-stekende joernalistiek. Buitensy aanstelling aan die NWU hethy ’n ere-doktorsgraad van diéuniversiteit.

Page 2: Kroonnuus 20 08 2013

2 KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

DIE gelukkige leser vanKroonnuus wat twee kaartjiesna die Bonnie Tyler-konsert

in Bloemfontein gewen het,is Reinette Bouwer vanKroonstad.

WenBonnie Tyler-kaartjies

STEVE HOFMEYRtree Donderdag in dieKroonstadse Skou-burg ten bate van dieKroonstad-sentrumvir Bejaardes op.

Hofmeyr is een vandie land se bekendsteen gewildste sangersen sy vertoning is ge-titeld 25 Jaar se Bes-tes.

Laatslapers kannog kaartjies by Rel-lings in Cross-straatkoop.

Andra Welthagen,organiseerder vandie vertoning, raaimense aan om knie-kombersies saam tebring.

Heerlike kerrie-en-rys en ander versna-peringe sal vooraf tekoop wees, aangesiendaar geen pouse ty-dens die vertoning salwees nie.

Stevetree op

MAAK ’n verskil indie lewe van ’n kind.Die Vir ons Kinders-projek ten bate vanEngo-kinder-en-jeug-sorg Vrystaat (Engo)

en behoeftige kin-ders in die Vrystaatword vanjaar reedsdie vyfde keer aange-pak.

’n Hyundai i10-mo-

tor van R108 000 is opdie spel.

Kaartjies kos R20elk en is by alle Engo-kantore en -sentrumsin die Vrystaat be-skikbaar.

Besoek www.en-go.co.za of skakel 051-407-7222 vir beson-derhede oor die kan-toor of sentrum dienaaste aan jou.

Die sluitingsdatumvan die kompetisie is31 Oktober.

Vyf finaliste sal op22 November met diehulp van PwC aange-kondig word.

Die trekkingsge-leentheid is op 6 De-sember in Hyundai

Bloemfontein se ver-toonlokaal.

Die wenner sal met’n nuwe Hyundai i10wegry.

Verskeie promo-sies sal die volgendeses maande oor dieVrystaat heen plaas-vind waardeur men-se aangemoedig salword om kaartjiesten bate van dié pro-jek te koop.

Die motor was on-der meer in Julie opVolksblad se Vryfeesuitgestal en in ver-skeie winkelsen-trums oor die Vry-staat heen kan dit ge-sien word.

Die Vir ons Kin-ders-projek sou niemoontlik gewees hetsonder die onder-steuning van sy bor-ge nie.

Vanjaar se borge isHyundai Bloemfon-tein, Radio Rosestaden die Volksblad Sen-trale Plaaslike Koe-rante.

Die Engo-kinder-en-jeugsorgsen-trums, vroeër be-kend as kinderhuise,is ’n nie-winsgewen-de instansie wat kin-ders heeltyds versorgwat deur die kinder-hof van hul ouerhui-se verwyder is, om-dat hulle ’n behoefteaan sorg en besker-ming het.

Die diens is reedsmeer as ’n 100 jaaroud en het ’n holistie-se uitgangspunt vanversorging wat allefasette beslaan.

Sowat 800 kinderstussen 0 en 18 jaarword in 32 jeugsorg-sentrums oor dieVrystaat heen ver-sorg.

Vir meer inligtingoor die projek en diebeskikbaarheid vankaartjies in jou ge-bied skakel 051-407-7222 of besoekwww.engo.co.za.

Maak ’n verskil in ’n kinderlewe

Anne-Lize Jansen van Vuuren

VILJOENSKROON. – Sy werk lang ureen van vakansie is daar amper nie spra-ke nie, maar vir Patsy Stafford (53) ishaar werk ’n groot plesier.

Stafford is onlangs as die Engo-kin-derversorger van die jaar aangewys. Syis die kinderversorger van Viljoens-kroon waar sy en haar man, Eddie, dieafgelope ses jaar heeltyds omsien nakinders wat onder hul sorg geplaas is.“Dit is kinders wat baie ontwrig is endie meeste het hartseerverhale. Hulleword eers weggeneem nadat ’n maat-skaplike werker ’n verslag saamgestelen aan die kinderhof voorgelê het. Ditbly altyd die beste vir ’n kind om by syouers groot te word, maar die kinderswat hier by ons is se ouers kan nie virhulle sorg nie,” verduidelik Stafford.

Sy is beskeie as daar gepraat wordvan die eerbewys. “Ek het jare my eiekleuterskool in Potchefstroom gehad.

Die pos bydie jeugsorg-sentrum hetbeskikbaargeraak en myaansoek wassuksesvol.Omdat ekkinders goedken en ver-staan, komek goed oordie weg metdiewatonderons sorg ge-plaas is. Ek is’n saggeaar-

de, rustigemens.Diekinders isontwrigen dit is belangrik om mooi met hullete werk. Dit is noodsaaklik om ’n ma-kind-verhouding met hulle te bou.”

Daar is 13 kinders onder die Stafford-egpaar se sorg, die oudste is 17 en diejongste 2. Hoewel die kinders almal

saam in ’n huis woon, bly sy en haarman in ’n woonstel op dieselfde erf, diejongste moet uiteraard nog snags ver-sorg word en bly dus by hulle.

“Die kinders moet bande met hul ge-sinne behou en hulle gaan kuier vakan-sies of lang naweke. Dit is die moeilik-ste deel. As hulle terugkom, is al onsgoeie werk afgebreek en begin die heleopvoedingsproses van voor af.

“Uiteraard is geld die jeugsentrum seander groot krisis.

“Die staat gee ons ’n toelae van R12per kind per dag. Dit is onmoontlik omdaarmee goeie, gebalanseerde maaltyevoor te sit, die kinders moet klere enskoolklere en skoolbehoeftes kry. Onsis geweldig afhanklik van donasies enis baie dankbaar vir alles wat ons ont-vang, maar nog hulp sal welkom wees,”vra Stafford.

Indien enigiemand hulp aan die En-go-jeugsentrum wil verleen, kan hulleStafford by 056-181-2353 bel.

‘Ma Patsy’ kry eerbewys

PATSY STAFFORDmet haar eerbewys asEngo se Kinderver­sorger van die Jaar.Foto: Verskaf

Page 3: Kroonnuus 20 08 2013

KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 3

Anne-Lize Jansen van Vuuren

NADAT ’n vermeende inbreker twee wekegelede dood in die Seeisoville-polisiekantoorse aanhoudingselle gevind is, meen sy fami-lie hulle sit met meer vrae as antwoorde.Volgens sy ouma, Ennie Nanaki Mohla-

ping, is haar kleinkind, Donald Molefi Motla-ping, opMaandag 5Augustus deur die polisiein hegtenis geneem.Ook sy medepligtige, ’n minderjarige seun,

is in hegtenis geneem.Hulle het die polisie na ’n sinkhuis geneem

waar hulle etlike van die artikels wat hullegesteel het, uitgewys het.“Die polisie het my kleinkind verskriklik

geslaan toe hulle hom in die vangwa gelaaihet.“Hulle het die minderjarige seun later by

die Seeisoville-gevangenis vrygelaat.Hy het vir my vertel daar is ’n gat met wa-

ter en die polisie het hulle daarin gedruk engedwing om te praat.“Hulle is na bewering deurentyd geslaan,”

vertel Mohlaping (78) na aanleiding van watdie seun ná sy vrylating aan haar vertelhet.“Dinsdag het die polisie ons kom verwittig

Donald is dood.Volgens die polisie het hy die grys tronk-

kombers in repe geskeur en homself daarmeeaan die tralies voor die venster opgehang.“Ons het gaan kyk.Dit is net vir ons onwerklik. Ons kan eer-

stens nie verstaan hoe hy die kombers in repekon skeur nie en tweedens was hy heeltemalte kort om by die venster by te kom,” vertelMohlaping.Sy het ’n swart sak in die huis laat haal, en

’n familielid het dit uitgeskud.Daar was nie sprake van bloed aan die wit

T-hemp soos die familie beweer het nie. ’nBroek en ’n paar uitgetrapte rooi skoene hetop die oog af geen bloed aan gehad nie.

Anne-Lize Jansen van Vuuren

’n BOER wie se familie al drie geslagte opViljoenskroonboer,AnthonyEvans, is ’n finalisvir Graan SA se Graanprodusent van die Jaar-eerbewys.Evans het van 1968 tot 1972 saammet sy oorle-

de pa, Rhys Evans, op Huntersvlei geboer. Hyhet sy studie aan onder meer die Rhodes-, Ox-ford- en Harvard-universiteit voltooi.“Dit was vir ons uit die staanspoor duidelik

dat opbrengste belangriker as groot oppervlak-tes is. Daarom het ons laepotensiaal-grond ont-trek. Weiding is aangeplant sodat daar ook ’nbeesfaktor op die plaas geïntegreer kon word,saam met die saaiboerdery,” verduidelik hy.Sy seun, David Evans (26), het ook reeds by

die boerdery ingeskakel.Die hoofbestuurder van die Evans Groep, Ar-

no Cronje, het hom in 1991 by die groep aange-sluit. Volgens Evans is bewerkingspraktykebaie gewas- en grondspesifiek en dit bly een vanhul grootste uitdagings. Vanweë die diverseaard van die grondsoorte, asook die wisselbou-stelsel, is dit nodig dat daar verskeie bewer-kingspraktyke toegepasword. Sedert 2003 vorm

hoëverrigtingboerdery deel van die Evans-groep se praktyke.’nBeskeieEvanssêhydinkdeelvansysukses

isdathy ’ngoeieplaasgeërfhetengoeiewerkershet wat saamwerk om elke afdeling van dieEvans-groep ’n sukses te maak.“Ons het ook nog altyd ’n benadering van di-

versifisering gehad om ons teen die wisselval-ligheidvanboerdery te beskerm.Buitenmieliesword daar ook sonneblom op Huntersvlei ge-plant en ons het ook nou op ’n klein skaal onshand aan soja gewaag.“Die plaas se grondbone word na ons grond-

boontjieverwerkingsaanleg geneem, asook dievan ander boere in die omgewing. Die grond-boontjiebotterfabriekverwerkdieprodukenditword gebottel as Nutty Pea wat hoofsaaklik aangroothandelaars gelewer word.“Wat die bees betref het ons seker een van die

oudste sussex-stoeterye in die land –my oorledepa het dit reeds in 1945 gevestig. Aanvullend hetons ook ’n kommersiële stoet en dan is daar ookdie varkboerdery. Huntersvlei het ook sy eieabattoir,” vertel Evans.Volgens Evans sal die wenner in Oktober op

’n gala-dinee van Graan SA aangekondig word.

Boer ’n graanfinalis

Sterfte in sellebring vrae

ENNIE NANAKI MOHLAPING met die repies­kombers waarmee Donald Molefi Motlaping,haar kleinseun, homself na bewering opge­hang het. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

KROONSTADTERS het dievertoning van David Fourieop die Landbouterrein vandie Bloues (HoërskoolKroonstad) Saterdag baiegeniet. Joy van Niekerk hetdié vertoning gereël en on­dernemings het hande gevatom die viervoetige vriendevan die Dierebeskermings­vereniging (DBV) op Kroon­stad van sluiting te red.Vir nog sosiale foto’s oordie geleentheid besoekwww.kroonnuus.co.za.

Foto: Tharine Geldenhuys

VermaakKroonstad

Page 4: Kroonnuus 20 08 2013

4 KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

Ruskans somsnodig omasem te skepNÁ twee weke tuis is ditlekker om weer met hernudeywer in die joernalistieke stoelop Kroonstad te sit.Sielkundiges het dit eens: ’n

Ruskans van jou daaglikseroetine is ’n moet om diebatterye te herlaai.Al is dié ruskans net om

jou rondhardlopende varkieste vang, al skreeuend in ’nhok te prop en hulle rustigte kry.Anne-Lize Jansen van

Vuuren het in die redakteur-stoel waargeneem en met ’nfees van ons mense se storieshier op Kroonstad vorendaggekom.Dit is so lekker om te lees

van Eunice Cronjé wat diehoutsnee-ghoeroe is en wat dieverfkwas opneem.Kielielekker is om te lees

van dr. Brand Pretorius watsy leierskapspad hier opKroonstad by die Bloues beginstap het.Vir ’n gesoute joernalis is

dit ’n ongelooflike voorregom ’n onderhoud met iemandvan so ’n statuur soos Maxdu Preez, toevallig ook ’noud-Kroonstadter, te kon

voer.Dié man is op Kroonstad

gevorm en het waarskynlik diediepste oop denke in diejoernalistiek in Suid-Afrikaman alleen reggekry.Só het Gera Phielix vrou

alleen aan die eenvrouverto-nings in Suid-Afrika nuwebetekenis gegee. Dit is ónsmense daardie.Weet jy van mense wat ook

oud-Kroonstadters is en waterkenning moet kry? Ónsemense, soos die ou mense sousê.So terloops: Die ou Afrika-

ners het mos altyd gevra vanwatter Van der Merwes,Wesselse of watter familie jyis.Dit is eintlik ’n tweeledige

vraag. In die eerste plek moesdie aspirant-bruidegom seagtergrond uitgevind word,veral om uit te vind of diéman ’n joiner of hanskakie isof nie.Tweedens om nie met jou

eie familie te trou nie . . .Lekker lees aan dié koerant.

Dit is immers die geskiedeniswat in ink verewig word. Teendie spoed van lig, natuurlik.

Susan se broodjielekker én gesondSUSAN DE KOCK se gesondebroodjie:1 kg Nutty Wheat250 ml bruismeel1 pakkie kitssuurdeeg4 teelepels soutMeng ongeveer 1 liter louwater

en 4 eetlepels heuning.Voeg al die bestanddele by en

roer goed saam.Laat die deeg op ’n warm plek

staan om te rys.Skep dit in drie gesmeerde

broodpanne. Die deeg moenie testyf wees nie.Indien verkies kan sesame- of

enige ander saad bo-op gestrooiword.Bak 45 tot 60 minute in ’n voor-

verhitte oond van 180 °C.Bohobe e monate1 kg Nutty Wheat750 ml self raising flouru1 yeast20 ml letswai

Mokgwa:Nka 1 litre metsi. Tshela 20 ml

honey ka metsi.Tshela Nutty Wheat, self rai-

sing, yeast le letswai kametsi le ho-ney.Fuduhella hantle. Kwela ka se-

kotlong.Beha ka pane tse tharo (3) tsa bo-

hobe.Baka ka motjhesong was 180 °C

nako e 45 - 60 minutes.Thela sesame kapa kase hodimo

bohobe.

KroonnuusPosbus 309, Kroonstad, 9459

HOOFARTIKEL

M.G. NDWENI, Maokeng, Kroon-stad:

DEVELOPMENT is what the pre-vious or historically disadvantagedcommunities need most. If develop-ment takes place in a particular area,the community where developmenttakes place, must feel grateful be-cause it enhances their well-being.However, if you develop and at the

same time fiddle with the habitat ofthe resident community, then there isa problem. When the streets of Mara-bastad were paved, a lot of excava-

tions took place. The contractors giv-en tenders to pave Marabastad leftheaps and heaps of gravel. The areadesignated to become soccer fields forthe Bodibeng Senior Secondary

School is now filled with heaps ofgravel. The same applies to an areanext to Mashule’s Shop.The question is: Who will make

sure that those heaps of gravel are re-movedor levelled? Is it themunicipal-ity’s responsibility or that of the con-tractor? It seems the contractor cameto the land of milk and honey and leftthe staff and students at Bodibengwith a problem which is not of theirown making. The same applies to theresidents of Marabastad at Ma-gashule Square.Nice being a tenderpreneur . . .

Nice being a tenderpreneur . . .

NEELS BRITS, BESTUURDER:OVERVAAL STEREO, Viljoens-kroon:In Kroonnuus van 13 Augustus

was die berig “Radiostasieverskuif”.In die berig word genoem dat

Radio Panorama in vennoot-skap met Radio Overvaal Stereois.Overvaal Stereo ontken enige

vennootskap met Radio Panora-ma of enige ander radiostasie.Dit is teen die lisensievoor-

waardes van Overvaal Stereo

om in vennootskap met ’n anderradiostasie te wees.) Die drukkersduiwel hetveroorsaak dat KroonnuusOvervaal Stereo in die beriggenoem het.Inderdaad is ’n samewerkings-ooreenkoms tussen RadioPanorama en Lichvaal Stereogesluit, sê dr. Jaco de Villiers,stigterslid van Radio Panoramaen besigheidsomdraaikundige.Kroonnuus vra verskoning virenige ongerief hierdeur meege-bring.

Radiostasies nie vennote

DIE predikantsvrou Elise Boschbesoek Kroonstad eersdaags. Sygaan ’n praatjie aanbied oor dierou kant van die lewe in ’n grootstad. Sy gaan vertel van haarwerk onder die uitgeworpenesvan die samelewing: die werklo-ses, die haweloses, die prostitute,die drank- en dwelmslawe en diestraatkinders van Hillbrow, dievervalle middestadbuurt wat eensdie eksotiese, polsende hart vandie Goudstad was.Bosch, skrywer van die topver-

koperboek Hillbrow is nie virsissies nie, gaan tydens ’n ontbytop Saterdag 7 September om 09:00by die NG kerk Kroonstad-Suid,Kroonstad, met inwoners geselswat dié gratis ontbyt wil bywoon.

Bespreking vir bywoning isnoodsaaklik en kan by diekerkkantoor by 056-212-3527gedoen word. ’n Sagte kollekte salopgeneem word.Mense wat hul weg oopsien om

’n tafel vir tien mense teen R200te koop en vriende te nooi na diegeleentheid kan ook met ErnaJacobs by bogenoemde nommerin verbinding tree.

Praatjie bied insigoor Hillbrow-lewe

DIE voorblad van die topverkoper,Hillbrow is nie vir sissies nie.

’n BRUIDS­EN­MATRIEKAF­SKEID­EKSPO is onlangs in dieOu Stadsaal op Kroonstad aan­gebied. Zac Cronjé, die organi­seerder van die skou, het ’n pas­sie vir die besonderse historiesegebou. Alle geld wat tydens dieekspo ingesamel is, gaan vir dierestourasie van die bekende ba­ken gebruik word. Hy het die ek­spo in samewerking met Kroon­stad­Toerisme gehou. ’n Soortge­lyke uitstalling word vir Oktoberbeplan.

Foto: Verskaf

Hou ekspo virbruide, matrieks

Anne-Lize Jansen van Vuuren

JULIE 2013 kon vir drie leerlinge vandie Kroonheuwel- Primêre Skoolkwalik vinnig genoeg aanbreek.Ben Burger (9), ’n gr. 3-leerling,

kleinboet Ruben Burger (8), ’ngr. 1-leerling, en hul mede-ster, Me-gan Jansen van Vuuren, het allesbe-halwe ’n vervelige Julievakansie be-leef.Dié driestuks se rolprentstel-avon-

tuur het begin toe hulle in Mei by fa-milie op Rustenburg gekuier het.Daar was advertensies in die Rusten-burg Herald waarvolgens ekstra kin-derspelers vir tonele in ’n rolprent ge-soek is.MaBetsieBurgerhethaarkroosvir

onderhoude en foto’s aangery. ’nPaarweke later het die hulle gehoor hulleis gekeur om as ekstra spelers in dierolprent Blended op te tree.Hulle moes ’n week op Rustenburg

gaan woon, aangesien die verfilmingin Sun City plaasgevind het.Volgens Betsie moes hulle elke dag

iets anders doen; soms sommernet opdie agtergrond verbyloop terwyl ver-filming plaasvind en op ander ge-

leenthede op ’n klimraaam klouter.“Dit was ’n geweldig lekker erva-

ring en ons kan nie wag vir die uitrei-king van Blended nie.

“Die kinders het die akteurs AdamSandler, Drew Barrymore, TerryCrews, Bella Thorne en Emma Thur-man ontmoet,” vertel Betsie.

Op stel in Sandler-fliek

VAN links is Ruben Burger, Megan Jansen van Vuuren en Ben Burger. Hullehet as ekstra spelers in ’n Amerikaanse rolprent opgetree. Foto: Verskaf

Page 5: Kroonnuus 20 08 2013

KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 5

Page 6: Kroonnuus 20 08 2013

6 KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

Page 7: Kroonnuus 20 08 2013

KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 7

CLIVIAS is inheems en ’n móét in enige Suid­Afrikaanse tuin.

Dié plant ’n moetin elkeen se tuin

Clivia-uitstalling aangebiedAnne-Lize Jansen van Vuuren

HESTER SIM van Kroonstad deelgraag haar jaarlikse clivia-blomme-praguitstalling met plantliefhebbers.

Dié inheemse plant hou volgens haarbaie van gefilterde son en as dit in diekoelte staan, moet die koelte nie te digwees nie. Plante is ook by Sim te koop.Die clivia-uitstalling vind daagliks van

09:00 tot 16:30 byBojestraat 8, Suidrand,plaas. Belangstellendes kanSimby 079-693-1630 of 056-212-4533 bel.Daar kan besonderse clivia-plantjiesgewen word.

Page 8: Kroonnuus 20 08 2013

8 KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

aucor.com

property|wheels

|movables

Vir Finansiering skakel:Celestè 082 374 5078

Navrae - Jakoef: 0824589372 |[email protected]

EnormeVo

ertuigve

iling

aucor.com

Datum: Dinsdag, 27 August 2013 om 10:30Perseel: Krugerlaan 1, Estoire, Bloemfontein

160X BankvoertuieBehoorlik gelas deur die Terugname- enVlootbestuurders vanWesbank, MFC (‘n divisie van Nedbank), Nedbank Ltd, Mercedes-Benz Financial Services SA (Pty) Ltd., Daimler Fleet Management SA (PTY) Ltd., sal Aucor die volgende per publieke veiling verkoop:

GPS: S 29°06.767’O 026°16.567’

| Voertuie | SNVs | Minibusse | Bakkies | Karavaan | Vierwielmotorfiets- & sleepwa100xVoertuie, SNVs&Minibusse• 9x 2012, 2011, 2010 & 2009VW Polo Vivo• 4x 2012 & 2010 Renault Sandero 1.6• 3x 2012 & 2010 Chevrolet Aveo 1.6L• 2x 2012 & 2011 CMC Amandla 2.2 14-Sit• 2x 2012 & 2011 GWM Florid 1.5• 2012 Renault Clio III 1.6 Avantgarde• 2012 Tata Indica 1.4 LE LTD• 2011 BMW X5 xDRIVE30d M-Sport Outo• 2011 Mercedes C220 CDi BE Classic Outo• 2011 Mercedes C200 BE Avantgarde Outo• 2011 VW Golf VI 1.4 TSi Trendline• 2011 Opel Astra 1.4T Enjoy• 2011 Audi A1 1.2T FSi Attraction• 2011 Kia Sportage 2.0 CRDi• 2x 2011 Toyota Yaris Zen3 ACS• 2x 2011 & 2008 Toyota Corolla 1.6 & 1.4Professional• 2011 Chevrolet Optra 1.6• 2011 Nissan Tiida 1.6 Visia• 2x 2010 & 2008 Toyota Quantum 2.7Sesfikile 14 & 15-Sit• 2010 BMW X1 XDrive 2.0D Exclusive• 2010 Mercedes C180K BE

• 2010 BMW 120i• 2010 Audi A4 2.0 TFSi AMB Multi• 2010 Mitsubishi Pajero Sport 3.2 DI-D GLS Outo• 2010 Ford Everest 3.0 TDCi XLT• 2010 Hyundai Getz 1.4HS• 2010 Kia Soul 1.6• 2010 Chery QQ3 0.8 TE• 2009 VW Crafter 50HR 80 F/C 22-sit• 2009 Audi Q7 3.0 TDi V6 Quatro Tip• 2009 Dodge Journey 2.7 SXT Outo• 2009 Mercedes C200K Avantgarde Outo• 2009 BMW 320i• 2009 Honda Civic 2.2 CDTi VXI• 2009 VW Golf VI GTi 2.0 TSI• 2009 VWVelociti 1.4i• 2008 Mercedes C320 CDi Avantgarde Outo• 2008 Toyota Rav 4 2.0 GX• 2008 VW Caddy Maxi 1.9 TDi Paneelwa• 2008 Mercedes C200K Classic• 2008 BMW 323i Outo• 2008 Toyota Yaris T135xBakkies,Dubbelkajuite&4x4s• 2013 GWM Steed 5 2.2 MPiWorkhorse• 2012 Chevrolet Utility 1.4 Sport

• 2012 Mahindra Bolero NEF Loadrunner• 3x 2011 & 2009 Nissan NP 200 1.6• 2011 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider 4x4 A/T D/K• 2011 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider Xtra Cab• 2011 Toyota Hilux 2.7 VVT-i Legend 40 D/K• 2011 Nissan Navara 2.5 DCi XE K/Cab• 2011 Isuzu KB300 D-Teq 4x4 D/K• 2011 JMC BD 2.8 TD• 2010 Ford Ranger 3.0 TDCi XLT Hi-Trail• 2010 Mitsubishi Triton 2.4 MPi 4x2 D/K• 2009 Toyota Hilux 3.0 D-4D Raider R/B D/K• 2009 Nissan Hardbody NP 300 2.4i Raider4x4 D/K• 2x 2009 & 2008 Opel Corsa Utility 1.8 & 1.4• 2008 Toyota Hilux 2.5 D-4D SRX 4x4• 2008 Nissan Navara 4.0 V6 4x4 D/K• 2008 Ford Ranger 4.0iV6 XLTHiTrail Sup/Cab• 2008 Ford Bantam 1.6 XLT• 2008 Nissan 1400 Champ• 2008 GWM Steed 2.8 TC D/K

VOORWAARDES: ‘n Terugbetaalbare registrasiedeposito van R10 000 is betaalbaar per bank- of bank-gewaarborgde tjek, debiet/ kredietkaart of EFO. GEEN KONTANTWORD AANVAAR NIE. ‘n Dokumen-tasiefooi van R2000 (BTW ingesluit) is betaalbaar op elke lot. 6% Koperskommissie (BTW uitgesluit) isbetaalbaar op elke lot. Alle aanbiedinge sluit BTW uit. Aucor mag bie namens die verkoper tot die re-serweprys. Bewys van adres en ID-Dokument vir FICA-registrasie word benodig. Afslaer: Dave Price

Datum: Saterdag, 31 Aug. om 10:30Perseel: 1 Krugerlaan, Estoire, BFN

Notisie

Diamant- &Meubelveiling

Karavaan, Vierwielmotorfiets en-sleepwa• 2012 RMRMark 2 Enkel Vierwielmotorfiets-sleepwa• 2009 Jurgens Exclusive S154 Karavaan• 2008 Suzuki LTZ 400Vierwielmotorfiets

20x Nie-lopend / Ongeluksbes-kadigde voertuieBesigtiging: Maandag, 26 Aug.

vanaf 08h30 tot 16h00

Vertoning gee stemaan VoortrekkervroueDIE eenvrouvertoning Trek is op Saterdag 24Augustus om 19:00 in die Stadsaal in Cross­straat, Kroonstad, op die planke. Trek gee ’nstem aan van die individue wat deel van DieGroot Trek was, veral die vroue wat hierdie har­de en lewensgevaarlike tog na die vreemde on­derneem het. Die eenvrouvertoning handel oorgeheime, verhoudings en avontuur in ’n tyd vanbeproewing. Vier Voortrekkervroue, Magdale­na, Hester, Johanna en Kleintjie, kan nie oordie weg kom nie, maar sonder mekaar sal hullenie oorleef nie. En dan arriveer die brief watdreig om dié fyn balans te versteur . . . Dit is ’neenvrouvertoning met Gera Phielix, ’n oud­Kroonstadter, en regisseur JacquesBessengerwat elke Suid­Afrikaner moet beleef. Bespre­kings by 056­212­3611 gedoen word en kaart­jies is ook by die deur beskikbaar. Foto: Verskaf

Meeting heldTHEKroonstadPoliceinvite residentsofSec-tor 2, Elandia, Kroon-heuwel, Môrewag andWespark to a sectormeeting tomorrow at17:00. The meetingwill be in the openspacenext to theVoor-

waarts PrimarySchool.The followingweekonThursday, 29 August,during a meeting at

Huis Edelkroon at17:30 a sector forumwill be elected.According to Col

Morné deWet, there isno truth in the allega-

tions of a young girlroaming the streets.According to socialnetworks, the girlstands at a gate andshouts she is being fol-lowed. As soon as sheis let in, armed hooli-gans follow her.

TWEE leerlinge van die Hoërskool Kroonstad(Bloues) is in die Vrystaatse junior B­hengel­span ingesluit. Dié span gaan later vanjaar aandie Suid­Afrikaanse hengelkampioenskapsby­eenkoms by die Bloemhofdam deelneem. Dieleerlinge is Juanley Hamel (links) en RikusWestraad. Foto: Marlene Jordaan

Ingesluit in hengelspan

Page 9: Kroonnuus 20 08 2013

KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 9

VALSRIVIERSWEMKLUB

Kennis word hiermee gegeedat dieAlgemene

Jaarvergadering vandie Valsrivier Swemklub salplaasvind opMaandag9 September 2013

Plek: 18 Sarel Cilliersstraat,Kroonstad. Tyd: 18h00Alle swemouers en

voornemende swemouers enkinders is welkom. Vormsvir nominasie van nuwebestuur is verkrygbaar by

Cheeky Oosthuizen.Vir navrae skakel

Cheeky by 082 560 5432 OFUlrich by 082 783 1368Valsrivier Bestuur

30% AFSLAGOP ALLE BLINDERS

Top Carpets056 212 5507

BELLO MIA ENHOUSE OF DÉCOR

Hillstraat 20 Hill StreetNuwe adres!

Oorkant Paint ShopKom kyk na al die

silwerbakke, kandelare,glase ens. vir jou huis.

Lekker geskenke vir elkegeleentheid. Verhuring vandècor vir funksies ook

hier. Die mooistekindergeskenke en klere virkleuters, babas en kinders.

Tandekrale, snoesigelangoor hasies vir troostye,

ook hier beskikbaarSkakel 082 554 5852

BRIKKETTE,CHARCOAL EN BLITZ

te koop. Lae pryse.Skakel 079 242 1778.

HOT SPOT:(oorkant Clicks)GROOT WINTER-UITVERKOPING!!Kom loer gerus

Vir meer inligting skakelSylvia 082 908 9555

KLEIBAKSTENE ISBETER -

BERT'S BRICKS(Potchefstroom)KleipleistersteneKleisierstene

KleiplaveiselsteneSement-Maxi-Stene

Sement PlaveiselsteneMinimum vragte in

Kroonstad en omgewing10 000 bakstene.018 292 1615

www.bertsbricks.co.za

KOOP VIR R 7 000EN MEER & krygratis Leër mat

Top Tile056 213 1387

ONDERVLOERSEVERHITTING -

Volvloer en los matte.10% AfslagTop Carpets056 212 5507

WINTERUITVERKOPING:15% afslag op uitgesoekte

leër en los matte.Top Carpets056 212 5507.

SHOETIQUE:(langs ou Cyril Smiedt)

GROOTWINTERUITVERKOPING!

Gesondheidskoene &"Boots" asook "Crocs &Aerosoft" beskikbaar. Virmeer besonderhede skakel

Sylvia 082 908 9555

• Sand• Klip

• Sement• Ready Mix

Concrete

• Sand• Klip

• Sement• Ready Mix

Concrete

Ovovect (Pty) LtdReady Mix ConcreteOvovect (Pty) LtdReady Mix Concrete

Tel. 056 212 4346071 868 4001

E-mail:[email protected]

Ons vervaardig:

Skakel058 303 1680

PophuiseStoor- en

huishulpkamersasook

hondehokke!

Trendy Wendy

GOLDEN RETRIEVERBabas te koop

7 weke. Geregistreerd,ontwurm en ingeëntSkakel 078 572 3036

CASH CRUSADERSKROONSTAD would

like to offer youCASH for the

following goods

(to sell or

pawn):

Fridges, freezers,washing machines,laptops and gold.

All goods must be inworking condition.

Terms and conditionsapply.

Contact

Claudia or Luvian

056 212 7471.

EK KOOPTWEEDEHANDSE

BREEKWARE, eetgerei enornamente. Ek besoek u tuisSkakel Jenny 083 290 0255

TE KOOP GEVRA:enige elektriese of

handgereedskap asookhoutwerk gereedskap entoerusting, meubels,

yskaste, antieke goedere enenige ander artikels. Skakel056 212 5418 of 076 168 1921

LEKKENDE DAK? Skakeldie spesialiswaterdigter.

Gratis kwotasie. Meer as 22jaar ondervinding. 10 jaar-waarborg. Skakel Luther

Cronje 082 891 4052

LOODGIETERSWERK: VirGebarste geysers en herstelvan geysers, gebarste pypeen seël van daklekke teen

billike pryse. Skakel083 255 6773

FRANCO PLUMBINGVir alle algemene

"plumbing"Skakel Franco076 936 3268

HOUTKAPPERTJIE:083 568 1568

Afsaag, 'trim' enverwydering van bomeKaggelhout te koop.

JJ STAALWERKE -Vervaardiger van:

Staalhekke; Diefwering;Afdakke; Heinings en

sleepwaens.Jack 082 466 9158

KINGS BLINDSAlle tipes Blinders

asook wasen herstelwerk

Skakel 082 783 1396

MAAK EN RESTOURASIEvan houtmeubels,

boekrakke, biltongkaste,koffietafels, bedkassies,bedkopstukke ens. SkakelDave Jordaan 082 573 9927

SWEMBAD-HERSTELWERK - krakeen alge. Glasveselvoelings.

Herstelwerk aanglasveselbaddens.Cecile 082 970 2247

MOJOPLUMBING

Vir alle loodgietersdiensteen verstopte riole is ek daar!

Tertius 073 2700 311 a/u

056 212 2977056 212 2977Noodnommer:Noodnommer:

StefanStefan082 653 6222082 653 6222

OndergrondseOndergrondseelektrieseelektriesekabelfoutkabelfoutopsporingopsporing

STEELWORXBUILDINGSHOP FITTINGPLUMBINGGATE MOTORJohan: 082 452 2458

056 212 [email protected]

TIP TOPProfessionele

skoonmaak van

matte, meubels en

motors.

Gratis

kwotasies.

Navrae:Louis Keyser by

056 215 2306 a/uof 083 282 8184

tipto

p/k

n/1

7m

aart

2009/jurg

VIR teëlwerk, staalwerk,verfwerk, bouwerk,

loodgieter- enalgemene herstelwerk en

grasdakke.Skakel gerus 083 255 6773.

GESIFTE BEESMISVIR U TUIN (Onkruidvry)

beskikbaar in 60kg sakke virR 50 - Lewer gratis af.

Skakel Johan 082 294 7542

GESIFTE ONKRUIDVRYEkraalmis - R40 vir 50 Kg.Skakel 078 886 6404 om reë-lings te tref vir bestellings.

VRUGBARE ROOITUINGROND -

Afgelewer per kubiekemeter/5 kubieke metervragte ook beskikbaar.Kompos per 60 d/m sak.

Uitstekend vir grasdeklaag.Skakel Louwna 083 285 1065

INSTANT LAWN /KIKUYU-KITSGRAS

Middenspruit kitsgras plaas10km buite Kroonstad op

Viljoenskroon pad.Gras gelaai op plaas

@ R9 per rolR11 per rol afgelewer

in Kroonstad.Skakel Louwna 083 285 1065

HARNO VERVOER4 & 8-ton-trok beskikbaar vir

die verwydering van –bourommel en algemene

vervoerwerkSkakel 073 157 7248

JEF'S ALGEMENEVERVOER & NUTSMAN

Verwydering vanbourommel, takke en enige

iets uit erwe ens.083 494 5877 Faks 056 212 1322

FME WEDDING &PARTY PLANNEROnthaal, dekor,

spyseniering, kerse,tafels & stoele, stoelcoverskandelare,"underplates",breekware, tafeldoeke,

Rooimat,ens.Skakel 079 515 8814.

VEILIGE STOORPLEKte huur

SAFE STORAGE for hireR 350 p m

082 826 3323

ROOMS & FLATS TO LETContact

082 908 9555

Vakansieverblyf-Stellen-bosch:Billike dubbel en

enkelkamers beskikbaar ingoedtoegeruste Koshuis van-

af 9 Des 2013 tot 2 Jan2014.Sentraal gelee.

(021 887 1583

3 SLAAPK WONINGte Plot Kraalkop.R 2 500 p m.

Dringend beskikbaar -1 September

Kontak agent 082 264 6222

DRIE SLAAPKAMER huis2 Badkamers te huur.

Senekalstraat 18.Naby skole. R 4 500

083 625 9962

MODERNEDUBBELVERDIEPING

grasdak huis . 2 Slaapkamerhuis. 2 Badkamers (bad enstort) in veilige area metelektriese hek. Plesseymeter. Gratis water.

Onderdak parkering vir2 motors. Kraalkop hoeweR 2 800 p m. - 082 3877 057

PRAGTIGE MEENTHUIS2 Slaapkamer, oopplan-sitkamer, kombuis.Nuwe Suidrand.

R 5000.00 p m - 082 789 2389

PERSEEL NABY TAXIRANK IN ARKADE

te huur.Skakel 082 908 9555

PERSELE TE HUURSkakel

082 908 9555

2-SLK WOONSTEL metbalkon. Ingeboude kaste,

Plesseymeter. Huur:R 2 350 p m Water ingesluit.

Geen troeteldiere.Geen kinders. Parkeringekstra. Skakel 078 700 9592

GROOT 1 SLAAPKAMERw/stel, sitkamer, eetkamer,kombuis, badkamer inmiddedorp. Parkering inkompleks vir 1 motor.Plesseymeter. Geen

troeteldiere. Beskikbaar1 Okt. R 2 100 p m.Skakel 078 446 6818

VRYGESEL W/STELvir enkelpersoon.Huur R1 500 p.m

Water & Ligte ingesluit.Skakel 083 459 7494

WOONSTEL te huurin Wilgenhof

Tel: 056 213 4997na ure 056 213 1590

PRAGTIGE DUPLEKSte koop by

Meenthuiskompleks:Die Oewer, MurraystraatKroonstad. 3 Slaapkamers,2 badkamers, gastetoilet

onder, sit- eetkamervertrek,kombuis, toesluit

motorhuis. toesluitafdak.Kontakpersoon:

Sakkie by 083 289 0660

DANKBETUIGING

SOEK, KOOP, VERKOOP VIR ALLE GEKLASSIFISEERDE ADVERTENSIES

Page 10: Kroonnuus 20 08 2013

10 KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

IF YOU WOULD LIKE TOSELL YOUR HOUSEfor under R 300 000-00

Please contact 072 634 2111Cash Buyer

BETROUBAREHUISWERKER OPSOEKna werk vir 2 of 3 dae perweek. Skakel asb huidigewerkgewer vir verwysing

by 082 779 5526

BETREKKINGBESKIKBAAR BY

REKENINGKUNDIGEPRAKTYK!!!

Posisie: Snr. Klerk/Rekeningkundige tegnikus/

GekwalifiseerdeRekenmeester wat kan:

* Finansiële State opstel* BTW, EMP, Bank, Lenings

rekonsilliasies/balanserings,

* Belasting en Voorlopigebelasting berekeninge doen.

* E-filing, Pastel enRekenaar geletterd is.

Let wel, indien u nie tenminste 3 jr ondervindinghet in bogenoemde nie,moet asb nie aansoek

doen nie. Salaris sal afhangvan ondervinding,kwalifikasies en

vaardighede. E-pos CV [email protected] of faks

na 086 549 7609ORANJE TOYOTA

KROONSTAD is opsoek na'n Tegnikus (Petrol of diesel)met 'n minimum van 5 jaar

Toyota ondervinding.Faks CV na 086 6704 946

PA/ KANTOORADMINISTRATEUR:Dinamiese finansiële

dienste praktyk.Vaardighede wat vereis

word, sluit in:* Vermoë om probleme

op te los.* Goeie beplanning enorganisasie vermoë

* Vermoë om selfstandigte werk* Tik-en

rekenaarvaardighede(noodsaaklik). Ons soek na'n energieke persoon wat op

diens ingestel is enuitstekende kommunikasie

vermoëns het. Vorigeondervinding binne diefinansiële diensbedryf isnoodsaaklik. E-pos jou CVna [email protected] faks na 086 273 0346 om

ons teen 26 Augustus 2013 tebereik. As jy nie binne 20

werksdae na diesluitingsdatum van hierdie

advertensie van onsverneem het nie, aanvaarasseblief dat jou aansoek

onsuksesvol was.RECEPTIONIST Enquiries,Product Info. Well spoken.

Eng/Afr. Email CV tokroonstad@ pvceilings.co.za

or fax to 086 759 4838SALES CONSULTANT

1 - 2 Yrs Exp.Orders, Quotes. Email CV [email protected]

or fax to 086 759 4838

122. BOEDEL WYLE:OCKERT ANDRIESVAN WYKBOEDELNOMMER:6195/2013

G v RKENNISGEWINGIN DIE BOEDEL VANWYLE: OCKERT ANDRIESVAN WYKGEBORE: 10 DESEMBER1927IDENTITEITSNOMMER:271210 5050 080DATUM VAN AFSTERWE:

24 JUNIE 2013HUWELIKSTATUS:GETROUD BUITEGEMEENSKAPVAN GOEDEREADRES: GOLDSMITH PLEK5 KROONSTADBOEDELNOMMER:6195/2013

KENNIS geskied hiermeeaan Krediteure en Debiteurein die bogemelde boedel omhul eise in te dien en skuldete vereffen ten kantoor vandie ondergemelde binnedertig (30) dae vanaf datumvan publikasie

EKSEKUTEURGRIMBEEK VAN ROOYEN&VENNOTE INGPOSBUS 1282KROONSTAD 9500TEL: 056 212 5197VERWYSING: RACHELLEMINNIE

Du Randt &

Louw

Ingelyf/Incorporated(Reg No 1997/11218/21)

BOEDEL WYLE:JH CONRADIE

KENNISGEWINGIn die boedel van wyleJOHANNES HENDRIKCONRADIE,Identiteitsnommer:420607 5010 081,woonagtig teDuursemastraat 34,Kroonstad;

Krediteure en Debiteure inbogemelde boedel wordhiermee versoek om hulrekenings in te dien en hulrekenings te betaal byondergetekende binnedertig dae gerekenvanaf 23 Augustus 2013.

W J BOTHAProkureur vir dieEksekuteurDu Randt & Louw IngelyfPosbus 26Kroonstad

I.T PETERSON/SELLO PINKOANEh/a THEPA TRADING631SAAKNOMMER:1409/2011

KENNISGEWING VANGEREGTELIKEVERKOPING VANROERENDE EIENDOM

In die Landdroshof vir diedistrik van KroonstadSaaknommer: 1409/2011In die saak tussen:

I.T PETERSONEksekusieskuldeiser

en

SELLO PINKOANE h/aTHEPA TRADING 631Eksekusieskuldenaar

TEN UITVOERLEGGINGvan 'n vonnis van dieLanddros, KROONSTADgedateer 16 Maart 2013 salondervermelde goedere om10:00 op 5 SEPTEMBER 2013per publieke veiling teMURRAYSTRAAT 41,KROONSTAD deur dieBALJU vir die Landdroshofvan KROONSTAD aan diehoogste bieër vir kontantverkoop word, naamlik:

1 x HYUNDAI PLATBAKAFLEWERINGSTROKKIEREG NO: BC 45 JL GP

GETEKEN te KROONSTADop die 30ste dag van Julie2013

(get) RL DAYEISER SE PROKUREURSRYAN DAY PROKUREURSCROSS-STRAAT 106KROONSTAD, 9499Tel: (056) 212 7237Verw: RLDAY/FCS/ye/F00138

Bloues leer van sojaAnne-Lize

Jansen van Vuuren

DIE Hoërskool Kroonstad het dieeerste keer met die leiding van ’nstudiegroep en agri-ondernemingssowat 80 ha soja aangeplant.

Volgens Flip van derMerwe, ou-er en beheerliggaamlid, word sojareeds baie jare in Suid-Afrika ge-produseer. “Dit is vir ons vangroot belang dat die leerlinge aandie verbouing van nog ’n gewasblootgestel word en daar is ’n ge-weldige mark vir soja,” verduide-lik Van der Merwe.

Aanvanklik is die gewas hoof-saaklik in KwaZulu-Natal enMpu-malanga aangeplant.

Nuwekultivarswatdeurvandie

voorste saadmaatskappye ontwik-kel is, hou nou belofte in vir diewestelike dele van die land.Afhan-gend van die kultivar moet dit soaangeplantword dat dit in Februa-rie blom wanneer dit koeler is.Teen Mei is dit amper stroop-ge-reed.

Van der Merwe verduidelik dat’n fleksietafel gebruikword omdiesoja te stroop aangesien die peulegewoonlik laag hang. “So ’n tafelword op die grond neergesit envolg die kontoer van die land. Ditis gewoonlik vir ’n boer meer lo-nend om só ’n tafel te huur.”

Die projek word deur die Renos-terkop-studiegroep in samewer-kingmet agri-ondernemings in diesaai-bedryf bestuur. “Buiten dat

daar ’n groot mark is vir soja, geedit ook die leerlinge blootstellingaan volhoubare boerdery deur ge-bruik te maak van wisselbou- enbewaringstelsels soos minimumbewerking.

“Sojabone skakel uitstekend bydie praktyk in omdat dit ’n sterkpenwortel het, wat verdigtingskan ophef, vog diep kan onttrek enook diepgeloofde voedingstowweweer na die bogrond kan bring.

“Verder is dit ’n peulgewas watdeur middel van die rhizobium-bakterie sy eie stikstof kan ver-vaardig en sommerookgenoeg oorlos vir die mielies die volgendejaar.

“Daar is 70 ton stikstof bokantelke hektaar in die natuurwat gra-

tis benut kan word.”Soja is ryk aan plantaardige pro-

teïen wat vir verskeie produkte enook sojamelk gebruik word. Dieolie in soja is baie gesond en wordook vir bio-diesel gebruik. Soja-koek, wat vir veevoer gebruikword, is die produk wat oorbly na-dat die olie uitgepers is.

“Tansword ’n groot hoeveelheidhiervan ingevoer. Daarom is diepotensiaal vir uitbreiding in dieland goed en die uitvoermoontlik-hede groot.”

Kultivarproewe is by die Blouesgeplant en hael-nabootsingsproe-wegedoenwaarby leerlingebetrekis. In samewerking met die studie-groep het die skool ook twee ge-slaagde boeredae aangebied.

DIE Hoërskool Kroonstad (Bloues) se soja­oes word op een van die boeredae bekyk. Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Hodiahmik nog hoërHODIAHNEL (6) is ’n gimnas vanKroonstad wat uitstekend in diésport presteer.

Sy is vir die Noord-Vrystaatsesone-gimnastiekspan gekies.

Hodia is verbonde aan die Rie-beeckstad-gimnastiekklub enstaan onder leiding van ChristineDeas.Diemeisie,wat tuisonderrig

vanOlive Leaf ontvang, is baie op-gewonde om Saterdag aan dievoorbereidingskompetisie inBloemfontein deel te neem.

Ná die kompetisie sal die Suid-Afrikaanse Gimnastiek-federasie(SAGF) se sone-kompetisie by dieBrits-sportsentrum op Brits aan-gebied word.

HODIAH NEL in aksie. Foto: Verskaf

PIETERGROENEWALDenFrancoFroneman, albei leerlinge vandie AfrikaanseHoërskool Kroonstad (Rooies), is in die Noord­Vry­staatse gholfspan ingesluit. Foto: Jaco Froneman

Ingesluit in Noord­VS­gholfspan

Page 11: Kroonnuus 20 08 2013

KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013 11

CILLIE VAN HEERDEN (links) en Ina Joostekuier alte lekker op die Arboretum­sentrum virBejaardes se Vrouedagteeparty.

Foto: Anne-Lize Jansen van Vuuren

Seniorsgenietspesialeteeparty

Anne-Lize Jansen van Vuuren

DIE Arboretum-sentrum vir Bejaardes het syinwoners met ’n Vrouedagteeparty bederf.Geen moeite is deur die personeellede ontsienom die geleentheid vir hul geliefde inwonersspesiaal te maak nie.

“Ons gryp elke geleentheid aan om spesialegesellighede vir ons inwoners aan te bied. Onsnooi ook die publiek om ons te ondersteun opWoensdag 30 Oktober wanneer Manie Jacksonons vir ’n vertoning besoek,” sê sr. Hentie vanRensburg, sentrumbestuurder.

Sy vertel ’n onlangse opname op die dorp hetgetoon bejaardes is baie eensaam. Blykbaar ge-beur dit toenemend dat kinders en kleinkin-ders in die buiteland woon en uiteraard baiemin die oupa of ouma kan besoek. Bejaardesuit die gemeenskap word genooi om by Arbore-tum betrokke te raak.

“Dit is belangrik om die gemeenskap by onsbejaardes betrokke te kry en enigeen wat som-mer net wil kom sit en ’n koppie tee drink en’n bietjie gesels, is welkom.”

Einde Augustus word ’n wit-olifantverko-ping by die oord beplan wat deel van die Resi-dentia-stigting is.

Daar is 17 takke landwyd en die plaaslike takis verlede jaar as die beste in die land aange-wys. Die inwoners en personeellede is met regtrots op dié prestasie.

“Ons is soos ’n familie, almal doen spesialemoeite om dit vir mekaar aangenaam te maak.Ons lag en huil saam en nooi enigeen om indie Arboretum-familie se wedervarings te komdeel,” sê van Rensburg.) Nog foto’s by www.kroonnuus.co.za.

SKAAKSPELERSvan die Kroonheuwel­Primêre Skool wat in die Lejweleputswa­skaakspan vir o.14­spelers ingesluit is, isHenko Delport (links) en Jaco Keyser.Dié twee gaan in Desember aan dieSuid­Afrikaanse skaakkampioenskaps­byeenkoms deelneem. Foto: Verskaf

Speel skaak vir span

Kuier gesellig saam

Page 12: Kroonnuus 20 08 2013

12 KROONNUUS, DINSDAG 20 AUGUSTUS 2013

Gholfdag helphonger kinders’n GHOLFDAG ten bate van honger kindersword op Saterdag 7 September aangebied. Diegholfdag is ten bate van die NG kerk Kroon-stad-Oos se kinderprojek.Deur dié projek word etes by die Sentrale

Volkskool en die Hoërskool Kroonstad se Jo-han Slabbert-terrein voorberei vir behoeftigekinders wat gereeld sonder ’n gebalanseerdemaaltyd moet klaarkom.Buiten bydraes uit die gemeente dra dié dag

ook daartoe by om die nodige geld in te samelter ondersteuning van die projek wat tweekeer ’n week sowat 130 kinders kosgee.Die gholfdag bestaan uit ’n pienkbal-gedeel-

te en ’n individuele beterbal-Stableford-ge-deelte (IBS). ’n Span van vier spelers neemaan die pienkbal deel. Rig navrae aan AndréJoubert by 056-212-2050.

THE Kroonstad Bowling Club played brilliant bowls to sweep up all opposition awards and win the recent regional mixed fours competition. Fromthe left are Chris Evans, Frances Steenkamp, Dave Adams and Monty Dell. Photo: Supplied

Rolbal ’n sport vir almalAnne-Lize

Jansen van Vuuren

CHRIS EVANS, voorsitter vandie Kroonstad-rolbalklub, glosoos ander klublede dat dié sportdeur almal beoefen kan word.“Ons klub bestaan sedert 1922

en was in ’n stadium meer as 100lede sterk.Mansénvrouekanrol-bal speel. Daar is selfs kinderswat hul ouers uitstof,” sê Evans.

Hy en die klublede is dit eensdat diewaardevan rolbal dikwelsonderskat word.Dit is nie net die doellose rond-

rol van balle nie, maar ’n menskry ook baie goeie oefening hier-deur.Rolbal leer ’nspelerkonsen-treer en goeie kommunikasie isook belangrik.’n Groot bonus is die hegte

vriendskappe wat gereeld tussenspelers gesmee word. Daarvan

kan die lede wat ouer as 80 jaaris veral getuig.Die klub het ’n ryke geskiede-

nis. Een foto wys die Britse be-soek in 1929 en ’n ander toon aanhoe die bane in 1988 tydens dieKroonstad-vloede onder waterwas.Teen ’n boom pryk ’n gedenk-

plaatjie wat in 1994 ter herinne-ring aanCharles, Victor enFredaYazbek aangebring is.

Evans en sy medespelers be-plan om binnekort leerlinge virdie klub by skole te werf en nooiintussen belangstellendes omsaam te speel.“Onthou ook ons opedag op Sa-

terdag 24 Augustus. Daar gaan ’npotjiekoskompetisie, pannekoek-tafel en ander stalletjies wees,”nooi Evans.Belangstellendes kan Evans by

072-319-6430 bel.

Winners of mixed fours competition