12
Tel (053) 831 2331 Woensdag 9 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS Die Diamantstad se koerant Unique Jacobs MOTORISTS and consumers of petroleum products should prepare for extra costs after the prices of these products increased last week. The price of petrol went up by 31 cents per litre, diesel is up by 14 cents and the price of paraffin has increased by 31 cents per litre. The Department of Energy announced the price hike in June and cited changes in international factors as one of the reasons for the increase in prices. Many Kimberley residents were left fuming after these develop- ments. Angela Janse van Rensburg is one such resident. The 35-year-old from Cassandra in Kimberley says that she does not think the government takes poor people into consideration. “This is a crisis. It is already difficult for my husband and I to fill up our bakkie’s tank. We only travel to and from work, but it is already expensive. I guess we’ll have to buy bicycles.” Monnapule Lebona (25) lives in Barkly West and has to travel to work in Kimberley every day. He says that the petrol increase is going to put strain on his monthly salary. “All of my money goes to petrol. This increase means that I have to cut back on a lot of other things in order to afford petrol.” Public transport commuters can breathe a little easier as there has been no mention of an increase in taxi fares yet. Joleen Rassau (21) from Green- point in Kimberley is very happy that taxi fares have not increased. “If the fare had to go up now, it would make a very big dent in my monthly budget. It is already expensive now.” Roodepan resident Latoya Sagrys is grateful that fares did not go up, because not everyone would be able to afford it if the fare prices increased. The 23-year-old does, however, feel bad for taxi drivers and owners because the price hike affects them. A 45-year-old man from Roode- pan in Kimberley, who prefers not to be named, says this increase in prices means that he has less money to spend on food and other necessities, because he now has to spend more money on paraffin. “We just can’t seem to win in this country. I’m already living in a cold shack and these price hikes aren’t making things easier on us poor people.” Hike takes its toll Hike takes its toll Residents struggle to get by due to fuel price increases THE price of fuel and other petroleum products increased again last week adding more strain on consumers’ already tight budgets. Many Kimberley residents expressed their displeasure with these price hikes. Photo: Emile Hendricks

Noordkaapnk 20140709

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Noordkaapnk 20140709

Citation preview

Page 1: Noordkaapnk 20140709

Tel (053) 831 2331 Woensdag 9 Julie 2014 www.noordkaap.co.za GRATIS

Die Diamantstad se koerant

Unique Jacobs

MOTORISTS and consumers ofpetroleum products shouldprepare for extra costs after theprices of these products increasedlast week.

The price of petrol went up by31 cents per litre, diesel is up by14 cents and the price of paraffinhas increased by 31 cents perlitre.

The Department of Energyannounced the price hike in Juneand cited changes in internationalfactors as one of the reasons forthe increase in prices.

Many Kimberley residents wereleft fuming after these develop-ments.

Angela Janse van Rensburg isone such resident. The 35-year-oldfrom Cassandra in Kimberley saysthat she does not think thegovernment takes poor peopleinto consideration.

“This is a crisis. It is alreadydifficult for my husband and I tofill up our bakkie’s tank. We onlytravel to and from work, but it isalready expensive. I guess we’llhave to buy bicycles.”

Monnapule Lebona (25) lives inBarkly West and has to travel towork in Kimberley every day. Hesays that the petrol increase isgoing to put strain on hismonthly salary.

“All of my money goes topetrol. This increase means that Ihave to cut back on a lot of otherthings in order to afford petrol.”

Public transport commuters canbreathe a little easier as there hasbeen no mention of an increase intaxi fares yet.

Joleen Rassau (21) from Green-point in Kimberley is very happythat taxi fares have not increased.

“If the fare had to go up now, itwould make a very big dent inmy monthly budget. It is alreadyexpensive now.”

Roodepan resident LatoyaSagrys is grateful that fares did

not go up, because not everyonewould be able to afford it if thefare prices increased.

The 23-year-old does, however,feel bad for taxi drivers and

owners because the price hikeaffects them.

A 45-year-old man from Roode-pan in Kimberley, who prefersnot to be named, says this

increase in prices means that hehas less money to spend on foodand other necessities, because henow has to spend more money onparaffin.

“We just can’t seem to win inthis country. I’m already living ina cold shack and these price hikesaren’t making things easier on uspoor people.”

Hike takes its tollHike takes its tollResidents struggle to get by due to fuel price increases

THEprice of fuel andother petroleumproducts increased again lastweek addingmore strain on consumers’ already tight budgets.ManyKimberleyresidents expressed their displeasure with these price hikes. Photo: Emile Hendricks

Page 2: Noordkaapnk 20140709

2 NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014

Charné Kemp

INWONERS en liefhebbers van die Dia-mantstad se historiese geboue is hoogsontsteld oor die versuim van die departe-ment van gesondheid om die openlikevandalisme aan hul historiese kothuise inMemorialweg stop te sit.Dié ses huise is in 1892 in opdrag van

Cecil John Rhodes gebou vir Weenseorkeslede wat drie maande lank musiek opdie beroemde Suid-Afrikaanse en interna-sionale uitstalling gemaak het.Twee van die ses Weense orkeshuise, wat

tot nasionale gedenkwaardighede verklaaris, word as kantore gebruik. Die ander vierhuise is die afgelope jaar beskadig en totbouvalle verniel. By twee huise is diehoutheinings weg, houtdeure en -vensters isuitgeruk, pleister is afgekap om elektriesebedrading uit te ruk, badkamer- en alleloodgieterpype is verwyder, vuur word indie huise gemaak en menslike ontlasting isin die vertrekke. In twee ander huise is oopvensters met komberse en matrassetoegemaak en plakkers het hier ingetrek.Ironies pryk die kentekens van die

Suid-Afrikaanse Erfenishulpbron-agentskap(Sahra) langs die kentekens van ’n bekendesekuriteitsfirma. Dié huise, wat tot gedenk-waardighede verklaar is, is veronderstel ombeveilig te wees.Die departement van gesondheid wat die

huise besit, het teen gistermiddag nog niekommentaar gelewer nie.Ratha Timothy, bestuurder van die

Kimberleyse Historiese Genootskap, hetnamens Sahra kommentaar gelewer.“Dit is baie hartseer as ’n gemeenskap sy

historiese geboue verloor. Die huise isheeltemal verwoes. Die sekuriteitsmaatskap-py het wel gekeer dat die plakkers sommigeartikels vat. Dit word by die departementgeberg. Ek het eergister die georganiseerde-misdaad-eenheid gebel. Die eenheid moetook teen misdaad by erfenisgeboue optree.Die polisie het die plakkers verwyder.”Die Wet op Nasionale Erfenishulpbronne

vereis die aanstelling van inspekteurs watwette streng toepas. Polisielede is gemagtig

om as inspekteurs op te tree.“Die geboue word kragtens die wet

beskerm. Daar is veronderstel om na diegeboue omgesien te word sodat die karakteren besondersheid behoue bly. Dit moet asbates bewaar word sodat dit nie laste virdie omgewing word nie.”Die verval van geboue kan Kimberley

ontsier en maatskaplike welvaart enekonomiese ontwikkeling strem wanneerbeleggers hierdeur afgeskrik word. Daar isook ’n verlies aan kulturele identiteit.Wanneer die Erfenishulpbron-agentskap

sien geboue word verwaarloos sodat diegrond ontwikkel kan word, en die gebouedie potensiaal verloor om verder bewaar teword, kan dit ingryp. Die eienaars kanbeveel word om die gebou in ’n redeliketydperk en tot die tevredenheid van dieErfenishulpbron-agentskap te herstel of opte knap.“As die eienaar dit nie doen nie, kan die

Erfenishulpbron-agentskap dit self doen endie rekening aan die eienaar stuur.“Gordon Moncho, die uitvoerende hoof

van die departement, het my verseker diedepartement is bewus van die probleem enbedink ’n plan om die eiendomme te

beskerm. Sekuriteitswagte sal aangestelword om verdere skade te beperk. Diegeboue sal opgeknap word en as verblyf virverpleegsters aangewend word.”Die Erfenishulpbron-agentskap het in

Februarie vanjaar ’n vennootskap met diepolisie in die provinsie gesluit om geboueteen misdaad en vandalisme te beskerm.) Die Weense Orkeshuise, of Bandsmen-houses soos hulle algemeen bekend staan, isin 1892 vir die groot Suid-Afrikaanse en

internasionale uitstalling gebou wat in dieDiamantstad gehou is.Die uitstalling was ’n grootskaalse

bemarkingsveldtog vir Suid-Afrika. Dit was,volgens die Belgravia-staproetebrosjure, ’nmaatskaplike sukses maar geldelikemislukking.Die orkeslede het die drie maande wat die

uitstalling geduur het in die skakelhuisegewoon. Baie van die orkeslede het inSuid-Afrika agtergebly.

Huise se verval krap inwoners om

DIE Weense orkes wat op die Suid-Afrikaanse en internasionale uitstalling opgetree het.Foto: Verskaf

DIE binnekant van die huise is met graffiti,uitgekapte toebehore en ontlasting ontsier.Alle deure en deurrame, vensterrame enloodgietertoebehore is uitgeruk.

Foto: Emile Hendricks

DIEBandsmen-skakelhuise,wat deur Cecil JohnRhodes inKimberley vir die Suid-Afrikaan-se en internasionale uitstalling in 1892 gebou is, was eens goed versorg en gesog.

Foto: Verskaf

DIE huise is gewis nie meer die aantreklike kothuise wat dit jare tevore was nie. Plakkershet hier ingetrek en stroop die huise stelselmatig van alle boumateriaal. Die lamppaalwat op die foto bo te sien is, is afgesaag. Foto: Emile Hendricks

Page 3: Noordkaapnk 20140709

NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014 3

Unique Jacobs

NICO SCHEEPERS is vandeesweek Noord-kaap se profielfokus. Die Griekwa-vleuel enheelagter is in Port Elizabeth gebore.Hy is 24 jaar oud en het aan die Hoërskool

Nico Malan rugby begin speel.Scheepers se rolmodel is die Nieu-Seeland-

se rugbyspeler Dan Carter omdat sy spel baiekonstant is en hy amper nooit ’n swakwedstryd speel nie. Voordat hy vir dieGriekwas begin speel het, het hy al virspanne soos die Shimlas en die Vrystaatse

Cheetahs gespeel.Hy het vir die Poubloues begin speel

omdat hy hou van die soort rugby wat dieGriekwas speel en ook vir die blootstellingwat hy by die span kry.Die hitte in Kimberley was vir hom ’n

groot aanpassing. Scheepers wil graag eendagSuperrugby speel, sowel as vir een van dieFranse se 14 beste klubs.Daar het nog nie enige snaakse goed met

die speler op die rugbyveld gebeur nie. Ná syrugbyloopbaan wil dié Griekwa graag op syfamilieplaas in die Oos-Kaap gaan boer.

Nico het groot planneDIE Griekwa-vleuel en heelagter Nico Scheepers. Foto: Emile Hendricks

SATERDAG 5 JulieDie Nations For Jesus-sendinginstansie

bied om 07:30 vir 08:00 ’n ontbyt in dieHoffepark-saal by Birbeckstraat 30 aan.Toegang kos R60 per persoon en sluit ’ngeskenk in.Besprekings moet voor 28 Junie

gedoen word. Kontak Christa Vrey by082-520-1172 of Johan Vrey by 082-471-8121.Donderdag 24 Julie

) Die Volksblad-joernalis Charné Kempis die gasspreker op ’n byeenkoms vandie Volle Evangeliekerk Kimberley. Sysal praat oor haar boek Moord opGriekwastad – Die storie van die Steen-

kamp-treurspel. Die boek sal teen R150 tekoop wees en Kemp sal ook boeke teken.Kom ondersteun ook die Christina

Kiddie-kinderhuis deur ’n blikkie kossaam te bring. Toegang is R220 perpersoon en sluit ’n driegangmaaltyd in.Dit begin om 18:30 vir 19:00 in die kerkop die hoek van Waterwerke- en Meyer-straat. Besprekings: 084-242-2220.Vrydag 1 AugustusKansa bied om 18:30 vir 19:00 ’n

skouspel in die Taberna Dei Diamant-stad aan.Toegang vir volwassenes is R50 en vir

skoolkinders R30. Rig navrae aan AdriBasson by 082-305-7878. Kaartjies is byKansa-kantore en Dream Blinds enkunstenaars te koop.Die projek is ten bate van Kansa in

Kimberley se Tough Living with Cancer-program.) Indien jy ’n geleentheid aanbied, stuurdie inligting aan Noordkaap. Die plasingis gratis.Inligting kan per e-pos na noord-

[email protected] gestuur word, faksdit na 053-831-4791 of SMS dit na 45533.Begin die SMS met “NK”.

SOEK en wen.Dit is die nuwe kompetisie wat Noord-

kaap en die Diamond Pavilion ShoppingMall van vandag af aanbied.Die kompetisie is maklik en pret.Elke tweede week sal ’n miniatuur-logo

van die Diamond Pavilion Shopping Malliewers in die koerant verskyn.Dit kan in ’n berig weggesteek wees,

of op ’n foto, dalk selfs in die mashoof.Al wat jy moet doen, is om dit te soek.As jy dit gekry het, SMS die sleutel-

woord “logo”, jou naam, telefoonnommeren die bladsy waarop die logo verskyn senommer na 45527.

Dit kos R1,50 om jou in te skryf.’n Wenner word uit die inskrywings

aangewys en kry ’n geskenkbewys vanR200 van die Diamond Pavilion ShoppingMall.Daar is reeds in die uitgawe so ’n logo

weggesteek.Soek daarna, stuur ’n SMS en jy kan die

gelukkige wenner van die geskenkbewyswees.Die SMS-lyn sluit Vrydag om 10:00.Die wenner sal telefonies in kennis

gestel word en ook in volgende week seuitgawe van Noordkaap aangekondigword.

Soek logo enwen bewys

HAVE you ever wondered why the NorthernCape is attracting more solar power projectsthan any other area in South Africa?The levels of solar radiation in the

Northern Cape are of the best in the world.This week, Droogfontein Solar Power, thefirst solar plant to supply Eskom with powerin the Kimberley area, produced enoughrenewable energy to power over 6 500households with electrical power producedfrom the sun. Here are some tips to help yousave on your electricity costs:) Plug home electronics, such as TVs andDVD players, into power strips and turn thepower strips off when the equipment is notin use.) Lower the thermostat on your waterheater.) Use low-flow showerheads.

Tips on savingenergy and power HERWIN en leef groener.

Herwinbare materiaal kan by die volgen-de plekke afgelewer word:

) Die NG kerk Dutoitspan op die hoek vanRose- en Dyerstraat, Beaconsfield. Bottels,blikke, plastiekbottels en papier kan vanMaandae tot Donderdae van 10:00 tot14:00 afgelewer word. Skakel 053-842-1100.) Die NG kerk Vooruitsig, Croninweg,Hadisonpark. Bottels en papier kan Maan-dae tot Vrydae van 08:00 tot 13:00 afgelewerword. Skakel 053-861-1849.) Die Hoërskool Adamantia, Blackstraat,New Park, vra vir landsdiens. Glas,plastiekbottels, blikke en wit papier kanvan Maandae tot Vrydae gebring word.) El Toropark. Bring elke eerste en derdeSaterdag van 09:00 tot 11:00 papier, glas,plastiekware en skoongewaste blikke nadie park in McDougallstraat.

Herwin, leef groen

Page 4: Noordkaapnk 20140709

4 NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014

TE midde van al die opwindingoor die Wêreldbeker-sokkertoer-nooi was die afgelope week ’nweek wat sportliefhebbers eintlikso gou moontlik sal wil vergeet.Dit het onder meer bekend

geword dat Daryl Impey, Suid-Afrika se fietsry-held in verledejaar se Tour de France, positiefvir die gebruik van ’n verbodemiddel getoets is.Dan word Kameroen se sokker-

span, wat ’n Wêreldbeker-toernooivan skandes beleef het, daarvanbeskuldig hy was by wedstryd-knoeiery betrokke.Boonop hang ’n wolk van

korrupsie en grootskaalse omkope-ry steeds oor die verrassendetoekenning van 2022 se Wêreldbe-ker-toernooi aan Katar.Asof dit nie erg genoeg is nie, is

die Nieu-Seelandse krieketspelerLou Vincent lewenslank geskorsnadat hy skuld beken het op 18oortredings van Engeland seteenkorrupsie-kode.Hy het ook bewerings rondge-

slinger van wedstrydknoeiery in

verskeie lande, waaronderSuid-Afrika.Al dié gebeure bring die

geloofwaardigheid van sport onderverdenking. Fietsry, krieket ensokker is juis drie sportsoorte watnie nóg skandes oor opkikkers,korrupsie en wedstrydknoeierykan bekostig nie. Selfs al word diebeweerde oortreders soos Impeyen Kameroen se “sewe vrotappels” onskuldig bevind, sal ’nstigma aan hulle en hul sportsoor-te bly kleef. Sportfederasies salstrenger teen sulke oortredersmoet optree.Tugstappe sal gedoen moet word

wat voornemende oortreders sosal afskrik dat hy of sy nie langerdink aan die vals glans vanopkikkers en die maklike miljoenevan knoeiery nie. Veral dieInternasionale Sokkerfederasie(Fifa) sal wakker moet skrik. Hyis gans te laks wat optrede teenkorrupsie in eie geledere betref.’n Gesloer met optrede teen

oortreders en ligte strawwe bewyssport geen guns nie.

Vrede bring rustigheidHannes Noëth

OP die een of ander duister manier het syweggeraak van haar groep. ’n Nuwe tuistegevind. Tevrede gevestig.Later vergeet sy die rigting waarheen sy

eintlik op pad was. Die lewe beweeg aan.In haar nuwe groep het sy ’n warm tuiste

gevind. In die huis was reeds ’n pa en ’nma, twee kinders, drie honde en twee katte,toe kom sy by.Sy het hulle aanvanklik nie vertrou nie.

Vertroue vat mos ’n tyd om te bou. Dit was’n lang en ’n moeisame proses.Maar die kinders wou haar daar hê. Die

pa en ma wou haar ook daar hê.Die ou honde het nie eintlik omgegee nie,

die katte was ’n groter uitdaging. Hullemoes haar eers gewoond raak.Stukkie-stukkie het sy in hulle almal se

harte gekruip. Sy het ’n onmisbare deel vanhul lewe geword.Hulle het haar sommer Vrede genoem.

Gesê sy bring ’n rustigheid in hul huis.Kan Vrede so klein, so ’n groot verskil

aan ’n huishouding maak? Vrede was ’nduif. Spierwit. Mooi. ’n Duif met karakteren houding.

Waarheen sy op pad was, sou niemandweet nie, sy het net eendag op die huis sedak gesit. En die volgende dag weer.Hulle het haar begin kos gee en sy het

elke kort-kort teruggekom vir nog. Iewershet sy haar vluggroep verloor. Sy het by diehuis aangesluit asof sy nooit aan ’n andergroep behoort het nie. Die ringetjie om haarvoet kon hulle nie lees nie. Later het sy omdie swembad begin loop. ’n Volgende tree diehuis in gegee. Mak geword. Deel van hulhuishouding. Met smaak sou hulle vertel:Vrede het hul huis ingekom. Vir diebuitestander sou dit vreemd klink, die gesinhet verstaan. Selfs as onvrede in die huiswas, het hulle steeds vir Vrede. Haar naamhet hulle saam op besluit – dalk was dit diesimboliek van ’n wit duif, maar as hullehaar sien, het hulle aan vrede gedink.Ek het vandag ’n besondere voorreg gehad:

Die seuntjie het ’n hand vol kos gebring.“Dominee, kan ek vandag vir Vrede voer?”

NAZARETH HOUSE is in 1888 in Kim-berley begin deur vyf susters van Na-zareth House in Hammersmith, Lon-den, wat sy ontstaan in 1864 gehadhet. Die vyf susters het ’n klompie jarená die ontdekking van diamante naKimberley gekom. ’n Halwe hektaargrond is deur die London and SouthAfrican Exploration Company geskenken ’n geboumet drie vertrekke is opge-rig. Die altaar en ander benodigdhedevir die Heilige Mis in die kapel, dietweede vertrek wat voltooi is, is vanEngelandgebring. Die eerste inwonershet op 1 November 1888 ingetrek –twee kinders en ’n bejaarde man envrou. Daar was aanvanklik nie ’n kom-buis nie en kos is oor ’n oop vuur gaar-gemaak. In 1892 het bouwerk aan dielinkervleuel van die gebou begin toedie oorspronklike gebou te klein ge-raak het. Teen die einde van 1895 wasdaar reeds 130 inwoners. Bouwerk aan’n nuwe kapel het in 1894 begin. Ty-dens die Beleg van Kimberley is ’n“ambulansvlag” bokant die geboulaat wapper om aanvalle te verhoed.Nogtans is die gemeenskapskamerdeur skrapnel getref. Siekes engewon-des is in dié tyd hier verpleeg. Die kin-derafdeling is in 1976 gesluit en net be-jaardes is daarna in die tehuis versorg.In Desember 2001 het Nazareth Housegesluit. Die gebou word nou deur dieSt. Patrick’s College (CBC) as ’n kos-huis gebruik. Dit heet nou Edmund Ri-ce House.

Foto’s: Emile Hendricks en Africana-biblioteek

Dien nou as koshuis

Karin Muller

’n PAAR weke gelede is ekamper deur ’n man aangevalterwyl ek gaan stap het. Dievoorval het baie naby aan diehuis plaasgevind. ’n Verbygan-ger het besef wat aan die komwas, haar motor omgedraai,langs my kom stilhou en diehele situasie ontlont. Die man het tussenneus en ore verdwyn.As ’n mens dink aan iemand wat ’n

lewe red, dink jy onwillekeurig aan ’nsekere soort beroep. Medici. Nooddienstesoos die brandweer en polisie. Spesialemagte met spesiale opleiding. Mensered-ders op oorvol strande.Dalk dink jy aan mense van wie jy lank

gelede op skool geleer het: Rachel de Beerof Wolraad Woltemade. Mense wat hul eielewe gegee het sodat iemand anders hullewe kon behou.Dit was mense met moed. Onselfsugtige

en vasberade individue wat onbaatsugtigopgetree het.Kyk jy na koerantopskrifte, besef jy

daar is vandag nog helde inons gejaagde, moderne lewe.Mense wat diere of andermense red. Waagmoediginduik in onbekende water.Heldhaftig na ’n motorwraktoe hardloop omdat hulleeerste op die toneel is enmoontlik kan help.Om fisiek ’n lewe te red is

moeilik – anders sou dit seker meergereeld gebeur het. Tydsberekening isbelangrik. Omstandighede is uniek. Dit is’n geval van sekondes of minute tussenlewe of dood. As albei partye oorleef, worddit waarskynlik as ’n wonderwerk beskou.Tog is daar daagliks ander soorte helde

in almal van ons se lewe.Mense wat ander mense ’n kans gee. ’n

Geleentheid aanbied. ’n Hand van vriend-skap uitreik. Selfs net ’n klop op dieskouer gee. Om weer hoop te gee wat oor’n lang tyd weggekwyn het.In my geval, iemand wat twee minute

van haar dag afgestaan het om moontlik’n lewe te red – nie net fisiek nie, maarbeslis emosioneel.

Daar is helde in almal se lewe

Sport kan knoeiery,skandes niemeer duld

Page 5: Noordkaapnk 20140709

NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014 5

DIE Kansa-skouspel word elke jaar opgedraaan al die kinderpasiënte waarmee KansaKimberley werk.Die doel is om dit ’n aand te maak

waarop dié vegtertjies vereer word vir ditwat hulle en hul gesinne beleef. Die idee isook om die aand vir hulle lekker te maaksodat hulle van alle bekommernis vergeeten spesiaal voel.Volgens Adri Basson van Kansa is die

eerste Kansa-skouspel in 2010 vir net eenseuntjie gehou, maar dit het uitgebrei tot 18kinders in 2014 wat by die Kansa Kimber-ley-sorgsentrum se kinderkankerprogram,TLC – Tough Living with Cancer, baatvind.“Die geld wat ingebring word, word in

die streek teruggeploeg en vir ondersteu-ning aan kinderkankerpasiënte en hulgesinne aangewend. Dit word ook gebruik

vir ondersteuning aan kinders wie se ouersmet kanker gediagnoseer is.“Die Kansa-skouspel word vir ons

moontlik gemaak deur skenkers met baiegroot harte teenoor wie ons baie dankbaaris, om ons mense van Yonder en ’n redelikeaantal kinders van plaaslike kinderhuise tebring om die Kansa-skouspel by te woon.”Charisse Cloete, Marike Theron-Burger,

Juanita Basson, Donne Steyn, MariusPretorius, William Steenkamp, Rudie Vrey,Romeo Swartz, Ricardo Balance, BerryMatjan en die Noleen Andrews-dansskoolsal weer ’n aand aanbied wat niemand gousal vergeet nie.Die saal is elke jaar stampvol. Altesaam

1 200 mense kan die aand bywoon, maardaar is nog net 570 kaartjies beskikbaar.Rig navrae aan Adri Basson by 082-305-

7878.

Skouspel help vegtertjies

Unique Jacobs

AS jy besittings in jou huishet wat stof vergader enwaaraan jy nuwe lewe wilgee, kan jy die winkel virgebruikte goedere van dietehuis ACVV-Ons Huis virbejaardes help om dit nuwewaarde vir iemand anderste gee.Die winkel is by die

tehuis in Beaconsfield. Indié kamertjie is mans- envroueklere, skoene, breek-goed, en boeke netjiesuitgepak.Mense skenk dikwels

goedere wat hulle nie meergebruik nie aan die tehuis.Dit gaan dan eers aanbehoeftige inwoners en watoorbly, word in die winkelvertoon.Enigeen kan iets in die

winkel koop. Die goedkoop-ste goedere kos R5 en dieduurste, wat winterbaadjiesinsluit, kan teen R80 gekoopword.Aletta Pilcher bring haar

oggende as ’n administratie-we beampte by die tehuisdeur en in die middae housy haar lyf winkelier.Die winkel is weekdae

tussen 13:00 en 16:30 oop.“Die geld wat die winkel

maak, word in die tehuisteruggeploeg om te helpwaar daar ’n behoefte is,”sê sy.Sy sê die goedere wat

geskenk word, is van goeiegehalte en in ’n goeietoestand.

Sy vra ook dat diepubliek enigiets wat hullenie meer gebruik nie aandie tehuis skenk. Die

goedere kan by die tehuisafgelewer word of mensekan Pilcher by 053-842-1141vir verdere inligting bel.

Gebruikte warehelp bejaardes

ALETTA PILCHER, die administratiewe beampte van dieACVV-Ons Huis-tehuis vir bejaardes, beman die winkelwaar gebruikte goedere verkoop word om ekstra geld temaak om in die tehuis se behoeftes te help voorsien.

Foto: Lecrecia Prins

Lecrecia Prins

DIE Hoërskool Adamantia spog met die eerom die eerste skool te wees waarvan diekoerant op Noordkaap se webblad te kry is.Anza Holtzhausen, organiseerder van dié

skoolkoerant, die Adelaar, sê toe die geleent-heid oor hul pad gekom het, het hulle ditaangegryp. Sy sê die skool hoop om só meerouers en oudleerlinge te bereik.“Daar is soveel meer blootstelling op die

internet as net deur die harde kopie, veralvir oudleerlinge.”Sy sê leerlinge en onderwysers is opgewon-

de oor die digitale pad wat die Adelaar stap.“Onderwysers is baie positief en tevrede

met die besluit – selfs ons Facebook-lesersgeniet dit. Ons hoop die leerlinge gaan diekoerant nou lees omdat dit ook digitaalbeskikbaar is.“Ons redaksielede was net so opgewonde

toe hulle hoor die Adelaar is nou digitaalbeskikbaar. Hulle het gevra: ‘Wow, Juffrou,is ons regtig die eerste skoolkoerant inKimberley wat nou ook digitaal uitkom’.”Holtzhausen sê sy dink die opgewonden-

heid van die redaksielede sal die manier hoehulle vir die koerant skryf, beïnvloed.

“Ek dink hulle sal ekstra doen om bo tewees. Ek dink ook hul aanslag sal verander.”) Om jou skool se koerant ook op diewebwerf te laat laai e-pos ’n PDF-formaatvan jou koerant vir Candice Williams [email protected] en spesifiseerasseblief dat jou koerant op Noordkaap sewebwerf geplaas moet word.

Skoolkoerant betree die web

SÓ lyk Adamantia se skoolkoerant opNoordkaap se webwerf.

Page 6: Noordkaapnk 20140709

6 NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014

FOKUS OP FABRICIA

FABRICIA, een van die eerstenywerheidsgebiede in Kimber-ley, het die afgelope paar jaar’n gedaanteverwisselingondergaan.

Die gebied is op die ouperderenbane aan die suidooste-like kant van Kimberleygeleë en is die eerste nywer-heidsgebied wat in die stadgevestig is.

Beplanning vir die 20 perseleis in November 1951 gedoen.

Die vestiging van die nywer-heidsgebied is in Januarie 1953goedgekeur.

Al die persele het spoorver-binding en die arbeid het vandie nabygeleë Greenpoint-woon-buurt gekom.

Die gebied is volgens stadsbe-planningsbeleid hier gevestigomdat die wind normaalweg in’n noordwestelike rigting waaien dit het verseker dat al diebesoedeling weg van die stadgewaai het.

Daar is destyds ’n grootverskeidenheid ligte nywerhedehier gevestig.

Al die verskillende brandstof-depots, groothandelaars endrank- en wynmaatskappye hetvan hierdie streek hul sakebedryf.

In Fabricia was drie van diestad se grootste groothandelaarsgevestig wat winkels in dieomgewing bedien het.

Al drie het oor die jare heenverdwyn en een van die geboueis in ’n kerk omgeskep.

In 2003 is die provinsie seeerste farmaseutiese depot deurdie regering in Fabriciageopen.

Die Dr. Neo Arthur Letele-Farmaseutiese Depot – ’nmediese logistieke sentrum enfarmaseutiese depot – verskafmedisyne aan die streek sehospitale.

Die sentrum is gevestig in ’ngebou wat voorheen dieonderneming Awerbuck enBrown gehuisves het.

Die gebou is teen R1,4 miljoenvir dié doel aangekoop.

Dit is opgeknap en in dieluukse sentrum omgeskep.

Gebiedkom ’nlangpad

Page 7: Noordkaapnk 20140709

NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014 7

FOKUS OP FABRICIA

FABRICIA is die tuiste van verskeie groot ondernemings soos Pennypinchers.Foto’s: Emile Hendricks

BULPERD TRAILERS sien om na sekere ver-voerbehoeftes.

VIR boubehoeftes kan P. Fourie-konstruksie in Fabricia besoek word.

Enigiets hierte kry

Vir

mee

rfoto

’sen

nuus

beso

ekdieweb

werf

www.noo

rdka

ap.co.za

THE South African Police Service’sRoodepan Sector Policing, in partner-ship with the Department of Sport,Arts and Culture, the Roodepan Com-munity Policing Forum, the RoodepanSafety Volunteers, loveLife and theLerato Park Community recentlyinitiated a Sport Against Crime Awa-reness Day.

On Saturday, 5 July, seven soccerteams, comprising teams for girls andboys from Roodepan and Platfontein,braved the cold weather by participa-ting in a day of education, sport, musicand fun.

The event formed part of the police in

Roodepan’s school holiday programme,which included team building, as wellas educational and fitness activities.

The tournament kicked off with thematch between the u.9 boys’ teams fromLerato Park.

This was followed by the u.19 round-robin knock-out tournament which sawthe Roodepan Young Achievers walkingaway with the trophy.

All the participants received certifica-tes of participation, as well as warmsoup and rolls which was sponsored byRoodepan and Galeshewe businessmen.

The theme for the day was A child insport is a child out of court.

Sport fights crime

CHILDREN fromRoodepanandPlatfontein braved the cold thisweekend toparticipa-te in a day of education, music, sport and fun. The event formed part of the SouthAfrican Police Service (SAPS) in Roodepan’s school holiday programme,which inclu-ded team building, as well as educational and fitness activities. Photo: Supplied

Page 8: Noordkaapnk 20140709

8 NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014

Charné Kemp

AS sy duiwe sierlike “sirkels teendie blou” gooi, raak ’n duiweboerkinderlik opgewonde. Net soosKrisjan Swart, die man in DavidKramer se gelyknamige liedjie, “ishulle trots, harte bly, met silwerbe-kers in ’n ry”.

Wintertyd is silwerbekertyd, tydvir posduifwedvlugkompetisies. Ditis koeler, die voëls het reedsverveer en kampioene is geteel.

’n Kampioen so reg na ’nduiweboer se hart, een wat ’nduiweboer, soos Frikkie du Plessis,self geteel het. Du Plessis, wat aandie Kimberley Homing Society(KHS) behoort, se tuinwoonstel isagter sy dogter se huis in Hadison-park.

“Ek het so 200 duiwe, maar ekmoet verminder. Die koste, jyweet,” vertel hy.

Voordat hy afgetree het, was hy’n passer by Transnet. Nou is hyheeltydse duiweboer met ’n paarsilwerbekers en nasionale kleure.Hy deel raad en daad, net nie diepresiese geheim van sy sukses nie.

“Eerste, ’n goeie bloedlyn. Danmoet jy dieselfde roetine, sooskosgee, daagliks volg. Anders neukjy met die voël se metabolisme. Jymoet oplet vir enige probleme ofsiektes en dit dadelik behandel. Ekbekyk die asemhaling, vere enspiere deeglik. ”

Hy vryf saggies oor die duif in syhand se kop. Dit is ’n mooi duif –gespikkeld, spierwit, duifgrys envaal. Die geveerde is nie net ’n voëlnie, dit is ’n geliefde.

Du Plessis is puntenerig, al sêdie ander duifmanne hy mors tyd.Wanneer hy sy duiwe voor ’nwedvlug laat mandjie (wanneer dieduiwe nagegaan en op die vragmo-tor gelaai word om na die vryla-

tingsplek vervoer te word), worddie pote met Dubbin-was gesmeer.Mis of modder op sy kampioene sepote mag nie hul vaart belemmernie.

Smôrens staan hy vroeg op omaandag en kos te gee. Sy spesialemengsel is sonneblomsaad, mieliesen ertjies, opgekikker met heuningen suurlemoensap.

“ ’n Swaar duif gaan nie goedvlieg nie, tensy dit baie verafstande is. En vlugte langer as900 km word nie meer toegelaatnie.”

Eindelik is die voël se uithouver-moë die deurslaggewende faktor.

Du Plessis maak ’n spesialeasynbad aan vir sy duiwe ná langwedvlugte. Die duiwe klim self indie metaalbaddens. Ná ’n strelendebadsessie lê hulle die hele middagin die son en rus en van rylopersontslae te raak. Die hokke wordook met asynwater uitgespuit virsindelikheid.

Die duiwe hou hom al sedert 1959besig. Nadat hy as klein seuntjieduiwe huis toe gebring het, het sypa ook begin deelneem. DieDiamantveld-posduifklub inBeaconsfield is in hul motorhuisgestig. Die derde klub in Kimber-ley, die Griekwaland-Wes-posduif-klub, is in die stad.

“Daardie jare het ons die duiweby die huis gemandjie en per treinna ander plekke (selfs Bulawayo enSalisbury) gestuur. Die mandjie isaan die stasiemeester gerig (teen 20sent) met ’n duidelike instruksieoor die vrylatingstyd.”

Saterdae, op wedvlugdae, sit diéduiweboer in afwagting by diehokke en wag vir die eerste duifom sy sirkel te maak.

Dit is dan wanneer Priscilla senasate, die strippers of lokkers, hulslag moet wys. Priscilla was ’n

gewone duif wat Du Plessis jaregelede op die dak van ’n spoorweg-gebou hans grootgemaak het. Sy isgebruik om die wedvlugduiwe indie hok te lok sodat die elektronie-se pootring die vlugtyd kanregistreer. Sy kollegas het spotten-derwys na die stripper as Priscillaverwys. Priscilla IV, ’n spierwitduif met ’n guitigebekkie en slankelyfie, doen nou diensin sy hokke.

Hoe weet ’n duiweboerof sy duif ’n hy of ’n sy is?“Ons boere wéét. Maardit is ook só dat iemandal ’n mannetjie gekoophet wat later eiers gelêhet . . .”

’n Span duiwe bestaanuit 28 duiwe, mannetjies enwyfies. Daar is twee afdelings– jaar oud of jonger en die opeafdeling vir ouer duiwe.

Elke sekonde is belangrik op ’nwedvlugdag.

Die afgelope Saterdag hetDu Plessis se duif dielandingsbord misgevliegen hom 18 sekondesagter diewenner-duif vanJBCorneli-usge-plaas.

DieKHS,gestig in1898, is diederde oudste klubin die land.Saterdagaande komdie lede na die

KHS-klubsaal om te hoor wie diewenners is. Vanaand sit PieterStegman (wedvlugsekretaris) langsLouis Vermeulen (kampioen vandie laaste vyf jaar) om die resultatete bereken. Sakkie Joubert het passy klok ingebring wat aan ’n reke-naar gekoppel word. Kobus Lam-bert voer papier in die drukkers in.

Roelie Steinmann, klubvoorsitter,staan soos ’n owerste rond.

Hy sal later die aan-kondiging doen

oor wie seduiwe vandagdie vinnigste

van Victoria-Wes gevlieg het.

Duiwe se vaart word inmeter per minuut bepaal.

Die lede, van 18 tot 90,wag gespanne in die kroeg.

Hier sít die manne. Diedoelwit is dat jou duiwe oor dievolgende maande die meeste voormoet vlieg en daarom

die meeste puntebymekaar-

maak. Daar is net 70 plekke. Dieeerste duif in jou span wat eerstevir ’n wedvlugkategorie inklok, kry70 punte, jou ander duiwe daarnaelk een punt. Die tweede vinnigsteduif van ’n ander eienaar kry 69punte, en so aan. ’n Mededingerkan nie een naweek oorslaan ennie duiwe vlieg nie.

Vrydagmiddae (Donderdae as dieduiwe baie ver vlieg) bring dieboer sy klok en duiwe na die klubwaar dit ingestel en nagegaan endie voëls gemandjie word. Altesaam25 duiwe pas in een mandjie, waar-na dit geseël en in die spesiaalomgeboude vragmotor verpakword. Die seël sal by vrylatingnagegaan en geknip word voordatal die mandjies gelyk oopgemaakword. Vermeulen sê mandjie-aandeis ernstig omdat elke duif semetaalring en elektroniese pootringaangeteken moet word. Soms wordmismonsters geneem om virverbode middels te toets.

Die laaste vlug vanjaar is inOktober van Bellville in die Kaap,sowat 815 km van die Diamantstad.

Die duiwe moet hul ingeboreinstink volg om van die noorde endie suide hul hok te vind. Hulle isvan kleins af geleer die hok is diebelangrikste plek vir hulle.

Die berekening van die wennersverg konsentrasie en akkuraatheid.

’n Mens moenie nou ingewikkel-de vrae vra nie. Die konsentrasiepêrel op die wedvlugbeamptes sevoorkoppe.

Hulle praat graag oor hul voëls.Hoe daar geteel, grootgemaak, teenborskaste gekoester, geoefen, gerusen met kampioene gepronk word.

Tog is die atmosfeer meergespanne as ontspanne. Wie sekampioen het vandag die vinnigste,sierlikste “sirkel teen die blou”gemaak?

Die veremaak die voël

FRIKKIE DU PLESSISmet een van sy geliefde duiwe. Foto: Emile Hendricks

TREINDIENSTE suidvandie stad is verledeweek ontwrig ná ’nnoodlottige ongeluk.

Die ongeluk, waar-in die vragmotorbe-stuurder omgekomhet, het sowat 25 kmsuid van Kimberleylangs die N12-roetegebeur.

Die oorledene hetvir Aqua Plant Hiregewerk. Die man hetna bewering beheerverloor en van diepad af beweeg. Syvoertuig het toe diewal, grensdraad en ’nvloedwatersloot ge-tref. Die vragmotorhet teen die wal opbe-weeg en op ’n boomgeval. Die boom hetdie kajuit deurboor.

Paramedici het dieman op die toneeldood verklaar. AlbertHensbergvanER24 sêdie toneel was bykansonbegaanbaar. Die fo-rensiese misdaadto-neelspan moes eersfoto’s neem en die to-neel ontleed. Trans-net moes alle dienstetydelik staak en dieoorhoofse elektriesekabels afskakel.

“Die wrak het op sysy gelê, wat dit baieonstabiel gemaak het.Die brandweer moes’n insleepvragmotorkry om die wrak vanoorkant die spoorlynonder die oorhoofsekabels te stabiliseer.”

Lt. Sergio Kock, po-lisiewoordvoerder, sêdie Modderrivier-po-lisie ondersoek ’nklag van strafbaremanslag. “Die onge-luk het omstreeks09:15 gebeur. Die oor-saak van die ongelukis onbekend.”

Diensteontwrig

Kimberleyse Eerstes

Ons vier

E+I197

02

1881:Kimberley Royal-aandelebeurs in die

land se eerste nywerheidsentrum

1873:Nie altyd eerste nie! Kimberley was destyds dietweede grootste dorp in Suid-Afrika na Kaapstad

1871:Eerste ontginning van diamante by wat

later die stad Kimberley sou word

1887:Eerste wetenskaplike identifikasie van diamantdraende

rots – Kimberlite – vernoem na Kimberley

1896:Suid-Afrika se eerste skool vir mynwese word gestig

en lê die grondslag vir drie ander vooraanstaandeSuid-Afrikaanse universiteite

1912:Eerste vrou opgelei

as vlieënier

1913:Suid-Afrika se eerste

vliegskool geopen

1914:Die Groot Gat sluit na 34 jaar en

heropen as die eerste Suid-Afrikaansemynerfenismuseum

1904:Eerste elektriese trem in

Suid-Afrika

1931:Eerste lughawe om beligtingstoerusting

te installeer, en eerste naglanding

1992:Eerste stadsraad om alle

groepsgebiede saam te voeg

1969:Eerste vroulike regter: Haar Edele

Regter Me Leonora van den Heever

2006:De Beers Consolidated Mines word

bemagtig met Ponahalo Holdings

2013:Eerste vrouehoof van De Beers Sightholder

Sales South Africa, gesetel in Kimberley:Mpumi Zikalala

2014:De Beers word die eerste groot Suid-Afrikaanse mynmaatskappy om sy

handelsonderneming te bemagtig. Ponahalo Holdings word De Beers Sightholder SalesSouth Africa se bemagtigingsvennoot.

Ons diamanthandelsonderneming is ’n bemagtigde entiteit, gesetel in Kimberley. Dit skep ’n geskooldewerksmag en ekonomiese bedrywighede; sorteer en waardeer die meeste van Suid-Afrika se

diamantproduksie; en verskaf diamante aan al ons Suid-Afrikaanse kliënte met fabrieke.

1882:Eerste stad in die Suidelike halfrond omelektriese straatbeligting te installeer

Page 9: Noordkaapnk 20140709

NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014 9

Marnus Hattingh

HOEWEL Peugeot se boontjiesak van ’n 3008nou al ’n jaar of drie op Suid-Afrikaansepaaie is, het die Franse die bussie pas weervir ’n vars voorkoms opgeknap. Ek hetPeugeot vir die topmodel met die tweeliter-turbodiesel onder die enjinkap gevraaangesien deesdae se diesels lekker lig opbrandstof is.

VoorkomsKyk, laat ’n mens eerlik wees, die bonkige

mopshond met sy ronde lyfie is nie heeltemalso sag op die oog nie. Die buks is op die 308gegrond, maar net ronder en groter gemaaken vir ’n beter grondvryhoogte effe in sysokkies gelig. Eindelik lyk hy soos ’nblaasoppie, ’n 308-buks wat met ’n strooitjieopgeblaas is. Maar wat, dis persoonlik. Dalkwerk die voorkoms vir jou.

BinneruimAs ’n gesinsbussie waarmee jy sorgeloos

ook op ’n grondpad kan ry, is daar duidelikheelwat tyd aan die binneruim se afwerkingbestee. Die luikdeur vou in twee dele oop:Die groot klap wip op na bo en ’n lae flap

swaai na onder oop.Dit is redelik nuttig, maar omdat die 3008

’n hoë grondvryhoogte het, is die laairuimsteeds hoog. Die ruim is egter baie prakties.’n Verdeler skei ’n boonste en onderstepakplek, en jy kan dit boonop op driehoogtes posisioneer.

In die luikdeur, asook by die kante en indie laaivloer, is verskeie bêreholtes (wat ookkan toeklap) waarin jy los artikels buite sigkan pak. Dit is baie nuttig.

Die instrumente voor is netjies afgewerken alles is maklik leesbaar. In die topmodel-weergawe het die 3008 ’n elektroniesehandrem, ’n opwipskerm waarop jou radio-en satnav-funksies verskyn en ’n ruitinlig-tingskermpie net voor die stuurwiel.

My sitposisie was nie gemaklik nie: Diepedale is te naby aan jou en jou sitposisie -dus regop soos wanneer jy ’n vragmotorbestuur.

In die topmodel kry jy ook ’n enormesondak wat van voor tot agter strek. Vir dieagterste insittendes is dit heerlik. Dit lykdeftig en maak die ruim baie lig.

Enjin

Die tweeliterdiesel is ’n lekker friskragbron. Vroeg in elke rat is die krag reedsdaar en hy raas ook nie te veel as jy vetgeeof soggens in die koue aanskakel nie.

Jy kan die enjin net met die sesgang-outomatiese ratkas bestel wat ’n gemiddeldeskakelaksie bied. Daar is ’n sportmodus,maar dit hou net die motor langer in elkerat. My verbruik was 6,0 liter wat presies iswat Peugeot self op aanspraak maak.

RitAs ’n buks wat hom daarop toespits om ’n

sagte sportnuts ook te wees (jy kan dus ookop ’n grondpad met hom gaan ry) was ekeintlik teleurgesteld met sy vering.

Slote in die pad maak ’n harde kadoef-ge-luid wanneer jy daardeur ry; dit klink amperasof die motor ’n klip tref. Ons het ditdestyds ook met die Citroën DS5 ondervind.

Die enjin is lekker lewendig en bied goeiekrag en op ’n oop teerpad is hy heerlik omrustig mee te ry.

As ’n praktiese buks is hy egter nommer-pas. Daardie laairuim is groot (jy kan maklik’n bergfiets agterin gooi) en daar is hopepakplekkies en posisies waarin jy die ruimkan verdeel om artikels in te pak.

SlotsomDaar was ’n paar lekker sterk punte aan

die 3008 en ook ’n paar irritasies. Jy wil diefris, redelik suinige turbodiesel hê, maar hyis duur, en hy bied ’n klomp ekstras wateintlik onnodig is. As ’n nutsbuks werk hygoed, maar persoonlik is hy vir my nie mooinie. Daardie voorvering se gestamp deurslote (of so klink dit dan) pla ook. Dalk is dieantwoord een van die goedkoper weerga-wes . . . en ry so min moontlik op slegtegrondpaaie.

Peugeot 3008 ’nware nutsbuks

Willem Fritz

KYK, nie almal is ewe bedrewe agter diekospotte nie.

Soms het ’n mens ’n wenner beet enander kere ’n brousel. Maar wat is diegeheim van ’n wenresep? Die gehalte vandie bestanddele? Die regte geurkombinasiesen balans? Dalk iets van alles?

Wanneer ’n mens ’n motor ontwerp, het ’nmens ook sekere goed in die regte kombina-sie vir ’n wenresep nodig. Volkswagen (VW)het met sy Polo iewers langs die pad ’nwenresep ontdek wat kopers soos soetkoekverslind.

Sedert sy plaaslike bekendstelling in 2010bly die Polo die beste verkoper ondergesinsmotors, naas die Vivo wat net ’n beterprysopsie bied.

Selfs die beste resep kan mettertyd stoomverloor – daarom het VW besluit om syPolo-resep te hersien om dit meer skop tegee.

Die Polo was nie foutloos nie. Sy grootstetekortkoming was sy enjins, omdat hullefeitlik onveranderd van die vorige generasieoorgedra is en effens kortasem was.

VW het dié sakie met sy opgeknapteweergawe reggestel. Die ou normaalgeaspi-reerde 1,4 liter- (63 kW) en 1,6 liter- (77 kW)enjin is nou met die VW-groep se 1,2 liter-turbo’s vervang.

Die nuwe turbo-oond kom in tweeweergawes – ’n makker een en ’n warmge-maakte model. ’n Nuwe 1,4 liter-turbodiesel(ook met twee kragvlakke) sal later syverskyning maak, terwyl die GTI volgendejaar kom.

Wat ratkaste betref, sal jy die makkerpetrolmodel met ’n vyfgang-handratkas kanaanskaf, terwyl sy woelige neef ’n ses-gang-ratkas kry. Daar is ook die opsie om hommet ’n sewegang-DSG-soort ratkas toe te rus.

Die nuwe enjins bied nie net meer skopnie, maar is ook ligter op brandstof – VW sê20% suiniger.

Wat voorkoms betref, is klein aanpassingsaan die gesig gemaak. Chroomdetail by diesierrooster, asook ’n nuwe ontwerp vir diebuffer met ’n laer luginlaat, gee aan dievoorkant ’n meer “volwasse” en gesofisti-keerde voorkoms.

Agter moet jy mooi kyk om die verskillete sien. Die ligte se ontwerp is effens

aangepas, terwyl die nommerplaatgebiedbreër uitgesny en die misligte laer is.

Binnelangs het VW duidelik meer tydbestee. Die stuurwiel is nuut, terwyl diewysers daaragter dieper lê en ’n drie-dimen-sionele voorkoms het.

Die ou, plat en grys radiogesiggie isvervang met ’n nuwe raakskerm-eenheidwat nogal aan die Golf se netjiese stelselherinner. Dit bied kleurbeelde en kan ’nSD-kaart sowel as ’n USB-stokkie hanteer.Die radio kan ook deur middel van Blue-tooth met jou slimfoon gesels. VW sê hygaan later die radio verder opknap met diesogenaamde MirrorLink-funksie.

Dié truuk maak dat jou slimfoon segesigbeeld net so na die raakskerm oorgedraword met dieselfde funksionaliteit. Maar ookdie algemene voorkoms is nou strate beteren veel deftiger danksy chroombelynings (bydie skakelaars, luginlate en deure) en nuwemateriale.

Wat veiligheid betref, het alle Polo’svoortaan ’n elektroniese stabiliteitstelsel en’n vashoufunksie as jy teen ’n bultjie moetwegtrek.

Die Polo kry ook die Golf se slim selfrem-funksie wat in ’n botsing in werking treeom ’n kettingbotsing te minimaliseer – ditis nou as iemand van agter teen jou vasjaagom te keer dat jy die voertuig voor jou tref.

Danksy die nuwe 1,2 liter-enjin is die Polo’n heel ander gedierte op die pad. Selfs diebedeesde weergawe is heel vlugvoetig ensukkel nie om weg te kom nie. Daar is nieturbo-traagheid te bespeur nie en teen hoëtoere is die enjin steeds stil.

Turbo-enjins beteken goeie wringkrag enin dié opsig het die klein Polo nou heelwatbaat gevind teenoor die ou, uitasem modelle.As jy wil verbysteek, het jy nie meer nodigom ’n rat of twee laer te haak nie. Jy geenet vet en die turbo doen sy ding. Die frismodel voel lekker woelig en danksy spaneagter die stuur kan jy soos Lewis en Vettelnet tik-tik om van rat te verwissel.

VW het met die opgeknapte Polo sy ouwenresep verbeter. Van die grootste tekort-kominge van die vorige model het nouaandag gekry (’n driejaar-/45 000 km-diens-plan is nou standaard) wat hom al hoër opdie keuselysie laat staan.

Die enigste kritiek is die agterbeenruimteis steeds skraps. Daar kon dalk ook nog

groter veranderinge aan die buitekantgemaak word om die nuweling duideliker teonderskei. Maar hoekom aan ’n wenreseptorring?

Polo slyp sywenresep fynerKYKnet hoe netjies is die binneafwerking. Die infoskerm kan geluk-kig wegvou as dit jou pla. Foto’s: Quickpic

DIE laairuim kan ’n bergfiets sluk, maar ons snap nie die nut vandie verdeler nie. Slim wegsteekplekke is onder die vloer en in diedeur te vind.

Page 10: Noordkaapnk 20140709

10 NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014

PERSOONLIKE

DIENSTE

LENINGS

1445

CONSOLIDATION.Loan online.Up to R23 000.Low credit score [email protected]

TE KOOP

ALLERLEI

1655

AANDAG ALLE BOERE:Ek verkoop immergroenRussiese gras en is opsoek na skape, bokke en oubakkies te koop vir kon-tant. 072 604 5219www.russiangrass.co.za

UTILITY RUBBER STAMPS:SAME-DAY SERVICE.TEL./FAX: 053 832 1951.

ALGEMENE &

HUISDIENSTE

ALLERLEI

1845

PLAFONISOLERING:THERMGUARD LITENK. Koel in somer, warmin winter. SABS. Gratiskwotasies. 082 388 0307of 053 832 9194.

BETREKKINGS

3600

ADMINISTRATIEF

3605

ADMIN CLERKSNEEDED for copy/pastework. SMS full name andaddress to081 886 0315 or e-mail:[email protected]

EARN R800 IN YOURFIRST WEEKGUARANTEED:Data hub needs someworkers to fill out formswith or without computer.Easy step-by-steptutorials, own hours. SMSname, postal or e-mailaddress to 073 374 8703 [email protected]

ALGEMEEN

3680

WAAR IS AL DIE hand-vaardige dogters van skolesoos NJ Heyns? Is usteeds werkloos?Skakel 061 472 2402.

TEGNIES

3770

ENGINE & GEARBOXBENODIG 'n gekwalifise-erde motortegnikus/motorwerktuigkundige.Aansoekers moet in besitwees van 'n geldige rybe-wys.CV's kan ingehandig wordby Engine & Gearbox, e-pos na: [email protected] of faks na086 218 5188.

BOEDELKENNIS-

GEWINGS

BOEDELS:

KREDITEURE EN

DEBITEURE4201

AC GROVÈIn die boedel van wyleAndries Christian Grovè,identiteitsnommer 3907175068 082, en nagelateeggenote Jacoba ElizabethPetronella Grovè, identi-teitsnommer 421114 0061085, van Haystonweg 16,New Park, Kimberley,Meester se verwysing020187/2014.Alle persone metvorderinge teen diebovermelde boedel moetdit binne 30 (dertig) daevanaf datum vanpublikasie hiervan by diebetrokke eksekuteur inlewer.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekuteurPOSBUS 64KIMBERLEY8300HV/jm/Gro88/0001.

BOEDELS:

LIKWIDASIE EN

DISTRIBUSIE4205

JS VAN HEERDENIn die boedel van wyleJacobus Schalk van Heer-den, identiteitsnommer220421 5037 082, en gadeSarah Johanna van Heer-den, identiteitsnommer340223 0004 082, vanHuisnommer 9, StillerweeAftreeoord, Kimberley,Meester se verwysing2869/2013.Die eerste en finale likwi-dasie- en distribusiereke-ning in die bogemelde boe-del sal ter insae lê tenkantore van die Meestervan die Hooggeregshof,KIMBERLEY, vir 'n periodevan 21 (een en twintig)dae vanaf 11 JULIE 2014.HPA VENTERDUNCAN & ROTHMANProkureurs vir EksekuteurDUNCAN & ROTHMAN-GEBOUCHAPELSTRAAT 39 - 43KIMBERLEY8301Verwysing:HV/jm/Van947/0001.

Die gebruik van die letter

, leestekens soos

of of die gebruik van

syfers met die doel om dieadvertensie na die bopuntvan die klassifikasie-lys teskuif, is streng verbode.

"A" "!"

"*"

SMALLS NOTICE

AANDAGALLE

ADVERTEERDERS

SOEK, KOOP, VERKOOP

Page 11: Noordkaapnk 20140709

NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014 11

DIE Griekwas seB-span het verledeweek ’n harde wed-stryd teen die Pu-mas se B-span nael-skraap met 26-25gewen. Hier probeerRudi van Rooyenmet die bal in diehand van ’n paar Pu-mas wegbreek.

Foto: Emile Hendricks

Probeerloskom

Gesels saam opNoordkaap seFacebookblad.

Page 12: Noordkaapnk 20140709

12 NOORDKAAP, WOENSDAG 9 JULIE 2014

SportSportDie Diamantstad se koerant

André Botha

DIT is nou ’n wedloop tussen die Griekwasen die Luiperds om te bepaal watter spandie kwalifiserende ronde gaan wen om nadie Premierliga van die Curriebeker-reeksdeur te dring.Die Griekwas is nou ’n enkele punt voor

die Luiperds met albei spanne wat nog tweewedstryde oor het.Dit beteken die Griekwas sal waarskynlik

albei hul oorblywende wedstryde met ’nbonuspunt moet wen om te verseker dathulle voor die Luiperds eindig.Die naweek kom die Valke Kimberley toe,

en die week daarna reis die Griekwas naGeorge om teen die SWD-Arende te speel.Dit is albei wedstryde wat die Griekwas

met ’n bonuspunt kán wen, maar dit durfnie as ’n gegewe aanvaar word nie.Sowel die Valke as die SWD-Arende het

nog in teorie ’n baie geringe kans ombo-aan te eindig, maar dan moet dieGriekwas en die Luiperds albei hul laastetwee wedstryde verloor.Hoe onwaarskynlik dit ook al mag wees,

kan dit nogtans vir die Valke en die SWD-Arende motivering wees.Daarby word die punte wat nou behaal

word na die eerste liga oorgedra en tel ditas die eerste ronde van dié kompetisie.Albei spanne sal dus punte wil behaal omhul plek aan die begin van die tweede

ronde van die eerste liga te verstewig.Die Luiperds het ’n ietwat makliker

paadjie as die Griekwas. Hulle speel dienaweek teen die Boland-Kavaliers inWellington en die naweek daarna teenGrens in Potchefstroom.Grens is onderaan die punteleer en kon

nog nie ’n wedstryd wen nie. Die kans dathulle die Luiperds van ’n bonuspuntwenkan weerhou, is bitter skraal. En ditboonop in Potchefstroom.Die Griekwas sal dus op Boland staat-

maak om die Luiperds dalk te troef of tenminste te keer dat hulle ’n bonuspuntbehaal. Dit sal sake vir die Griekwasvergemaklik.Die prentjie is donker vir die Griekwas

as hulle gelyk met die Luiperds sou eindig.Die Luiperds se punteverskil is in diéstadium groter as die Griekwas s’n, hullehet meer bonuspunte en ook meer drieëbehaal.Boland, die Griffons en Grens is reeds uit

die wedloop. Ongeag van wat in dieoorblywende wedstryde gebeur, is hulle tever agter om in te haal. Boland het net eenwedstryd oor en die Griffons en Grens mettwee wedstryde elk sal selfs met bonuspunt-wenne nie genoeg hê om die Griekwas endie Luiperds verby te steek nie.Die puntestand is: Griekwas 18, Luiperds

17, SWD-Arende 15, Boland-Kavaliers 12,Valke 10, Griffons 8 en Grens 2.

Luiperds kan dalkGriekwas pootjie

KIMBERLEY is ook in die jaarlikse Fauresmith200-uithourit verteenwoordig wat verlede week die 41ste keergehou is. Tanya Visser van Kimberley is hier ná die uithourit by haar perd, Shamani. Foto: Emile Hendricks

Mooi so, ou perd!

Vir meerfoto’s ennuusbesoekNoordkaapop Face-bookbyNoordkaapKoerant