13
Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ www.summariessa.co.za Sterk – sal nie maklik breek nie. As dit val sal dit buig, nie maklik breek nie. Sommige metale is hard, ander, soos suiwer goud is sagter. Metale is blink – soms eers vryf of krap. Smeebaar – kan in handige vorms gehamer of geslaan word, kan in dun rolle, soos aluminiumfoelie gerol word. Rekbaar – kan in dun drade getrek word. Meeste elektriese drade word van koper gemaak. Smelt teen hoë temperature – kan metaalpotte gebruik om water in te kook sonder dat die pot beskadig. Plateer – voorwerp word van goedkoper metaal gemaak en met dun lagie blinker, duurder metaal bedek. Silwer messe en vurke – met silwer geplateer. 5c munt – Staal met koper plateer. 10c, 20c en 50c – staal met brons plateer. R1, R2, ou R5 – Koper met nikkel plateer. Party metale raak mettertyd dof – kan skoonmaakmiddels gebruik om dowwe metale weer blink te maak. Word lank in Afrika gebruik. Maak voorwerpe soos gereedskap, spykers, ysterpale, draadheinings en wapens. Dit is sterk en hard. Dit roes. Waardevol. Baie smeebaar. Maak juweliersware. Blink altyd, raak nooit dof nie. Mense in Mapungubwe het goudvelletjies gebruik om kosbare voorwerpe te maak. Waardevol. Word al 8000 jaar gebruik. Blink – gebruik vir juweliersware. Gebruik sedert 6000 v.C vir ornamente en wapens. Gelei maklik elektrisiteit. Word vir elektriese drade gebruik. Baie lig maar sterk. Bou vliegtuie daarmee. Daar is meer aluminium in Aarde as enige ander metaal Trek yster oor met sink dat dit nie roes nie. Wateremmers word van yster gemaak en met sink oorgetrek. Mengsel van metale. Saamgestelde eienskappe beter as die van suiwer metaal. Goue juweliersware – mengsel van goud met silwer of koper – sterker en makliker om mee te werk. Kan ook allooie maak deur metale met nie-metale te meng. Staal – yster en koolstof, sterker as suiwer yster. Vlekvrye staal – yster, koolstof en chromium. Sterk, blink en roes nie. Geelkoper – koper en sink. Maklik gevorm, blink, lyk mooi. Brons – koper en tin. Harder en sterker as koper op sy eie. Dit breek maklik – nie so sterk soos metale nie. Sommiges is bros en sal breek as dit val. Meeste nie-metale is dof. Dit blink nie as dit gekrap of gesny word nie. Swak geleiers van hitte – hitte-isoleerders. Nie smeebaar nie – kan nie in vorms gehamer word nie. Nie rekbaar nie – kan nie in drade getrek word nie. Voorbeelde – glas, sand, klei, hout, was, plastiek, rubber, leer, tekstiel, water, olie, gasse. 1-Identifiseer ‘n onderwerp. 2-Vra vrae soos hoe, wat gebeur as, hoekom. 3-Maak ‘n voorspelling. 4-Beplan die ondersoek. 5-Versamel en teken die data aan. 6-Maak gevolgtrekkings. 7-Evalueer en kommunikeer. Ewekansig – alles op dieselfde manier toets. Verander een faktor op ‘n slag. O6 – Metale en Nie-metale Bruikbare eienskappe van metale Algemene metale en hul eienskappe Bedekkingsmetale Yster Goud Silwer Koper Aluminium Sink Allooie Eienskappe van nie-metale Ondersoek beplan/uitvoer

O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

  • Upload
    others

  • View
    143

  • Download
    4

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ www.summariessa.co.za

Sterk – sal nie maklik breek nie. As dit val sal dit

buig, nie maklik breek nie.

Sommige metale is hard, ander, soos suiwer goud is

sagter.

Metale is blink – soms eers vryf of krap.

Smeebaar – kan in handige vorms gehamer of

geslaan word, kan in dun rolle, soos

aluminiumfoelie gerol word.

Rekbaar – kan in dun drade getrek word. Meeste

elektriese drade word van koper gemaak.

Smelt teen hoë temperature – kan metaalpotte

gebruik om water in te kook sonder dat die pot

beskadig.

Plateer – voorwerp word van goedkoper metaal

gemaak en met dun lagie blinker, duurder metaal

bedek.

Silwer messe en vurke – met silwer geplateer.

5c munt – Staal met koper plateer.

10c, 20c en 50c – staal met brons plateer.

R1, R2, ou R5 – Koper met nikkel plateer.

Party metale raak mettertyd dof – kan

skoonmaakmiddels gebruik om dowwe metale

weer blink te maak.

Word lank in Afrika gebruik.

Maak voorwerpe soos gereedskap,

spykers, ysterpale, draadheinings en

wapens.

Dit is sterk en hard.

Dit roes.

Waardevol.

Baie smeebaar.

Maak juweliersware.

Blink altyd, raak nooit dof nie.

Mense in Mapungubwe het goudvelletjies

gebruik om kosbare voorwerpe te maak.

Waardevol.

Word al 8000 jaar gebruik.

Blink – gebruik vir juweliersware.

Gebruik sedert 6000 v.C vir ornamente en

wapens.

Gelei maklik elektrisiteit.

Word vir elektriese drade gebruik.

Baie lig maar sterk.

Bou vliegtuie daarmee.

Daar is meer aluminium in Aarde as enige

ander metaal

Trek yster oor met sink dat dit nie roes

nie.

Wateremmers word van yster gemaak en

met sink oorgetrek.

Mengsel van metale.

Saamgestelde eienskappe beter as die van suiwer

metaal.

Goue juweliersware – mengsel van goud met silwer of

koper – sterker en makliker om mee te werk.

Kan ook allooie maak deur metale met nie-metale te

meng.

Staal – yster en koolstof, sterker as suiwer yster.

Vlekvrye staal – yster, koolstof en chromium. Sterk,

blink en roes nie.

Geelkoper – koper en sink. Maklik gevorm, blink, lyk mooi.

Brons – koper en tin. Harder en sterker as koper op sy eie.

Dit breek maklik – nie so sterk soos metale nie.

Sommiges is bros en sal breek as dit val.

Meeste nie-metale is dof. Dit blink nie as dit

gekrap of gesny word nie.

Swak geleiers van hitte – hitte-isoleerders.

Nie smeebaar nie – kan nie in vorms gehamer word

nie.

Nie rekbaar nie – kan nie in drade getrek word nie.

Voorbeelde – glas, sand, klei, hout, was, plastiek,

rubber, leer, tekstiel, water, olie, gasse.

1-Identifiseer ‘n onderwerp. 2-Vra vrae soos hoe,

wat gebeur as, hoekom. 3-Maak ‘n voorspelling.

4-Beplan die ondersoek. 5-Versamel en teken die

data aan. 6-Maak gevolgtrekkings. 7-Evalueer en

kommunikeer.

Ewekansig – alles op dieselfde manier toets.

Verander een faktor op ‘n slag.

O6 – Metale

en Nie-metale

Bruikbare eienskappe van metale

Algemene metale en hul eienskappe

Bedekkingsmetale

Yster

Goud

Silwer

Koper

Aluminium

Sink

Allooie

Eienskappe van nie-metale Ondersoek beplan/uitvoer

Page 2: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 1

6666.1: .1: .1: .1: Eienskappe van MetaleEienskappe van MetaleEienskappe van MetaleEienskappe van Metale (bl. (bl. (bl. (bl. 66662222----66667777) ) ) ) Sleutelbegrippe:

Metale is nuttig as gevolg van hulle eienskappe.

Metale blink, is sterk en gewoonlik hard.

Metale is smeebaar, rekbaar en smelt teen hoë temperature.

Sleutelwoorde:

Erts ‘n Soort rots wat minerale of

metale bevat

Eienskappe Kwaliteite of karaktertrekke van

materie en materiale

Smeebaar Iets wat in ‘n vorm gehamer of

geslaan kan word

Rekbare metaal Kan in drade gevorm word.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 2

Roes Die rooibruin lagie wat op yster

vorm wanneer dit met water en

lug in aanraking kom.

Gelei Dra hitte of elektrisiteit oor

Allooi Twee of meer metale wat met

mekaar vermeng is, of ‘n metaal

vermeng met ‘n nie-metaal

Plateer Om ‘n metaal met ‘n ander

metaal oor te trek

Hipotese ‘n Goeie raaiskoot oor wat jy dink

sal gebeur tydens die ondersoek

Ewekansige toets Wanneer alles op dieselfde

manier getoets word

Page 3: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 3

Veranderlikes Faktore in die ondersoek

Gevolgtrekking Iets waarop jy besluit wat

gebasseer word op die resultate

van die ondersoek

Data Feite of inligting wat tydens die

ondersoek ingesamel word.

Evalueer Om te kyk na wat jy gedoen het

en om te besluit hoe dit die

volgende keer beter gedoen kan

word.

Metale is grondstowwe wat ons uit rotse in die

aarde myn wat ons erts noem.

Ons kry yster van ystererts en koper van kopererts.

Alle materiaal wat nie metaal is nie, is nie-metale.

Ons vervaardig sommige dinge van metale en

sommige van nie-metale.

Die eienskappe van materiale verwys na die

kwaliteite van die materie en die materiaal.

IRONIRONIRONIRON

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 4

Metale beskik oor die volgende bruikbare eienskappe:

1. Metaal is sterk en sal nie maklik breek nie. As dit val kan dit buig, maar dit

sal nie maklik breek nie.

2. Sommige metale is baie hard, ander, soos suiwer goud, is sagter.

3. Metale blink. Soms moet ons dit eers vryf of krap voordat dit blink.

4. Metale is smeebaar:

a. Dit kan in handige vorms gehamer of geslaan word.

b. Dit kan in dun rolle, soos aluminiumfoelie, gerol word.

5. Metale is rekbaar – dit kan in dun drade getrek word.

a. Meeste elektriese drade word van koper gemaak.

6. Metale smelt teen hoë temperature. Dus kan ons metaalpotte gebruik

om water in te kook sonder om die pot te beskadig.

Page 4: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 5

Party algemene metale en Party algemene metale en Party algemene metale en Party algemene metale en hulle spesiale eienskappehulle spesiale eienskappehulle spesiale eienskappehulle spesiale eienskappe

Yster

Word al lank deur mense in Afrika

gebruik.

Word gebruik om voorwerpe soos

gereedskap, spykers, ysterpale,

draadheinings en wapens te maak

want dit is sterk en hard.

Probleem met yster – dit roes.

Goud

Dit is waardevol.

Baie smeebaar.

Word gebruik om juweliersware te

maak.

Blink altyd, raak nooit dof nie, maak

mooi juweliersware.

Mense in Mapungubwe het lank

gelede goudvelletjies gebruik om

kosbare voorwerpe mee te maak.

Silwer

Dit is waardevol.

Word al ongeveer 8000 jaar lank

gebruik.

Blink en word ook gebruik vir

juweliersware.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 6

Koper

Lank gelede ontdek, en word gebruik sedert

omtrent 6000 v.C om ornamente en wapens

te maak.

Gelei maklik elektrisiteit, word vir elektriese

drade gebruik.

Aluminium

Baie ligte maar sterk metaal.

Word gebruik om vliegtuie mee te bou.

Daar is meer aluminium in die Aarde as

enige ander metaal.

Sink

Word gebruik om yster mee oor te trek

sodat die yster nie roes nie.

Wateremmers word van yster gemaak en

met sink oorgetrek.

Page 5: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 7

Allooie

Mengsel van metale.

Word vandag baie gebruik omdat die saamgestelde eienskappe van die

verskillende metale beter is as dié van die suiwer metaal.

Goue juweliersware word omtrent altyd gemaak van ‘n mengsel van goud

met silwer of koper, omdat suiwer goud sagter is as ander metale.

Die allooi is dan makliker om mee te werk.

Allooie word ook gemaak deur metale met nie-metale te meng om beter

eienskappe te kry.

Sommige bekende allooie:

o Staal

Allooi van yster en koolstof.

Sterker as suiwer yster.

o Vlekvrye staal

Allooi van yster, koolstof en chromium.

Sterk, blink en roes nie.

o Geelkoper

‘n Allooi van koper en sink.

Word maklik gevorm

Dit is blink en lyk mooi.

o Brons

Allooi van koper en tin.

Harder en sterker as koper op sy eie.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 8

BedekkingsmetaleBedekkingsmetaleBedekkingsmetaleBedekkingsmetale

Plateer - wanneer ons voorwerpe van goedkoper metale maak en dit met ‘n

dun lagie van die blinker, duurder metaal bedek.

Silwer messe en vurke is gewoonlik met silwer geplateer – die silwer is net

aan die buitekant.

Suid-Afrikaanse munte word soos volg

geplateer:

5c Staal met koper geplateer

10c, 20c en 50c Staal met brons geplateer

R1, R2 en ou R5 Koper met nikkel geplateer

Party metale blink mooi aan die begin, maar raak later dof soos wat dit met

water en lug in aanraking kom.

Daar is skoonmaakmiddels om dowwe metale weer blink te maak.

Page 6: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 9

Vaardigheidsfokus: Vaardigheidsfokus: Vaardigheidsfokus: Vaardigheidsfokus: Beplan en voer ‘n ondersoek uitBeplan en voer ‘n ondersoek uitBeplan en voer ‘n ondersoek uitBeplan en voer ‘n ondersoek uit

Hoofstappe wat gevolg word wanneer ‘n wetenskaplike

ondersoek gedoen word.

1. Identifiseer ‘n onderwerp.

Beskryf jou waarnemings of waaroor jou ondersoek handel.

2. Vra vrae soos: “Hoe...” of “Wat gebeur as...” of “Hoekom...”.

Skryf dan een vraag neer wat presies vra wat jy probeer uitvind.

3. Maak ‘n voorspelling.

Dit is wanneer jy raai wat die resultaat van jou ondersoek sal wees.

Ons noem dit ‘n hipotese.

Voorspellings hoef nie altyd reg te wees nie.

Teen die einde van die ondersoek, mag jy dalk uitvind dat jy verkeerd

voorspel het.

4. Beplan die ondersoek.

Maak ‘n lys van die materiaal en die toerusting wat jy nodig sal hê.

Skryf jou stap-vir-stap metode neer.

Identifiseer jou veranderlikes.

Maak seker dat jou ondersoek ‘n ewekansige toets is.

5. Versamel en teken die data aan.

Volg die stappe in jou ondersoek.

Die waarneming, feite of mates wat jy geneem het met jou ondersoek, word

data genoem.

Teken jou data netjies in tabelle of grafieke aan.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 10

6. Maak gevolgtrekkings.

Maak sin van die data wat jy versamel het.

Jou gevolgtrekking beskryf wat jy uit die ondersoek geleer het.

Dit is die finale antwoord op jou vraag.

Jou gevolgtrekking sê of jou voorspelling korrek was of nie.

7. Evalueer en kommunikeer

Identifiseer enige probleme wat jy tydens jou ondersoek ondervind het.

Probeer aan oplossings vir die probleem dink.

Dink aan maniere waarop jou ondersoek verbeter kan word.

Kommunikeer al jou bevindinge deur middel van ‘n mondelinge aanbieding,

‘n plakkaat of ‘n verslag.

Maak seker dat die ondersoek of toets gelykmatig is

Onthou ‘n toets is ewekansig wanneer alles op dieselfde manier getoets

word.

Wanneer ons ’n toets doen, moet ons al die faktore identifiseer wat die

uitslag kan beïnvloed.

Ons moet al die faktore wat die resultaat kan beïnvloed, dieselfde hou.

Ons verander net een faktor om te sien wat die uitwerking is.

Om geldige resultate te kry, moet ons soms die ondersoek meer as een keer

moet doen.

Page 7: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 11

6666....2222: : : : Eienskappe van nieEienskappe van nieEienskappe van nieEienskappe van nie----metalemetalemetalemetale (bl. (bl. (bl. (bl. 66668888----72727272) ) ) ) Sleutelbegrippe:

Goed wat nie van metaal gemaak is nie, is van nie-metaal gemaak.

Nie-metale se eienskappe verskil van die eienskappe van metale.

Nie-metale is dof en bros

Nie-metale beskik oor die volgende hoof eienskappe:

1. Dit breek maklik.

Nie-metale is nie so sterk soos metale nie.

Sommige nie-metale is so bros dat dit sal breek as dit laat val word.

2. Meeste nie-metale is dof.

As dit gekrap of daarin gesny word, blink dit nie.

3. Nie-metale is swak geleiers van hitte.

Die plastiek handvatsel van ‘n mes mag dalk warm word as dit in warm

water gehou word, maar dit gelei nie die hitte soos die metaaldeel van

die mes nie.

Nie-metale en metale verskil op die volgende maniere:

o Nie-metale is nie smeebaar nie – hulle kan nie in vorms in gehamer word nie.

o Nie-metale is nie rekbaar nie – hulle kan nie in drade getrek word nie.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 12

Voorbeelde van nie-metale:

o Glas, sand, klei, hout, was, plastiek, rubber, leer, tekstiel, water en olie.

o Al die gasse in die lug soos suurstof en koolstof is ook nie-metale.

o Polimere – is plastiek, rubber en tekstiel.

o Nie-metale word gebruik om keramiek te maak, dit sluit in enigeiets wat

van sand of klei gemaak is – soos glas en kleipotte.

Page 8: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 13

Aktiwiteit 1: Bespreek dit wat jy reeds van materiale weet

(Bl 61)

Kyk na die voorwerpe in die prent en beantwoord die vrae:

1. Identifiseer elke voorwerp en sê waarvoor dit gebruik word.

Rubberhandskoene: beskerm hande, gemaak van rubber (of ‘n

mensgemaakte materiaal)

Kleipot: om items in te hou, gemaak van klei

Mandjie: dra items, gemaak van gras of riet

Speelgrafie: om mee te grawe, gemaak van metaal

Rekkies: hou items bymekaar, gemaak van rubber

Houtlepel: om kos te roer, gemaak van hout

Beker: Om uit te drink, gemaak van erdewerk (porselein)

Pot: Om kos in te maak, gemaak van metaal (yster)

Koeldrankblikkie: om koeldrank in te hou, gemaak van metaal (staal)

Glasbeker: om items in te bêre, gemaak van glas

Melkhouer: om melk in te hou, gemaak van plastiek

Sokkerbal: om sokker te speel, gemaak van leer

Kouse: om voete warm te hou, gemaak van katoen (of nylon of wol)

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 14

2. Maak ‘n lys van al die materiale waarvan die voorwerpe in die prent gemaak

is.

Rubber, klei, gras/riet, hout, yster, porselein, staal, glas, plastiek, leer,

katoen of nylon of wol.

3. Watter ander materiaal kan gebruik word om ‘n melkhouer te vervaardig?

Glas, porselein, moontlik metaal.

4. Hoekom word klei gebruik om een van die potte te maak?

Klei kan maklik gevorm word om potte te maak. Dit kan waarskynlik maklik

hier naby gekry word.

5. Hoekom is dit nie ‘n goeie idee om ‘n kookpot van plastiek te maak nie?

Plastiek smelt as dit warm word en sal dus smelt as dit vir koskook gebruik

word.

6. Hoe is die kookpot gemaak?

Die kookpot is in ‘n gietvorm gemaak of gegiet.

7. Watter voorwerpe sal breek as jy hulle sou laat val?

Kleipot, beker, glasbeker. Die kleipot is eintlik taamlik bros en sal breek as dit

ver val.

Page 9: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 15

Aktiwiteit 2: Identifiseer die eienskappe van metale (Bl 62)

Kyk na die foto’s hieronder en beantwoord dan die volgende vrae:

1. Watter van die voorwerpe mag dalk in sy vorm gehamer wees?

Silwerring

2. Watter voorwerpe is van baie dun plaatmetaal gemaak?

Aluminiumbord

3. Watter van die voorwerpe vertoon blink?

Silwerring, aluminiumfoeliebord

4. Skryf die name van twee voorwerpe neer wat nie sal werk as dit nie van

metaal gemaak is nie. Jy mag nie een van die bogenoemde voorwerpe noem

nie.

Voorbeelde van moontlike antwoorde: motorenjin (die hoë temperatuur sal ‘n

enjin van polimeer laat smelt of ‘n engin van hout laat verbrand), braairooster,

kookpot.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 16

Aktiwiteit 3: Ondersoek maniere om dowwe metale weer

blink te kry (Bl 65)

*Doen die praktiese aktiwtiteit op bladsy 65 van jou handboek.

Antwoorde:

Vryf met die doek sal min uitwerking hê.

Die pasta behoort die beste skoonmaakmateriaal te wees.

Die volgorde van die beste skoonmaakmateriaal kan van groep tot groep verskil.

Om die metaal te laat blink, kan dit met ‘n skuurmateriaal soos staalwol of

skuurpapier skuur.

Dit is nie wenslik vir ‘n waardevolle voorwerp soos ‘n silwerbeker nie.

Page 10: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 17

Aktiwiteit 4: Oefen hoe om vir ‘n ondersoek te beplan (Bl 67)

Veronderstel jy wil metale en nie-metale vir buigbaarheid toets. Jy besluit om

liniale wat van verskillende materiale, insluitend metaal, gemaak is, te gebruik.

*Elke leerder het moontlik ‘n effens verskillende benadering tot hierdie

ondersoek. Verskillende ondersoeke kan ewe geldig wees. Hierdie is een

moontlike ondersoek.

1. Skryf die vraag wat jy probeer beantwoord, neer.

Is metaalliniale buigbaarder as nie-metaalliniale?

2. Skryf jou voorspelling neer.

Ek voorspel dat die metaalliniaal minder buigbaar as ander liniale sal wees.

3. Skryf neer watter toerusting jy gaan gebruik.

Ek het die volgende nodig: Twee verskillende plastiekliniale, ‘n houtliniaal, ‘n

metaalliniaal, ‘n plastiekbeker met sand, ‘n klamp en ‘n maatband.

4. Skryf die veranderlikes of faktore, wat jy dieselfde moet hou gedurende die

ondersoek, neer.

Faktore wat dieselfde gehou word:

Die liniale moet ewe lank en ewe dik wees.

Klamp elke liniaal aan die lessenaar vas op dieselfde afstand van die punt.

Hang die beker met sand op dieselfde plek aan elke liniaal.

5. Skryf die een veranderlike wat gaan verskil, neer.

Die veranderlike wat anders is, is die tipe liniaal.

6. Hoe gaan jy die data aanteken?

Ek sal die data (afstand van liniaal na lessenaar) in ‘n tabel aanteken.

7. Hoe gaan jy jou bevindings kommunikeer?

Ek sal die data in die tabel na ‘n staafgrafiek oordra.

8. Toe Richard sy ondersoek begin het, het hy net die liniale met sy hande

gebuig en geraai hoeveel elke liniaal gebuig het. Hoe sou Richard sy

resultate meer wetenskaplik en akkuraat kon maak?

Richard kon meer wetenskaplik en akkuraat gewees het deur middel van ‘n

ondersoek waarin hy meet hoe buigbaar die liniale is.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 18

Aktiwiteit 5: Identifiseer metale en nie-metale (Bl 69)

1. Skryf elk van die volgende voorwerpe se name in die korrekte kolom in die

tabel neer:

Metaal Nie-metaal

Koper Katoen

Goud Hout

Yster Porselein

Aluminium Rubber

Staal Wol

Klei

Plastiek

Suurstof

Glas

Houtskool

Sy

Steenkool

Page 11: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 19

Aktiwiteit 6: Metale en nie-metale om ons (Bl 69)

Skryf die naam neer van die materiaal waarvan die onderdele van die motor

hieronder gemaak is en sê of dit ‘n metaal of nie-metaal is.

Antoorde:

Windskerm: glas, nie-metaal

Koplig: dik, harde platiek, nie-metaal (die raam is gewoonlik metaal)

Band: rubber, nie-metaal

Enjin: yster, metaal (verskeie ander metale soos aluminium of allooie word

gebruik).

Bakwerk: staal, metaal (ander materiaal kan ook gebruik word). Baie

motors se bakwerk is van aluminiumallooie omdat dit ligter is. Koolstofvesel

(nie-metaal) word toenemend ook gebruik.

Sitplekke: plastiek, nie-metaal (sitplekke kan ook van lap of leer wees, wat

ook nie-metale is.

Lugdraad: staal, metaal (plastieklaag buite-om, nie-metaal).

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 20

Hersiening van onderwerp 6 (Bl 72)

Pas die woorde in Kolom A by die regte betekenis in Kolom B.

A B

1. Polimeer A Sal maklik breek as dit val

2. Bros B Hitte kan daardeur beweeg

3. Rekbaar C ‘n Mengsel van metale

4. Allooi D Plastiek, vesel en rubber

5. Geleier E Kan in drade getrek word

1. Gee twee voorbeelde van metale (2)

2. Gee twee voorbeelde van nie-metale (2)

3. Wat beteken dit as ons sê iets is smeebaar? (2)

Page 12: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 21

4. Wat is keramiekmateriale. (2)

5. Wat gelei hitte beter: metale of nie-metale? (1)

6. Wat kan jy doen om uit te vind of iets van metaal of nie-metaal gemaak is?

(2)

7. Hoekom maak ons sekere voorwerpe uit spesifieke materiaal en ander nie?

(2)

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 22

8. Jy het ‘n metaalbeker en ‘n plastiekbeker. Beskryf die eienskappe van elkeen

en sê watter eienskap een beker beter maak as die ander een.(2)

Totaal: 15

Page 13: O6 – Metale en Nie-metale - Summaries SA · Natuurwetenskappe en Tegnologie: Graad 5 – Kwartaal 2 – Onderwerp 6 (Metale en nie-metale) – Breinkaart Kopiereg @ Sterk – sal

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 23

Hersiening van onderwerp 6 (Bl 72) (MEMO)

Pas die woorde in Kolom A by die regte betekenis in Kolom B.

A B

1. Polimeer A Sal maklik breek as dit val

2. Bros B Hitte kan daardeur beweeg

3. Rekbaar C ‘n Mengsel van metale

4. Allooi D Plastiek, vesel en rubber

5. Geleier E Kan in drade getrek word

1. Gee twee voorbeelde van metale (2)

Yster, staal, vlekvrye staal, koper, sink, nikkel, silwer, goud, aluminium,

geelkoper, brons.

2. Gee twee voorbeelde van nie-metale (2)

Hout, was, plastiek, klei, porselein, rubber, gras, glas, polimeer.

3. Wat beteken dit as ons sê iets is smeebaar? (2)

Smeebaar beteken die materiaal kan in verskillende vorms gehamer of

geklop word.

4. Wat is keramiekmateriale. (2)

Keramiekmateriaal is materiaal wat van klei (wat gebak word in ‘n oond

tot dit baie hard is) gemaak is.

Onderwerp 6: Metale en nie-metale

Kopiereg © www.summaries.co.za (DO NOT COPY)

GR5 NWT K2-O6 Opsommings Platinum 24

5. Wat gelei hitte beter: metale of nie-metale? (1)

Metale is beter geleiers van warmte

6. Wat kan jy doen om uit te vind of iets van metaal of nie-metaal gemaak is?

(2)

Twee van die volgende: jy kan toets om te sien of dit warmte gelei. Jy

kan dit krap om te sien of dit blink of dof is. Jy kan dit hamer om te sien

of dit smeebaar of bros is.

7. Hoekom maak ons sekere voorwerpe uit spesifieke materiaal en ander nie?

(2)

Ons besluit om voorwerpe van sekere materiale te maak en nie van ander

nie as gevolg van hulle eienskappe, bv of hulle sterk is of nie, smeebaar is

of nie, buigbaar is of nie.

8. Jy het ‘n metaalbeker en ‘n plastiekbeker. Beskryf die eienskappe van elkeen

en sê watter eienskap een beker beter maak as die ander een.(2)

Metaalbeker: hard; gelei warmte goed;

Plastiekbeker: nie so hard nie, gelei warmte swak.

Dit kan moeilik wees om uit ‘n metaalbeker met ‘n warm vloeistof te drink.

Die warm vloeistof in ‘n metaalbeker sal vinniger afkoel as in ‘n

plastiekbeker. (enige redelike antwoord word aanvaar).

Totaal: 15