10
WEEKLIKSE PITKOS 2 SEPTEMBER 2021 DATUM:

WEEKLIKSE PITKOS

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

PowerPoint PresentationINTERNASIONALE LANDBOU • Internasionale graanmark
NASIONALE LANDBOU • Plaaslike reënval- en klimaatsvooruitsigte
• Insig oor Madagaskar
INTERNASIONALE WEER VSA WEEKLIKSE VOORSPELLING
Let asseblief daarop dat die weervoorspelling slegs een van vele faktore is wat die mark op 'n gegewe dag kan beïnvloed.
Minneapolis: Markte was gefokus op die swaar reënbuie wat Dinsdag in dié gebied
geval het, met die uitsluitsel van die Delta. Weervooruitsigte dui op 'n aktiewe
reënpatroon oor die mieliegordel en ‘n sterk frontale stelsel wat deur Suid-Amerika
beweeg, met die moontlikheid van nog reënbuie oor die gebied.
Middeweste: Verspreide reënbuie en oorstromings op die grens tussen Minnesota en
Iowa was 'n bron van kommer tydens die naweek. Meer reënstelsels behoort na
verwagting in die volgende week deur dié gebied te beweeg aangesien die frontale
patroon steeds aktief bly. Dié effense droogte verligting kan moontlik ‘n laat voordeel
inhou vir mielies in die sagtedeegstadium en sojabone in peulvormingstadium, terwyl te
veel reën die oes kan beïnvloed.
Suidelike dele: ’n Frontale stelsel sal moontlik reënbuie oor Kansas laat neersak tot en
met Vrydag. Verdere reënbuie kan moontlik oor die gebied inbeweeg as gevolg van dié
stelsel.
Noordelike dele: Verspreide reënbuie het die afgelope week oor die noordelike vlakte
neergeval. Ten spyte van die goeie reënval is die gebied steeds in erge droogte
gedompel. Aktiewe reënstelsels behoort die week deur die streek te beweeg.
Delta: Orkaan Ida reënbande het die Delta grotendeels gemis. Die droër voorspelling is
gunstig vir sojabone in die gebied, alhoewel geïsoleerde reënbuie moontlik is, maar die
gebied bly droër as normaal.
Oekraïne & Rusland: ‘n Reënstelsel beweeg hierdie week stadig deur dié streek, wat
meer reën in die Oekraïne as Rusland teweeg sal bring. Aangesien meeste van hierdie
jaar se aanplantings tans volwassenheid bereik, sal droër weer verkies word, alhoewel
Rusland stortreën vir volgende jaar se winterkoringaanplantings benodig. VSA Reënvalvoorspelling
Die mieliegordel (gemerk met ‘n rooi sirkel) is van die belangrikste
gebiede om dop te hou.
$ PARITEITE
Des'21 Mar’22 Jul’22 Sep’22
PMB-invoerpariteit R4 560 R4 637 R4 419 R4 176
CPT-invoerpariteit R4 315 R4 526 R4 103 R3 859
SAFEX-geelmielies R3 310 R3 295 R3 150 R3 210
DBN-uitvoerpariteit R3 310 R3 070 R3 025 R3 041
Wat beteken dit: Desember-SAFEX verhandel op die oomblik by uitvoerpariteit
vergeleke met die ander SAFEX maande wat tans te duur is vir Suid-Afrika om
geelmielies uit te voer.
Mieliekondisie:
Mielies se kondisie is 60% goed/uitstekend gegradeer, teenoor 60% verlede week en 62% verlede jaar.
Sojaboonkondisie:
Sojabone se kondisie is 56% goed/uitstekend gegradeer, teenoor 56% verlede week en 66% verlede jaar.
Koringkondisie:
Die lentekoring stroopproses vorder goed en 88% is al gestroop .
Verenigde State van Amerika Koring: CBOT toon 'n skerp daling in die September 2021 koringprys na die sterk styging in die tweede week van
Augustus. Dit kan toegeskryf word aan prysverandering in die mieliemark.
Mielies: Die oesvoorspellings vir mielies het aansienklik verbeter. Die Amerikaanse mielieprys is onder druk weens reën in
die groter produksiegebiede. Ontleders van “Pro Farmer” dui ook aan dat die hektaaropbrengs van mielies die huidige
USDA -verwagtinge sal oorskry.
Argentinië: Die Argentynse mielie-oesskatting is met meer as 5% verhoog.
Argentinië begin eers in November ernstig met die sojaboonaanplantings, terwyl koringplanttyd gewoonlik van
September tot Januarie strek. Argentinië het reeds ongeveer die helfte van normale reënval die afgelope drie maande
ontvang.
Brasilië: Mielies: Die produksie van die duursame bio-etanol sal waarskynlik toeneem, ondanks die hoë mieliepryse. Die
Brasiliaanse landbou-agentskap (Conab) het die Safriña-mielieoes op ongeveer 60 miljoen ton beraam. Dit is ‘n afwaartse
aanpassing vergeleke met die 80 miljoen ton geskatte syfer in Mei.
Mato Grosso: Dié top produserende gebied behoort binne die volgende paar weke uit sy droë seisoen te beweeg, alhoewel dit ekstra
droog is op hierdie tydstip van die jaar. Boere in die streek begin gewoonlik sojabone plant op, of na 15 September.
Sojaboonaanplantings is die belangrikste in Paraná-gebied gedurende Oktober. Die gebied benodig dringend ‘n
reënaanvulling na 'n paar opeenvolgende maande se lae neerslag.
Grondvog is nie 'n goeie aanduiding in die sentrale en noordelike gebiede van Brasilië, soos Mato Grosso nie, omrede die
grond in die gebied nie vog inhou soos in ander prominente wêreldgroeigebiede nie. Normal reënval in Mato Grosso is
dus gewoonlik voldoende om ‘n goeie oes te produseer, selfs al begin die seisoen droog.
$
CHICAGO RAAD VAN HANDEL (CBOT) KOMMODITEITE TERUGVOER
CBOT het die afgelope week hoër gesluit namate die vraag na
landbouprodukte in die wêreld na die Verenigde State van Amerika verskuif
het.
‘n Swakker Amerikaanse dollar sal nuwe fondse na die einde van die jaar in
die Amerikaanse landboutermynmarkte trek, aangesien ‘n swakker
Amerikaanse dollar die koopkapasiteit van ander lande sal verhoog.
Voorspellings dui op ‘n moontlike opwaartse neiging van CBOT koring.
Die Amerikaanse departement van landbou (USDA) het gedurende die
week sojaboon verkope aan China bekend gemaak. Die Chinese sojaboon
pers vraag word op ‘n gemiddeld van 73 tot 75 miljoen skepels per week
beraam in die komende jaar. Amerikaanse daaglikse verkoop van sojabone
aan China moet gereeld plaasvind met ondersteuning van ‘n sojaboonprys
onder $13 vir die November-kontrak. Dit kan moontlik die Amerikaanse
sojaboonuitvoere na China ondersteun.
Reënval
grens tussen neutraal en swak La Niña. ‘n La Niña
verskynsel word egter geassosieer met ‘n reënseisoen
wat op later stadium begin, maar die Indiese Oseaan
se gunstige temperature kan dit vervroeg.
Die weerkaart dui die reënvalvoorspelling vanaf
November tot Januarie vir Afrika aan.
Dit blyk dat minder gunstige reënval verwag kan word
vir die die oostelike produksiegebiede van Suid-Afrika.
Temparature
voortduur vir die grootste deel van September. Warm
toestande en hoë temperature word vir Oktober
voorspel.
Invoer van kommoditeite: Hoofsaaklik van Mauritius, Rwanda en Kenia
Hoof kommoditeite: Rys en mielies
Totale mielieproduksie vir 2020/21: 215 000mt
Landbou in Madagaskar is van uiterse belang omrede dit bydra tot die land se voedselsekuriteit en terselfdertyd
werkloosheid verminder deur middel van werkskepping. 78% van Madagaskar se algehele populasie woon in afgeleë
areas waar landbou (soos bestaansboedery) noodsaaklik is in terme van inkomste generering en voedselvoorsiening.
Landbou bly ‘n belangrike bestaansbedryf in Madagaskar. Ongeveer 60% van ’n standaard Madagaskar plaas, se
totale voedselproduksie gaan na die plaas se huishouding, slegs 40% van die totale voedselopbrengs word aan die
mark vir verkope gelewer.
Die kommoditeite wat die meeste geplant en plaaslik verbruik word in Madagaskar is rys en mielies. In totaal word
85% van al Madagaskar se landerye bewerk vir rys.
Die landbousektor van Madagaskar is beperk omrede die land se landbouproduksie nie by kan hou met die tempo
waarteen die land se populasie groei nie. Madagaskar het onlangs begin om die reeds bestaande bewerkte landerye
wat beskikbaar was, uit te brei, om sodoende produksie te verhoog. Die fokus op die uitbreiding van hul huidige
beskikbare bewerkte lande kan uitputting van hulle natuurlike hulpbronne in die lang termyn tot gevolg hê.
Madagaskar jaarlikse mielie produksie
VELDAGENTOORSIG
Klimaatsverandering: Wat beteken 'n warmer, natter wêreld vir insekte en vir wat hulle eet?
‘n Onlangse verslag, vrygestel deur die Interowerhede Paneel oor Klimaatsverandering (IPCC)
toon dat daar ‘n dramatiese toename in koolstofdioksied (CO2) vlakke en temperature was,
wat verklaar waarom die aarde waarskynlik teen 2030 ‘n deurslaggewende 1,5 verwarmingsperk sal bereik, asook ‘n dramatiese verandering in neerslag.
Navorsing het getoon dat verhoogde koolstofdioksiedvlakke die voedingskwaliteit van
plantweefsels deur proteïenkonsentrasies en sekere aminosure in die blare verminder. Om
hiervoor op te maak eet insekte plante meer. Temperatuur reguleer insekte se fisiologie en
metabolisme. Toename in temperatuur verhoog die fisiologiese aktiwiteit en dus die
metaboliese tempo. Insekte moet dus meer eet om te oorleef, en en vinniger te groei, wat tot
'n toename in die insekte-bevolkingsgroeikoers sal lei. Aangesien insekte vinnig groei,
reproduseer insekte meer en daarom sal hulle getalle vermeerder, wat uiteindelik tot groter
oesskade kan lei.
Met elke een graad toename in aardverwarming kan die verlies van gewasse aan insekte met 10% tot 25% toeneem.
Hoe kan die skade verhoed word?
Klimaatsverandering beïnvloed landbouplante en die insekte wat daarmee gepaard gaan. Die
plaagdruk kan dus toeneem, daarom moet meer effektiewe insekmonitering, voorspelling en
modellering toegepas word om die impak op produktiwiteit van gewasse en voedselsekerheid
te bekamp.
Contact us today for your trading and supply chain needs.
+ 27 (013) 243 1166 I [email protected] I www.randagri.co.za