6
In ‘n wêreld waar daar ‘n verskeidenheid van kerke en Christelike strome is, en waar dinge dalk vir jou nuut is, hoe weet jy wie is regtig reg? Gereformeerde Kerk Brooklyn Saam oppad met God 3 Februarie 2013 Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuiskom en saam met ons groei in die geloof. Prys Jesus vir ryke genade Fanie van der Schyff Die Vader het wonderlike genade aan ons bewys deur ons uit te kies om sy kinders te wees. Jesus het ryke genade aan ons bewys deur ons sy kinders te maak. Vir hierdie onbeskryflike genade moet ons ons Here prys! Wie is regtig reg? Griffel van Wyk Die fariseër en tollenaar (deel 2) Ds Fanus Heystek In die eerste preek is gefokus op die feit dat net die tollenaar se gebed die troon van God bereik het. Die fariseër het in werklikheid nie eers gebid nie net met homself gepraat. Vandag kyk ons na wat hy kwytraak en hoe hy homself daarin ontmasker Hart Hand en Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie vd Schyff Skriflesing: Efesiërs 1:1-14 (7,8) Sang: Ps 111b:1,2,3 Ps 138b:1 Ps 138a:3 Sk 9-2:1,2,8,9 Sk 5-4:1,2,5,6 Sk 5-3:4,5 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Griffel v Wyk Skriflesing Rom 12: 1-2 Joh 8: 3-11 Sang: Die Sang sal afgekondig word. Karmel- en Troyestraat Waar: Karmel 09:00 Troye 10:00 Predikant: Ds Fanus Heystek Skriflesing: Lukas 18:9-14 New Life City Church Reitz Street 09:00 and 18:00 Prof Derick Mashau Lees binne 2-Biltongfees 3-Dissipelskapkafee 3- Sustersaamtrek

Hart en Hand 3 Februarie 2013

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Brooklyn, Pretoria

Citation preview

Page 1: Hart en Hand 3 Februarie 2013

In ‘n wêreld waar daar ‘n verskeidenheid van kerke en

Christelike strome is, en waar dinge dalk vir jou nuut is,

hoe weet jy wie is regtig reg?

Gereformeerde Kerk Brooklyn

Saam oppad met God

3 Februarie 2013

Baie welkom by ons Mag jy hier geestelik tuiskom en saam met ons groei in die geloof.

Prys Jesus vir ryke genade Fanie van der Schyff

Die Vader het wonderlike genade aan ons bewys deur ons uit

te kies om sy kinders te wees. Jesus het ryke genade aan

ons bewys deur ons sy kinders te maak. Vir hierdie

onbeskryflike genade moet ons ons Here prys!

Wie is regtig reg? Griffel van Wyk

Die fariseër en tollenaar (deel 2) Ds Fanus Heystek

In die eerste preek is gefokus op die feit dat net die

tollenaar se gebed die troon van God bereik het. Die

fariseër het in werklikheid nie eers gebid nie – net met

homself gepraat. Vandag kyk ons na wat hy kwytraak

en hoe hy homself daarin ontmasker

Hart Hand en

Eredienste Duxbury: 09:30 Fanie vd Schyff Skriflesing: Efesiërs 1:1-14 (7,8) Sang: Ps 111b:1,2,3 Ps 138b:1 Ps 138a:3 Sk 9-2:1,2,8,9 Sk 5-4:1,2,5,6 Sk 5-3:4,5 Sk 13-3 Duxbury: 18:30 Griffel v Wyk Skriflesing Rom 12: 1-2 Joh 8: 3-11 Sang: Die Sang sal afgekondig word. Karmel- en Troyestraat Waar: Karmel 09:00 Troye 10:00 Predikant: Ds Fanus Heystek Skriflesing: Lukas 18:9-14

New Life City Church Reitz Street 09:00 and 18:00 Prof Derick Mashau

Lees binne 2-Biltongfees 3-Dissipelskapkafee 3- Sustersaamtrek

3

Page 2: Hart en Hand 3 Februarie 2013

Predikante verbonde aan die gemeente: Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

T 012-348 2467 MT 083 446 6096 [email protected]

Griffel van Wyk (Hoofsaaklik lidmate onder

30jr.) T 012-362 0320 MT 082 354 3726 [email protected] Fanus Heystek (Troyestraat bedieningspunt) T 012 542 3667 MT 073 777 1254 [email protected] Derrick Mashau (New Life City Church. Kerkplant in Sunnyside – afgesonder van Teologiese Skool Potchefstroom)

MT 082 9712725 [email protected] Brian de Vries: (Hoof van Mukhanyo Teologiese Skool - afgesonder van Heritage Netherlands Reformed Congregation)

T 013 947 2179 MT 079 933 9884

Logistieke reëlings

6

Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt 03 Feb Duxbury Ouderling

Roelof Grové Diaken Chris van der Meer

Onder die diens Diakonale werk By die deure GKSA Sustentasiekas

Joëlna

03 Feb Troyestr Tjaart Bosua

10 Feb Duxbury Ouderling Gerhard Oosthuizen Diaken Drikus van der Walt

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Marie

10 Feb Troyestr Dienste deur Hervomde Kerk

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 T 012 362 0069 F 086 639 1789

E.Pos

WEBtuiste

Sondae Admin.-hulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman

MT 082 923 2346

Sien inligtingtafel in die saal

Jaarprogram nou beskikbaar op ons Webtuiste by

gereformeerdbrooklyn.co.za

volg:

Inligting Kerkkalender

Page 3: Hart en Hand 3 Februarie 2013

Voorbidding – Laos Wanneer kerke groei, word die pastors dikwels in die tronk gegooi, aangesien hulle as ’n bedreiging vir Bhoddhisme beskou word – Boeddhisme is die gebriuklike geloof en leefwyse in Laos se dorpies. Gemeenskapleiers staan pastors dikwels eerste teë. Bid dat die Here hierdie pastors in staat sal stel om met genade en wysheid te reageer hierop.

Naasteliefde: Aangesien ons almal lede van die liggaam van Christus

is, wil ons graag mekaar se lief en leed deel, meeleef en

daaroor saambid. Indien u bewus is van enige siekte of

krisisse, neem die vrymoedigheid en kontak die

Kerkkantoor of Joëlna Heslinga by 082 374 1974 sodat

ons dit onder die gemeente se aandag kan bring. Vir

meer sensitiewe persoonlike sake is u welkom om een

van die predikante te kontak.

Siekte: Phillip Eloff (012 803 6698) sukkel met sy

gesondheid. Ons vra voorbidding vir hom, asook vir al ons verswakte bejaardes.

Beroep as medeleraar Die Kerkraad van die Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn het besluit om Dr Derrick Mashau as medeleraar te beroep, met die besondere opdrag en taak om ’n kerk “te vergader”, in die Sunnyside-gebied, Pretoria. Wanneer ’n selfstandige kerk in Sunnyside gevestig is, sal hierdie ooreenkoms hersien word.

Meelewing: Mintje Bosua ( 012 460 5086) se suster Liesbet is Maandag oorlede. Sy was die afgelope tyd in Benoni woonagtig. Ons bid hulle die Here se vertroosting toe.

Vervoer: Indien vervoer na die Kerk benodig word, kontak asseblief vir Bennie Aucamp by 072 014 8041, nie later as Saterdag 21:00.

Versoek van die Kerkkantoor Sal Derik le Roux en W.H. Potgieter asseblief dringend vir Rentia kontak by 082 775 6907

President Kruger kinderhuise – Sms PKK na 41092 en belê R25 in die toekoms van ons kinders!

Multimedia- en klank

diensgroep. As jy iets weet van rekenaars, klank, Powerpoint en multimedia – kom help ons in hierdie bedizening. Kontak Werner Pieterson by 082 904 5885.

Biltongfees 2013 Aangesien die meeste vrugte nou taamlik beskikbaar en in seisoen is, wil ons u vriendelik versoek om solank konfyt te begin kook vir die bliltongfees later in die jaar!

Troyestraat Klereverkoping Die volgende verkoping is op Dinsdag 5 Februarie om6:15.

Donderdag: 12:00 KVA vergader in die konsistorie Saterdag: UP Jool Troyestraat Woensdag 6 Februarie: Bybelstudie

om 9h30 in Kronendal. Tema: Die gebed: Lukas 11:1-13

Woensdag 13 Februarie: Bybelstudie om 10h30 Nebohof. Tema 1 Samuel 24: Benut spanningsvolle situasies.

2 Vandag: Jeug-kleingroepe Maandag: 19:00 Dissipelskap-kafee 17:30 Bedieningsmodel-kommissie vergadering Dinsdag: 18:30 Juventus Woensdag: 18:00 Bedieningskommissie vergadering

DAGBOEK

Page 4: Hart en Hand 3 Februarie 2013

Dissipelskapkafee Ons Kafee is weer volspoed aan die gang. Die doel van hierdie geleentheid is om geloofsgroei te stimuleer, om weer van nuuts af ons dissipelskap te ontdek, daaroor te besin en daarin te verdiep. ‘n Kenner lei die gesprek in waarna ons op ‘n informele wyse die onderwerp bespreek. Almal hartlik welkom.

Datum Onderwerp Spreker

Feb

4 Die sin van lyding/Ek haat God Fanie

11 Agapéverg/ geen Kafee

18 Dissipelskap: Waar jy bly maak saak Paul

Grace in and for the City: Tim Keller

25 Dissipelskap: Waar jy bly maak saak Paul

Grace in and for the City: Tim Keller

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei

ons impak! ABSA, Hatfield tak, takkode: 334 745

Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydraes elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie! Bankbesonderhede Diakonale-kas: ABSA tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rek nr: 540 280 126. (Tak –Hatfield)

5

Sustersaamtrek Datum: 9 Maart 2013 Tyd: 08h00 tot ± 13h00 Plek: Gereformeerde Kerk Akasia Landbouhoewe 19, Renéstraat Winternest, Akasia S25.39.2.6 O28.7.30.8

Tema: Gelowig vrou altyd diensbaar waar God jou wil gebruik Spreker: Dr Marina van Loggerenberg (Vorige redaktrise van Die Gereformeerde Vroueblad) Gaskunstenaar: Fanie de Jager Koste: R100 per persoon betaalbaar voor 17 Februarie 2012

Kontakpersoon: Ronel Stronkhorst 083 299 7413

Die uiterlike en innerlike mens Dr. AH (André) Grové (emeritus) (Krugersdorp) Die Kerkblad 12-2011/ 1-2012

2 Korintiërs 4:16b – “Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.”

Daar is min mense wat elke dag met dieselfde positiewe gesindheid en innerlik krag en lus lewe. Langdurige werksdrukte laat jou soms al hoe moeiliker met jou dagtaak begin. As jy die vorige dag lang ure gewerk het, of as jy met ingewikkelde sake te doen gehad het, mat dit jou só af dat jy die volgende dag maar redelik uitgeput aanpak. Dit is die normale ondervinding van elke mens. Sommige mense sien om hierdie rede daarna uit om eendag af te tree – dalk so gou as moontlik. Soos wat die jare egter aanstap, kom jy agter daar gebeur ook iets anders met jou. Jy kry kalmte en rustigheid. Wat voorheen belangrik was – veral stoflike dinge – skuif na die omtrek. Wat besig is om te gebeur, is dit waarvan die teks praat: “Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.” Die term dag na dag impliseer: Jy lewe tydmatig vorentoe en nie agtertoe nie. Soos die lewe aanstap, gebeur daar iets met jou. Kom ek probeer om wat in die teks staan, te verduidelik met ’n (uiteraard gebrekkige) beeld: Sien jouself, jou hele menswees as ’n uurglas. As jy die dag gebore word, is die boonste deel vol sand. Van jou eerste asemteug af begin die sand korreltjie vir korreltjie deurloop. Die boonste deel is, wat Paulus noem, jou uiterlike mens en die onderste jou innerlike mens. Soos die tyd

aaaanstap, word die boonste houer al hoe leër en die onderste een al hoe voller. Uiterlik, dis die boonste deel, sê die teks, is jy besig om te vergaan. Innerlik, dis die onderste deel, word jy vernuwe

Page 5: Hart en Hand 3 Februarie 2013

“ Die Here is my herder, ek kom niks kort

nie.” Psalm 23:1

Gelukwense aan die verjarendes

02/03 Willie Greyling 082 940 2490

02/03 Freda Malan 082 805 5110

02/03 Pieter Van Rooy 074 1818 372

02/04 Linda Petrick 082 795 4271

02/04 Tanya Venter 082 547 8202

02/04 Henk Welman 079 523 9572

02/05 Abrie Coetzee 082 784 7484

02/05 Gideon Naude 076 481 7960

02/05 Mariaan Simpson 012 440 3014

02/06 Petra De Klerk 082 553 8602

02/06 Soekie Kruger 083 305 0323

02/06 Louis Potgieter 012 460 2823

02/06 Jaco Van Den Bergh 084 208 4413

02/06 Zenell Van Zyl 082 771 6066

02/07 Magriet Lee 083 233 4519

02/07 Frances Moolman 082 956 8783

02/07 Cj Pretorius 011 358 0052

02/07 Ramona Verburgh 072 360 5538

02/08 Marga Koelman 082 923 2346

02/09 Franco Lewis 076 383 1265

02/09 Carel Nagel 084 811 4404

02/09 Jaco Prinsloo 084 208 4892

02/09 Nicolaas Van Der Walt 012 348 8210

3 Mense wat weg is: Indien u weet van enige persoon of persone wat nie meer in die gemeente is nie, of as daar name in die verjaardaglys verskyn en u weet die persone het uit die gemeente vertrek, gee ASSEBLIEF die inligting deur aan die Kerkkantoor

Brooklyn Brokkies Ons kwartaalblad het ‘n nuwe redaksie, ‘n nuwe voorkoms en ‘n nuwe aanslag. Ons gaan die nuus kort hou (onthou ons naam: Brokkies). Artikels (met foto’s) moet verkieslik nie langer as 1 bladsy wees nie. Artikels oor gemeentegebeurlikhede sal voorrang geniet. Ons soek veral artikels waarin ons mekaar beter leer ken. Ons soek BAIE foto’s – van al die kampe, presteerders, ens. Deel julle goeie nuus met ons. Stuur bydraes na Johanna Hellberg: [email protected] of bel my by 073 295 5848. Sperdatum: 1 Maart.

Brooklyn–Duikklub (vir almal wat reeds geduik het) Dit is tyd om een te begin! Fanie nooi almal wat aktief duik (en geduik het) om deel te word van ’n gemeente-duikklub. Fase 1: Bel vir Ela by 012 362 0069. Fase 2: Stigtingsvergadering wat deur

Fanie gereël sal word. Fase 3: Opknappingskursus as jy lank-

laas geduik het (ons het ’n DM wat jou gratis weer sal leer duik).

Fase 4: ’n Daguitstappie na Miracle Waters.

Fase 5: Sodwana of ……….?

Binnekort

Meer oor ons nuwe Webtuiste

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Page 6: Hart en Hand 3 Februarie 2013

ADVERTENSIEBLAD 4

1. HOUTWERKKLASSE Houtwerkklasse vir beginners - mans & dames Saterdae 08:00 tot 11:00 of 12:00 tot 15:00. Eerste vier lesse is om basiese tegniek & vaardighede aan te leer. Daarna bring jy jou eie ontwerp en hout en ek begelei jou om dit self te maak. 082 873 9706 of info@woodfantasy co.za.

2. AKKOMMODASIE VIR STUDENT Gemeubileerde kamer in tuinwoonstel onmiddellik beskikbaar. Deel badkamer met senior manstudent. Sluit aandetes en wasgoed in. Swembad. Geleë in Menlopark, 3,5 km van Tukkies se hoofhek. In veiligheidsbuurt, veilige parkering. Naby busroete na Tuks. Kontak Alta by [email protected] of skakel 0823393309.

3. SEPTEMBERVAKANSIE NA KLEIN-ASIË

Kom einde September saam na Klein-Asië van die Bybel (vandag Turkye) – daar waar Paulus, Johannes, Timoteus, Filippus en duisende ander Christene die evangelie verkondig en geleef het. Besoek die ou Bybelse stede en streke van die Galasiërs, Kolossense, Efesiërs, Laodisea, Hierapolus, Ikonium, Perge, Smirna, Pergamum, Sardis, Filadelfia, Nicea (van die geloofsbelydenis), die antieke stad Troje, Troas, Konstantinopel, ens. Gaan by Kappadosië na ʼn ondergrondse stad waar Christene lank moes skuil, en beleef die uitgekapte klaskamers waar teologiese studente opgelei is. Lees groot dele van die Nuwe Testament – daar waar dit gebeur het. Prof. Henk Stoker van die PUK is weer die toerleier. Kontak hom by [email protected] of 018-2943693 / 0823278921

4. ELEKTRIESE HEKKE EN INTERKOM-STELSELS. Vir elektriese hekke, elektriese

motorhuisdeure, interkomstelsels, klein elektriese werke, installasie en instandhouding, kontak Jurie Bekker by 072 226 0606.

5. SOEK 'N TWEESLAAPKAMER-EENHEID TE HUUR vir 2 afgetrede dames in die

ooste van Pretoria, verkieslik in aftreeoord, sekuriteit noodsaaklik. Kontak Jeanette 0795123380 vir Maart/April 2013.

6. KANTOORMEUBELS TE KOOP 3 staal-liasseerkabinette met laaie vir hanglêers @R750.00 elk (of R600.00 vir 2 of meer); 10 + staalstoele sonder armleunings met blou stoffeermateriaal @R220.00 (of R190.00 vir 2 of meer); 6 trapesiumtafeltjies met staalpote en vinielblaaie (eike-kleur) @R220.00 (of R190 vir 2 of meer) 3 eikehoutfineer-lessenaars (3 of 6 laaie ) @R1 800.00 (of R1 500.00 vir 2+) 3 blou gestoffeerde partisies (2 x smal en 1 x breed ) R750.00 Kontak asb Linda van Vuuren by 0828250220.

7. DIE GRAFSTEEN-SANGERS

Op Saterdag 16 Maart 2013 om 18:00 vir 19:00. Ete word voor die tyd verskaf. By Laerskool Mayville, 159 Louis Trichardstraat, Mayville. Kostes is R120 p.p. vir volwassenes en R80 vir kinders onder 13. Kontak Heili Winter by 082 074 7348 of Stehan du Plessis by 074 561 8777.

ADVERTENSIEBLAD • Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ‘n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]. • Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê moet u die bewoording verander en weer instuur.