12
Hart & Hand Hart & Hand 16 November 2014 Saam op pad met God Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof Oggenddiens Die Pasga-verhaal Chris de Beer Kos speel n geweldige rol in die Bybel. God het selfs besluit om n maaltyd te gebruik om ons te herinner aan alles wat Hy vir ons gedoen het, steeds doen en nog gaan doen. Wat n wonderlike voorreg om saam te kan eet en drink. Aanddiens Laat U wil geskied Fanie van der Schyff Jesus leer ons bid dat die Vader se wil moet geskied. Is alles wat hier op aarde met jou (en rondom jou) gebeur, die wil van die Vader? Wat leer Jesus ons regtig bid as Hy vra dat die Vader se wil in alles moet geskied? Troyestraat Ons Vader in die hemel Fanie van der Schyff Jesus leer ons bid: "Ons Vader in die hemel ..." As God dan "Vader" is, beteken dit dat ons sy kinders genoem mag word. Hy beloof as Vader om elke oomblik met ons te wees en ons te versorg. Wat n voorreg om dit te mag glo! Dissipelskapkafee Datum: 17 November 2014 Tyd: 17:00 Aanbieder:: Paul Grobler Nagmaal Eredienste: Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing: Eksodus 12:1-14 Sang: Sk 5-4:2, 3, 5, 6 Ps 134a:4 Sk 15-8:4 Ps 104a (wysie Ps 134) Sk 5-3:2, 4, 5 Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 26:36-46 Matteus 6:10b Heidelbergse Kategismus: Sondag 49 Sang: Sk 10-2 Sk 3-3:5, 6 Sk 17-3:1, 2 Lb 203:1, 2, 3 Lb 565:1 Lb 566:2, 3 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Fanie van der Scyff Skriflesing: Romeine 8 Jeremia 23:23 Sang: Ps 145:1, 2, 12 Lb 214:1, 2, 3 Lb 266 Sk 13-3 Die Heiligheid Van Christus

Hart & Hand - 16 November 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

16 November 2014

Citation preview

Page 1: Hart & Hand  - 16 November 2014

Hart & Hand

Hart & Hand

16 November 2014

Saam op pad met God

Gereformeerde Kerk Pretoria-Brooklyn

Baie welkom Mag jy hier geestelik tuis kom en saam met ons groei in die geloof

Oggenddiens

Die Pasga-verhaal Chris de Beer Kos speel ’n geweldige rol in die Bybel. God het selfs besluit om ’n maaltyd te gebruik om ons te herinner aan alles wat Hy vir ons gedoen het, steeds doen en nog gaan doen. Wat ’n wonderlike voorreg om saam te kan eet en drink.

Aanddiens

Laat U wil geskied Fanie van der Schyff Jesus leer ons bid dat die Vader se wil moet geskied. Is alles wat hier op aarde met jou (en rondom jou) gebeur, die wil van die Vader? Wat leer Jesus ons regtig bid as Hy vra dat die Vader se wil in alles moet geskied? Troyestraat

Ons Vader in die hemel Fanie van der Schyff Jesus leer ons bid: "Ons Vader in die hemel ..." As God dan "Vader" is, beteken dit dat ons sy kinders genoem mag word. Hy beloof as Vader om elke oomblik met ons te wees en ons te versorg. Wat ’n voorreg om dit te mag glo!

Dissipelskapkafee

Datum: 17 November 2014

Tyd: 17:00

Aanbieder:: Paul Grobler

Nagmaal Eredienste: Duxbury: 09:30 Chris de Beer Skriflesing: Eksodus 12:1-14 Sang: Sk 5-4:2, 3, 5, 6 Ps 134a:4 Sk 15-8:4 Ps 104a (wysie Ps 134) Sk 5-3:2, 4, 5

Duxbury: 18:30 Fanie van der Schyff Skriflesing: Matteus 26:36-46 Matteus 6:10b Heidelbergse Kategismus: Sondag 49 Sang: Sk 10-2 Sk 3-3:5, 6 Sk 17-3:1, 2 Lb 203:1, 2, 3 Lb 565:1 Lb 566:2, 3 Troyestraat Christelike Sentrum: 09:30 (Araratsaal) Fanie van der Scyff Skriflesing: Romeine 8 Jeremia 23:23 Sang:

Ps 145:1, 2, 12 Lb 214:1, 2, 3 Lb 266 Sk 13-3

Die Heiligheid

Van Christus

Page 2: Hart & Hand  - 16 November 2014

Dagboek

Vandag: Nagmaal Maandag:

19:00 Dissipelskapkafee

Gelukwense

Saai die goeie saad van geregtigheid en julle sal ’n opbrengs van my liefde oes. Ploeg die nuwe grond van julle harte, want dis nou die tyd om die Here te soek sodat Hy kan kom en geregtigheid oor julle uitstort (Hosea 10:12).

16/11 Hannalie Kruger 083 365 0465

17/11 Isaac Mokholoane 072 096 4395

17/11 Roelf van Wyk 082 328 2485

18/11 Wihan Landsberg 076 318 3183

20/11 Rudi Delport 082 899 9900

20/11 Charl Goodey 082 872 5021

21/11 Ronel Pelser 082 469 4517

21/11 Loureth Steenkamp 083 447 3315

22/11 Hannes Maree 012 093 6887

22/11 Anne van Rooy 082 712 5408

Lus om te help? Hier’s jou kans

Residentia Sunnyside het ons hulp nodig en omdat Brooklyngemeente die meewerkende liggaam is, is dit nou ons kans om te help. Onder een van die woonstelgeboue is ’n groot put vol water wat net eenvoudig wegloop. Baie geld kan bespaar word as dié water pleks van munisipale water gebruik kan word om die tuine nat te lei. Daarvoor het ons nodig: 1. Materiaal en apparaat om die besproeiing

moontlik te maak. 2. Skenkings of ’n fondsinsamelings-projek om

die nodige aan te koop.

Kontak Danie Eloff by 083 952 4764 of

Fanus Heystek by 012 542 3662 of 073 777 1254.

Naasteliefde Die Diensgroep vir Siekes van Brooklyn-gemeente wil graag oud en jonk, met enige ongesteldheid of siekte, pyn of ongeluk bystaan met ’n besoek aan huis of hospitaal, telefoonoproep of sms. Ons dra graag ons siek mense op aan die Here en ons gemeente. Ons nooi almal uit om ons in kennis te stel sodat ons ons onderneming gestand kan doen. Kontak Bets Engelmohr by 082 320 9133, Anita Cilliers by 082 300 1105 of Elzabe Barnard by 072 546 4612. Kontak gerus een van die predikante vir meer sensitiewe persoonlike sake.

Gelukwense Lizé van Dyk, die kleindogter van Koos en Nellie van Dyk van Residentia Stigting, is as hoofmeisie verkies by Laerskool Tuine. Baie geluk aan haar en die trotse grootouers.

Enkellopendes en

jonggetroudes Enkellopendes en jonggetroudes tussen 25 en 30 wat by ’n kleingroep wil aansluit, kontak Elzabé by 072 546 4612.

60 Plussers Die afsluitingsfunksie van vanjaar vind plaas op 27 November. Hou volgende week se Hart & Hand dop vir meer inligting.

Ter approbasie: As diaken: Wessel Herbst

Troyestraat Christelike Sentrum Woensdag 19 November 10:15:

Kleingroep/Bybelstudie in Harmoniehof.

Woensdagmiddag Araratsaal: Kooroefening

Sondag 30 November: Kerssangaand in kerkgebou van Troyestraat om 17:00

Page 3: Hart & Hand  - 16 November 2014

Kerssangdiens

Troyestraat

U word hartlik uitgenooi na die geleentheid van ons Kerssangdiens om Jesus se geboorte te herdenk. Kom geniet interkerklike samesang in die gees van Kersfees.

Die program bestaan uit: Bybelse voorlesings, klavier- en tjellospel en solosang, koorsang deur die Residentia-sanggroep en gemeentelike samesang.

Dit vind plaas op Sondag 30 November om 17:00 in die Troyestraat Christelike Sentrum se kerkgebou. Toegang is gratis, maar kollekte sal opgeneem word ten bate van die Karmel-hulpfonds.

Heerlike verversings word in die konsistorie aangebied ná die byeenkoms. Vir navrae kontak Hanneke Joubert by 012 341 3020 of Petra Cooper by 012 341 2003.

Lekkernypakkies vir Eljadahuis

Die diakonie het besluit om weer vanjaar, soos verlede jaar, lekkernypakkies vir die mense van Eljadahuis te gee. Verlede jaar het ons met die gemeente se samewerking groot sukses daarmee gehad en ons kon vir elke gesin ’n lekkernypakkie gee. Vanjaar neem ons die vrymoedigheid om weer te vra en ons gaan probeer om genoeg pakkies in te samel sodat ons vir elke individu ’n pakkie kan gee. Ons mik vir 250 pakkies. Indien jy wil deelneem, neem gerus ’n sakkie (of twee) by die deur. Daar is ’n lysie op die sakkie van die lekkernye wat ons graag in die pakkies wil sit. In die saal is daar ook ’n voorbeeld van die eetgoedjies wat in die sakkie moet kom. Die kosprojek gaan ook nog aan daarom sal enige nie-bederfbare kos waardeer word. Dit kan in die houtkis in die voorportaal van die saal geplaas word. Indien jy op ’n ander manier betrokke wil raak, is daar Die Vriende van Eljadahuis-projek waar ’n debietorderstelsel ingestel is. Die doelwit is om 10 mense in 10 gemeentes te vra om R100 per maand by te dra en so die huis in staat te stel om finansieel hul eie instandhouding (versekering, water en ligte, sekuriteit, ens.) te doen. Skakel Elfrieda Marais gerus by 072 1795 847 vir ’n vorm.

Page 4: Hart & Hand  - 16 November 2014

Bydraes

REEDS

ONTVANG

Geleentheid

LIDMATE KAN

STEEDS BYDRA

Bydraes vir die Augustus-

dankoffer is met groot dankbaarheid teenoor

God ontvang.

Daar is egter nog tyd en geleentheid

vir dankoffers. Sodoende kan die geraamde mikpunt

bereik word.

Baie dankie Dit is vir ons ’n behoefte van die hart om ons dank en waardering oor te dra aan die Brooklyngemeente se kerkraad, gemeentelede en almal wat betrokke is by die versorging en opnames van die preke asook die verspreiding sodat ons ook die voorreg het om te deel daarin en dus een voel met alle werksaamhede in die gemeente. Aan ons predikante ’n hartlike dank vir die versorging van ons preke waarin ons nou ook kan deel en dit kan geniet. ’n Spesiale woord van dank aan ds Fanie vir sy besoeke en bemoediging. Oom Smit en tannie Baba van Rooy

Sustersaamtrek: 7 Maart 2015 Die Gereformeerde Kerk Meyerspark nooi die susters van jul gemeente hartlik uit na die Sustersaamtrek 2015! Tema: “Julle is Sout en Lig” Spreker: Stephan Joubert Datum: Saterdagoggend 7 Maart 2015 Tyd: Registrasie vanaf 07:30 Lokaal: Wapadrant Gemeente, Plot nr 3, Sunrise Road, Olympus, Pretoria Koste: R125 per persoon Vriendinne, familie en susters van ander kerke is ook welkom!

Swartskaap, swartskaap

Die swartskaap in die familie – die vreemde oom in die familie wat nêrens inpas nie, wat almal verduur, nie na funksies wil nooi nie en veral nie mee saam gesien wil word nie. Hy pas net nie in nie. Amos was waarskynlik so ’n figuur. As hy deur God geroep word, sê hy: “Ek is nie so ’n profeet nie en ek behoort nie tot die profetekring nie, ek boer met vee en kweek wildevye” (Amos 7:14). Saggeus, die hooftollenaar, ’n pos wat bekend was vir rykdom deur korrupsie, moet in ’n boom klim om Jesus te sien. As jy kort en ongewild is, kan jy hoegenaamd nie naby die Meester kom nie (Lukas 19). Dit verander sy lewe en Jesus sê dat Hy gekom het om te red wat verlore was – soos die verlore skaap (Lukas 15) in die gelykenis. Die kleutervers lui:

Swartskaap, swartskaap het jy baie wol, Ja, Baas, ja, Baas, drie sakke vol.

Jesaja 1:18 sê: “Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol” – ook vir ons swart skape met sakke vol sonde.

DANKOFFER

AUGUSTUS-

KERSMARK:

TRANSORANJE SKOOL VIR

DOWES Tshwane Events Centre (Pretoria-skouterrein) Ingang: P8 – WF Nkomo/Kerkstraat Saal L 21-30 Nov 2014: 09:00-20:00 Gratis toegang Saterdae 09:00-11:00 Sunrise Surprise-ontbyt @ R25pp Arts & Crafts-demonstrasies. Kunstenaarsoptredes.

Kontak 012 386 6072 of www.transoranje.webs.com

Page 5: Hart & Hand  - 16 November 2014

Belydenisaflegging:

God se seën

sigbaar gemaak

Tweelingsussies Anna-Marié en Lynette Helberg lê vandag saam met die ander jongmense belydenis van geloof af. Hul ouers is Hendrik en Louise van ons gemeente en hul grootouers is prof Jaap en Kokkie Helberg van Potchefstroom. Prof Jaap was hoogleraar aan die Teologiese Skool Potchefstroom.

Chris de Beer Vandag met nagmaal staan ’n klompie jongmense voor ons gemeente op dieselfde plek waar ons gemeente-ouers die doopbelofte aflê. Ná jare se opvoeding en onderrig het Tiaan de Cruz, Heleen Ferreira, Anna-Marie Helberg, Lynette Helberg, Helene-Marie Guillaume, Adriaan Kruger, Zelné Minnaar en Marlise Mocke almal aansoek gedoen om belydenis van hul geloof af te lê. Die dag van belydenis-aflegging is natuurlik ’n wonderlike dag in die lewe van dié jongmense en van die gemeente. Dit is ’n geleentheid waar ons sien hoe God ons seën en die jongmense verantwoordelikheid vir hul geloofslewe neem. Die beloftes wat afgelê word, is ontsaglik groot en het verreikende gevolge. Lees bietjie deur een van die beloftes wat op dié dag gemaak word: Beloof u, terwyl die volle gemeenskap met die kerk van Christus nou vir u ontsluit word, om as ’n lewende lid van die kerk die bediening van Woord en sakrament ywerig. te soek, u gawes gewillig en met vreugde tot nut en saligheid van die ander lede en tot

uitbouing van diekoninkryk van God aan te wend en dat u u aan die Christelike vermaning en tug sal onderwerp as u in leer of lewe u misgaan?

’n Groot belofte op ’n groot dag! Ons dank die Here vir die voorreg om hierdie dag saam met ons boeties en sussies te vier. Mag ons Koning Jesus hierdie jongmense seën en mag ons gemeente al hoe meer onder die indruk kom van hoe God drie-enig besig is om sy kerk regoor die wêreld te vergader.

Liewe gr 11-kleingroep,

Vandag is vir julle ’n groot dag en dit is vir my jammer dat ek nie daar kan wees saam met julle nie! Dit was vir my baie lekker om ’n stukkie van jul lewens met julle te kon deel van gr 10 af, en Sondagmiddae saam met julle was vir my altyd baie lekker. Ek hoop die dag is vir julle mooi, nie omdat die klere mooi is en sulke tipe dinge nie ... maar omdat dit vir julle mooi is dat God julle kan liefhê en dat dit die ding sal wees wat vir julle die mooiste is en bly. Gaan altyd met alles eerste na Hom toe ... en luister dan na Hom al is dit soms moeilik, Hy wil en sal julle lei en vorm op ’n manier wat altyd vir julle heilsaam sal wees. Ons het lekker saam gesels en gegroei en dit is eintlik presies waarmee julle ook van nou af moet besig bly. Julle sal nog baie vrae en probleme in die toekoms hê, maar onthou dat Jesus vir julle sy Woord, Gees en ’n geloofsfamilie gee om julle verder te lei op jul pad. Gebruik dit!

Liefdegroete, Griffel

Page 6: Hart & Hand  - 16 November 2014

Dankbaar teenoor die Here Tien jaar nadat die Gereformeerde Kerke Pretoria-Brooklyn, Pretoria-Sunnyside en Pretoria-Oos op 30 November 2003 saamgesmelt het, het ’n groepie lidmate onder leiding van Colin Cameron en aansporing van Frieda Sonnekus begin werk aan ’n publikasie om die gebeure vir die nageslag op te teken. Soos wat Colin in die voorwoord sê:

Die hand van die Here kan duidelik gesien word deur die pad wat die gemeentes geloop het. Hy het bepaal dat ons saam met Hom op pad sal wees en hy het ons paaie gelyk gemaak.

Hoewel die historiese verloop van sake belangrik is, het die redaksie van die publikasie, Saam op pad met God, gevoel dat dit belangriker is om waar te neem hoe die Here die verloop van die geskiedenis gerig het en ontvanklike gesindhede geskep het.

“Hierdie publikasie fokus op hoe die samesmelting van die drie gemeentes in 2003 die uitbreiding van God se koninkryk op aarde en in ons harte bevorder het en hoe die bedieningsterreine oor die afgelope dekade veranderings ondergaan het.”

Die publikasie is gereed en is aanvanklik in elektroniese formaat op die tuisblad beskikbaar. Direkte skakel: http://pub.lucidpress.com/gkpretoriabrooklyn/

Vanaf tuisblad: http://www.gereformeerdbrooklyn.co.za/Volg die skakel

Page 7: Hart & Hand  - 16 November 2014

Laat U Naam geheilig

word Matteus 6:9-13 en Heidelbergse Kategismus: Sondag 47 Fanie van der Schyff (Uittreksels uit die preek op Sondagoggend 9 November 2014)

Jesus leer ons bid: “Ons Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word. Laat U koninkryk kom ...” Ons besef dalk nie aldag hoe diep hierdie woorde sny en hoe groot die voorreg is om dit te mag bid nie. Wanneer ons Vader sê, sê ons daardeur Pa of Pappa ... en Hy troon as ewige Koning oor hemel en alles. Terselfdertyd woon Hy ook ewig in ons (Lukas 17:21). Dit maak ons Koningskinders! As kinders van die ewige Koning moet ons sy Naam heilig. God se Naam sê wie Hy is. Die woord heilig (hagios in Grieks) beteken afgesonder van sonde, eerbied, verhef, grootgemaak word of in sy uiterste vorm “alles gemaak word”. God is in sy wese heilig (Psalm 99:3, 5, 9; Jesaja 6:3; Openbaring 4:8). Wanneer sy heilige Naam “ydellik gebruik word” (Eksodus 20:7 – Ou Afrikaanse vertaling), dan beteken dit letterlik dat sy Naam deur mense deurboor, of niks gemaak word nie. Hierteenoor leer Jesus ons bid dat God se Naam al hoe meer deur sy kinders in hierdie wêreld alles gemaak moet word. Hoe word God se Naam geheilig?

Ons heilig God se Naam wanneer ons Hom aanbid (Psalm 29:2): ons aanbid God vir wie Hy is.

Ons heilig God se Naam wanneer ons sy Naam eer en prys (honour): ons prys God vir wat Hy doen.

Ons heilig God se Naam wanneer ons erken en glo wie Hy self sê Hy is: Hy maak Homself aan ons bekend deur talle Name.

Ons heilig God se Naam wanneer ons op God vertrou (Psalm 20:8).

Ons heilig God se Naam deur heilig te lewe (1 Petrus 1:15-16).

Ons heilig God se Naam deur sy Naam te verkondig (Jesaja 12:4; Matteus 28:19).

Ons heilig God se Naam deur sy Naam saam te bely.

Ons het die voorreg om te mag bely: Ek glo in God die Vader, Seun en Heilige Gees ...

Die nuwe mensheid Efesiërs 2:11-22 Chris de Beer (Uittreksels uit die preek op Sondagaand 9 November 2014) As ons in die geskiedenis rondkrap, sien ons dat die Jode en die heidene nie baie van mekaar gehou het nie. Eintlik stel ek dit heeltemal te lig, want hulle het mekaar gehaat. Die Jode het geglo die heidennasies is geskep om die hel se vure te stook en die Grieke/heidene het neergekyk op almal wat nie ’n Griek was nie. In vers 11 roep Paulus die gelowiges op om hierdie vroeëre toestand te onthou. Voor hul bekering was hulle godloos en hooploos. Sonder Jesus Christus was daar geen sin in hul lewe nie. Die woord wat hul toestand beskryf, is vervreemding. Die sosiale realiteit is dat sodra mense van God vervreemd raak, verhef hulle hulleself en dink hulle hulle is beter as ander en daarom word hulle ook van ander mense vervreem. Die kwessie wat mense van mekaar skei, is nie pimêr velkleur, polities of sosiaal nie, dit is geestelik. Genadiglik bied God die antwoord vir die probleem. In verse 13 en 14 lees ons dat God se antwoord gegrond is op die opofferende dood van Jesus Christus. Dié wat ver van God was en dié wat naby God was, is deur die bloed van Jesus Christus albei nou by God. Daar staan geskrywe: “Christus is ons vrede.” Hy is die vredemaker tussen God en mens en ook tussen mens en mens. Die muur wat skeiding gemaak het tussen Jode en nie-Jode is deur Jesus Christus afgebreek. In Homself skep Jesus Christus ’n nuwe mensheid - een wat die vyandskap tussen rasse, politieke partye en sosiale verskille afbreek. Maar Paulus stop nie hier nie. Hy wil die spyker diep inslaan en gebruik dan drie beelde om te verduidelik hoe hierdie nuwe mensheid funksioneer, naamlik medeburgers van God se Koninkryk, God se gesin en God se tempel.

Versoek Indien enigiemand ekstra Psalmboeke by die huis het, bring dit asseblief kerk toe vir gebruik op Sondae as die krag af is.

Page 8: Hart & Hand  - 16 November 2014

DATUM ONDERWERP GESPREKSLEIER Jan Geen Dissipelskapkafee nie

Feb 2 Agapé-vergadering

9 Uit Hom, deur Hom, tot Hom (Soli Deo Gloria) Fanie van der Schyff

16 Die Algemene openbaring (Sola Gratia) Chris de Beer

23 Die Besondere openbaring (Sola Scriptura) Paul Grobler

Maart 2 Agapé-vergadering

9 Geloof alleen: Christus (Solus Christus) en Chris de Beer

16 die Heilige Gees (Sola Fide) Fanie van der Schyff

23 Samevatting : Bespreking Fanie, Chris en Paul

30 Vakansie

April 6 Vakansie

13 Geen Dissipelskapkafee nie

20 Klassis Oostelike Pretoria

27 Vakansie

Mei 4 Agapé-vergadering

11 Die Heilige Gees: Wie is die Heilige Gees?

Paul Grobler

18 Wat is die werk van die Heilige Gees? Paul Grobler

25 Hoe beduiwel ons die Heilige Gees? Paul Grobler

Junie 1 Agapé-vergadering

8 Die Engel Chris en Paul

15 Vakansie

22 Die Engele en die duiwel Magdal Marais

29 Vakansie

Julie 6 Vakansie

13 Vakansie

20 God is die uitverkieser Fanie van der Schyff

27 Hoekom het Hy my uitverkies? Chris de Beer

Aug 3 Agapé-vergadering

10 Vakansie

17 God is kreatief Paul Grobler

24 God is ’n onbeskryflik Chris de Beer

31 God is musikant Johannes Bingle

Sept 7 Agapé-vergadering

14 Gebedskursus: Uit God: Gebed is ’n geskenk van God

21 Deur God: Die rol van gebed in verdieping

28 Tot God: Laat U koninkryk kom

Okt 5 Vakansie

12 Agapé-vergadering

19 Ongemaklike genade: Waar is God in moeilike tye? Pieter Harris

26 Hoe ondersteun ek medegelowiges in moeilike tye? Pieter Harris

Nov 2 Agapé-vergadering

9 Die missionale kerk: hoe lyk dit in Sub-Sahara? Flip Buys

16 Wat is die vordering met die omkeerstrategie? Griffel van Wyk

23 Waarmee is God besig in Brooklyn? Skep, versoen en herskep

Dissipelskapkafee Februarie – November 2015

Page 9: Hart & Hand  - 16 November 2014

1. TWEEKAMER-TUINWOONSTEL TE HUUR Baileys-koppie, Maraisstraat-veiligheidsbuurt. Stapafstand van Tuks-hoofkampus. Beskikbaar 1 Nov 2014. R2 800 pp per maand. Water en elektr. ingesluit. Skakel Renate by 083 285 5485.

2. OPPASSER Ek het 'n baie betroubare oppasser wat vir Christiaan in die week oppas. Indien iemand dalk op soek is na oppas vir hulle baba (4 maande tot 1 jaar) gedurende die week kan julle Geertje kontak by 0836556567

3. GERIEFLIKE KAMER IN QUEENSWOOD Ruim slaapkamer met badkamer en instapkas. Goeie sekuriteit met eie ingang en onderdak-parkering. 5 km van Tuks en Mediese Kampus. Een blok vanaf Gautrein-bushalte. R2 200 per maand. Elektrisiteit, wasgoeddiens en skoonmaakdiens ingesluit. Skakel Joan by 082 470 1778.

4. DIE WASLYN Fees-seisoen aanbod: Was, droog en stryk van gordyne @ R85.00 per drop. Gratis afhaal en ophang. Blanke diens. Keith Pretorius 078 296 4596.

5. HUISHULP BESKIKBAAR Huishulp soek werk vanaf Januarie 2015: Poppie het vir 4 jaar by my gewerk. Sy is baie betroubaar, het vir 'n kookkursus by Sonja's Foods gegaan, stryk goed, maak deeglik skoon en is lief vir kinders. Kontak asb vir Poppie by 0828461852 of Marita du Plessis by 082 871 5098 vir verwysing.

6. KUNSKLASSE Ek bied volwasse- en kinderkunsklasse aan in tekenvaardighede in pen en potlood, akriel- en waterverf. Dit vind plaas by my huis in Clubview. Weeksdae van 09:00-16:00. Kontak Renske van Heerden by 079 969 4949 of [email protected]

7. KANTOORRUIMTE TE HUUR in Menlopark – R11 000 per maand. 150 m2. Beskikbaar 1 Januarie 2015. Die kantoor is geleë in ’n woonbuurt met 24-uur-sekuriteit. Alarmstelsel. Water- en kragverbruik ingesluit. Skakel die eienaar, Pieta Heyns, vir verdere navrae by 083 286 7726.

8. SKIPPER FRIGATE-OPSLAANWOONWA Slaap 4 volwassenes en 3 kinders. Woonwa is toegerus met ingeboude kaste, tweebranderstoof, twee nr 7-gasbottels, gasslang, noodtekens, afskortgordyne en aankniptafeltjie. Die woonwa het ’n baie groot tent in goeie toestand. Die woonwa is onlangs voorsien van twee nuwe wiele en laers vir die as. Kontak Alta by 012 362 0356 of 073 140 5003.

ADVERTENSIEBLAD Koste? Geen! • Hoekom? So kan ons mekaar ondersteun deur kennis te neem van produkte of dienste van medegelowiges. • Wat? Enige iets wat vir ’n medegelowige van waarde kan wees. • Formaat? Slegs teks, geen grafika nie, anders raak die e-pos te groot en stadig vir gewone telefoonlyne. • Waarheen? Stuur u advertensie na die kerkkantoor by: [email protected]

Wanneer? Sommer nou. • Advertensies sal slegs drie weke geplaas word. Indien u dit weer geplaas wil hê, moet u die bewoording verander en weer instuur.

ADVERTENSIES

Centurion-gemeente bied aan: TIENER-SEILKAMP

by Boskopdam 4-7 DESEMBER 2014 Alle tieners (gr 6-12) word uitgenooi om saam met Centurion-gemeente te gaan kamp by Boskopdam-seiljagklub (12km buite Potchefstroom). Die kampterrein is pragtig met groen gras en baie bome. Die dam se water is skoon en helder. Al noem ons dit ’n tienerkamp is dit eintlik ’n gesinskamp vir tieners. Daar is spesiale tariewe vir gesinne met jonger kinders. Daar is ook borgskap vir dié wat nie die koste kan dra nie. Jy moet gaan kamp as jy enigsins van die volgende hou: Nuwe mense aka lewenslange vriende ontmoet en leer ken, avontuur, groei, lag, min slaap, baie pret, lekker eet, son, swem, seil, roei, speletjies, spanbou, kos maak, tent opslaan. Die koste van R550 sluit die volgende in:

Kampering - jy bring net jou eie tent;

10 etes, koeldrank en snacks tussenin;

alle aktiwiteite;

vervoer. Kontak Heidi van der Walt by 082 902 8032 of by [email protected] of [email protected]

Page 10: Hart & Hand  - 16 November 2014

Kantoor

Rentia de Beer en Ela Mostert Posbus 11168, Hatfield, 0028 012 362 0069 086 639 1789 (Faks)

E-pos

WEBtuiste

Sondae Administrasiehulp

[email protected]

www.gereformeerdbrooklyn.co.za

Marga Koelman 082 923 2346 Sondae in die kerkkantoor Musiekdirekteur – Duxburyweg:

Philip Loots 082 614 9415

Reëlings Datum Plek Diensbeurt Kollekte Skinkbeurt

16 Nov

Duxbury Ouderling Hannes Otto Diaken Fanus Nortje

Onder die diens Diakonale werk By die deure Emeritaatfonds

Dalina

16 Nov

Troyestr

23 Nov

Duxbury Ouderling Diaken Hannes Welman

Onder die diens Diakonale werk By die deure Uitreikfonds

Bets, Ronel en Petra

23 Nov

Troyestr Hierdie dienste word deur die Hervormde Kerk gereël.

Predikante verbonde aan die gemeente:

Fanie van der Schyff (Hoofsaaklik lidmate bo 30jr)

012 348 2467 083 446 6096 [email protected] Chris de Beer (Hoofsaaklik lidmate onder 30jr) 012 362 0320 082 758 3550 [email protected]

Fanus Heystek (Troyestraat Christelike Sentrum) 012 542 3662 073 777 1254 [email protected]

Baie dankie vir jou

finansiële bydrae! Met meer bydraes groei ons impak! ABSA, Hatfield-tak, takkode: 334 745, Rekeningnommer: 540 340 110 Naam: Gereformeerde Kerk, Pretoria-Brooklyn. Indien jy enige bydrae elektronies inbetaal, gebruik jou noemnaam, voorletters en van as verwysing. Baie dankie!

Bankbesonderhede Diakonale kas: ABSA-tjekrekening, Diakonie Gereformeerde Kerk Brooklyn, rekeningnommer: 540 280 126 (Tak – Hatfield).

Page 11: Hart & Hand  - 16 November 2014

Preektema

Teks

Notas

Wat leer ek om God te eer?

Wat leer ek om ander, binne en buite ons geloofsfamilie, te dien?

Wat leer ek oor hoe om dissipels van Jesus te maak?

Page 12: Hart & Hand  - 16 November 2014

Preektema

Teks

Notas

Wat leer ek om God te eer?

Wat leer ek om ander, binne en buite ons geloofsfamilie, te dien?

Wat leer ek oor hoe om dissipels van Jesus te maak?