6
VANOGGEND SE DIENS GEN. 1 V. 26 28 EN 2 V. 15 , JOH. 3 V 16 - 17 EN ROM. 8 V 18 25 SO LIEF HET GOD DIE KOSMOS ... (DS MICHIEL DE KOCK) Ons staan vanoggend in verwondering daaroor dat God ons roep om Sy verteenwoordigers op aarde te wees. Hy roep ons om as’t ware in Sy skaduwee te stap. So naby Hom dat ons harte soos Sy hart sal lyk en ons oë soos Sy oë sal kyk na alles en almal om ons. Joh. 3 v. 16 laat ons besef dat God nie net die mense lief het nie, maar die hele kosmos, die hele skep- ping. Jesus het gekom om die ganse kosmos van verganklik- heid te bevry. Ons is God se medewerkers hierin, mag ons dan so met Sy skepping omgaan dat ons ook die hele skep- ping, mens en natuur kan help om vry te kom en nou reeds iets van God se genade en heerlikheid te kan ervaar. Rom 8 leer ons dat die skepping saam met ons daarna verlang. Kom ons werk saam met die Gees van God en koester Sy grootheid in elke mens en elke stukkie van Sy handewerk, sodat Hy sigbaar kan word op aarde. Michiel Wees Lig! Hartklop 1 Junie 2014 Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles HARTLIK WELKOM ‘n Dubbele verwelkoming: By die oggenddiens en ook by ons aanddiens. Vanoggend is Omgewingsorgsondag. Lees Psalm 8 en onderstreep vers 7: “U laat hom heers oor die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner jou aan ‘n bekende gesegde: Geloof is om bome te plant, sodat jou kleinkinders in die skadu kan speel. Dank die Here vir die natuur en almal wat moeite doen om dit op te pas! Vandag begin ons Pinksterbidure. Die jaar 1860 sal onthou word vir groot herlewings in die land soos in Worcester, Montagu en Tulbagh. Die destydse Ds JC de Vries vertel van ‘n aanddiens in Worcester se Kerksaal. ‘n Plaaswerker se vyſtienjarige dogter het ‘n lied opgegee en toe gebeur die onverklaarbare - die sesgtal aanbidders het almal op hulle knieë geval en hardop begin te bid. Toe Dr Andrew Mur- ry van sy Engelse diens af terugkom, was hy ontstoke, want die Kerk is ‘n Kerk van orde (1 Kor. 14:33). Tevergeefs. Dit was die begin van die herlewing. In die Paarl het Ds GWA van der Lingen sy Gemeente opgeroep vir Pinksterbidure van Hemelvaart to Pinkstersondag. Hierdie bidure - van 9 tot 19 Mei 1861 - het geword ons Kerk se eerste Pinksterbidure, en die Gemeente is herleef! Welkom by vanjaar se Pinksterbidure. Bid vir Dr Wilhelm, dat die Gees hom ook sal salf! 15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Navrae Hannie Koch by 028 316 1595). Dit is spesiaal vir mense wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan ge- selskap. Welkom! 18:30 PINKSTERDIENS Ons nooi u elkeen persoonlik uit na die Pinkssterreeks wat vanaand begin. Welkom! Vanoggend bring ons elkeen iets van die natuur saam, iets wat jou aan die grootheid van God laat dink. Dit kan ‘n klippie, ‘n blom, ‘n blaar wees. Vandag geniet ons die pragtige natuurskoon rondom ons. TEKS VIR DIE WEEK (VIR SONDAG 8 JUNIE) Teks: Fil. 2:12-18 Indien u kleingroep nie tydens Pinkster bymekaar kom nie, kan hierdie teks ook vir persoonlike sltetyd gebruik word. * Die klein gemeentetjie in Filippie was maar 'n klein min- derheid in 'n heidense stad. * :12b-13 - Dink bietjie na oor wat hierdie teks vandag vir jou in jou omstandighede beteken. * :14-15 - Wat beteken hierdie teks vir jou in jou konteks vandag? Hoe maak ons 'n verskil? * Waer verwagnge het jy van Pinkster?

Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

VANOGGEND SE DIENS GEN. 1 V. 26 – 28 EN 2 V. 15 , JOH. 3 V 16 - 17 EN

ROM. 8 V 18 – 25

SO LIEF HET GOD DIE KOSMOS ...

(DS MICHIEL DE KOCK)

Ons staan vanoggend in verwondering daaroor dat God ons roep om Sy verteenwoordigers op aarde te wees. Hy roep ons om as’t ware in Sy skaduwee te stap. So naby Hom dat ons harte soos Sy hart sal lyk en ons oë soos Sy oë sal kyk na alles en almal om ons. Joh. 3 v. 16 laat ons besef dat God nie net die mense lief het nie, maar die hele kosmos, die hele skep-ping. Jesus het gekom om die ganse kosmos van verganklik-heid te bevry. Ons is God se medewerkers hierin, mag ons dan so met Sy skepping omgaan dat ons ook die hele skep-ping, mens en natuur kan help om vry te kom en nou reeds iets van God se genade en heerlikheid te kan ervaar. Rom 8 leer ons dat die skepping saam met ons daarna verlang. Kom ons werk saam met die Gees van God en koester Sy grootheid in elke mens en elke stukkie van Sy handewerk, sodat Hy sigbaar kan word op aarde. Michiel

Wees Lig!

Hartklop 1 Junie 2014

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

HARTLIK WELKOM ‘n Dubbele verwelkoming: By die oggenddiens en ook by ons aanddiens. Vanoggend is Omgewingsorgsondag.

Lees Psalm 8 en onderstreep vers 7: “U laat hom heers oor die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .”

Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers!

Herinner jou aan ‘n bekende gesegde: Geloof is om bome te plant, sodat jou kleinkinders in die skadu kan speel.

Dank die Here vir die natuur en almal wat moeite doen om dit op te pas!

Vandag begin ons Pinksterbidure. Die jaar 1860 sal onthou word vir groot herlewings in die land soos in Worcester, Montagu en Tulbagh. Die destydse Ds JC de Vries vertel van ‘n aanddiens in Worcester se Kerksaal. ‘n Plaaswerker se vyftienjarige dogter het ‘n lied opgegee en toe gebeur die onverklaarbare - die sestigtal aanbidders het almal op hulle knieë geval en hardop begin te bid. Toe Dr Andrew Mur-ry van sy Engelse diens af terugkom, was hy ontstoke, want die Kerk is ‘n Kerk van orde (1 Kor. 14:33). Tevergeefs. Dit was die begin van die herlewing. In die Paarl het Ds GWA van der Lingen sy Gemeente opgeroep vir Pinksterbidure van Hemelvaart to Pinkstersondag. Hierdie bidure - van 9 tot 19 Mei 1861 - het geword ons Kerk se eerste Pinksterbidure, en die Gemeente is herleef! Welkom by vanjaar se Pinksterbidure. Bid vir Dr Wilhelm, dat die Gees hom ook sal salf!

15:30 Groep vir enkellopendes in Dienssentrum sitkamer. (Navrae Hannie Koch by 028 316 1595). Dit is spesiaal vir mense

wat op ‘n Sondagmiddag alleen voel en ‘n behoefte het aan ge-

selskap. Welkom!

18:30 PINKSTERDIENS Ons nooi u elkeen persoonlik uit na die

Pinkssterreeks wat vanaand begin. Welkom!

Vanoggend bring ons elkeen iets

van die natuur saam, iets wat jou

aan die grootheid van God laat

dink. Dit kan ‘n klippie, ‘n blom, ‘n

blaar wees. Vandag geniet ons die

pragtige natuurskoon rondom ons.

TEKS VIR DIE WEEK (VIR SONDAG 8 JUNIE)

Teks: Fil. 2:12-18

Indien u kleingroep nie tydens Pinkster bymekaar kom nie, kan hierdie teks ook vir persoonlike stiltetyd gebruik word. * Die klein gemeentetjie in Filippie was maar 'n klein min-derheid in 'n heidense stad. * :12b-13 - Dink bietjie na oor wat hierdie teks vandag vir jou in jou omstandighede beteken. * :14-15 - Wat beteken hierdie teks vir jou in jou konteks vandag? Hoe maak ons 'n verskil? * Watter verwagtinge het jy van Pinkster?

Page 2: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

MA. 2 JUNIE DI. 3 JUNIE WO. 4 JUNIE

09:00 Pinksterdiens

18:30 Pinksterdiens

09:00 Pinksterdiens

Sopkombuis

10:00-12:00 Kliniek (Dienssentrum). Maak

‘n afspraak by sr. Calitz (073 152 5623) vir

bloeddruk, suikertoetse ens.

18:30 Pinksterdiens

24een Gebedswag vandag. Ons bid saam.

09:00 Pinksterdiens

08:00 Voete– & hande versorging. Maak

asb ‘n afspraak by Marilyn 082 532 6931.

10:00-11:30 Trimgim in Anneks.

11:00-13:00 Klerekas

18:00-19:30 Lofdanse oefening

18:30 Pinksterdiens

DO. 5 JUNIE VR. 6 JUNIE SA. 7 JUNIE

09:00 Pinksterdiens

18:30 Pinksterdiens

09:00 Pinksterdiens

10:00 - 11:30 Die Teetuin is

@ Dienssentrum is oop.

Kom kuier saam met ons.

18:30 Pinksterdiens

WAT GEBEUR SONDAG 8 JUNIE ?

09:00 Pinksterfees & Nagmaal:

Dr Wilhelm Burger gaan voor.

Welkom!

Spes Koll. Diens van Barmhartigheid

WYKE DIENSBEURTE

Gebed (Konsistorie) (Wyk 20)

Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 9)

SIEKTE & NOOD

VERSOEKE Annette 072 903 9189

NOODKETTING Sheila 084 800 0947

O, Gees van God wat in ons woon,

Gees van Waarheid, wat ons leer,

Trooster wat ons lei op die regte

pad. Vandag wil ons U naam eer.

Dankie Gees van God wat ons help in

tye van nood, wat ons bystaan - selfs

wanneer ons dink ons is alleen.

Dankie dat u ons gebede vertaal so-

dat dit reg by God uitkom. Dankie

vir die krag en inspirasie wat u

elkeen dag gee. Ons eer U.

Vader, in die Naam van Jesus, Seun, bid ek U Woord oor my lewe vandag. Dankie dat U vir my vrede en kalmte

gee, daarom glo ek dat U in elke behoefte van my ryklik sal voorsien volgens U oorvloedige rykdom in Jesus Christus. (Fil 4:19). Dankie dat U my ‘n hoopvolle toekoms gee. Ek is vry in die Naam van Jesus en my blydskap in die Here is my beskutting. (Neh 8:11).

O God, hoe kosbaar is U getroue liefde nie. Daarom skuil ek onder U vleuels vir beskerming. Ek geniet die oorvloed wat

daar in U teenwoordigheid is, en U laat my drink uit die stroom van U goedhei, want U is die fontein wat lewe gee, en in U nabyheid ondervind ek wat lewe werklik is. Laat ons wat U ken altyd U getroue liefde ondervind en wees regverdig teenoor die wat opreg is. (Ps 36:8-11)

My Vader, watter wonderlike dinge het U nie als vir my gedoen nie. Dit is vir my onmoontlik om van alles te vertel,

want daar is te veel om op te noem. Laat almal wat U aanbid, ondervind watter vreugde en blydskap U gee. En laat almal wat oor U verlossing dankbaar is, gedurig uitroep: “Die Here is groot!” (Ps 40:6 & 17).

Vader, laat U liefde meer oorvloedig word in my, sodat ek vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie. Ek wil as U kind myself oorgee om in goddelike liefde te

lewe. Help my om daagliks daarin te groei. Dankie Vader dat ek saadjies van liefde kan plant, orals waar ek beweeg. U berei die harte voor om hierdie liefde te ontvang en ek weet dat hierdie saad ‘n oes sal bring van liefde.

Vader, ek laat my werke en my lewe aan U oor. (Spr 16:3). Help my om verstandig te wees en U wil te verstaan (Efes 5:17) sodat niks vir my vaag en

onduidelik sal wees nie, maar dat ek volmaak en volkome mag staan in U ganse wil (Kol 4:12). Vader, ek glo dat U wil hê dat ek U wil moet ken en te alle tye ‘n getuie vir U moet wees. (Hand 22:14).

Bets Liebenberg

Rina vd Westhuizen

Andries v Niekerk

Pieter de Leeuw

Neil Human

Ras & Cissy Coetzee

Sarie v Staden

Barend & Joey Swarts

Hester Conradie

Lorraine Fourie

Fanie Schmidt

Bettie Erasmus

Deon Smith

Dirk Coetzee

Nicole Viljoen

Ons bid spesiaal vandag

vir alle bejaardes in ‘n

siekeboeg.

Ons bid ook vir al die

versorgers wat na siekes

omsien.

HEILIGE GEES

KLEUTERKERK Tydens Erediens (Ark)

BYBELGROEPE Gr 1 - 4 tydens die Erediens

Gr 5 - 7 direk na die Erediens

TEENTRIX Gr 8 - 10 direk na die Erediens

Page 3: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

PINKSTER 2014

SKAKERINGS VAN DIE LIG

Sondag 1 Jun @ 18:30 (herhaal Ma 09:00) Mense wat bly is Rom 8:15

Die helder evangelie in ‘n neutedop. In gesprek met iemand wat die blydskap deel!

Maan, 2 Jun @ 18:30 (herhaal Di 09:00) Om saam te sug Rom 8:23,28

Soms raak die lig donker. In gesprek met ‘n ouerpaar wat die donker moes trotseer.

Dins, 3 Jun @ 18:30 (herhaal Wo 09:00) Waardige mense Ef. 4:32

Menswaardigheid is meer werd as wat ons dink. In gesprek met mense wat minderwaardigheid oorwin het.

Woen, 4 Jun @ 18:30 (herhaal Do 09:00) Geesdriftige (jong)mense Hand 2:17

Drome oor God se toekoms. In gesprek met entoesiastiese jongmense.

Don, 5 Jun @ 18:30 (herhaal Vr 09:00) ‘n Blinde wat ver sien Rom 8:28

Nuwe lig in die donker. In gesprek met Hein Wagner, ‘n blinde avonturier met visie!

Vry, 6 Jun @ 18:30 Die kuns van Christenwees Rom 8:26

Kunstenaars help ons bid. In gesprek met kunstenaars wat ons geloof verbeeld.

Son, 8 Jun @ 09:00 Die kerk is hier vir die skyn Fil. 2:12-18 (Pinksterfees en nagmaal)

Die gelowiges skyn as ligdraers in ‘n donker wêreld. Wat ‘n verligting!

KUNSWERKE TYDENS PINKSTER

IN ONS SENTRUM

Ons dank graag vir Alida Bothma vir die pragtige

skilderye wat julle deur die Sentrum sal sien. In

die maalruimte is daar twee (“Voete was” en

“Those with ears to hear should listen”). In die

sysaal is die skildery “In Vlug” en in die groot

voorportaal is die 4 foto’s rondom ‘n kruis. Die

werk se naam is “Mure” en die kruis in die middel

dui daarop dat dit net Jesus is wat mure tussen

mense kan afbreek. Ons hoop julle geniet dit.

Vir enige navrae, kontak Jaco by 076 386 2408.

HEIN WAGNER (spreker Donderdagaand tydens Pinkster) - NET ‘N PAAR VAN SY PRESTASIES Het die Two Oceans marathon voltooi in Maart 2013. In April 2013 neem aan Iron Man kompetisie deel. Voltooi die “Dessert Dash” van 369km op ‘n motorfiets. In 2011 en 2012 was hy die wenner van die tandem-fiets vir blindes in die Argus fietstoer. In 6 Oktober 2009 het hy die wereldrekord vir landspoed vir blindes opgestel in ‘n

Mercedes SL65 teen 322km/h!!

OMGEWINGSORGBEDIENING

Hierdie bediening het verlede week

‘n baie geseënde byeenkoms gehad en

ons sal binnekort heelwat meer met u

deel. Intussen nooi ons u graag om

nou reeds al met ons te gesels, voor-

stelle te gee en idees met ons te

deel. Kontak asb vir De Wet Herbst

op 082 652 7255 of

[email protected]

Page 4: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

LOF AAN GOD “ LOFPRYSING: Ps 98 : 1 Sing vir die Here

'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen.

Hy het verlossing bewerk met sy krag en God-

delike mag. (NLV)

Ek bring U my lof, o heilige God

My lof is 'n offer aan U (x2)

En ek sing, want ek weet U my Here U leef - Ek besing – U grootheid Tot in ewigheid

SONDEBELYDENIS Ps 51 : 19 Die offer wat U wil hê, o God, is 'n

gebroke gees. 'n Gebroke en berouvolle hart

sal U nie verwerp nie, o God.

DINK 'N BIETJIE Lees asb Hand 1 : 1 – 8 en Hand 2

Weet u wat was Jesus se laaste woorde op

aarde?

Die antwoord - Hand 1 : 8 'Maar wanneer die

Heilige Gees oor julle kom, sal julle krag

ontvang en oral mense eerstehands van My ver-

tel – in Jerusalem, oor die hele Judea, in Sa-

maria, en tot in die uithoeke van die aarde.”

Dit staan bekend as die Groot Opdrag! / Het

dit net gegeld vir die dissipels van daardie

tyd ? / NEE – dis ook ons opdrag, want is ons

nie ook Sy dissipels nie / Hy belowe die Heilige

Gees aan hulle - aan ons ook ! / Hulle

VOLHARD in die GEBED saam met die vroue en

Sy ma en broers / Volhard ons ook in gebed ? /

24een Gebedswag NGK & VGK GEMEENTES WOENSDAG 4 JUNIE 2014

Vra ons ook vir die vervulling met die Heilige

Gees ? / As God iets belowe, doen Hy dit –

Hand 2 : 2 – 11 / Jeremia het reeds hieroor

geprofeteer - Jer 16 : 21 / Ook die profeet

Joël ( in die gelese gedeelte)

Wat moet ons nou doen ? / Hand 2 : 22 ' luister

na hierdie woorde ! - v21 'elkeen wat die Naam

van die Here aanroep, sal gered word.' - en die

Heilge Gees ontvang ! Hand 2 : 38 'Kom tot in-

keer en maak reg met God. Laat julle in die

Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes

vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees

ontvang.' Ons opdrag dus : Luister - Roep die

Naam van die Here aan - daar staan : 'dan sal

julle krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor

julle kom ' - en jy sal nie anders kan as om 'n

getuie vir Jesus te wees nie ! Toe Hy weg ge-

gaan het, het Hy sy werk aan ons oorgegee om

die Evangelie te versprei en God aan die wêreld

bekend te maak.

NADER TOT GOD 'O God, let people praise Thee, Let all the na-

tions sing, For earth in rich abundance to us her

fruit shall bring, The Lord our God shall bless

us, our God shall blessing send, and all the earth

shall fear Him to its remotest end. '

Page 5: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

Ons bid vir al die inwoners van hierdie gebied

dat hulle goed selfondersoek sal doen en weer

sal terugkeer na die enigste God wat lewe gee.

4. Ons bid vir Christene oor die wêreld wat onder vervolging deurloop. Die stryd word al

erger en ons bid veral vir die lande in Afrika

waar 'n skrikbewind teen Christene gevoer

word. Lande soos Kenia, Nigerië en Somalië.

Islam het oorlog verklaar teen Christene en ons

moet saam met ons broers en susters staan in

die stryd, deur aanhoudend vir hulle te bid.

Ons bid dat die enigste en almagtige God hulle

sal bewaar en sterk en standvastig sal maak om

staande te bly en getuies vir Hom sal wees

onder alle omstandighede. Terselfdertyd dank

ons (wat dit nog nie beleef het nie ) God dat

ons nog die voorreg het om Hom vryelik te volg

en te aanbid, sonder dat ons kerk gesloop sal

word. Ons vra dat Hy ons sal help om nie on-

verskillig te word en ons vryheid as vanselfspre-

kend sal aanneem nie.

Ons aanbid die opgestane, lewende Here en

daarom sal ons sing : Staan op, staan op vir

Jesus! Steun enkel op Sy krag; u eie arm is hul-

peloos, hoe dikwels u ook traag. Neem aan

God’s wapenrusting, en waak en bid en stry;

roep plig u in gevare, weet, Jesus staan u by!

DANKIE

'Dankie Heer, dat U by my bly;

Dat U Woord en Gees my ook lei,

U is my Vader, U is my Heer -

Graag wil ek lewe soos U my leer.'

VOORBIDDING

KOM ONS BID SAAM Ps 95 :6 – 7 (NLV)

'Kom, laat ons aanbid en neerbuig, en kniel voor

die Here ons Maker, Hy is ons God en ons is sy

volk, die skape onder sy sorg.'

Dankie Vader dat Toe ek sê : ' My voet gly !' het

U trou my ondersteun, Here' (Ps 94 : 18 -NLV )

Kom ons dank God vir Sy getrouheid waar Hy ons

elke dag so ondersteun. Dankie Here dat

'wanneer twyfel my oorweldig, het u troos my

verbly.' (Vers 19)

1. Ons bid dat die Heilige Gees ons so sal

oordek dat ons nie anders sal kan as om Sy

getuies te wees nie. Ons bid dat Hy elke dissipel

van Hom (ons) gehoorsaam sal maak soos die

eerste gemeente : Hand 2 : 42 ' Hulle het hulle

volledig gewy aan die leer van die apostels, aan

die versorging van mekaar, aan die gemeenskap-

like maaltye, en aan gebede. ' En ons bid dat die

Here ook (V47) ' elke dag mense wat gered

word, by die gemeente byvoeg '

2. Ons bid ook soos Joël dat God sy Gees sal

uitstort op elke man en vrou sodat ons en ons kinders die Woord van God sal verkondig.

Ons bid ook vir die leiding van die Gees vir die

Dienaarspan en Kerkraad. Ons bid vir die

onderwysers en kinders van die Kategese Skool dat onder leiding van die Heilige Gees die Evan-

gelie suiwer verkondig sal word.

3. Ons bid vir ons leiers in die Statsraad van Hermanus en die hele Overstrand. Ons bid dat

hulle God sal erken as die ware lewende God en

Hom sal toelaat om in beheer van hul doen en

late te wees.

Page 6: Hartklop - NGK ONRUSRIVIER · die werk van hande, U het alles aan hom onderwerp . . .” Vra jouself nou af: Wat ‘n verantwoordelikheid om oor God se handewerk te heers! Herinner

GOLDEN HARVEST PINKSTER 2-8 Junie om 09:45 in die Sitkamer WYKSBYEENKOMS: WYK 27 6 Junie 2014 om 18:00 by Pottie & Nida, Sandown-bay 34 (028 315 2060). MENGELMARKIE Sat 7 Junie by die De Wetsaal in Roosstr, Onrusriv-ier. Kom vroeg en kry iets lekker vir die naweek! WYK 23 - WYKSETE U word hartlik uitgenooi na ‘n wyksete op 10 Junie om 18:00 in die Maalruimte. Gratis, donasies sal welkom wees. Bring asb eie eetgerei, glase (wyn, koeldrank) en beker vir koffie. Bevestig asb voor Vrydag 6 Junie by Christa 082 336 3678 of Mirjam 072 304 0415. SPOELKLIPPE: So. 5 Okt. DV TREINRIT NA SIMONSTAD: Die 60 persone wat hul name op lys geplaas het, moet voor 15 Julie hul deposito van R220 inbetaal by Kerkkantoor asb. Persone wat ook nog belang-stel om te gaan, moet hul name op die waglys by Mervian by Kerkkantoor plaas. Kontak Joep vir meer besonderhede 028 316 4018 of 083 297 9230. GEMEENTEKAMP TE BONNIEVALE RIVER LODGE : 3-5 OKT 2014 20 Karavaan/tent staanplekke @ R105 pp / nag. Kinders onder 12 halfprys. 4 Selfsorg kamers @ R2315 pp / nag. Swembad, kano’s, lapa, bome langs rivier. (Fotos op hul webwerf). Inskrywings by die Kerkkantoor. Bespreek asb so gou moontlik om jou plek te verseker.

WAAR kan WAAR kan

ek DIENek DIEN??

LIGBOEKLIGBOEK

DIENSSENTRUM:

Lidmaatskapfooie vir 2014:: Kom betaal asb by Mervian (Kerkkantoor).

Die ledegeld bly dieselfde as 2013 - ‘n

wiskopie!

Maaltye: Bespreek asb voor 12:00 die vorige dag by Mervian (Kerkkantoor). Winterprojek: Truie, serpe, musse, handskoene, komberse kan by Erika ingehandig word

SAAMRYGELEENTHEID Een van ons gemeentelede soek dringend ‘n saamrygeleentheid op naweke vanaf die Paarl na Onrusrivier en terug. Hy is bereid om ‘n bydrae te gee vir petrolkostes. Kontak hom asb op 083 512 5714.

LEARN-TO-EARN begin nou met ‘n Kursus in Tegniese Vaardighede maar benodig nog gereedskap daar-voor. Dit sal baie waardeer word as enigeen wat ge-reedskap het waarvan hulle ontslae wil raak, met die Hoof, mnr Edwin Brooks sal skakel by 028 313 0564. Enigiets van verfkwaste tot ‘n saag, skaaf, skroewedraaier, ens is welkom asook geldelike do-nasies vir die aankoop van gereedskap.

GLASBOTTELS BENODIG: Die Konfyt-tannies vra asb alle groottes glasbottels. Dankie!

Koster

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 -

13h00

Tel (028) 316-2116

DS MICHIEL DE KOCK

028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER

028 316 2110 (K)

083 448 1651

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS

028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD

Philip Opperman

082 900 0697

[email protected]

EVANGELIS

Chookie Naudé

072 355 9633 [email protected]

VERSORGINGSKOÖRD.

Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K)

079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEST.

Karin de Bruin

084 305 2086 [email protected]

ONTVANGS

Mervian van der Merwe

084 875 7875

[email protected]

REK BEAMPTE

Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE

Hanna de Jager

082 441 9759 [email protected]

KOSTER

Hennie Davies

084 745 4531

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Groot dank en waardering aan ons borg wat die druk van die

Hartklop moontlik maak. Ons bid Vader se seën op u besigheid.

SUPERPLANTS HERMANUS

Cnr Main Rd / R43 (behind Engen), Sandbaai

Tel. 028 316 4006 Fax 028 316 2378

Visit us for all your garden and

landscaping requirements as well as

for décor, gifts and much more.

VERJAARDAE bo 80 Ons bid God se seën u toe

Mev Loël Ferreira (2/6)

Mev Ria van Aswegen (5/6)

Mev Martie v Deventer (5/6)

Mev Aletta Stegman (8/6)

Mev Anne Theron (12/6)

Mnr Boet Gunther (13/6)

Mev Junita Els (15/6)

Mev Elsie Benadé (21/6)

Mnr Dawie v Deventer (22/6)

Mev Anna Storm (30/6)

DIE SENDINGBEDIENING BIED AAN

‘N AFRIKAANSE KULTUURAAND

13 JUNIE 2014 @ 17:00

Met Skaapkop en ‘n Boereorkes!

PS. ONTHOU

JOU EIE

KNIPMES!

Daar is darem

ook heerlike

Kerrie & Rys

beskikbaar vir

die minder

avontuurlustiges

@ R50pp.

En dan sluit ons af met heerlike Malvapoed-

ing - mmmmmm! Alle fondse is ten bate van

die GBO (GeloofBelofteOffer). Kaartjies

beskikbaar by die Kerkkantoor.

Vir enige navrae: Dirk (082 324 8141)

of Hennie (083 465 8753).

UITVERK

OOP! BAIE

DANKIE

!